19 Jakkalse snewel

Post Reply
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

19 Jakkalse snewel

Post by Piet Breedt »

Ek het Saterdag aand gaan jakkalse jag en was gelukkig om 19 te kry. Dit was bewolk en dus het die 3/4 maan nie gepla nie. Ek het eers vanaf 8uur geskiet nadat ons eers so skaap tjoppie gebraai het , en net tot so 01 45 aangehou. Daar was 14 reuns en 5 tewe. Ek het lanklaas sulke groot jakkalse geskiet. Dit was opvallend in hoe goeie kondisie hulle almal was. Gn wonder die boere loop so swaar deur onder die Jakkalse. Ek het slegs 12 gekry die aand omdat die gras nog redelik lank is op plekke, en het darm die volgende dag die res gekry.

Ek plaas later die fotos.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 19 Jakkalse snewel

Post by JPS »

Mooi so Oom Piet.

Weer daar in Delmas , Devon omgewing?

Mooiloop
JP
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 19 Jakkalse snewel

Post by Marc »

Liewe land, dit was 'n produktiewe aandtjie  ;)

Seker die boere in daai omgewing is ewig dankbaar  :)

Mooiloop
Marc
Last edited by Marc on Tue Jul 10, 2012 9:11 am, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: 19 Jakkalse snewel

Post by DanieDegenaar »

Marc,

Wil net hoor watse roepe was die mees suksesvolste?

Min dat mens so baie kry! Geluk.

Groete

Degenad
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
stan man

Re: 19 Jakkalse snewel

Post by stan man »

lucky fish!! het gisteraand net een jakkals en n ironpig gekry.
jy het mooi gemaak.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 19 Jakkalse snewel

Post by tau »

Piet Breedt wrote: Ek het Saterdag aand gaan jakkalse jag en was gelukkig om 19 te kry. Dit was bewolk en dus het die 3/4 maan nie gepla nie. Ek het eers vanaf 8uur geskiet nadat ons eers so skaap tjoppie gebraai het , en net tot so 01 45 aangehou. Daar was 14 reuns en 5 tewe. Ek het lanklaas sulke groot jakkalse geskiet. Dit was opvallend in hoe goeie kondisie hulle almal was. Gn wonder die boere loop so swaar deur onder die Jakkalse. Ek het slegs 12 gekry die aand omdat die gras nog redelik lank is op plekke, en het darm die volgende dag die res gekry.

Ek plaas later die fotos.
Liewe ouers jy mag maar. Ek dink enige iets na 3 is baie. Was Saterdag aand op bachelors in die veld geen wapens of voertuie  toegelaat natuurlik, die jakkies het om ons geskreeu of hulle geweet het ons is sonder geweer en 'n kar.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: 19 Jakkalse snewel

Post by Henry 7 »

Ag nee hel-ek vat nie soveel patrone saam nie-netjies!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 19 Jakkalse snewel

Post by Pvdw »

Piet waar boek ons vir 'n kursus 8) 8) 8)

Mooi Piet, was dit op daai plaas waar Hein se kursus was?

Watse roep roetiene het jy gevolg? Nog steeds moielikke tyd?

Peet
Last edited by Pvdw on Tue Jul 10, 2012 7:46 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: 19 Jakkalse snewel

Post by Piet Breedt »

Ja Peet, dit is op diesefde plaas waar ek nou al 102 jakkalse sonder hierdie 19 in net meer as n jaar geskiet het. Die plaas het n voerkraal op en daar is ongeveer 22000 beeste waarvan sowat 15 000 in die voerkraal is en die res op background en n 2500 Beefmaster stoet.

Ek het aanvanklik die moeilikke tyd roepmetode gebruik, maar was deurentyd geantwoord met redelik agresiewe jakkals roepe. Ek het toe oorgeslaan na jakkals roepe en maar weer my troefkaart nl: jakkals baklei 1 en 4 gebruik met groot sukses, asook so 2 of 3 ander jakkals roepe. Vlekkie 3A en Jakkals antwoord en jakkals roep 1. Op een roepplek het Rooi D van Louis 102 ook mooi ge werk

Dit was werklik een van daardie aande wat die hele veld gelewe het. Ek moet ook darm noem dat dit tot my voordeel was dat meeste landerye nou al geoes was en kaal was en dat ek hulle baie v?r kon sien. My skote was ook baie verder as normaal met n hele paar van oor die 400m.

Ek het so ruk terug bietjie huiswerk gedoen op n jakkals teiken en gesien hoe groot hy vertoon in my kruishare op verskillende afstande op 12 x vergroting met my Nightforce. Die Nightforce is nie eintlik my jakkals scope nie, maar vandat ek die .22 250 met sy 1/8 twist loop op gebruik vir my kompetisie geweer, en die Nightforce op hom het, moet hy maar diens doen in die nag ook. Nou dat ek hom gewoond is in die nag, werk hy eintlik baie goed. Ek het ook met die 75gr Hornady A Maxe geskiet aangesien die wind so bietjie erg gewaai het deur die dag.

Ek dink hierdie jakkalse by ons het nog nie Heinrich se kursus bygewoon om te leer dat dit eintlik moeilikke tyd moet wees.
Last edited by Piet Breedt on Wed Jul 11, 2012 5:09 pm, edited 1 time in total.
User avatar
quintin
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Tue Jun 12, 2012 2:26 pm

Re: 19 Jakkalse snewel

Post by quintin »

mooi piet

klink of dai jakkies al lekke besig was da, en ek glo jy sal nog so paar da ka piets.

stoot loot en mak hul dood
9mm cz 75
303 lee enfield
pse compound bow
as ek my sin kry nog baie ander
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: 19 Jakkalse snewel

Post by theedge »

Baie netjies geluk
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Post Reply