2000 lede, 1500 onaktiewe lede

Rapporteer enige foute of aanbevelings hier/Report any problems or suggestions here
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: 2000 lede, 1500 onaktiewe lede

Post by Blackie Swart »

Cobb ek glo nie mens moet hals oor kop mense afhaal nie.Ek self het lanklaas n bydrae gemaak op die forum Ek werk in die buiteland en het nie altyd toegang tot die net nie.Wat ek wil se is dat mens eers elke persoon se rede moet hoor voordat hy of sy vanaf die forum verwyder word.Dink ons moet dit aan die stigsters se bekwame hande oorlaat. Maar net my mening.
Groete
Blackie
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: 2000 lede, 1500 onaktiewe lede

Post by Heinds »

Dis waar wat julle se maar dit is tog lekker as 'n mens na 'n paar uur terugkom en jy kan weer iets nuuts en interesant lees wat iemand "gepost" het.

Ek glo elke forum gaan maar deur sy siklusse, kyk bv hoe besig die lisensie seksie was toe daar so baie probleme was by CFR. Kyk hoe besig raak die "Jagblad" skielik as dit jagseisoen raak.

Dit is maar so, solank daar 'n paar manne is wat gereeld met die vrae help glo ek sal die forum bly aftrek kry. Wat dit nog meer spesiaal maak is dat dit in afrikaans is, kom ons hou aan om hom te stimuleer!
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
User avatar
Yousuf
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Thu Mar 15, 2012 11:34 am

Re: 2000 lede, 1500 onaktiewe lede

Post by Yousuf »

Manne,

I am English speaking, and the majority of the posts on this forum is in Afrikaans.

Nou dit vat/neem my bietjie langer om in Afrikaans te lees en verstaan, veral as die pos nou in suiwer hoe Afrikaans is. Maar ek leer darem lekker.

What I am trying to say is that I am more of an active reader than a contributor, because it takes me a little longer to understand clearly the Afrikaans language.

I have posted in English and got replied in Afrikaans so it takes me some time to comprehend the posts, thus making me an active reader and at the same time I am brushing up and improving with my Afrikaans.

My punt is, dat ek lees meer as wat ek tik.

MOET NET NIE VIR MY AS LID VAN DIE FORUM AFHAAL, OMDAT DIT IS LEKKER HIER OP DIE FORUM. ;D ;D

 
Do not disappoint a person who holds a good opinion of you, and do not make him change his opinion.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: 2000 lede, 1500 onaktiewe lede

Post by Freek »

Dis reg so Ingelsman, ek watch hulle... ;D Mens moet hierdie saak versigtig hanteer.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: 2000 lede, 1500 onaktiewe lede

Post by Vosman »

Hier lees ek ook eers nou die onderwerp raak.
Ek is deesdae ook maar meer van 'n "roof kyker", daar is baie mense wat baie meer as ek weet, so ek lewer nie te veel bydraes nie.
Die verwydering van lede dink ek ook nie is heeltemal nodig nie, dink maar aan die verlore seun. ;D
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: 2000 lede, 1500 onaktiewe lede

Post by Biltong »

Ek se ook, los die lede op die forum al is hulle onaktief. Stuur dalk so eenmaal 'n jaar 'e-possie met advertensie en link na die forum.

Onaktiewe lede benadeel nie die forum nie op enige manier nie.

Groete

Wicus.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 2000 lede, 1500 onaktiewe lede

Post by Marc »

pine wrote: Biltong, Ek kan nie meer met jou saamstem nie, hulle geniet die plek en geniet ons en laat hulle lekker lees, eendag op n reendag met so n tydjie aan hulle kant sal hulle kom praat. Almal is nie gebou vir praat nie. Ten minste het ons n platform, met so veel lede wat ons nog net sterker maak in ons saak van die liefde vir jag en die veld. Geseend Pine
Oom Pine

Ek sou dit nou nie beter kon s? nie  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply