Burris E1 recticle en Scope

User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Burris E1 recticle en Scope

Post by JACQUES BOTHA »

Burris:
Ek weet hier is n paar manne wat die naam scopes gebruik. Anders as ander wil ek nie die scoe met ander vergelyk nie.
Ek het so gatjeuk gehad en het n fullfield e1 aangeskaf.
Wat n plesier om deur te kyk. Ongelooflik die 6.5 tot 20 by 50 is werklik helder en kyk n hond uit n bos uit.
Ek kon nie glo hoe helder die scope is nie . Die kerfeesboom recticle is nogal baie geskik na my mening vir jag en kompetisie skiet.
Ek weet Piet  Breedt het altyd vertel hoe helder die burris optics is.
Ek dink dis die HEEL BESTE waarde vir geld scope beskikbaar as ek tans nog net na die kyk ek eerste skiet ervaring kan getuig.
Ek kan nog niks se van durability  en hoe hy gaan hou nie, maar ek het al in my 20 tot 30 jare wat ek al deur scopes kyk en gebruik moet ek se die produk het my skoon stil van verbasing.
Ek hou baie vand ie recticle .
Ek weet no nie of ek hom sal aanbeveel vir nagskeit nie, maar ek sal hom soo met verloop van tyd in die aand en nagte laat werk en ook laat weet wat is my ervaring.
Lw hierdie is nie n wetenskplike toets nie net my eie mening van wat ek tans ervaar.
As jy na sy prys kyk , ja ek weet ek het al baie gese jy kry net wat jy  betaal, verbaas die helderheid my totaal en al.
Is daar nog manne wat al deur die e1 recticle geloer het en gebruik het?
Ek hoor graag van julle --probleme of plesier  ek luister graag.
So na my mening
Waarde vir geld ---jy kry baie meer as wat jy voro betaal..
Helderheid      ---jy gaan ten minste dubbeld dit moet uitgee om te vergelyk(minimum) suiwer op die oog!
Verstellings      ---positief en betroubaar as ek na die 20 op en 20 links en weer terug moet kyk.
Oogtoets        --- lekker eye relief en 
betroubaar      ---sal nog moet kyk 

Ek het hom met my scopes vergelyk en met die kyk toets staan hy NIKS terug vir die ander name staan die Burris niks terug vir al die name onder hom in die alfabet nie.
Ek is baie tevrede.
Groete
Jacques Botha         

   
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by Monrique (SJ) »

Jacques

Hierdie wat jy egter tans ervaar is baie nice om te hoor en dit is soos jy se, Burris is nou een maal n BAIE goeie waarde vir geld teleskoop. Die teleskope kyk mooi en is baie helder.

Sal lekker wees om verder te hoor hoe jy die scope ervaar en hoe dit perform!

Groetnis
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by VdWalt »

Ek het gegaan om n Leupold te koop, wat duurder was. Nadat ek
deur altwee gekyk het het op die Burris besluit. Sover is ek baie happy.
Duim hoog op kruis op 100m en op die kol op 200m met die eerste
strepie. Ek het nog nie n langer baan gekry nie, so graag die volgende
strepie op 300m toets.

Ek kan nie die  verskil in helderheid tussen my Lynx LX2 3.5-10x50 en
die FFII sien nie (Lynx het 3 keer meer gekos). Die winkel het gese as ek ooit
probleme kry sal hulle hom net met nuwe een vervang, so ek gaan nie hoef te
wag vir herstel nie. Hoop nie ek hoef hulle op die offer op te vat nie maar
eerste seisoen en paar honderd skote later is ek nog heel gelukkig.
Last edited by VdWalt on Tue Sep 11, 2012 12:31 pm, edited 1 time in total.
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by martinf »

Ek is self op die punt om vir my 2 teleskope te koop! En die plan was die 4.5 -14 burris en 6.5-20 burris. Dit meestal oor die prys en goeie resensies! Vergelyk die burris met nikon monarchs of die fieldmasters? Sien die fieldmasters is soortgelyke pryse? Wil nog steeds burris gaan maar is nou tussen 2 vure! Hoop julle oortuig my!
Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by JACQUES BOTHA »

