Watter kopskoot geweer??

Erni
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Sat May 05, 2012 9:45 am

Watter kopskoot geweer??

Post by Erni »

K?rels ek sou graag julle opinies wou hoor oor die volgende:
Ons almal sal saamstem dat om kopskote te skiet jy 'n uiters akkurate geweer nodig het tesame met die vermo? om jou geweer reg te gebruik. Die .22 senterslag kalibers is idiaal hiervoor, daar is manne wat van springbokke tot elande klokslag platskiet met sy .223 of .22-250 maar die toestande (viral op diere groter as blesbokke) moet idiaal wees. Watter Kaliber sou julle aanbeveel as 'n tweede geweer vir hierdie doel wanneer ons kyk na groter diere soos SWB, koedoe, gemsbok, ens. Ek weet baie ouens hou van .25-06 of .243acl.

Ons luister graag na die manne wat weet
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by BLOK »

Kry n 204Ruger, weet Francois het met syne al n baie klompie gemmies gestamp op die helmet, ek self ook al heelwat blesbokke en rooibokke. Lekker goedkoop om te herlaai ook, 28g 335, punte nou 2000 gekoop vir R1.80 per punt en doppe het ek voor betaal R830 vir 200. Trajek is ook lekker plat met sy spoed en recoil is wat is dit.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by BLOK »

Ludwig wrote: Toe ek die naam van die onderwerp sien het ek al geweet Blok gaan kom met sy 204  ;D  Maar vergewe my maar as ek nie die guts het vir so ligte kaliber vir breinskote op groter boksoorte nie. Dink 'n 25-06 sal 'n beter keuse wees vir my persoonlik.

Hahaha, ja Luddie maar jy weet mos nou al speed kills. Ek wag nog vir iemand om n buffel te sponser dat ek julle dit net kan bewys. hahaha

Erni

Vra maar vir Kopskoot 25-O loop mooi vir helmut shots, as jy nie vir 204 kans sien nie sal hy ook mooi werk, weet net nie wat is loop lewe op hom as jy baie oes nie. Waar is Geno, miskien kan hy ons se hoeveel skote het hy gekry voor hy kaput is.

Gaan lees maar hier hoe loop so 25-O

http://jaracal.com/index.php/topic,1237 ... #msg160634
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by Stefan764 »

Ludwig wrote: Toe ek die naam van die onderwerp sien het ek al geweet Blok gaan kom met sy 204  ;D  Maar vergewe my maar as ek nie die guts het vir so ligte kaliber vir breinskote op groter boksoorte nie. Dink 'n 25-06 sal 'n beter keuse wees vir my persoonlik.
Vra vir Kopskoot op die Forum. Glo hy sal dieselfde andwoord as Ludwig gee. En JA, ek gaan met hulle saamstem ook, die 25-06 is n lekker kopskoot kaliber.

Die hele 6mm reeks sal ook nie trugstaan vir n kopskoot kaliber nie en dan die groter as 25, die 6,5mm reeks sal ook vele geskikte kanidate he.

Ek voel persoonlik dat die keuse van n teleskoop en die vlak van herlaai veel groter rolle gaan speel as dit by die skiet van kopskote kom, maar dis seker n gesprek vir n ander topic...

Groete
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by Geno »

Ek is my .25-06 se 3de eienaar. Van verlede jaar April, tot nou toe, +- 980 skote, en ek sien klaar tekens van 'n gaar loop.
Maar een ding is seker, en dis dat daar min kalibers is wat 'n breinskoot so lekker skiet soos die .25!

Wat ek oorweeg as 'n opvolg met di? dat die loop klaar is, is om 'n 6mm loop op te sit, en hom te kamer na 6mmRemAI.
Goed, beter, 6millimeter!
Zack Benade

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by Zack Benade »

Enige geweer wat 'n 6mm punt teen 3450+ fps kan skiet.  Die punt moet 'n hoe BC h? en moet nie onder 70gr wees nie.  Match punte met 'n hoe BC is 'n goeie opsie.

