22-250 Wat dink julle ?

Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

22-250 Wat dink julle ?

Post by Frederik »

Ok die springbokkies in die karoo het my nou baie lus gemaak vir iets wat plat en hard skiet ek is baie lus om in plek van 'n 223 liewers 'n 22-250 te kry die grootste bokke wat geskiet gaan word is swart wildebees en dalk rooi hartbees.

Vra ek te veel of moet hy maar liewers bly op die springbokke en blesbokke op lang afstand en dan ook hoe is die terugskop sal my seun van 7 dit kan hanteer?
Last edited by Frederik on Thu Jul 26, 2012 7:49 pm, edited 1 time in total.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 22-250 Wat dink julle ?

Post by kopskoot »

Frederik

Gaan lees bietjie wat se die "maistro" Piet Breedt oor daai 22-250 met n 1/8 twist loop. Hy skiet 75gr koels platter as die ander gunne, met baie min recoil en skrik nie te veel vir wind nie.

Met  ordentlike skootplasing en goeie koeels kan jy dan maar n paar van die "groter as blesbokke" aanvat. ( en wen)

Klink vir my lekker.
Last edited by kopskoot on Tue Jul 24, 2012 8:22 pm, edited 1 time in total.
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: 22-250 Wat dink julle ?

Post by johnny »

Frederik

Het self n 223 en skiet nou 7 jaar met hom, fantasties geweer en ek het niks slegs te se oor hom nie, maar ek sal eerder n 22-250 koop , selfde skop maar het bietjie meer voete en is lekker plat. SaL UITSTEKEND WERK VIR N SEUN, KOOP NET GOEIE PUNTE AS DAAR DALK N SLEGTER SKOOT GESKIET WORD.
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
Erni
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Sat May 05, 2012 9:45 am

Re: 22-250 Wat dink julle ?

Post by Erni »

Fredrik

Ek kom uit die karoo uit en het self 'n .22-250, hy skiet lekker plat en stamp sommer 'n groot bok om met 'n goeie skoot, dis 'n goeie keuse vir die doel waarvoor jy hom wil gebruik! In my opinie moeinie ligter as 55gr punte laai nie en as hy mooi groepeer sal jy hom nooit weer neersit nie!

Groete
Erni
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 22-250 Wat dink julle ?

Post by Frederik »

Dankie Manne,

Nou as ek gaan soek vir 'n 22-250 hoe weet ek die het 'n loop vir swaar punte ek hou baie van die 75gr idee.
Watter makke kom uit met die 1 tot 8 spiraal ?

So terloops ek het verlief geraak op die Bushnell Elite 6500 4.5 - 42 x 50 met Mildot Reticle.
Dit was beide op die 243 en 300 win mag waarmee ek die bokke geskiet het.

Image
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: 22-250 Wat dink julle ?

Post by Piet Breedt »

Frederik, die enigste fabrieks geweer wat uitkom met n 1/9 twist loop is die Savage mod 12 VLP. Die volgende besending sal eers in September land, en daar gaan net 20 wees. Meeste van hulle is reeds bespreek, so as jy gou maak en een by S & O bestel. het jy nog n kans. Hulle skiet een gat groepe, baie akkurate geweer
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 22-250 Wat dink julle ?

Post by Frederik »

Dankie Piet,

Enige idee van die prys min of meer ?
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: 22-250 Wat dink julle ?

Post by Biltong »

Weet iemand of daar goeie jagpunte in die 70 -75gr gewigsklas is vir die .22 kaliber? Iets in die klas van Nosler Accubond of Hornaday Interbond?
Die monometaal jagkoeels sal seker heelwt ligter wees.
User avatar
Scrappies
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm

Re: 22-250 Wat dink julle ?

Post by Scrappies »

Hi Manne,

Luister na Oom Piet!!!

Ek het my 22-250 n 1:8 twist loop op gesit en nog nie een dag terug gekyk nie.

Net gister weer gesien die ding werk!!! Ek het gister n Vlakvark sog geskiet op 306meter ( ranged ). 75gr A-Max op die knoppe reg deur albei blaaie varkie het seker 15meter gegaan na skoot!!!

Frederick as ek jy is bestel ek nou een van daai Savage geweertjies. Dink die laaste prys wat ek gesien het was R15000.

Koop hom man!!!!!!
22-250 Howa
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: 22-250 Wat dink julle ?

Post by Vosman »

Fredirik,
Ek het self Bushnell teleskope op die 3089 (3200 elite) en die 243(tactical elite). UItstekende waarde vir geld en in my ervaring regtig helder en sy verstellings is baie positief!
Ek hoop jy kry die regte roer!

Groete
Last edited by Vosman on Mon Jul 30, 2012 11:32 am, edited 1 time in total.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 22-250 Wat dink julle ?

Post by James Wilson »

oorweeg om sommer net jou 223 te ackley. die performance is dan nader aan die 22-250 as voorheen en jy het niks probleme met nuwe lisensies nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 22-250 Wat dink julle ?

Post by Frederik »

James, Kyk as ek 'n 223 gehad het sou dit 'n baas plan gewees het maar ek het ongelukkig nie plus die nuwe liksense loop soos strop nou so ek probeer maar bymekaar maak waar ek kan.

Vosman, ek het lekker die verskil gesein tussen die 3200 en die 6500 en die 6500 was baie beter nie dat die 3200 sleg is nie.
Last edited by Frederik on Mon Jul 30, 2012 5:27 pm, edited 1 time in total.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Post Reply