MArtinF
Ek gaan jou nie probeer oortuig nie- vat enige scope wat jy wil en gaan kyk deur hom en kyk deur duie Burris.
En die antwoord gaan kom--Jy sal jouself oortuig uit dit wat jy gaan sien, my mond hang nogteeds oop van verbasing...
En as  jy wil koop skakel gerus vir SJ  sy diens is vinnig en puik.
Soos ek reeds gese het ek willie vergelyk nie, vra maar ouens met meer ervaring as ek met burris  scopes- ek dink  Neels jagtersdok gebruik slegs burris scopes so ook n paar ander ouens. Piet Breedt het ook al die scopes se lof besing, maar hy het al n paar ander getoets ook en vra hom sy mening op n pm oor dit wat hy al getoets het .
Groete
Jacques  Botha
Shoot straight and tell the truth!
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by martinf »

Thanks Jacques

Dis juis oom Piet Breedt wat my amper finaal oortuig het om die Burris te kry. Hy het kan niks sleg praat van hulle af nie. Maar hy het gese die nikon is dubbel die prys vir selle scopes toe sien ek die pryse vir die fieldemaster by safari is amper inlyn. So al wat ek kan dink is hy het die Burris met die monarchs vergelyk.

Ek het ook al vroeer die week vir Oom Piet 'n boodskap gestuur. Hy is seker uit die land want ek sien hy is maar stil op die forum.

SJ het my plaar gekontak en gese ek moet skree as ek reg is.

Ek is seker binnekort sluit ek aan en praat saam lof van my eie Burris.

Martin
Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by JACQUES BOTHA »

MartinF
Piet is saam met sa jaggeweer span ek dink na die tseggiese republiek om daar te gaan deelneem .
Hy sal seker oor n week terug wees
praat met jagtersdok ook .
Groete
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by BLOK »

Aitsa!!

En wat het ons nou te se van die Burris scopes. Mmmm en nog n voordeel van die scope is die kruishare breek nie sommer nie. Newat ou maat jy weet mos ek staan nog altyd bankvas agter my Burris, en het mos nog altyd gese dat dit van die helderste glase is op die mark. Jy onthou mos ons het mos destyds die swartwors burris vortex vergelyking in sterk skemer gedoen. Miskien was dit sommer dalk daar wat hy jou oog gevang het al wou jy nog stry.

En daar kom die swart worsman en verander in blutwurst man.

geniet hom
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by JACQUES BOTHA »

Blok
En jy kon nie wag om my uit te haal nie , maar dis my plesier...
Ja Gee ons jou opinie na die vergeluyking van die drie of 4 verskillende scopes wat ons deur gekyk het.
Kan jy so min of meer almal se opmerkings onthou?
Ek kan nie onthou dat iemand gese het die Burris staan terug vir die ander make nie?
Ek het wel so piepiedruppeltjie  beter gesien deur die swartwors.....net net net net gewen.. maar weereens nie teen amper 4 keer meer in prys nie
die geld werd  nie of hoe?
Lekke lag
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by BLOK »

Die verskil sou virseker nie die geld werd gewees het nie, anders weet ons mos n man van jou kaliber sou met jou swart wors agtergrond ook nog mos weer die swart wors gekoop het. Newat ons het daai aand mos al almal tot die slotsom gekom dat burris nie terugstaan nie. Enagste ou wat gereken het hy is swakker as swarofswors is die kalant wie se swart wors dit was. Ek reken hy wou seker maar nie erken hy te veel vir te min ekstra betaal nie. hahaha

Spot sommer as ek kon sou ek ook eerder n swarof gevat het maar omdat ek nie kan nie vat ek maar dit wat net so goed is.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by JACQUES BOTHA »

BURRIS
1STE skietbaan toets.
Wel weereens gaan ek nie scopes vergelyk nie want julle sal nie glo nie.
Ek het vandag n paar manne laat kyk jakkals skieters bbok oesters PH 'se en vriend of 3. Almal was vebaas met die helderheid en crisp clear beeld .
Self iemand wat al deur die nuwe scope met n nuwe reeks recticle gekyk het se eerste opmerking was nee hel hy is helderder as daai ander een.
Ek bemark of kry nie n scope teen beter pryse nie ek is net stomgeslaan oor sy beeld en helderheid ..en die belangrikste is hy werk daa waa jy mik daa skiet jy..
Beter kyk Botha deur BURRIS..
gENIET JULLE KYK APARAAT
jACQUES
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by Monrique (SJ) »

Jacques

Lekker om sulke goed te hoor en dat die manne sien n "budget" scope kompeteer baie sterk met die duurder make. Selfde en dalk beter optic kwaliteit, verstellings akkuraat en BAIE waarde vir geld.

