Springbok op 710m

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Springbok op 710m

Post by Beretta »

Zack
The more you practice the luckier you get.  ;).
Beretta
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Springbok op 710m

Post by FHM »

Ons almal is geskape met verskillende vermoens en talente. Dis hoekom ek nie Springbok rugby haal nie - my talent is beperk in daai veld. Dis hoekom my begroting n Jeep Rubicon toelaat (traai nou my k..k gee...) en nie n Lamborghini nie, dis hoekom Ludwig / Koos en nog manne hierso kan ver skiet, en ek nie.

Mens is geskape met n natuurlike instink vir eksplorasie na die onbekende. Dis so vanaf die 1 ste mense op aarde was. Mens druk homself en sy toerusting meer en meer elke jaar op elke vlak van die samelewing, vliegtuie, motors, engins, vuurpyle, komposissie boe, pyle, gewere, amunissie, ens,ens,ens. Dit is beslis nie anders as dit by skiet en jag kom nie. Ons toerusting raak net beter en beter elke jaar, langer skote as ooit tevore kan gevat word, sommige manne het dit tot n kuns verwerk om kopskote op 300 m + te kan skiet, en sommige manne soos ek beskou dit as n kuns om kopskote op 200 meter te kan skiet. Ons elkeen het ons eie perke en ons elkeen het ons eie kuns in n sekere veld. Dis wat ons uniek van mekaar maak. Om dit nie te aanvaar nie en neer te kyk op iemand wat in n seker veld beter as jy presteer weens sy toewyding en natuurlike talent, is om jouelf nie te ken en ander se vemoens nie te respekteer nie.

Die feit dat ons hier van lewende spesies praat wat gejag (geskiet ?) word op 700 of 70 meter het in my boeke geen inskrywing nie. Daar is by verre meer jagters wat bokke kwes op 100 - 250 meter as jagters (skieters?) wat bokke kwes op 500 m +

Geniet jou jag en skiet tot waar jou eie vermoe en jou self-respek, en respek teenoor die bok dit toelaat.

My dolos is gegooi. ;)
Last edited by FHM on Tue Jul 10, 2012 3:27 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Springbok op 710m

Post by Beretta »

FHM
Jy kan bly wees dit is n Jeep en nie n Landrover nie ;D ;D  ;D
Beretta
Zack Benade

Re: Springbok op 710m

Post by Zack Benade »

Mooi brief FHM
Jeep Rubicon toelaat (traai nou my k..k gee...)
Jou dolos is gegooi maar eek ding moet jy verander---Koop eerder 'n Mahindra in die Jeep Rubicon se plek.  Jy gaan baie gelukkiger wees---vra jou dolosse en gooi hulle weer ;D ;D ;D ;D ;D ;D
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Springbok op 710m

Post by FHM »

Zack Benade wrote: Mooi brief FHM
Jeep Rubicon toelaat (traai nou my k..k gee...)
Jou dolos is gegooi maar eek ding moet jy verander---Koop eerder 'n Mahindra in die Jeep Rubicon se plek.  Jy gaan baie gelukkiger wees---vra jou dolosse en gooi hulle weer ;D ;D ;D ;D ;D ;D
Zack, dalk het ek fout gemaak dan - Mahindra vir die laaitie op universiteit gegee - so jy se ek moet omruil....N$ 405 000 vir hom gee en N$ 150 000 vir my hou...?  ;D ;D ;D
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Zack Benade

Re: Springbok op 710m

Post by Zack Benade »

HFM, jy gaan verseker beter rygerief h? met die Mahindra.

'n Jeep stoot baie swaar daar in julle sand wereld. ;D ;D ;D
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Springbok op 710m

Post by Koos Barnard »

Ludwig
Ek het nooit die jakkals video gesien nie. Ek hou nie van sulke lang skote op enige dier nie, maak nie saak of dit jakkals, bok of bobbejaan of wat ook al is nie. Maar ek stem heeltemal met jou saam dat daar te veel mense is wat glad nie voorberei nie en dan bokke op kortafstand kwes. Daar is soveel van hulle dat ons die hele maand elke dag net daaroor sal kan redeneer. So ek moet toegee, gesien in daardie lig is die klein aantal mis of kwesskote wat die langafstandmanne verantwoordelik voor is weglaatbaar. Ek kan my nie daarmee vereenselwig nie, maar sal probeer om die ouens se manier van doen te verstaan.
Mooi loop
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Springbok op 710m

Post by FHM »

Zack Benade wrote: HFM, jy gaan verseker beter rygerief h? met die Mahindra.

