Ek wou net eers seker maak die majuba gooi waar hy altyd gedoen het. Hy het onlangs n terminator opgekry..
Verskoon die bloed in die fotos
So lyk hy deesdae

Hy skiet nog reg..

Ek het vroeg by die voerplek gaan sit maar teen half nege het niks ingekom nie en het dit bietjie koud geraak...
Oppad huistoe ry ek toe gou n draai deur die lande en kom toe op die twee af.......
Tot die dood ons skei..

Die beer het groot vratte

Sog lekker vet!

Beer