Sien jy gaan nog meer "verlief" raak met tyd op die Burris.

Groetnis
SJ
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by Wielie Waps »

Manne , my twee seuns het saam met JB skietbaan toe gegaan en hulle het lekker breebors teruggekom. Een se opmerking was "Ons het daai ooms stil geskiet". Dit alles met JB se roer en kyk apparaat. Adriaan reken hy het gedink hy het die gong op 350m misgeskiet toe hy die stof deur die scope sien uitslaan , toe hoor hy die gong se klank - hel ma dis lekker. JB sal julle meer kan vertel van die jakkals teiken se kopskote op 300m. Ek word reeds onder druk gesit om ook so scope aan te skaf.
Thanx JB jy het daai manne se egos 'n goeie hupstoot gegee.
Geroer-nie geskud nie
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by Piet Breedt »

Willem Immelman s? altyd dit is Emburrising hoe baie ek van die scopes hou.
engels
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Mon May 31, 2010 6:14 pm

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by engels »

Watter winkel in Pretoria omgewing hou op die oomblik Burris full field ii aan? Het vandag 3 winkels in Pretoria probeer maar hulle het nie
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by martinf »

Probeer VLT in die moot. Dink dis in Anna Wilson Str Kilnerpark.
Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by smitjs »

Dag manne,
Versigtig! Ek koop toe 'n Burris 6.5-20x50 FF2 E1, so het ek gedink.
Toe is die teleskoop in die doos nie 'n E1 nie maar 'n E1 MV. Geen besonderhede oor die kruishaar beskikbaar nie, en ek is nie seker dit sal werk in swak lig nie.
Groete
Johan Smit
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by Geno »

smitjs wrote: Dag manne,
Versigtig! Ek koop toe 'n Burris 6.5-20x50 FF2 E1, so het ek gedink.
Toe is die teleskoop in die doos nie 'n E1 nie maar 'n E1 MV. Geen besonderhede oor die kruishaar beskikbaar nie, en ek is nie seker dit sal werk in swak lig nie.
Groete
Johan Smit
http://lmgtfy.com/?q=Burris+E1+MV#


http://www.burrisoptics.com/reticles.html

Ballistic Plex E1 /E1 MV ?
The Ballistic Plex E1 reticle is an enhanced design that also lets the shooter compensate for wind drift. Small dots placed to the left and right of the reticle represents the effect of a 10 mph crosswind for most big game hunting cartridges. For 5 mph, simply hold into the wind half the distance to the dot. If the crosswind is 20 mph, simply hold into the wind twice the distance from the center post to the dot. The E1 MV reticle is available only in the E1 6.5x-20x. At the 20x power setting it is calibrated specifically for the 22.250 cartridge. Several Mil measuring tools are also integrated into the reticle.

Image
Goed, beter, 6millimeter!
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by smitjs »

Geno wrote: http://lmgtfy.com/?q=Burris+E1+MV#


http://www.burrisoptics.com/reticles.html

Ballistic Plex E1 /E1 MV ?
The Ballistic Plex E1 reticle is an enhanced design that also lets the shooter compensate for wind drift. Small dots placed to the left and right of the reticle represents the effect of a 10 mph crosswind for most big game hunting cartridges. For 5 mph, simply hold into the wind half the distance to the dot. If the crosswind is 20 mph, simply hold into the wind twice the distance from the center post to the dot. The E1 MV reticle is available only in the E1 6.5x-20x. At the 20x power setting it is calibrated specifically for the 22.250 cartridge. Several Mil measuring tools are also integrated into the reticle.

