Hou plaas skoon van roofdiere

Post Reply
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Hou plaas skoon van roofdiere

Post by smitjs »

Dags? almal,
Daar bestaan blykbaar 'n metode om 'n plaas maklik skoon te hou van roofdiere. Dis nou met die gebruik van hierdie valle.
Daar bestaan hierdie soort val, dit hou die roofdiere veilig en gevoer tot jy daar kom, maak nie saak of dit ses maande neem nie. Hulle sal vir jou wag, en jy kan hulle dan oes.
Soos met alles is daar voordele en nadele, en is die eenvoudigste oplossing die beste. (?Kiss, Keep it simple stupid?).
Voordele: Dis selektief. Dit werk vir jare en jare, en jy kan die roofdiere gaan haal wanneer dit jou pas. Dit bewaar baiekeer meer as een roofdier op 'n keer, en baiekeer meer as een soort dier gelyktydig.
Nadele: Dit kos geld, tyd en arbeid, dit werk eers 'n jaar na installasie, en dis 'n installasie, dis nie draagbaar nie. Dis dan 'n lang termyn belegging.
Dis nie my uitvindsel nie, ek het dit gekry uit 'n boek wat ek al meer as dertig jaar het. Die kennis hiervan kom oorspronklik van 'n half Indiaan, so dit was ook nie die skrywer se uitvindsel nie. Hy was bekommerd dat die kennis hiervan verlore gaan, en ek het dieselfde bekommernis. Wie weet hoeveel van ons boere het hierdie inligting, en hoeveel is bereid om hierdie belegging te maak?
My opinie van half Indiane is streng volgens Joshua 23:12,13, Nehemia 13, ens. Dis seker nie van belang nie, want mens mag seker inligting gebruik, ongeag die oorsprong.
Ek was bekommerd oor kopiereg, ek soek nie moeilikheid nie, maar as dit 'n Indiaanse gebruik was, is daar nie kopiereg op nie. Sommige Indiaanse stamme was flukser as sommige andere wat ons ken, en hulle het natuurlik altyd pelse nodig gehad vir koue winters en vir ruilhandel. Ook sien ek dis beskikbaar op die internet. Soek vir 'Den Trap'.
Eienaardig genoeg, ek het hierdie inligting oorgedra na meer as een boer, en niemand het belang gestel nie. Ek plaas dit graag op die forum, in die hoop dat iemand dit van nut sal vind en gebruik.
Die val self is die eenvoud self. Mens sorg net vir 'n gat geskik vir die roofdiere. Woonplek vir jakkalse is maar altyd te kort, en hulle wil nie op die regering skree vir huisvesting nie. Soos met alles, is daar riglyne. Daar moet 'n ingang kanaal, pyp, tonnel, of wat jy ook al dit wil noem, wees. Dis ideaal sowat ses meter lank, en nie korter as twee meter nie. Hy het altyd syne 12 voet, s? maar 3.5 meter gemaak, en geskryf dat dit goed werk. Natuurlik was hy in die VSA, en ons het ander roofdiere, maar hy het geskryf van 'n groot verskeidenheid diere wat hy daarmee gevang het. Die ingang tonnel moet afdraand loop sodat water nie daarin l? nie, en die bek is verkieslik onder 'n klip of so iets weggesteek. Sand voor die bek maak spore sien maklik. Die tonnel eindig dan in 'n kas waar die diere vir jou wag. Die kas moenie kleiner as so driekwart meter kubiek wees nie, en kan groter wees. Die kas moet dan 'n deksel h? wat lig en water uithou, met 'n handvatsel om maklik op te tel. Die deksel moet 'n laag grond op h? om te sorg dat geen lig in die kas skyn nie en die kas te isoleer van die warm son. Waar die tonnel in die kas eindig, moet dit 'n opening h? wat effe kleiner as die tonnel is, sodat jou prop nie in die kas ingaan nie. Mens gebruik 'n stang of hout lank genoeg om tot by die kas te kan kom, met 'n prop voor aan. Die prop is enigiets wat verhoed dat diere in die tonnel gaan. Wieletjies of halfmaan plat ysters of so iets voor aan sal seker ook help om dit makliker te maak. Dan wanneer jy wil oes, druk jy hierdie prop aan die lang stang in die tonnel om te verhoed dat die inwoners ontsnap. Dan gaan lig jy die deksel en gebruik 'n .22 pistool of iets dergeliks om te oes. Blykbaar het hy nooit gehad dat diere opspring en so ontsnap nie. Hulle probeer om van jou weg te kom en sit in 'n hoekie. Bloed in die kas is glo nie 'n probleem nie. Dan haal jy net jou oes uit, maak die deksel weer ligdig toe en haal die prop uit. Dan gaan jy net die volgende kas oes, ens. Die saak is selektief omdat mens nie die silwerjakkals of ystervark in die kis hoef te skiet nie, laat hulle in vrede. Moenie my blameer as jy die rooijakkals skiet en die muishond saam in die kis spuit jou dat jy nie welkom in jou eie huis is nie.
Die tonnel moet natuurlik so wees dat water nie in die kas sal opgaar nie, en mens moet die lang stang kan inkry. Vir my klink 'n windpomp rod reg vir die saak. Ek weet nie wat sal werk vir jakkie nie. Ek glo die mate van die goed se borskas is maksimum ietsie meer as 200 mm, en moontlik is 300mm tot 400mm hoogte genoeg. Miskien bietjie meer, enige insette welkom. Ek het nog nooit eens 'n erdvarkgat gemeet nie.
Die rede waarom dit 'n jaar neem is om die reuke uit te kry, en muise en groter diere se reuk daar in te vestig.

In die Moordenaarskaroo en ander plekke kan mens dit seker met klip pak, en mens kan seker die saak met sement doen, maar dan sal dit seker beter wees om die kas eers oop te los vir 'n tyd om die reuk gouer te laat verdwyn. Hy het geskryf om harde hout te gebruik, maar geen verf of olie nie. Plastiek pyp werk blykbaar ook nie, die ronde ding is seker te glad vir die diere. As mens die saak vooraf vervaardig van sement, miskien die ingang in twee stukke, is dit net 'n kwessie van 'n sloot grawe wat eindig in 'n gat, en die bodem van die sloot gelyk te maak.
Plaas dan die vooraf vervaardigde U vormige ingang stukke onderstebo in die sloot, en die kis in die gat, en gooi toe. Ek glo die posisie van hierdie valle moet baie sorgvuldig gekies word, moontlik by struktuur verandering soos 'n koppie.
Een so 'n val is nie 'n groot belegging nie, maar dis nie realisties om te dink dat een genoeg sal wees om al die jakkalse te vang nie. Tien of meer is dalk nodig, verspreid oor die plaas, en dis 'n taamlike belegging. Natuurlik hoef mens nie alles gelyk te doen nie, twee per jaar sal makliker wees, maar wanneer die valle begin produseer, sal dit jammer wees dat nie meer gemaak was nie.
Ek sal graag wil hoor van boere wie hierdie sal probeer, die groottes en die sukses hiervan.
Groete
Johan Smit
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Hou plaas skoon van roofdiere

Post by MEERKAT »

Die probleem is jakkals spring maklik 6ft hoog en rooikat 10ft.
Hoe meer dae hoe meer dinge.

Lekker grawe
MEERKAT
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Hou plaas skoon van roofdiere

Post by Smirre »

More
sterkte!!

Smirre
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Hou plaas skoon van roofdiere

Post by cassie_calvinia »

volgens die kenners het veral jakkalse hul vaste broei plekke al vir jare.
'n jakkals slaap onder 'n bos, en die in 'n gat nie(hul werpsel in gate).
ek kan nie sien hoe 'n jakkals in so gat opklim nie...ek hoop ek is verkeerds
HOU HOM DAAI DIKTE
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Hou plaas skoon van roofdiere

Post by smitjs »

Dags? manne,
Ja, ek weet jakkals slaap onder 'n bos. Wat maak hy as jy naderkom?
Sekerlik kan hy hoog spring. Die VSA se coyote kan ook hoog spring. die skrywer het net geskryf dat hy nooit teegekom het dat hul probeer opspring nie, net weg van jou probeer kom. Dan sal ons darem seker ook nie te lank wag nie, die pistool in jou hand moet maar praat.
Ek sien regtig uit daarna dat iemand dit probeer.
Groete
Johan Smit
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Hou plaas skoon van roofdiere

Post by johans »

dit klink na werk
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
Post Reply