Ek het die verslag ontvang van Johan bye Die Jagwinkel in Windhoek.
Ek plaas presies wat hy vir my getsuur het...geen slim edit werk nie.
"Ge,
Viking broadhead toets
Was n groot dag vir my toe daai pakkie hier aankom. Het hom gou oopgeruk, en was verbaas om te sien?..die broadheads lyk nog beter op die oog as op die foto?s !! Ek het hulle op die skaal gesit en gesien dat hulle gewigte bietjie verskil. In die 100g pakkie wat ek oopgemaak het was die gewigte 108.0g, 106.6g, en 104.9g. In die 125gr pakkie was die gewigte onderskeidelik 126.5g, 129.6g, en 126.5 gr. Nie heeltemal wat ek sou verwag van lemme met hierdie prys nie.
Wel, die jag was geboek, die boog ingegooi, en afgesit plaas toe. Ek het beplan om die 100gr te toets op vlaktewild, en die 125 op kameelperd. Swaarder gewigte was n opsie, maar ek moes iewers begin?? Ek het begin instel, en was verbaas oor hoe die lemme vlieg?.perfek ! Ek het vroeg eenkeer dwarsdeur die teiken geskiet, in n sandwalletjie vas agter. Die 125 gr broadhead het sleg gebuig op die ferrule. Die lem het egter niks makeer nie. Nou ja, ons jag nie sandwalle nie, so die trane gou afgedroog, klaar ingestel, en weg veld toe.
Ek het die 100gr op ligte pyle gelaai , 425 gr totale pylgewig, vir gewone wild, en die totale gewig op die kameelperd pyle was 795 gr. Ek skiet met n carbon element, 73 pond, met 30 ? treklengte.
Ek het eerste begin met n gemsbok. Dit was n walk en stalk, wat my tot op 30 yds presies gevat het. Die skoot was n klein bietjie hoog, maar het aan beide kante ribbes getref, en steeds soos n mes deur botter deur die bok gegly. Ons het hom na 40 meter opgetel. Die lem was total ongeskonde, ek het dit weer n edge opgesit, en is weer slaggereed. Ek het die 100gr op die gemsbok gebruik. Ek het ongelukkig geen fot?s geneem hiervan nie, maar ek was nou reg vir die groot toets.
Die kameelperde wou ons nie laat naby kom nie. Ons het op die ende n baie rustige en wel berekende ? kans? gevat op 50 yds. Die skoot was n klein bietjie na agter, maar andersins goed. Die afslag het die volgende gewys. Die skoot het met die ingaan slag een rib solied getref. Dit het dwarsdeur gegaan, die long deurgegaan, daarna die lewer, die pens gesny, en tussen 2 ribbes op die ander kant uit. Die lem se punt het uitgesteek by die vel. Die ingangs wond, en wond kanaal is total bevredigend, en wys dat die lem sy werk tot aan die einde gedoen het. Een puntjie van die lem self het afgebreek, terwyl die ferrule hierdie keer gebreek het. Dit kan wees terwyl die dier beweeg het, met die punt van die lem wat in die vel vasgesit het. Die lem verder is steeds reguit.
Ek heg n paar foto?s aan.
Beplan nog n paar toetse in die volgende weke, en sal graag die swaarder broadheads hierdie keer n kans wil gee.
Groete
Johan"
[img width=360 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... viking.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... gswond.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... ngexit.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... elperd.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... trasie.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... elperd.jpg[/img]
Kameelperd met 125gr Viking
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Kameelperd met 125gr Viking
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- henried
- Hero Member

- Posts: 2353
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Kameelperd met 125gr Viking
Geluk, hy het sy werk gedoen.
Persoonlik sou ek nie die 125 begruik het vir die jag nie, maar eerder die 180.
Persoonlik sou ek nie die 125 begruik het vir die jag nie, maar eerder die 180.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Kameelperd met 125gr Viking
Ek stem Henrie. Die BH is moer sterk, maar het ook sy limiete. Enige aluminium ferrule sal breek as hy 'n duim dik been slaan. Ek sal gegaan het vir die 180gr wat die staal ferrule het, dan het daai BH nog beter penetreer.henried wrote: Geluk, hy het sy werk gedoen.
Persoonlik sou ek nie die 125 begruik het vir die jag nie, maar eerder die 180.
Feit van die saak bly staan, die BH het sy werk gedoen en die kameelperd is vinnig gedood.
Ek persoonlik sal ook nie 'n kameelperd met 'n 70pond boog skiet nie (dis maar net my opinie) maar meer met 'n 80 ponder of meer. Moenie my verkeerd verstaan nie, daar het al baie mense met 70ponders kameelperd geskiet, maar ek dink dit is maar die minimum ponde wat die vereiste KE kan uitsit
ek soek nog wapens...
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Kameelperd met 125gr Viking
Ek stem met julle saam.Daai ferrule het eers gebreek na die skoot in my opinie.As hy met ingangs gebreek het so die pyl net daar gestop het.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Kameelperd met 125gr Viking
Stem saam! Dis hoekom ek se dis bitter sterk BH's daaiG-force wrote: Ek stem met julle saam.Daai ferrule het eers gebreek na die skoot in my opinie.As hy met ingangs gebreek het so die pyl net daar gestop het.
ek soek nog wapens...
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Kameelperd met 125gr Viking
Bietjie maergat vir die langnekbees........manne as jy nie REG tref nie gaan hy beslis vir jou n redelike area van die jaggebied wys
Groetnis
Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Kameelperd met 125gr Viking
Dit is baie mooi gedoen! Daardie BH's bewys hulle self elke dag meer en meer! Ek moet rerig so biki spaar en geld bel? in so paar van hulle!
Groete
Herman
Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW