GEVAARLIKE DREIGEMENT

Post Reply
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

GEVAARLIKE DREIGEMENT

Post by BLOK »

VANDAG SE BEELD OP BL7

Jeugliga se wapens is gereed.


Sekretaris generaal van ANC jeugliga mr. Isaac Mahlangu haal die volgende woorde aan.


"Ons masjiengewere is reg as daar afwykende gedrag sou wees. Julle moenie n adres in die begrafplaas kry vroer as wat God beplan het nie. Ons wil dit duidelik maak dat ons weet wie met die koerante gepraat het. Ons wil hulle waarsku - die masjiengewere is warm en gereed."


Nou wil ek weet is daai wapens gelesensieerd, wie pas oor die jeugliga gereg toe, en is dit nie haatspraak met n ernstige dreigement nie.

sou graag julle kommentaar hieroor wou hoor.

BLOK.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: GEVAARLIKE DREIGEMENT

Post by Robert »

Blok

Ek wil eindelik nie reageer op die post nie want ek kan dalk dinge kwyt raak wat nie vanpas is op die form nie, ek sal maar my bes doen om kalm te bly

$&*@#$%@!&$@!!, Nou voel ek beter :-X ??? >:( :(

Robert
Oorwining deur opleiding
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: GEVAARLIKE DREIGEMENT

Post by DSBW »

Blok

Ek het nie die konteks waarin die man die woorde geuiter het nie, weet ook nie wie nou eintlik moet pasop nie, maar te oordeel aan die JL se uitsprake die laaste tyd moet dit seker weer een of ander blanke groeppering wees wat moet oppas.

My opinie, vergeet van sulke onsinnighede, tewens, moenie eers die koerant koop nie. Die man sal nooit verstaan dat dit onverantwoordelik is om sulke dinge kwyt te raak nie. Hy sal ook nimmer as te nooit verstaan dat sekere groepperinge in die samelewing 'n geskiedenis het van nooit die knie buig voor onbillikheid en onregverdigheid, dat hulle altyd oorleef en voortbestaan, en dat dit nie help om hulle te haat nie, dis bewys, dit werk nie.

Kom ons laat dit daar, dis nonsens, onsin, die Bybel maak dit duidelik, as jy nie jou mond oopmaak nie, sal niemand weet jy is 'n dwaas nie, miskien moet die man sy Bybel begin lees.
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: GEVAARLIKE DREIGEMENT

Post by Kruger »

Ek hoor hy en sy makkers gaan nou militere opleiding ontvang. Wonder waarvoor nogal. Sal dit darm geniet om sy Sammajoor te kan wees.

Indien hulle daarop kan aandring as ANCYL om opleiding te ontvang, waarom dan nie al die ander jeug organisasies soos VF+ jeug, Afriforum, DA jeug, Cope, ID en al die ander ook nie.

Van wanneer af kan enige persoon net aandring daarop dat hy nou militere opleiding wil ontvang?
Winners never quit - Quitters never win.
Post Reply