Bakkie interkomstelsel

Post Reply
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Bakkie interkomstelsel

Post by .220 Swift »

Ek is seker nie die enigste ou op die forum wat sukkel om met my drywer te kommunikeer nie?

Al verskeie walkie talkies probeer - maar nie regtig die ideaal gevind nie. Totdat ek op die idee gekom het om 'n motorfiets interkomstelsel bietkie aan te pas...werk soos 'n bom.

Kan met gemak in fluistertoon kommunikeer - hoor selfs as my drywer aan die slaap raak  ;D

Al wat nodig is, is 'n interkomstelsel van jou keusse (myne by Honda gekry) en gehoor beskermers - sommer by Builder's Warehouse gekry

[img width=320 height=480]http://i975.photobucket.com/albums/ae23 ... telsel.jpg[/img]
Last edited by .220 Swift on Mon Apr 25, 2011 4:27 pm, edited 1 time in total.
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Bakkie interkomstelsel

Post by tafjak »

220 Swift

Ek presies dieselfde goed hier by my. Dit lyk in elke geval so en het seker so R250-00 vir die stel(2xgehoor en mic's) gekos. My probleem is dat myne nie cord less is nie. Nou hoe gemaak?

Wat is jou modelle en is dit cord less?
Mooiloop en Geseende Kersfees!
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Bakkie interkomstelsel

Post by .220 Swift »

Myne is 'n blue tooth model en dus "cord less"

Opvangs is tot 'n kilometer ver.

Ek is seker daar's verskillende modelle beskikbaar - ek het maar gevat wat by Honda in Bloemfontein beskikbaar was en moet bieg het nie veel navorsing oor die opsies beskikbaar gedoen nie - wou maar net sien of dit werk - en dit werk baie goed
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Bakkie interkomstelsel

Post by Francois Marais »

Swift

Ek het jou foto try regmaak, en dit lyk my daar moet n tweede foto wees, maar die link is/was nie reg nie, post hom weer asb mater, dis nu as daar n tweede foto moet wees.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Bakkie interkomstelsel

Post by tafjak »

220 Swift

Ja, die ultimate as dit by radio verbinding na die drywer kom. Sou self sulke goed wil h?, aag miskien is iemand goed gunstig en gaan maak 'n draai by Honda en vind so bietjie uit oor die goete se inns and outs.

Dankie
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Bakkie interkomstelsel

Post by James Wilson »

ek het al baie gese ek is een van die junoirs as dit kom by jakkals jag, maar ek sal my nek uitsteek as dit kom by die beheer van vlakvarke. as ons rondry en varke soek op n plaas waar die boer ons laat kom het dan is die komunikasie tussen n skut(S) en die drywer nogal n groot deel van jou sukses. ons het oor die jare baie dinge getry. soos klop op verskillende maniere op die dak(1 tik = stop; 2 tikke agtertoe 3 tikke ens ens), of tik teen die agter ruit, of wys iets in die spieel vir die drywer. maar heellaas, moes ons swig voor die ultimate in nuwe tegnologie. iets wat in die drywer se oor fluister, iets wat nie geraas maak nie, iets wat die drywer dadelik laat verstaan presies wat van hom verwag word.

die antwoord???  1x creepy crawly pyp.  maak die een punt  teen die skietrak vas met n cabletie en die ander punt teen die drywer se oor. en siedaar, 100% koms teen R26-60.

probeer dit maar.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Danie Lombard .243

Re: Bakkie interkomstelsel

Post by Danie Lombard .243 »

Julle gaan seker nou skater lag vir my en Hendrik se interkom stelsel. Dit werk nou al vir 11 tot 12 jaar sonder enige probleme.

Ek bestuur en skeit en Hendrik lig. Die interkom werk so. As die lig so vinnig vorentoe en agtertoe lig voor die bakkie beteken dit ek meot nou versnel. As dit aanhou terwyl ek versnel beteken dit ek moet die bakkie se pedaal plat trap en laatwaai.

As die lig na links en regs voor die bakkie heen en weer skyn moet daar gebrike word. Lig wat links-links-links skyn beteken ry links en dieselfde met regs.
Die intensiteiet waarmee hy die lig beweeg en die rigting wat hy lig saam met die beweging gee ook aan my vele ander bevelle, te veel om hier te noem. Dit werk vir ons en ons verstaan mekaar 100% sonder enige woorde of ge stry.


Terwyl ek bestuur scan ek saam met die lig en meeste van die tyd sien ons die oog saam.
Die tegniek werk nou al vir jare sonder enige hak plekke.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bakkie interkomstelsel

Post by Geno »

Danie .243 wrote: Ek bestuur en skeit en Hendrik lig.
Oom Daantjie,
Klink of julle 'n goeie SKEIT-span is!  ;D
Goed, beter, 6millimeter!
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Bakkie interkomstelsel

Post by Skolla »

Danie .243 wrote: Julle gaan seker nou skater lag vir my en Hendrik se interkom stelsel. Dit werk nou al vir 11 tot 12 jaar sonder enige probleme.
Danie.243

Ek dink daai is internasionale skietspan taal.
Word by ons ook so gebruik, presies so.

Skolla
Danie Lombard .243

Re: Bakkie interkomstelsel

Post by Danie Lombard .243 »

BWA HA HA HA!!!! ;D ;D


Aai toggie, daar skeit ek alweer. HE HE HE :D Julle weet wat ek bedoel met die as ek tik ons SKEIT. ;)

Dankie tog vir jul manne se humor, dit maak die forum tops!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Bakkie interkomstelsel

Post by BLOK »

So met die humor saam wil dit my lyk almal het hulle beskeit van die lag en skoon die topic vergeet. Enage terugvoering van n prys en hoe goed die koordlose draad sisteem werk.  Dit is nou die bluetooth sisteem en nie die skeit sisteem nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Bakkie interkomstelsel

Post by Hugov »

Hierdie link gee bietjie info oor die scala wireless bike 2 bike stelsel.
Hulle werk regtig baie goed het al met my maat se stel gery en ons kon maklik komunikeer teen spoed so effens vinniger as wat op die pad bordjie staan ;)

http://www.ezeerider.co.za/scalaTeamsetPRO.html

Groete H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
Post Reply