Blouvalke wat lammers vang

Post Reply
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Blouvalke wat lammers vang

Post by Francois Marais »

Uit n baie ou post van LMB
Ek het een jaar die ondervinding gehad, toe ek lammer ooi inbring om te merk, het ek heelwat lammer kakasse in die veld gekry. Die vleis was van die bene gevreet en ek kon net vo?l spore en mis by die karkasse kry. Daar het toevallig 2 blouvalke die dag saam kraal toe getrek.
Seker `n goeie 6+mde of wat daarna kry ek een middag so tussen 4-5 hr `n blouvalk wat voor my in die pad opvlieg. Met nadere ondersoek sien ek dat hy opgevlie het van `n groot haas wat vars gevang is. As hy daai haas kon vang kan hy enig week oud skaaplam vang, en ek glo ek het daar die verklaring vir my dooie lammers gekry.
en ook
Dit sal interesant wees om te hoor of meer al die ondervinding gehad het. Die lammers was almal nog baie klein en nie gevang soos normaal. Hulle was ook nie been en al opgevreet, net kaal gevreet.
Ek weet nie of hulle normaalweg  lammers vang nie, maar ek glo daai paar het dit aangeleer. Ek het dit net te laat besef.
Die post het daar doodgeloop, sal interresant wees of daar nog iemand is wat kan aanlas op die storie........By my is ook Blouvalke, of wat by ons bekend is as blouvalk, is eintlik die chanting goshawk, hoop dis dieselle valk wat julle van praat.....hou hulle bietjie in toom oppi werf, maar meer oor die tarentaal kuikens wat van tyd tot tyd daar is.

Hoop iemand kan n storie of twee las....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Calldo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:49 pm

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by Calldo »

Hallo FM

Self nog nooit valke sien vang nie. Wel Witkruis- en Breekop arend. Ons moet onthou dat ons baie seker moet maak of lam gelewe het. Wanneer ooie in hokkies lam is normale lamverlies tussen 2-5%. Ekstensief word 10% as normaal verklaar. As dit droog is word meer lammers weggegooi, moeders instink is swak. Alle lammers wat dood gebore word is jakkals "take away". Silwerjakkals, Bakoor, Jakkalsvoels, Valke, Arende gaan die natuur se stofsuiers wees.

Ek glo ook dat bg jakkalse en voels so kan bederf en dan lewendige lammers vang!!!

Senario: Ry in kamp waar ooie besig is om te lam. Skiet Silwerjakkals. Sny pens oop. Vol lamsvleis. Die jakkals het nie noodwendig gevang nie. Ons kan net se dat jakkals gevang het indien hy melkpens van lam gevreet het en die vol biesmelk is want lam word nie gebore met biesmelk in sy pens nie.

Indien ons 'n vars lamkarkas kry, kyk eerstens vir vang of byt plekke. Kyk vir bloeding. 'n Dood gebore lam bloei nie. Kyk of die lam skoon gemaak is. Na die ooi gelam het lek sy mos lam skoon. 'n Skoon gelekte lam het nie noodwendig gelewe nie. Sy moeder het goeie instink, het nie net gelam en weggeloop nie. Baie belangrik. 'n Lam word gebore met "golden soks". Dit is 'n goue slymlagie om sy hoeffies. Sy hoeffies is ook sag by geboorte. Sodra die lam begin loop verdwyn die golden soks en raak die hoeffies harder. Dit is altyd vir my die eerste teken of gevrete lam gelwe het.

So paar maande terug was hier fotos van beeskalf wat deur jakkalse gevang en gevreet is. Gaan kyk mooi na daai foto, kalf het nog sy "golden soks" aan, hy het nooit geloop nie. Een van twee het gebeur. Jakkalse het vir koei gewag terwyl sy kalf en kalf begin vreet soos hy uitkom of kalf is dood gebore en jakkals het wegneem ete gekry.