'n Jeep stoot baie swaar daar in julle sand wereld. ;D ;D ;D
Zack jy gaan dat ons k..k optel hierso - ons kaap Ludwig se pos....en dis BAIE oneties! ;D ;D ;D
(PS: ons stoot nie Jeeps hier in die sandwereld nie... :-X)

Sorry Ludwig - moes net n laaste hou inkry ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
DEE
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Mon Jun 25, 2012 9:43 am

Re: Springbok op 710m

Post by DEE »

Hi manne.
Ek ken die skut persoonlik, werk saam met hom en jag ook saam met hom per geleentheid.

Wil net die manne wat bekommerd is verseker, hierdie man mag maar . . . . 
Hy is 'n gekwalifiseerde PH en het ook vir SA, F-Klas geskiet.
Sy toerusting is top notch en hy spandeer seker 80% van sy Saterdae op die skietbaan. (buite die jag seisoen)
Hy neem ook nie 'n skoot as hy nie 99.9% seker is van die uitslag nie. (Geen Cowboy nie)

Net regstelling van sekere data genoem en nie genoem:
Dis 'n 6.5 x 284 met 'n 31" loop.
140gr A-Max koe?ls @ 3025 Fps
Die wind op sy skoot was 4.0 MOA


Groete
Last edited by DEE on Wed Jul 11, 2012 8:16 am, edited 1 time in total.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Springbok op 710m

Post by Piet Breedt »

Weet iemand met watse rangefinder het hy die afstand bepaal?
User avatar
DEE
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Mon Jun 25, 2012 9:43 am

Re: Springbok op 710m

Post by DEE »

Piet, die rangefinder wat hy gebruik is 'n Leica 1600.

Hy het ook 'n Leica 1200, maar die 1200 se effektiewe afstand op 'n Springbok is maksimum so 500 - 600m.
(Het al self daarmee vir hom gerange)

Die 1600 kom blykbaar bietjie verder by. (Nog nie self hanteer nie)
Sal by hom uitvind wat die langste afstand was wat hy al 'n springbok met die 1600 kon range.
Zack Benade

Re: Springbok op 710m

Post by Zack Benade »

Hy het ook 'n Leica 1200, maar die 1200 se effektiewe afstand op 'n Springbok is maksimum so 500 - 600m.
Ek het self een en het weer die naweek gesukkel.  Myne se battery moet vars wees en die koue moet ook nie baie pla nie anders gaan jy sukkel. 
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Springbok op 710m

Post by Smirre »

More

Wat is 'n F klas skut?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Springbok op 710m

Post by Geno »

Smirre wrote: More

Wat is 'n F klas skut?

http://www.sabisley.com/disciplines.htm
F-Class shooting is the newest discipline of target shooting that presents a challenge to even the best and most  experienced shooter at long range. F-Class is shot at distances from 300m up to 900m (1000 yards).

What is F-Class? The "F" derived from a surname, George Farquharson, a Canadian who loved shooting. He invented F-Class to enable him to continue competing at an elderly age. He used a scope in lieu of his iron sights and replaced the sling with a front rest. F-Class is shot from the prone position and shooters lay on the ground on a mat. Recognition as an official discipline started in the late 90?s. With modern technology the discipline took off world wide. As the sport grew internationally it was officially accepted by SABU and all Governing Bodies in South Africa. F-Class has thousand of shooters globally and is the fastest growing shooting discipline.

There are two variances, F-Open and F-TR, both recognized and accepted in South Africa. In the F-Open discipline a shooter is allowed to shoot with any caliber up to 8mm diameter, have a rifle of maximum 10kg?s and shoots over a rear bag and tri-pod front rest.

In the F-TR discipline a shooter is allowed to shoot with either .223 Rem or .308 Win standard calibers or both. No weight limit on bullets but 8.25kg on rifle only, weighing the rifle together with an attached bi-pod.

Targets: F-Class shooters shoot on targets that are half the size of these used by the known Bisley iron sight shooters. Shooters of all ages compete in this discipline. Father and son participation is common and we have female shooters as well.

World Championships: The FCWC is held every four years. The first World Championship was held in Canada in 2002. The second World Championship was held during 2005, in South Africa which the South Africans have won. The third World Championship was held in England in 2009. The USA will be hosting the next in 2013. Shooters which are serious with lots of skill reach the top level and wear the national Protea  Blazer.
Goed, beter, 6millimeter!
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Springbok op 710m

Post by Smirre »

tnx
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Springbok op 710m

Post by johnny »

Zack Benade wrote:
Hy het ook 'n Leica 1200, maar die 1200 se effektiewe afstand op 'n Springbok is maksimum so 500 - 600m.
Ek het self een en het weer die naweek gesukkel.  Myne se battery moet vars wees en die koue moet ook nie baie pla nie anders gaan jy sukkel.
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Springbok op 710m

Post by johnny »

Het ook dieselfde probleem met myne , as dit erg koud is wil hy glad nie werk nie, ek dra 2 spaar batterye saam en hou hulle eers warm in hand voor ek dit insit. dan hou hy ook maar net so 30 min.
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Springbok op 710m

Post by matewis »

johnny wrote: Het ook dieselfde probleem met myne , as dit erg koud is wil hy glad nie werk nie, ek dra 2 spaar batterye saam en hou hulle eers warm in hand voor ek dit insit. dan hou hy ook maar net so 30 min.
Is dit 'n probleem met Leica, die 1200 spesifiek of rangefinders oor die algemeen?
User avatar
Boerie
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Fri May 06, 2011 9:40 pm

Re: Springbok op 710m

Post by Boerie »

Ek het nou die hele storie gelees en tot die volgende gevolgtrekking gekom:
Die skut moet eerder saam met my kom jag, die springbokke hier het beter maniere.
Ek het nog nooit nodig gehad om verder as 300m te skiet nie wat nog van windspeod meet.
Ons kyk sommer in watter rigting en hoe ver die suurgrassies buig.
Range finders is ook nie nodig nie, want my pa sal se wanneer jy moet skiet en as jy 'n skoot so ver sal waag sal hy jou bo van die bakkie af klap. Ek hoop nie die skut gaan weer op daardie plaas jag nie!
Ek moet bieg, dit was 'n goeie skoot...baie geluk!!
Mooi dag vir almal!
Sendero 300 Win Mag
Remington 700 .243
Remington 700 .308
Tikka Sporter 6.5x55
CZ .22
Baie ou .303
9mm Browning
7.65 Astra
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Springbok op 710m

Post by vlakvark1 »

Daai ou skiet so goed ek hou sommer baie daarvan sal graag self by wil wees met so skoot om dit self te kan sien
Ek sal ook wil sien hoe hy daai bok op 1000m laat bakkie ry . Dit moet n belewenis wees om te sien praat nie eers van self die sneller
trek nie. Eending is verseker hy mag maar skiet
Dink ek moet hom vra om hier by ons te kom help met die slim bobbejane wat altyd daar anderkant die 500m sit en lag
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Boerie
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Fri May 06, 2011 9:40 pm

Re: Springbok op 710m

Post by Boerie »

Ludwig
Die springbokkies hier is nog nie so mak nie, met die boog moet 'n man voorsit(Dit is ook baie lekker)
Ek het nog nie probeer met die boog agter na loop nie, maar dit kan seker gedoen word. Sal moet begin draf.
Die lang afstand skiet klink meer na 'n uitdaging, maar ons skietbaan is net 300m lank. Ek sal eers die manne moet vra om die baan langer te maak en 'n paar honderd rontes moet oefen voor ek so skoot waag, maar man, dit moet darm lekker wees as jy sien die bok val op daardie afstand.
Jy is welkom om saam te kom jag, maar ons gaan nie sulke laaaaang skote skiet nie.
Mooi dag!
Sendero 300 Win Mag
Remington 700 .243
Remington 700 .308
Tikka Sporter 6.5x55
CZ .22
Baie ou .303
9mm Browning
7.65 Astra
User avatar
Boerie
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Fri May 06, 2011 9:40 pm

Re: Springbok op 710m

Post by Boerie »

Ludwig
Ek het weer na die foto gekyk, wat het die man op sy geweer? Ek het nog nie so rest of bipod gesien nie en die platform op die kolf? Moet seker van die bakkie afgeskiet het, want die geweer sal maar moeilik en swaar dra hier in die dik sand.
Kan sien die man se "tools" is reg vir die lang skote.
Sendero 300 Win Mag
Remington 700 .243
Remington 700 .308
Tikka Sporter 6.5x55
CZ .22
Baie ou .303
9mm Browning
7.65 Astra
User avatar
Boerie
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Fri May 06, 2011 9:40 pm

Re: Springbok op 710m

Post by Boerie »

Sien jou nou daar, nou leer ek weer iets nuuts. Dit is wat die forum so belekker maak!
Sendero 300 Win Mag
Remington 700 .243
Remington 700 .308
Tikka Sporter 6.5x55
CZ .22
Baie ou .303
9mm Browning
7.65 Astra
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Springbok op 710m

Post by Smirre »

Ludwig
ek neem aan dat op die afstand jy vir die blad mik?
ek kan nie op die foto sien of dit is waar hy die bok geskiet het nie.

Is daardie bipod hier beskikbaar?

Smirre
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Springbok op 710m

Post by Koos Barnard »

Dags?
Sommer net 'n vraag ter wille van interessantheid. Ek het ook 'n Leica 1600 rangefinder en kry nie springbokgrootte wild met hom gerange op die afstand wat die skut geskiet het nie. Dit is 'n wonderlike apparaatjie, maar as ek hom hanteer hardloop sy vermo? om springbok te range uit hier by ongeveer 550m (dit was nie koud nie). Ek het hom saam met Swarovski se rangefinder/verkyker getoets en albei is akkuraat op groot voorwerpe tot op 1300m.
Mooi loop
Post Reply