Hi manne
Iets wat ek nie baie goed na gekyk het met die Z5 5-25-x50 BRX is dat daai horisontale kruishaartjies nie rerig vir 100m, 200m ens gemaak is nie, maar in my Z3 BRX is hulle mooi en loop hulle soos stroop. Kan mens dalk erens van daai ballistic turrets in die hande kry en opsit of laar opsit?
Groete
Swarovski Z5 BRX, kan ek n ballistic turret laat opsit en kry?
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Swarovski Z5 BRX, kan ek n ballistic turret laat opsit en kry?
Hey Ruan
Ek dink nie die verskil le tussen die Z3 en Z5 nie, maar eerder by die focal length of sterkte waarop jou teleskoop gestel is.
Ek mens kan wel 'n balistic turret kry en opsit en as ek reg onthou kos hulle so in die omgewing van R1400.
Vra vir Koos Barnard hier op die forum,hy sal dalk beter verduidelik as ek,oor die focal verstelling. Stefan sal vir jou 'n turret kan bestel
cheers

Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: Swarovski Z5 BRX, kan ek n ballistic turret laat opsit en kry?
Hi Ronald
Ja, jy is reg. Dit gaan oor die zoom, weet die manne se dit is iets te doen met first of second focal plane.
Sal bietjie vir Stefaans kontak solank vir een. Neem aan jy het dit al gedoen? Koos, het jy enige raad of iets?
Groete
Ja, jy is reg. Dit gaan oor die zoom, weet die manne se dit is iets te doen met first of second focal plane.
Sal bietjie vir Stefaans kontak solank vir een. Neem aan jy het dit al gedoen? Koos, het jy enige raad of iets?
Groete
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Swarovski Z5 BRX, kan ek n ballistic turret laat opsit en kry?
Machann
Dit is wel moontlik om 'n Ballistic Turret vir die Z5 op te sit, maar Stefan kan nie vir jou een bestel nie - die scope moet terug gaan fabriek toe, jy kan dit nie self fit nie en niemand in SA kan nie. Die totale koste sal omtrent R2500 wees. Die scope kan na ons toe gestuur word waarop ons dit na die fabriek terug stuur. As die scope nie in SA gekoop is nie (die reeksnommer wys dit) is daar 'n ekstra hanteringsfooi van R1500. Die rede: Whylo betaal die vervoer van die scope heen en terug asook die in- en uitvoerbelasting en versekering. Swarovski in Oostenryk dek glad nie die kostes nie. Dus, vir mense wat die plaaslike winkels ondersteun dra Whylo die onkostes, maar as die scope oorsee gekoop is, is die persoon self verantwoordelik vir daardie onkostes.
Die afmetings wat die spasies tussen die verskillende merkers vir die BRX-kruishaar verteenwoordig (alle modelle) is 5cm of 2-duim op die scope se maksimum vergroting. Skiet jy dus op 25x is die afstand en die scope is ingestel op 100m met die normale kruishaar sal jy in effek 5cm ho?r mik op 100m as jy met die eerste merker mik en 10cm met die tweede en so aan... Stel die scope egter na 12.5x en die afmeting in verhouding tot die teiken verdubbel. Nou mik jy 10cm ho?r as jy die eerste merker gebruik. Met scopes waar die kruishaar nie vetter/dikker word as jy die vergroting stel nie, is die kruishaar in die tweede fokale plein gemonteer. Scopes waar die kruishaar wel vetter word se kruishare is in die eerste fokale plein gemonteer. Hierdie is eintlik 'n bettter oplossing want dit maak nie saak op watter vergroting jy skiet nie, die afstand tussen die merkers bly altyd dieselfde in verhouding met die teiken en jou zeroes verander dus nie.
Maar, die nadeel van die stelsel is dat die kruishaar bitter fyn is teen die lae vergrotings en vir sommige mense te dik teen maksimum vergroting. Ek vind die dik kruishaar nie 'n probleem nie maar op minimum vergroting is die kruishaar so fyn dat dit vir baie mense bitter sleg sigbaar is. In digte bos verdwyn daardie kruishaar heeltemal.
Mooi loop

Ek het mos gese Koos sal dit beter kan verduidelik
Dankie Koos