Ek verstaan die delemma op plase. Arbeid word duurder en minder. Voete op die plaas is minder. Ons groot probleem is dat ons te min voete in ons lamkampe het wat akkurate inligting kan versamel. Inligting is die jakkals jagter se sukses.

Jammer ek het so bietjie ver uit gewy.
Sal graag wil hoor wat dink die ander manne.

Groete
Calldo
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by WillJak »

Calldo, jy maak 'n paar baie goeie punte en waarnemings. Francois, hier by ons is die blouvalk die "Black shouldered Kite" en ek glo hy is heeltemal te klein om lam te kan vang.Sover ek weet praat die manne nie hier van die Singvalk as die blouvalk nie maar dis seker moontlik. Blouvalk sal dooie goed aas, ja - om die waarheid te s? as jy vars vangste soek, kyk maar vir die blouvalkies - hulle is baie male voor die kraaie daar.

Ek glo die singvalk is seker groot genoeg om 'n haas te kan vang en seker klein lam ook, maar ek het dit nog nooit gesien of van gehoor hier nie.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by britsman »

Calldo,
        TOPs vir die TIPs. Jy maak Shellock Holmes se naam g@t.
        So leer 'n ou.  Dankie

          groete,
                    brits
 
   
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by Francois Marais »

Calldo

Baie dankie vir jou inset..........soos Brits gese het "TOPS". Baie maklik om somige dinge soma aan te neem.....

Willem
Slefs die singvalk, dink ek, is n bietjie lig inni broek om n lam, wat normaal gebore is, aanstoot te gee.

Mooi loop, dankie vir saamgesels.
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by Freddie101 »

Calldo wrote: . 'n Lam word gebore met "golden soks". Dit is 'n goue slymlagie om sy hoeffies. Sy hoeffies is ook sag by geboorte. Sodra die lam begin loop verdwyn die golden soks en raak die hoeffies harder. Dit is altyd vir my die eerste teken of gevrete lam gelwe het.
Caldo
daar leer ek ook weer iets. Fyn waarneming
Freddie
yol bolsun
Calldo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:49 pm

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by Calldo »

Hallo Almal

Calldo is nie so slim nie en ook nie sherlock nie. Calldo was net gelukkig om die ysters in die jakkalsjag bedryf te leer ken. Heinrich Funck, Johannes Pienaar, Robert Wilke, Chris Jacobs, Niel Viljoen, Peter Schnekluft. Daar is nog vele meer, veral boere by wie ek elke dag leer!

Groete
Calldo
Ambessa

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by Ambessa »

Hallo Calldo
Calldo wrote:...'n vars lamkarkas kry, kyk eerstens vir vang of byt plekke. Kyk vir bloeding. 'n Dood gebore lam bloei nie. Kyk of die lam skoon gemaak is. Na die ooi gelam het lek sy mos lam skoon. 'n Skoon gelekte lam het nie noodwendig gelewe nie. Sy moeder het goeie instink, het nie net gelam en weggeloop nie. Baie belangrik. 'n Lam word gebore met "golden soks". Dit is 'n goue slymlagie om sy hoeffies. Sy hoeffies is ook sag by geboorte. Sodra die lam begin loop verdwyn die golden soks en raak die hoeffies harder. Dit is altyd vir my die eerste teken of gevrete lam gelwe het.
Baie mooi gestel. Die trawante glo boere/jagters weet nie die dinge nie.

Weer eens, baie goeie beskrywing.

Ambessa
Ambessa

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by Ambessa »

Hallo Calldo
Calldo wrote:...is nie so slim nie en ook nie sherlock nie. Calldo was net gelukkig om die ysters in die jakkalsjag bedryf te leer ken. Heinrich Funck, Johannes Pienaar, Robert Wilke, Chris Jacobs, Niel Viljoen, Peter Schnekluft. Daar is nog vele meer, veral boere by wie ek elke dag leer!
Einste. Die jare se ervaring wat in die manne en andere beskikbaar is moet vasgevang en wyer uitgedra word.