'n Geweer wat te veel skop sal ek nie aanbeveel nie.  Jy moet deur jou scope self kan sien waar jou skoot tref.  Hoe spat die stof.

Onthou
Al skiet jy watter geweer en watter scope beperk jouself tot 'n afstand.  Dis baie maklik om 'n bek weg te skiet op 250m al skiet jou geweer 'n 1 1/2 " groepering op daai afstand.  :police: :police:

Gebruik 'n rangefinder waar moontlik. :police: :police:

O-JA----Luister na Blok se raak.  "n 6BR is ook 'n goeie keuse. ;D ;D
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by BLOK »

Stefan764 wrote:
Ek voel persoonlik dat die keuse van n teleskoop en die vlak van herlaai veel groter rolle gaan speel as dit by die skiet van kopskote kom, maar dis seker n gesprek vir n ander topic...

Groete
Virseker, en ken jou geweer en sy vermoens weet waar hy skiet op watter afstand is baie belangriker as die kaliber. Kyk maar hoe lekker skiet n man met net een geweer n 308 kopskote want hy ken sy geweer en weet toe oe waar om te mik.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by kopskoot »

Erni

Ek sal met vrymoedigheid n 25-06 aanbeveel vir die' doel.
Die kaliber skop min genoeg om baie akuraat te kan skiet, en jy kan laai van 75 gr tot 120 gr teen betreklik ho? snelhede. Soos Stefan egter genoem het het, is die kombinasie van geweer, teleskoop en genoegsame herlaai kennis net so belangrik, indien nie meer belangrik as die kaliber keuse nie.

Ek sou ook voorstel om na die varmint( diklope) in die vervaardiger waarin jy belangstel, se reeks te kyk. Vir my werk hulle baie lekker, die geweer is bietjie swaarder,( wat weer recoil verminder).

Die ander kaliber wat ek sal voorstel is 260 Rem.
Ek dink hy kan doen wat die 25-06 doen en nog n bietjie meer.

Sterkte met die besluit.
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by JACQUES BOTHA »

lUDWIG
NIE GEWEET JY IS N BANG MAN NIE?????????????????
BLOK IS BRAAF
EK SAL SELF LYSKOTE SKIET OP N KAT  MET BLOK SE GEWEER !!!!!
eK NOEM DIT OOK MAAR NET
ALLE KALIBERS KAN KOPSKOTE SKIET AS DIE DRYWER WIL ---EN KAN
SO BESTE KOPSKOOT GEWEER IS DIE EEN WAT JY DAN IN JOU HAND HET,
WANT AL STAAN DAAI BOK NOU WAAR EN WANNEER  -
WAT HET JY NOU IN JOU HANDE EN WAAR GAANJY HOM NOU SKIET...(PRAKTYK)
TEORIE---DIE VINNIGSTE PLATSE  SWAARTSE EEN WAT JY HET
JACQUES
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by Machann »

Erni, daai klein kalibers werk lekker maar soos jy se speel toestande n groot rol. Oom Piet het egter erens van n 22-250 met 70gr bergers gepraat gepraat wat sy 25-06 "out perform" as dit by wind kom, so BC speel baie groot rol.

Ek self skiet n 25-06, ek is die tweede eienaar van die geweer en ek het al omtrent 1900 skote deur haar en dink haar loop is nou baie naby aan klaar. Ongelukkig het my pa al meer elande met haar geskeit as wat ek het, maar toe ons nog n aandeel in n wildsplaas gehad het het ek van springbok tot eland met haar geoes sonder probleme en was sy ook my backup rifle as ek ge guide het om rede ek so baie vertroue in haar gehad het en dit meeste van die tyd in oop vlaktes was.

