Daar is 'n foto van die herwinde koe?l by wat met 'n selfoon geneem was, ongelukkig is die kwaliteit baie swak en kan mens net sien dat een vlerkie van die paddastoel gevorm tydens ontplooiing van die koe?l, steeds aan die koe?l vas is na dit so te s? deur die vlakvark gevlieg het.Net so bietjie terugvoer oor die 150 HV . Ons was verlede week in Namibi? en het 'n klomp groot koedoes en gemsbokke geskiet. Ek kon net een koe?l herwin en dit was uit n vlakvark uit. Hy het so plus minus 50 meter van my af in lang gras gestaan en ek moes maar skat waar om die kruis neer te sit.
Ek het hom net agter die blad geskiet waar hy skuins na my gestaan en kyk het. Die koe?l het drie ribbebene gebreek en reg deur die vark gepenetreer tot in die teenoorgestelde boud van die dier en daar die boudbeen gebreek. Die koe?l het daar gaan vassteek. Hy weeg na al daardie werk 142gr en die vleisskade was minimaal. Die persepsie dat die spoed van 3000 vps op kort afstande 'n karkas verwoes, is effens ver verwyder van die waarheid.
Ek raak nog elke keer opgewonde as ek 'n koe?l herwin, want dit gebeur nie dikwels nie. Dit is slegs die tweede een. Die goed skiet eenvoudig deur enige ding en morsdood.
Dankie, DF ~ 12 Junie 2012.
'n Verdere onlangse stukkie terugvoering -
Dan nog iets van so bietjie minder as 2 jaar gelede, spesiaal vir die manne wat graag fotos van karkasse geskiet met GSC HV koe?ls asook herwinde koe?ls wat in die betrokke jagte gebruik is, wil sien.Nog 'n interessante gebeurtenis het die naweek plaasgevind op die skietbaan:
My goeie vriend sukkel met sy 30-06 Musgrave en fabrieks ammunisie.
Ek het hom 'n paar van my ou handgelaaide Noslers gegee wat nie te sleg geskiet het nie, maar natuurlik het hy ges? hy sal eerder met die GSC skiet aangesien dit so mooi uit my geweer skiet.
Die meneer wat langs ons geskiet het, het vir ons beduie dat ons patroontjies (150gr GSC HV) te lig is en die wind gaan dit rondgooi.
Hy reken hy is 'n PH en 'n Meganiese Ingineur en hy skiet net 220gr uit sy 30-06, want die wind maak sy patrone niks.
Byges?, was daar n taamlike dwarswind wat oor die baan gewaai het.
My vriend vat toe een van my gelaaide GSC HV patrone en skiet 'n skoot op n 300m valpaat, sonder om te korrigeer vir die wind.
Hy tref die middel van plaat en die man langs ons is doodstil...
Dit wys net dat die platter trajek, ho? spoed en korter vlugtyd die effek van n dwarswind verminder.
Weereens dankie vir jou puik diens, goeie raad en wonderlike produk !!
Ek het jou SMS ontvang rondom die bestelling.
Groete,
WE ~ 12 Junie 2012.
Volg hierdie koppeling - http://www.techfund.co.za/gscgalJacoZeeman1.asp
Groete,
Koos.
NOTA: Wysiging in Onderwerp aangebring deur moderator, sonder my toestemming.
Onderwerp deur myself gewysig op 1 Julie 2012, na die volgende:
Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls
Koos.