Image
Dankie Geno,
Daardie prentjie het ek gesien. Ek soek die spesifikasies van hoe ver elke lyn onder die middel is. Ek voel niks vir die storie van die .22.250 nie, selfs daar in is soveel verskillende ladings dat so 'n sin geen sin maak nie. Die E1 maak ook voorsiening vir wind. Sonder die spesifikasies is dit net raaiwerk en patrone mors. Hulle gee duidelik die spefikasies vir die E1, maar nie vir die E1 MV nie. Die groot veskil is die mil merkies op die horisontale middel lyn en bokant die middel lyn. Do hoop ek @ 20x. Dan is die onderste lyne totaal verskillend van die Ei, maar geen spesifikasies nie. Mens kan nie net van daardie prentjie af werk nie. Tragies!
Groete
Johan Smit
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by Monrique (SJ) »

Johan

Ek dink nie dat dit nodig is om n topic te hi-jack wat nie verband hou waarvoor dit geskep is nie. Ek glo ook dat elke koper homself moet verwittig van wat hy tewagte kan wees indien hy/sy n teleskoop aanskaf. Die teleskoop wat jy gekoop het volgens jou skrywe is ook nie n 6.5-20x50 FF2 E1 soos jy se, want daar is nie so ene beskikbaar, ek dink jy bedoel seker dat die teleskoop wel n 6.5-20x50 E1 MV is.

Indien daar enige vervaardiger is waar hulle presies se hoe ver elke lyntjie en kolletjie is sal ek dit graag wil sien. Teleskope kan ook nie vir alle kalibers vervaardig word sodat dit presies kan werk nie en n man sal self ook bietjie moeite en skietwerk moet gaan doen en kyk wat werk die beste werk vir jou.

Ek hoop regtig dat die topic nie verder versuur sal word deur ontevredenheid met jou aankoop nie. Luister by die plek waar jy gekoop het of hulle dit nie wil terugvat.


Groetnis
Last edited by Monrique (SJ) on Thu Sep 20, 2012 11:59 am, edited 1 time in total.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by BLOK »

Geno

Ek hou noggal van daai kruishaar hety jy nie die gewone E! van ook nie om die verskil tussen die twee te vergelyk. Ek het nou gesoek maar kry net die M1
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by Monrique (SJ) »

Blok

Gaan kyk op die link: http://www.burrisoptics.com/reticles.html    daar wys hulle die verskil in die kruishaar.  Die gewone E1 het nie die strepies op die vertikale lyn bo en op die horisontale lyn soos die E1 MV wat slegs in die 6.5-20x50 uitkom.  Die MV se kruishaar is ook dunner die die van die gewone E1

Hoop dit help

Groetnis
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by JACQUES BOTHA »

JOHAN:
MAAK N PRYS OP DAAI SCOPE WAT NIE LEKKER IS NIE, DALK KAN EK HOM GEBRUIK DAN KOOP JY N ANDER EEN BY SJ.
JACQUES
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by BLOK »

SJ

Dankie sal gaan loer
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Burris E1 recticle en Scope

Post by smitjs »

Dags? manne,
Nee, nee, ek het nie ges? ek wil nie die teleskoop h? nie, ek wil hom skietbaan toe vat, maar moet net eers klaar trek.
SJ, ek dink jy is verkeerd. Daar is baie teleskoop vervaardigers wat die spesifikasies gee. Selfs die Burris E1 se spesifikasies is beskikbaar, net nie die MV nie.
Ek wil ook niks hijack nie, my bedoeling was net om te waarsku om te let daarop dat wat verkoop word en wat jy kry, dalk twee verskillende dinge is.
Intussen het ek maar 'n foto van die krismisboom geneem en op die rekenaar gemeet. Ek glo dis 0.75, 2.2,4.3,6.7,9.7,13.5moa van die middel af. As dit reg is, dan vir my 6XC en 70gn Nosler BT @ 3220fps het ek nodig
200m 5.5moa, 300m 8.0moa, 400m 11.2moa, 500m 14.9moa, 600m 19.6moa. Op 12.6x vergroting behoort die teleskoop dan te gee
200m 5.5moa, 300m 7.8moa, 400m 11.1moa, 500m 14.9moa, 600m 19.7moa met 0.4 moa hoog op 100m. Dis binne 0.1moa van 200 tot 600m, behalwe die 300m wat 0.2 moa is. Siende dat een kliek 0.25moa is, dink ek dis fantasties. Skietbaan, ek kom!
Groete
Johan Smit
Post Reply