Stem verder saam met Stefan en Blok maar vir my is koeel keuse net so belangrik. Ek het lank Bergers geskiet en selfs my eerste eland met een laat val. Soos hulle se, als loop reg tot dit verkeerd loop? Een oggend die koue, afstand onderskap op n springbok ram wat vir my gestaan en kyk het. die skoot was bietjie laag maar inplaas daarvan dat die koeel deur die kake is het dit in die kake weg geskiet sonder dat die punt die nek kon breuk. Hom gelukkig gekry maar my laat besef dat die koeels te sag was. Dieselfde eendag gesien met n 270 en ek dink oom Hannes het Ammasole koeels of so iets geskiet.

Dit is maar my ondervinding maar vir my is die best koeel vir kopskote is die sagste een wat jy moontlik kan skiet wat vir jou die verlangde penetrasie sal gee. Jy wil basies al daai koeel energie oordra na die kop. Hoe meer energie jy in kop kan agter laat hoe beter. My ondervinding is dat jou kanse groter is met n sagter koeel om n bok wat jy kwes neer te sit (uitslaan) met die skok invergelyking met meer soliede koeel. Dit gee jou kans vir n opvolg skoot waarna jy maar die bok met lood moet dra. So ek skiet twee 100gr Sierra Mk bo op twee 100gr Nosler E-tip vir as ek moet lyf skiet as die tweede skoot dalk mis is.

Groete
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
Erni
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Sat May 05, 2012 9:45 am

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by Erni »

Baie dankie ek waardeer die insette baie! Dit staan dus soos 'n paal bo water uit dat 'n .25-06 die gunsteling is en as ek kyk na koste van komponente ook die mees ekonomiese opsie is!! Hy en my .22-250 sal mekaaar mooi komplimenteer! Nou is dit net soek en "brands" en pryse vergelyk! Ek sal fotos opsit sodra ek my roer aangeskaf het!

Groete
Erni
willem

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by willem »

Ek sien hier is ouens wat glo aan hulle gewere, Ek skiet met n paar kalibers,270 win ai ,6.5 *55 ,25-06 , 222 rem , ek glo jy moet weet wanneer jy met wat kan skiet , jy moet jou trajek ken en weet wat jy en die geweer waarmee jy skiet instaat is

As die wind waai sal ek nie my 222 uit haal en my 270 ackley beree nie ,maar anders om

ek dink ons verstaan mekaar

dankie
Willem
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by Machann »

Stem saam Willem! Ken jou geweer en die toestande!!!

Sou ook eerder graag elke keer my 223 (wat nog op my pa se naam is :'() wou gebruik maar ongelukkig le ons versameling gewere nog nie waar party manne sn le nie en moet ons maar eers n geweer kry wat vir all toestande die beste gaan werk. Sien darem Erni is my voor dat hy al n 22-250 het. Daar is is moes altyd verskoning vir nog n geweer in elke een van ons se kluise!

Dit maak meer saak waar jy jy skiet inplaas van wat jy skiet. My grootste "springhaas" was 48 duim en 178kg met n 223.
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
stan man

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by stan man »

vir patat skote,is daar vir my net een roer. .270
ek het al redelik geoes en dan is kopskote n moet.ek het nog nie een dier n ordentlike kopskoot gegee wat kom vra het vir nog nie.
nou gaan ek nog windmakerig wees en se; sponser my n buffel. ek sal hom glad aanvat met my .270
my ma het nie bang seuns groot gemaak nie
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by Piet Breedt »

.25 06 werk regtig mooi vir oes (kopskote) oor lang afstande met 100gr Sierra MK. Sy loop hou ongeveer 2300 skote. Ek is al op myne se 4de loop, en die voriges het almal in daardie omgewing ge hou.

As jy range en die afstande ken, is die .260 Rem met 130gr tot 142gr koe?ls nog beter en is baie minder wind sensitief. As daar nie tyd is vir range, klop die .25 06 hom omdat hy platter skiet.

Die .22 250 met 1/8 twist loop met 75gr Bergers of 75gr Hornady A - Maxe klop hul almal met platskiet, min recoil en wind. Jy sal verbaas wees om te sien hoe hard die 75gr koe?ls die gonge skiet, in vergelyking met die 55greiners.

