Het vanoggend 'n reunjakkels uit die yster gehaal, dit lyk vir my na verlede jaar se kleintjies. Ek het in dieselfde kamp Mei maand 'n 3 jaar oue reun dood gemaak en so ook Februarie. Daar is nou ook altesaam 7 van verlede jaar se kleintjies dood gemaak met hierdie laaste een.
Nou die vraag. Was hierdie een wat ons nou in die yster gevang het die helper of het hy sommer vir ma gedek? Teef sal mos nou gedek wees as ek sien die tewe wat die manne al geskiet het.
Wil graag m?re aand daar gaan roep. Het in Mei maand laas daar geroep en wonder nou of die teef alleen daar is of sal daar nog 'n ouer reun wees?
Groete
Reunjakkels
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Reunjakkels
Kleinpiet, dis baie moeilik om die vrae te beantwoord uit die inligting wat jy gee. Maar hier is 'n paar goed om oor te dink:Kleinpiet wrote: ... Nou die vraag. Was hierdie een wat ons nou in die yster gevang het die helper of het hy sommer vir ma gedek? Teef sal mos nou gedek wees as ek sien die tewe wat die manne al geskiet het ...
Alle tewe wat hierdie seisoen werpsels gaan afgooi, is beslis nog nie gedek nie. Jakkalse kry tot einde Oktober kleintjies en dit is nie net die jonger jakkalse wat so laat kleintjies kry nie, ek het bewyse van selfs van ouer jakkalse wat so laat kleintjies kry. Die piek van die geboorte seisoen is beslis hier oor Augustus / September. Tewe wat in Augustus / begin September kleintjies gaan kry, is wel reeds gedek. Die wat later in September gaan kleintjies kry, moet nog gedek word.
Alhoewel dit moontlik is vir 'n reuntjie om 'n helper te wees, volgens die wat weet, is dit maar meermale 'n tefie wat die helper is.
Tewe / Reuns sal wel 'n ander maat kry, indien een van die stel gedood word. Soms gebeur dit baie vinnig nadat een van 'n stel gedood is. As dit 'n jong reun is, is dit nie noodwendig haar eie kind nie.
Nie alle jakkalse is deel van 'n teelpaar nie. Heelwat "losloper" jakkalse kom steeds voor, selfs in areas waar daar goeie beheer toegepas word. Soms glo ek is dit juis die "skoner" areas wat makliker beset word deur ander jakkalse, juis omdat daar nie agressiewe teelpare in die gebied is nie.
Indien daar baie jakkalse in 'n gebied is, sal teelpare se kerngebiede kleiner word en sal meer jakkalse per vierkante kilometer voorkom. Teelpare beskerm wel hul kerngebied teen ander jakkalse, maar hul wyer looparea's sal nie noodwendig skoon gehou word van ander jakkalse nie, veral nie as daar baie jakkalse in die omgewing is nie.
Hoop die paar gedagtes help.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Re: Reunjakkels
Dankie Louis.
Volgens die spore wat ek nou tans in die veld kry is daar volgens my 3 kerngebiede(10500ha Karoo). Dit is ook waar ons in die verlede neste gekry het. Dit is egter net by my. Ek weet van moontlikhede by die bure ook wat dit dus moeilik maak om presies te weet hoe naby die kerngebiede is. Ek het die nagskiet 'n blaaskans gegee, omdat dit moeilik is met die jagters wat ek in die winter kry so ek het Mei maand laas geroep in die nag. Ek het nou 'n 2 weke breuk so ek wil die jakke dood voor hulle kleintjies kry. Een paar is egter ou kalante en word nie sommer ingeroep nie of kom nie onder skoot nie, so ek stel maar redelik ysters ook.
Net gou m?re 243 so pitte regkry.
Groete
Volgens die spore wat ek nou tans in die veld kry is daar volgens my 3 kerngebiede(10500ha Karoo). Dit is ook waar ons in die verlede neste gekry het. Dit is egter net by my. Ek weet van moontlikhede by die bure ook wat dit dus moeilik maak om presies te weet hoe naby die kerngebiede is. Ek het die nagskiet 'n blaaskans gegee, omdat dit moeilik is met die jagters wat ek in die winter kry so ek het Mei maand laas geroep in die nag. Ek het nou 'n 2 weke breuk so ek wil die jakke dood voor hulle kleintjies kry. Een paar is egter ou kalante en word nie sommer ingeroep nie of kom nie onder skoot nie, so ek stel maar redelik ysters ook.
Net gou m?re 243 so pitte regkry.
Groete
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Reunjakkels
Louis/KleinpietKleinpiet wrote: Volgens die spore wat ek nou tans in die veld kry is daar volgens my 3 kerngebiede(10500ha Karoo). Dit is ook waar ons in die verlede neste gekry het. Dit is egter net by my. Ek weet van moontlikhede by die bure ook wat dit dus moeilik maak om presies te weet hoe naby die kerngebiede is. Ek het die nagskiet 'n blaaskans gegee, omdat dit moeilik is met die jagters wat ek in die winter kry so ek het Mei maand laas geroep in die nag. Ek het nou 'n 2 weke breuk so ek wil die jakke dood voor hulle kleintjies kry. Een paar is egter ou kalante en word nie sommer ingeroep nie of kom nie onder skoot nie, so ek stel maar redelik ysters ook.
Ek wil n klip in die bos gooi?
Kom ons veronderstel die 3 kern gebiede het elk n teelpaar en hulle rig nie op die oomblik te veel skade aan nie?
Is dit n moontlikheid om hulle te los tot hy seker is hulle het kleintjies en hulle dan verwyder?
Sal die teelpare nie die gebiede beskerm sodat daar nie weer pare inkom nie?
En teen die tyd wat hy hulle dan skiet het vreemde pare reeds n gebied en kleintjies en sal dan nie n ander gebied soek nie?
Ek vra die vrae want Kleinpiet s? dit is by homself en dit klink of hy weet wat by hom aangaan.(ken sy jakkalse en hul gebied)
Skolla
- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Re: Reunjakkels
Skolla
Ek het ooie wat lam by 2 van die kernarea's. Te min plek waar nie jakkelse is om net daar te laat lam. By albei hierdie troppe ooie verloor ek alreeds lammers wat gevang word so 2 tot 3 'n week. Volgens die manier van vang en vreet is dit defnitief Jakkelse. Daar is dus net een genade hulle moet dood.
Ek stem saam met jou redenasie maar dan moet die wetters nie lammers vang nie maar natuurlike prooi soos steenbokke, vlakhase en springhase en glo vir my dit is volop, daar is nie 'n tekort aan natuurlike prooi nie. Ek s?, en dit is my redenasie, dat jakkelse verkies skaapvleis bo sy "natuurlike" prooi.
Groete
Ek het ooie wat lam by 2 van die kernarea's. Te min plek waar nie jakkelse is om net daar te laat lam. By albei hierdie troppe ooie verloor ek alreeds lammers wat gevang word so 2 tot 3 'n week. Volgens die manier van vang en vreet is dit defnitief Jakkelse. Daar is dus net een genade hulle moet dood.
Ek stem saam met jou redenasie maar dan moet die wetters nie lammers vang nie maar natuurlike prooi soos steenbokke, vlakhase en springhase en glo vir my dit is volop, daar is nie 'n tekort aan natuurlike prooi nie. Ek s?, en dit is my redenasie, dat jakkelse verkies skaapvleis bo sy "natuurlike" prooi.
Groete
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Reunjakkels
Nee Skolla, het jy al gesien hoe eet (vreet) 'n swanger vrou???Skolla wrote: .... Ek wil n klip in die bos gooi?
Kom ons veronderstel die 3 kern gebiede het elk n teelpaar en hulle rig nie op die oomblik te veel skade aan nie?
Is dit n moontlikheid om hulle te los tot hy seker is hulle het kleintjies en hulle dan verwyder?
Sal die teelpare nie die gebiede beskerm sodat daar nie weer pare inkom nie?
En teen die tyd wat hy hulle dan skiet het vreemde pare reeds n gebied en kleintjies en sal dan nie n ander gebied soek nie? ....
Geen beter tyd om daai jakkalse van Kleinpiet af te haal, as juis nou nie. Die vernaamste trekkery van jakkalse is nou oor. Alle jakkalse wat gepaar het, of wil paar het reeds kerngebiede. Indien kleinpiet nou die stelle uithaal is die kanse goed dat sy moeilikheid tot volgende jaar Maart relatief klein gaan wees. Indien hy op-"slip", nou ja, dan spat die vonke hier van November af.
Hierdie is die mees effektiewe tyd om jakkalse te beheer, glo my. Jy gaan nie so vreeslik baie jakkalse nou skiet nie, maar as jy die regte jakkalse nou skiet, tel hulle meer as 7 keer soveel, as di? wat jy in Desembermaand gaan skiet.
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Reunjakkels
Dankie
Dit antwoord my vraag.
Kleinpiet, jy moet mooi kyk die 2 tot 3 lammers per week klink vir my min, 2 jakkalse het by my ingekom en 20 lammers in 13 dae se tyd gevang.
Skolla
Dit antwoord my vraag.
Kleinpiet, jy moet mooi kyk die 2 tot 3 lammers per week klink vir my min, 2 jakkalse het by my ingekom en 20 lammers in 13 dae se tyd gevang.
Skolla
- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Re: Reunjakkels
Ja dis nou lekker. Sit by die huis vrot van die verkoue en die jakkelse eet!
Skolla ja ek hoop maar my getal is reg. Die ooie is nog besig om te lam so ek kan nog nie defnetief s? nie. Ek gebruik maar die kraaie as doemprofete om te kyk waar die jakke vang vroeg oggend. Daar waar hulle saans gaan slaap is ook 'n goeie indikasie waar die jakkelse is hou hulle maar 'n bietjie dop as hulle by jou rond is. Het darem vandag 'n anderkamp gewerk waar daar in 6 weke net vier af is. Dit gee darem weer hoop.