Ambessa
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by Mac »

Ambessa,
Baie mooi gestel. Die trawante glo boere/jagters weet nie die dinge nie.
Jy glo seker nie dat daardie sielsiekes nou so ou kleinigheid soos feite hulle standpunt gaan laat verander nie, of hoe? 
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by Beyers »

More
Ek twyfel of hy selfs 'n haas sal vang. hulle van wel muise, slange klein voeltjies edm.
Image
Bleek of donker singvalke
Beyers
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by Raven »

Die blouvalke het al volstruis kuikens van 'n paar dae oud by my gevang. Ek het op hulle afgekom waar hulle probeer wegvlieg met die kuiken( of die kuiken dood was voor hulle gevreet het weet ek nie),maar hulle is tog roofvoels en nie aasvoels nie???  :-\  en jy sien hulle sommer meer saamdrom wanneer die volstruise se kuikens uitbroei.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by LMB »

Ek hou die reaksies oor die Blouvalk met "valko?" dop.

Ek het dit nog nooit weer agtergekom dat daar valke onder die lammer vang nie. Dit is nou ook al solank terug, maar sover ek kan onthou het die "gevangde haas" waarop ek afgekom het, redelik vars gelyk, maar of hy deur die valk gevang was en of dalk doodgery was, wat ek betwyfel want daar ry maar min voertuie, is ek nie meer seker. Ek het wel op daardie tyd gereken dat dit die valk se werk moes gewees het. Dit was ook nie `n klein hasie nie.

Wat die lammers betref wat gekry is en "gevang" is, is al wat ek kan s? dat ek baie selde in `n kamp dooie lammers gekry het, voor die voorval en daarna. Ek kan dus nie dink dat daar `n rede was dat die lammers sou vrek nie. Niks is egter onmoontlik nie. Daarom dat ek die skrywe op die forum geplaas het.

Lukas
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by Beyers »

Roofvoels is oppertuniste, hulle sal aas as dit vars is.
User avatar
tobie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by tobie »

Francois
Ek het ook nog nooit agter gekom dat blou valke n probleem was nie.ek het wel al skade met kraaie onder vind.Veral met 2ling ooie.As n ooi dalk net gaan verkeert le byt die kraaie die oog uit.dan sit jy met met hans lammers.daai soort van skok is net te veel vir die ooi.dan sukkel jy nog vir dae met die se hoe koors. eenige iemand anders wat al so iets onder vind?
tobie
Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by Francois Marais »

Tobie

Hier in my wereld het ons nie kraaie nie, so ek kan ni saamprt nie, het wel al gehoor hulle is maar bokkers wat enige kans sal vat.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Blouvalke wat lammers vang

Post by Louis102 »

Francois Marais wrote: ... het wel al gehoor hulle is maar bokkers wat enige kans sal vat ...
So vermoed ek:

Ek het my doodgeskrik toe ek sien wat onder hulle sitplek l? ( in hierdie geval 'n wenpaal waar hulle gereeld sit).  Sien die valkies is mos baie terretoriaal en is lief om op sekere plekke te sit.  Hier by my l? daar van lams gebeendere, dassie, slang, koggelmander, haas en selfs 'n springbok lam se reste onder hierdie einste wenpaal.  My vermoede is egter dat hulle aas op goed wat reeds vrek is.  Van die goed soos van die hase en die slang weet ek was in die grootpad doodgery, so ek vermoed die springbok lammetjie en lamskarkassie was ook slegs op ge-aas en nie gevang nie.  Hoender kuikens is egter 'n ander storie, vir hulle los 'n blouvalk nie sommer lewendig uit nie.

Die ooie het daar gelam en as hulle wou lam vang sou daar baie meer lamsgebeendere l? sou ek vermoed.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply