baie geluk!! ops mooihuil.

Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Vlakvark »

Hi manne is hier nie 'n ouditeur op die forum nie. Lyk my die manne het elkeen meer as 20 jakkalse geskiet en nou is daar nie genoeg vingers en tone om die optel werk te doen nie ;D ;D ;D ;D ;D ;D
Image
Image
Fanie Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Fanie Nel »

Kom nou manne se nou hoeveel het jul geskiet
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Vlakvark »

Dis nou amper soos stembriefies tel met die verkiesing ;D ;D ;D ;D
Image
Image
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Ian »

Ops Mooihuil herskryf die  Geskiedenis boeke

Ja, wat 'n voorreg was dit nie om deel te wees van 'n groot span manne wat sout is van die aarde.

Daar was in 1955 (in SA)'n operasie waar 100 gewere betrokke was met 'n operasie vir 'n week lank waar daar maar net 31 jakkalse geskiet was. Die persoon wat daar betrokke was is nou 81 jaar oud. Soos ek verstaan wou hy baie graag by Ops Mooihuil gewees het en het hy vir Taffie hulle wisseltrofee aan Ops Mooihuil geskenk. Ops Mooihuil het in 2 aande maar net met      48 gewere  *  Jakkalse      =  totaal jakkalse geskiet. 'n Nuwe rekord ooit met gewere in die1900's en sover in 2000's.

Baie geluk aan die manne met:
1 ste plek - Die Dorslanders ( Louis 102 en Francois Marais)
2 de plek  - span 25            ( Dirkie en Chris 101)
3 de plek  - span 24            (SW (Ice) en Nel)
4 de plek  - span 14            ( Rooies (Carel) en Dries de Klerk)

Jammer manne maar daar sal NIE foto's "gepost" word van die jakkalse wat geskiet is nie "vir veiligheids redes". Elke deelnemer het sekere reels geteken wat hy moet nakom.

Daar sal wel later foto's van die prysuitdeling en die gekuier op gesit word.

Dankie aan almal wat dit gemaak het. Sonder julle sou dit glad nie 'n reuse SUKSES gewees het nie.

Groete Ian   
Last edited by Ian on Sun Aug 12, 2012 2:13 pm, edited 1 time in total.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by DWB »

Moet ons nou raai? 196? Jakke
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Gerhard »

DWB wrote: Moet ons nou raai? 196? Jakke
Klink vir my hulle het genoeg geskiet....

Well done boys!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Beretta »

Manne
Geluk FM louis102. Wat was was die kal wat julle gebruik het die amptelike jak kal.
Beretta
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by sakkievanheerden »

Ek wil net baie dankie se vir Taffie en Ian en hulle helpers vir die ongelooflike naweek en dat ek deel van dit kon wees.Dit was n belewenis wat my altyd by sal bly en al die nice ouens wat ek ontmoet het.Ek is seker as daar weer so iets gereel word sal ek en Freddie weer deel van dit wil wees as dit moontlik is.
Ek wil net by Geno aansluit dat 196 jakke nie die regte getal is nie.

Nogmaals dankie aan almal  dit was ongelooflik.
Groete
Sakkie van Heerden
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Problem Animal Control »

+ 1 000 000 Sakkie
Dit was great en come hell or high water ek sal as lewe en gesondheid hou by die volgende een wees!!!!!!!

Groette

PAC

NS: Jlle manne wat nie daar was weet nie wat julle gemis het nie
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Marc »

Problem Animal Control wrote: NS: Jlle manne wat nie daar was weet nie wat julle gemis het nie
Duidelik, maar niemand wil ook niks s? nie  :-\ :-\ :-\ :-\

Wonder wat gebeur het daar innie bos  ;D ;D ;D ;D ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by sakkievanheerden »

PAC
Daai v6 van die DATSUN soos Taffie se moet net hou.HAHA.
Groete
Sakkie
User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by hebron »

Ek weet nie hoekom jul manne so geheimsinig is nie; laat weet ons wat`s die SCORE!!
Dit voel soos n lang boksgeveg waarna ek luister oor Radio Pofadder, weet nie of die sein swak is en/of dit maar net die wind is wat so deur my ore tuit dat ek dan nie kan hoor wat gebeur het nie??

Ek hou al die spasie sedert Vrydag dop, maar nog geen positiewe uitslag nie, julle kan darem seker beter tel as die amptenare met n verkiesing; geen J/N as daar 1 le is dit tog "een"!!

Laat weet A.S.A.P!
LAAT-LOOP
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by tafjak »

Ja, die getalle sal seker nog 'n ruk geheim bly. :D Ry vanoggend my agterplaas binne net om deur die buurman gestop te word om foto te wys wat gister op Facebook/MMS verskyn het mat die eerste dag se vangs. >:( Hy wou net vir my noem(ek en hy maar altyd in die weer met mekaar) dat dit nie net ek is wat jakkalse jag nie. Het toe maar so liggies ge-smile en aangery.

Lyk ten minste impressive.

Baie geluk aan die wenners van die operasie, so by the way, ieder en elke man teenwoordig is die wenners!

Dankie aan alle die horde sponsers, baie, baie dankie dat julle geassioseer wil wees met Operasie Mooihuil en dit is maar die begin(ekself het nie so gedink teen Woensdag 09h00 nie). Was maar baie skepties, maar toe darie eerste klomp bakkies inry op woensdag het ek dadelik geweet, HIER KOM 'n DING! Met sulke groot smiles was dit onvermydelik.

RAMKATTE!

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Problem Animal Control »

Manne

Daar is n ooreenkoms tussen al die manne "wat by Ops Mooihuil gebeur BLY by Ops Mooihuil". Julle sal maar in die vervolg self moet kom kyk as daar weer so iets gehou word. Wat betref die foto wat vir jou gewys is Taf kan ek maar net se "Wie ded_nder was nou weer so simpel?????????????????????????????? Ek kan wragtig nie dink dat daar grootmense is wat nie afrikaans verstaan nie.

Groette

PAC
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
stan man

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by stan man »

ek het n ding begin met die gelukwensing wat baie onskuldig moes wees. dit
ons manne wat nie daar was nie moet maar net tevrede wees,as daar gese word daar was net een of twee of drie en twintig. weens verskeie redes word daar nie verder gepraat nie,en ons moet maar net tevrede wees.. ek is van nature net so nuskierig soos n jakkatees en as ek nou windgat kan wees wil ek graag die eerste een wees wat vir die volgende ops my naam opsit.hetsy as n gids of n skut.  my punt is net dit ek sal maar self wil gaan kyk,en sien. dan kan ek met die volgende een lag vir die manne wat ook soos ek na n jakkatees aard.

mooi  manne!
User avatar
Dweetster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 455
Joined: Mon May 07, 2012 5:34 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Dweetster »

Nou wat van ons manne wat ook wil deel, maar wat net of te ver of nie die toerusting het nie.? ??? ???
Ek wonder wat het daar gebeur.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Louis102 »

Dweetster en Stan

Die idee is nie om vermakerig te probeer wees met ons Mooihuil-stilswye nie.  Inteendeel, die rede vir stilswye is ver verwyder daarvan. 

Die media soek mos altyd iets wat sensasioneel is en wat Jan-publiek se emosies kan opsweep.  Dit verkoop mos net beter.  Ek kan my net voorstel hoe die media dalk op loop sal kan sit, as hulle snuf in die neus kry oor hierdie ding.  Ons het nie nodig om die w?reld vol uit te blaker oor wat ons kan vermag nie.  Al wat ons sodoende sal regkry, is om slapende honde wakker te maak.  Onthou, die waarheid kan maklik verdraai word dat moeilik herkenbaar is.  Dis nie wat in die media rapporteer word nie, maar hoe dit rapporteer word, wat sensasie aanvuur.  Sensasie verkoop koerante en stoot kykers getalle op.  Die mensdom glo mos wat in die koerant staan of op Carte Blance vertel word, ongeag of dit die eerlike waarheid is of nie. 

Die stilswye gaan dus om Mooihuil se organiseerders en deelnemers te beskerm teen sensasie soekers en aktiviste wat ons nie goedgesind is nie.  Glo my, "word of mouth" is die beste advertensie en spoedig sal die wat moet weet, hoor van Mooihuil se suksesse.

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Marc »

Oom Louis

Ek self het al gewonder wat die impak op die eko sisteem is as mens sulke groot getalle Jakke in een area afhaal oor so kort tyd. Oor so drie maande eet die rotte dalk die lammer op, beter en hou dit dan maar eerder stil  ;) Dis iets heel anders as om probleem diere op 'n enkele plaas aan te pak.

Ek dink ek verstaan waar julle vandaan kom  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by G-force »

Die ouens op Gunsite praat al van die "Jaracal" manne so groot skiet.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by FHM »

Marc wrote: Oom Louis

Ek self het al gewonder wat die impak op die eko sisteem is as mens sulke groot getalle Jakke in een area afhaal oor so kort tyd. Oor so drie maande eet die rotte dalk die lammer op, beter en hou dit dan maar eerder stil  ;) Dis iets heel anders as om probleem diere op 'n enkele plaas aan te pak.

Ek dink ek verstaan waar julle vandaan kom  8)

Mooiloop
Marc
Jislaaik my alie brand darrem self om te weet wat die score was daar?
Heng ouens as ek so baie jakkies op my plaas gehaad het, het ek die skaap verkoop en proef opgesit en met hulle begin boer (hehehehe)

Dink ek nou aan...trofee-jakkalskiet...kop-bors gemonteerd bo my kaggel...

Ek stem met Louis...die media implikasies as syfers hier rondgegooi word kan n bitter smaak in die mond veroorsaak. Die trolle het oe orals.
Last edited by FHM on Tue Aug 14, 2012 12:12 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Louis102 »

Marc wrote: ... Ek self het al gewonder wat die impak op die eko sisteem is as mens sulke groot getalle Jakke in een area afhaal oor so kort tyd. Oor so drie maande eet die rotte dalk die lammer op ...
Marc, jy het nie dalk ook gewonder wat die impak van die derduisende hektaar omgeploegde lande, wat ons daar gesien het, op die eko sisteem is nie?  Daar is derduisende hektare natuurlike habitat wat vernietig is om stapelvoedsel vir die mensdom te produseer.  Wat ons daar aantref is nie die natuur soos die skepping dit aan ons gegee het nie en dit kan mos nie soos 'n natuur reservaat bestuur kan word nie.  Die mensdom moet eet en ons moet mielies plant, maar dit is ons plig om dit te bestuur en nie net Gods water oor Gods akker te laat loop nie.

Onthou verder, dis nie net rooijakkalse wat 'n muis en rot vreet nie.  En onthou, die afname in rooijakkals-getalle maak plek vir ander diere wat baie meer spesialiseer op rotte en muise.  Ek het omtrent geen uil, bakoortjie, draaijakkals of groukat gewaar in die area waar ek gejag het nie.  Sinneloos om op Moeder Natuur te vertrou om 'n balans te probeer handhaaf in so 'n onnatuurlike situasie. 'n Uitbraak van hondsdolheid en brandsiek is sekerlik ou Vlekkie voorland, sou ons nie daar ingryp nie.  Wat dan? 

Daar het in elk geval steeds 'n horde jakkalse in daardie area agter gebly, glo my.  Ons het gesonde verstand gekry om ons plase te bestuur en dit is verder ons opgelegde plig, as ek die Groot Boek reg verstaan.  My gesonde verstand s? net vir my dat die oorbevolkte jakkalse populasie wat ek daar gesien het, nie 'n gesonde ding kan wees nie.  Om 10 volwasse jakkalse van een staanplek te skiet, hierdie tyd van die jaar, was maar vir my weereens 'n bewys dat die rooijakkals geen ingeboude sisteem het om sy eie getalle te beheer of om ander jakkalse uit sy gebied te hou, indien hulle oorbevolk raak nie.

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Marc »

S? ek ook, die dag wat jy 'n draad span is jy ten volle verantwoordelik vir wat daar binne gaan gebeur.

Ons was Julie daar tussen Groblersburg en Swartwater gewees, amper my o? uitgehuil toe ek sien dat die mooi stuk Bosveld nou al amper soos Bothaville lyk, dis net plantasies op plantasie met die woeste wreedste elektriese heinings. Ek weet die mensdom moet eet, MAAR dit gaan ons eie ondergang ook nog beteken. En vinnig ook  :police:

Ek is 110 % agter julle manne, ek dink my "post" lees dalk bietjie verkeerd, wou aansluit by wat Groenes van ons sou kwyt raak as die inligting gadraai word. Die goed dink mos soos stoet varke  ;D ;D ;D ;D Kos, gang, seks, gang, kos  ;)

Mooiloop en weereens geluk met die sukses behaal

Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by MEERKAT »

Geluk Louis en al die ander manne en vernaamlik die organiseerdes van die operasie, met so 'n besigheid is daar klomp dinge wat kan skeefloop as die leisels nie goed vasgehou word nie, die jockey het die dinge goed gedoen, geluk TAFFLES.
Louis jou getal van 10 laat mens nogal dink aan 'n staanplek op  'n wildsplaas waar nog nooit enige beheer toegepas is nie, as sulke getalle jakkalse op lande rondloop is daar gewis 'n foutjie in daardie wereld. Louis vertel bietjie meer van terrein en tipe omgewing waar julle daardie hoeveelheid jakkalse kon skiet en sommer miskien so ietsie oor die klanke wat goed gewerk het.
Groetnis
MEERKAT
stan man

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by stan man »

ek persoonlik dink wat vermag is ,is baie groter as wat enige iemand kan besef.
ek was gisteraand op n plaas waar 10 lammers sondag deur jakkals gebyt is.wat is die omvang van daai??  die man op straat besef nie wat die omvang van die probleem is nie. sou daar in my omgewing so n ops wees,wat se verskil sou dit nie vir ons boere wees nie???
die meeste sal te dankbaar wees vir die afname in skade.
en tereg daar kan nie stories  uitloop nie want ons sal gekruisig word. wat gaan gebeur as ons verbied word om die probleem aan te spreek?
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: baie geluk!! ops mooihuil.

Post by Louis102 »

MEERKAT wrote: ... Louis jou getal van 10 laat mens nogal dink aan 'n staanplek op  'n wildsplaas waar nog nooit enige beheer toegepas is nie, as sulke getalle jakkalse op lande rondloop is daar gewis 'n foutjie in daardie wereld. Louis vertel bietjie meer van terrein en tipe omgewing waar julle daardie hoeveelheid jakkalse kon skiet en sommer miskien so ietsie oor die klanke wat goed gewerk het ...
Meerkat, jammer, ek sien nou eers jou post.

Jy is nogal in die kol.  Ek en Francois was baie gelukkig om op so stukkie wildsplaas, omring deur mielielande te kon jag.  Die wereld was maar plat en die gras lank wat staanplek keuse so effe moeilik gemaak het.  Ek het maar met 'n kossie combo begin vir so 20 - 30 minute, omdat ek geweet het daar moet 'n klompie loslopers wees.  Daarna gewoonlik so vriendelike enkel jakkalsroepie, stilte en dan weer kossies met baklei vreet tipe klankies tussenin.  Het op die einde maar afgesluit met 'n meer sosiale roep en myself geantwoord met 'n jakkals reaksie.  Ek het glad nie jakkalshuil gebruik om mee te begin nie, omdat ek nie geweet het waar die kerngebiede van die dominante stelle is nie, maar daar het darem so paar dragtige tewe ook geval.

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply