Leupold 12x40 of Schmidt & Bender 8x56

Post Reply
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Leupold 12x40 of Schmidt & Bender 8x56

Post by Sako75 »

Ouens,

Ek wil graag die manne met praktiese ervaring pols oor die keuse van 'n teleskoop.

Ek het 'n .222 BSA Hunter wat ek geerf het van my grootmoeder.  Geweertjie is 50 - 60 jaar oud en in bo-gemiddelde toestand.  Ek wil graag 'n telekskoop op sit om algemene werk mee te doen van oefen vir die jagseisoen, tot dassies skiet tot 'n uitdun van springbokke en dalk 'n jakkie of twee as die geleentheid hom voordoen.

Ek het 'n keuse tussen 12x40 Leupold en 'n 8x56 Schmidt & Bender vir die geweertjie?  Dis die teleskope waarop ek besluit het.  Of dalk 'n Leupold 10x40?  Watter faktore moet ek na kyk om hierdie besluit te neem?  Vergroting, wydte van veld, 25.4mm buis vs 30mm buis, dikte van kruishaar in die nag.

Ek hoor graag van julle.
Danie
danie@dosaka.co.za
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
Danie Lombard .243

Re: Leupold 12x40 of Schmidt & Bender 8x56

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo Danie, dit is Danie hier.

Lyk my die ou mense se name het opgeraak vir seuntjies en almal Danie genoem. Hier by ons jagters verengiging is die Danie's soos onkruid.

Oor die scope, as jy dit wil gebruik vir nagskiet ens. is die 8X56 beslis die keuse. Werk goed en alles is sharp. Werk ook goed in die dag.

Mooiloop daar.

Danie.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Leupold 12x40 of Schmidt & Bender 8x56

Post by Francois Marais »

Danie

Stem saam met jou naamgenoot.

Ek is n GROOT Leupold fan, ma as jy nie n 56 of ten minste 50 by die Leupold het nie, gaan vir die Europier.

Sy kruishaar sou my bietjie pla, ma nie die glase nie, BAIE goeie beeld.

My 2c.......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Leupold 12x40 of Schmidt & Bender 8x56

Post by Sako75 »

Dankie manne,

Julle insette maak baie sin!

Die kruishare is versker ook 'n kwessie!  Die Schmidt & Bender se kruishare is geneigd om baie dik te wees as jy nie vir no 6 (dun) kruishaar vra nie.  Daarteenoor het Leupold baie lekker dun kruishare wat lekker is op kleinerige teikens soos dassies.  Wat dink julle van Illum reticle op Schmidt & Bender?  Is dit 'n goeie belegging vir in die aande skiet?  Ek wonder ook wat julle mening is van die wydte van veld wat klein is op 12x vs 8x en hoe maklik mens iets vinnig kan opspoor - veral as dit baie naby is?  Is dit iets wat mens sal pla op 'n .222 vir die aanwendings soos genoem?  En wat van die waarde van die geweer teenoor die geld wat spandeer word aan die teleskoop?  'n Schmidt & Bender is 2x meer werd as die geweer terwyl 'n Leupold darrem dieselfde waarde is as die BSA?
Last edited by Sako75 on Mon Feb 01, 2010 1:14 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Leupold 12x40 of Schmidt & Bender 8x56

Post by Louis102 »

My opinie:

Het 'n 3-12 x 50 Klassik Schmidt & Bender.  30 buis / geen paralaksverstelling.  Sal hom enige dag (of nag) aanbeveel.  Die Europie?r sou my keuse wees, maar 50 lens voor as dit kan.  Meer as goed genoeg vir nagjag.  56 lense is 'n fraksie beter vir nagjag, maar paralaks verstellings my pla op 'n alledaagse gebruiks geweer.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Leupold 12x40 of Schmidt & Bender 8x56

Post by Sako75 »

Dankie vir die interessante punte.

Ek het Schmidt & Bender 1.5-6x42, 8x56, 12x56, 3-12x50 Klassik, 3-12x50 IR Zenith en 4-16x50 Klassik vir my ander gewere.... so ek hou baie van Schmidt & Bender..... maar wonder wat 'n goeie keuse vir hierdie .222 BSA sal wees - inaggenome die kaliber, aanwending en waarde van die geweertjie.  Wat van 7x50 Schmidt & Bender?  Dalk is dit te klein?  Is 10x42 Schmidt & Bender met fyn kruishaar dan nie ideaal nie?  Klein kompakte teleskoop wat op klein geweertjie mooi sal pas? 

Ek skiet seker 2% van die tyd in laat skemer of die nag..... meer 'n geleentheids jakkie jagter as 'n beroeps jakkie jagter!  Dis seker ook 'n faktor om in ag te neem?
Last edited by Sako75 on Mon Feb 01, 2010 5:02 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Leupold 12x40 of Schmidt & Bender 8x56

Post by Francois Marais »

Sako

My 2c...

Daai 10 by 42 SB gaan jou geweerjie BAIE goed komplimenteer.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply