Nuut met Jakkals, spore gekry in veld.

Post Reply
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Nuut met Jakkals, spore gekry in veld.

Post by bex »

Ons het n 1300ha veld eenkant afgekamop met so 37 springbokkies in wat ons hoop sal aanteel dat ons binnekort bietjie kan jag. Die kamp het ogiesdraad omwat met klip gepak is , "jakkalsproof" soos die manne hier se.
Ons het 5 springbokkies was 6 jaar terug ingesit , hulle was 13 so 4 jaar terug, toe sit ons 10 springbokkies lammers by. Hulle is nou 37, en ek het heeltyd aanvaar dat ons nie n jakkals probleem het nie, maar toe gewaar ek noudiedag hierdie spore. N ligte reen buitjie n dag tevore het die spore mooi laat uitstaan.
Image

Ek gewaar toe dat hulle n springbok spoor teen n redelike spoed (spore ver uitymekaar) vir n paar km deur die veld gevolg het.
Image

Hierdie het vir my na nogal n groot spoor gelyk , maar ek ken nie , so raai sommer.
Image

Ek het n paar spreeus gesket en op n hopie gegooi n die veld en hulle is nou opgevreet, nou wonder ek sommer, sal dit werk om n n paar dae lank so n aas daar te sit en dan een aand te gaan voorsit?
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Nuut met Jakkals, spore gekry in veld.

Post by Blackie Swart »

As ek kan waag om te te se lyk daai vir my n jakkals teef se spoor.Gewoonlik is een van die agtervoete se spore kleiner as die ander drie.Dit is net by die jakkals tewe. Maak haar gou moontlik van kant.Probeer Louis 102 se springbok sopkop klank.As sy lus is vir springbokvleis, dan sal sy inkom.Sterkte daar.
Groete
Blackie
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Nuut met Jakkals, spore gekry in veld.

Post by bex »

Jammer , ek het vergeet om te noem dat daar 2 stelle spore was wat weerskante van die middelmannetjie geloop het. Een stel was bietjie groter as die ander.
Jag jakkalse so saam, of het ek dalk met honde te doen hier?
Last edited by bex on Fri Aug 17, 2012 8:58 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Nuut met Jakkals, spore gekry in veld.

Post by Blackie Swart »

Een woord.Probleme.As hulle so saam jag moet daar gewerk word om kleinkies te voed.OP die vraag of hulle saam jag BAIE BESLIS.As ek jy is sal ek maar so gou moontlik probeer vasstel waar hulle nes is om sodoende hulle almal uit te haal.Kyk in veral ou erdvark gate en klein gate in berge.Die spore kan jou min of meer na die regte rigring ly na die nes toe.Kry net n goeie spoorsnyer.Ek Verhoed om te na aan die nes te gaan.Rede,ek roep alyd eers daar naby om die ouers te dood.As mens te vroeg na die gate gaan,sal die ouers net eenvoudig die kleintjies skuif.Se my het julle n roeper daar wat jy kan gebruik.
Groete
Blackie
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Nuut met Jakkals, spore gekry in veld.

Post by Blackie Swart »

Wil net byvoeg.As jy nie goed vertroud is met roep en skiet nie,kry liewer hulp van iemand wat dit professioneel doen.Kos net een klein foutjie en jy sit met n bitter uitgeslaapte jakkals wat jou hel gaan gee en al jou diere gaan opvang.Sterkte.
Blackie
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Nuut met Jakkals, spore gekry in veld.

Post by johann »

Bex
In watter gebied is jy? Ek stem saam met blackie, kry iemand met ervaring in roep en skiet om van jou probleem ontslae te raak.

'N goeie jakkalsjagter (spoorsny en ysters stel) is ook 'n opsie, hy moet net sy werk goed ken om die ouers eers van kant te maak.

Groete Johann
25-06 Remington
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Nuut met Jakkals, spore gekry in veld.

Post by bex »

Ek is so 70 Km NW van Pofadder. sal bietjie die manne in die omtrek vra, hier is heelwat manne wat dit al lank doen.
Post Reply