Nuweling op die Forum(kameelperdjag)

Post Reply
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Nuweling op die Forum(kameelperdjag)

Post by morne smith »

Goeiedag Almal.  Vanjaar gaan my dertiende jaar in die jagveld wees. Ons gaan jag nog elke jaar in Phillipstown by Amie Venter saam met ons goeie jagvriende, Andre en Riana Grove. My vrou, Karin,het in 2006 haar eerste bok geskiet. Wat 'n voorreg om iets so na aan die hart met jou sagter helfte te kan deel. Zack Benade het ons bekend gestel aan boogjag en Karin het al 'n nyala met haar boog suksesvol ge"spot and stalk". Verlede jaar het sy 'n wit-,swart- en koperspringbok geskiet. Ek sou graag wou uitvind hoeveel vrouens al, al vier die kleure springbokke geskiet het. Nie eers ek het al die voorreg gehad nie. Hierdie jaar gaan geen uitsondering wees nie en ons groepie gaan in Augustus weer saam jag. Ek wil graag volgende jaar 'n kameelperd met die geweer skiet, maar het nog nie een geboek nie. Dit lyk of hulle maar skaars is in die Karoo. Enige iemand daar buite selfs in Namibie wie my kan help met 'n kameelperd is welkom om my te nader. Ek beny julle ouens en vrouens wie se biltong al hang en wie se biltongmesse al stomp is hierdie tyd van die jaar.  Groete Morne
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nuweling op die Forum(kameelperdjag)

Post by Gerhard »

Welkom hier by ons Morne.

Vir kameelperd moet jy maar n draai kom maak in die bosveld.

Hulle is nogal redelik algemeen beskikbaar.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Nuweling op die Forum(kameelperdjag)

Post by DWB »

Baie Welkom!

As jy onder Zack se invloed is sal ons jou moet watch want dan gaan jy seker die nektjops (camelhorse) met 'n 6mmBR wil skiet ;D ;D

Geniet die nektjops, ek bedoel biltong ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Nuweling op die Forum(kameelperdjag)

Post by JPS »

Baie Welkom Morne,

Gli jy sak dit erg geniet hier.

Groete
JP
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Nuweling op die Forum(kameelperdjag)

Post by morne smith »

Dankie aan my verwelkomingskomitee

Ek en Zack kom nou al 'n paadjie en ons is redelik op dieselfde bladsy.Hy sal my kwalik neem as ek nie die kameelperd in die voorste 7 agstes van sy linker boonste helfte van die breinlob skiet nie, want dit skop hom glo so erg onder sy blaker dat sy kers heeltemal uitval. Gerhard, waar in die Bosveld is julle en wat prys hierdie outjies by julle?  JP die lewe is kort en ons moet doen wat ons geniet al is dit nou ook om by 'n jagters forum aan te sluit. Groete uit 'n erg koue Bloem. 
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
jgnel
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Sat Jun 18, 2011 10:07 pm

Re: Nuweling op die Forum(kameelperdjag)

Post by jgnel »

Morne,

Ek het vir jou n kameelperd jag in die noorde van Namibia.

Laat weet of jy nog dalk belangstel.

Groete
Johan
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Nuweling op die Forum(kameelperdjag)

Post by morne smith »

Hallo Johan

Ek wil nou al boek vir volgende jaar. Bul of koei, stok oud maak nie saak nie. As jy nie omgee nie kan jy miskien vir my hierdie jaar se pryse kan gee, miskien oorreed dit my om vroeer te gaan skiet.

Dankie baie
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
jgnel
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Sat Jun 18, 2011 10:07 pm

Re: Nuweling op die Forum(kameelperdjag)

Post by jgnel »

Morne,

Prys is N$10 000. Die keuse is joune, n swartbul trofee of koei. 

Laat weet gerus.

Groete
Johan
Post Reply