Ek besit al die bogenoemde kalibers, en my no 1 keuse is die .22 250, veral as ek nie tyd het om elke keer te range, en die .260 Rem, as daar tyd is om elke skoot te range.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by Stefan764 »

Piet Breedt wrote: .25 06 werk regtig mooi vir oes (kopskote) oor lang afstande met 100gr Sierra MK. Sy loop hou ongeveer 2300 skote. Ek is al op myne se 4de loop, en die voriges het almal in daardie omgewing ge hou.

As jy range en die afstande ken, is die .260 Rem met 130gr tot 142gr koe?ls nog beter en is baie minder wind sensitief. As daar nie tyd is vir range, klop die .25 06 hom omdat hy platter skiet.

Die .22 250 met 1/8 twist loop met 75gr Bergers of 75gr Hornady A - Maxe klop hul almal met platskiet, min recoil en wind. Jy sal verbaas wees om te sien hoe hard die 75gr koe?ls die gonge skiet, in vergelyking met die 55greiners.

Ek besit al die bogenoemde kalibers, en my no 1 keuse is die .22 250, veral as ek nie tyd het om elke keer te range, en die .260 Rem, as daar tyd is om elke skoot te range.
n Ingeligte en deurdenkte antwoord. Dankie oom Piet!
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by JACQUES BOTHA »

PIET
En die en nadel van met n 25 oes is hy skop jou soms uit die teiken uit, mar omdat n 25 so min mis maak dit nie rerig saak nie  of hoe..
Dis ook n groot voordeel van die kruppel250's jy sien presies war jy skiet of as jy oor of voor die bok verby is.
Sommer net so druppeltjie na die stroom ..
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by FHM »

stan man wrote: sponser my n buffel. ek sal hom glad aanvat met my .270
my ma het nie bang seuns groot gemaak nie
Ja ne....ek is seker in die geval sal jy bid vir meer as daai .270 Stan man, sal heel moontlik ook jou laaste gebed wees ;D

http://www.youtube.com/watch?v=6to3R4BFXeg
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by johnny »

Will ook n 25-06 aanbeveel ek skiet 117 hornady interbons en hulle werk uitstekend, die geweer skop n bietjie en het toe n knaldemper opgesit , nou is hy yster. As my loop klaar is koop ek n broughton dik loop , dan sal hy uiters doeltreffend wees vir daail langer kopskote. Moet net nie vergeet jou teleskoopp is krities nie.
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
Erni
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Sat May 05, 2012 9:45 am

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by Erni »

Watter .25-06 sal julle aanbeveel?
Ek het al op die internet gekyk ( het nog nie tyd gehaad om by die winkels uit te kom nie) na Savage Long Range Hunter, Remington se SPS stainless en Tikka Varmint.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by Geno »

Erni,
Enige .25/06 sal werk, solank hy 'n 26"+ loop op het.
Daai Savage is 'n bul, maar ek like my Rugertjie net so baie...
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by Hein M. »

Net my beskeie mening

As jy relatief akkuraat breinskote wil skiet vir baie jare, sal ek die 223Rem aanbeveel.  Dit is net meer koste effektief.  Daai ander skouperde preform dalk net so lank ;)

Net my 2c

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by Piet Breedt »

Hein, ek stem saam as dit vir die korter Bosveld omstandighede is, sal die .223 ook my eerste keuse wees, maar as ons praat van vlaktes, dan die ander soos hierbo genoem.

Ek het meeste van my oeswerk met my .223 gedoen
Fanie

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by Fanie »

En hier dag ek alles van 'n man moet die grootste wees behalwe sy selfoon...
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Watter kopskoot geweer??

Post by Piet Breedt »

Daar is net twee goed wat n man mee spog en s? syne is die kleinste, en dit is sy selfoon en die groepe wat hy skiet.
Post Reply