Daar is nogal oulike koeeltjies vir ons dassiegewere wat in die proses is om gemaak te word by Oom Gerard.Vlakvark wrote: EN ------ maak nie vir hom koeels nie
Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
- Geno
- Administrator

- Posts: 13663
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Goed, beter, 6millimeter!
-
PvR
- Newbie

- Posts: 26
- Joined: Wed Sep 28, 2011 11:53 am
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Negatiewe Bemarking is n erkende bemarkings strategie wat w?reldwyd toegepas word deur verskillende maatskappye met natuurlik verskillende resultate. Die doel van Negatiewe Bemarking is om te probeer om jou kompetisie, spesifiek hul kompeterende produk, in n swak lig te stel by die verbruiker. Die tegniek wat dan ook gebruik word is om direk jou bepaalde produk beter te laat lyk as die van die kompetisie in die o? van die verbruiker. Voor daar egter van negatiewe bemarkings strategie? en tegnieke gebruik gemaak word deur n bepaalde maatskappy moet daar eers deeglik besin word oor die volgende:
1. die invloed van die strategie op die verbruiker.
2. Die etiek van die strategie in die o? van die verbruiker.
3. die gevolge vir die maatskappy homself en sy produk.
4. hoe die kompetisie sal reageer op die strategie.
Ek het sowat n jaar terug self begin herlaai en my finale koe?l keuse was tussen GSC (aanbeveel deur 3 vriende) en Barnes TSX. Na maande se ?roofkyk? het ek in September 2011 by die Forum aangesluit om meer kennis op te doen van die herlaai proses.
Ek het ure op die forum gespandeer deur alle relevante ?posts? te lees en sodoende het ek my eie opinies en persepsies begin vorm oor sekere produkte, lede, stellings deur lede ens.
Na aanleiding van my nuut gevormde opinies en persepsies het ek al my GSC koe?ls in die asblik gegooi en Barnes TSX begin laai. Op navraag van my vriende oor hoekom ek dit gedoen het het ek hulle verwys na sekere van die ?posts? op Jaracal. Nodeloos om te s? het die manne ook daarna self besluit om oor te skakel van die ?magic bullet? na n gewone Barnes TSX.
Reg of verkeerd, my opinie en persepsie is nou reeds gevorm oor die produk. GSC koe?ls mag dalk die beste koe?ls in die w?reld wees, ek sal dit egter nooit weet of kan bewys nie want ek weier volstrek om dit te gebruik. Ek wil en gaan myself nie assosieer met die produk agv sekere bestaande assosiasies. Nog minder wil ek myself assosieer met die huidige strategie wat gebruik word om die koe?ls hier te bemark.
Blok noem in n vorige post dat Jaracal oppad is om eersdaags die 2000 ledetal kerf te bereik.
Dink aan die sneeubal effek oor n jaar periode as slegs 2% van die lede op Jaracal begin met negatiewe bemarking teenoor GSC produkte?
Werk maar self die wiskunde uit.
Beste

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
PvR
+1000 AMEN!!!!!
+1000 AMEN!!!!!
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1179
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Paul,
+1000 000 my maat, skitterende opsomming wat jy hierbo gee...
Give that man a bells!!!
Groete,
Lou

Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Vlakvark, dankie dat jy my ook onthou in een van die posts!!!
Ek sit terug en lees die Dallas!! Amper se ek iets anders!!!

Aai, ek smaak my vriende stukke!!!

Gerard
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Kom ons praat oor bemarking.
Daar is verskeie aspekte van GSC koe?ls wat anders is as enigiets wat huidig op die mark is. Dit vereis dus dat die persoon, of instansie, wat GSC aanbied aan die publiek, nie sy bestaande kennis van konvensionele koe?ls net so kan aanwend nie. Hy moet 'n paar goed byleer en leer waar die verskille is en hoekom ons dinge effens anders benader en doen.
Die mense en instansies wat GSC produkte met sukses versprei, is kundige mense wat hierdie verskille verstaan. Ek stel nie belang in die persoon se sosiale vaardighede, sy voorkoms of gewildheid nie. Ek stel net belang in sy vermo? om die regte GSC produk aan die kli?nt te besorg. Nie die produk wat toevallig op die rak is nie, die regte produk vir die doel waarvoor die kli?nt dit wil aanwend.
GSC het in die verlede nie geskroom om 'n verspreider op te skort indien hulle nie hulle kli?nt reg adviseer nie. Dit is waarom GSC produkte nou nie in Pretoria en in sekere streke beskikbaar is nie, maar tog voorheen in daardie streke beskikbaar was. Wanneer 'n derde of vierde man my bel met probleme wat voortspruit uit die feit dat hy die verkeerde produk gekoop het, spreek ek die handelaar aan en, as hy nie opskerp op sy kennis nie, skort ek hom op. Die regte aanwending spaar geld, tyd en tel nommer een in my boek.
Sosiale vermo? en persoonlikheid skeel my min. As dit teenwoordig is in die persoon of instansie wat GSC produk aanbied, wonderlik. As die man egter 'n lekker salesman is en nie omgee wat hy aan wie verkoop nie, sal hy nie GSC aanbied nie.
Ek is tevrede dat almal wat GSC aanbied besig is om te leer of reeds kundig is op ons vakgebied. As julle manne dus lede van die forum af wil verban of GSC produkte wil boikot omdat ons manier julle nie aanstaan nie, doen dit gerus. Daar is baie manne wat meer logies dink en redeneer as dit. Daar is genoeg mense wat ernstig is oor die onderwerp.
Vir elke man wat ontevrede is met GSC is daar 'n rede. Voor in die ry van redes is die feit dat die man nognie die produk gebruik het nie. Dan volg die man wat al vir 'n lang tyd sukkel en duisende Rande se koe?ls weggeskiet het met sy probleemkindgeweer, en dink dat 'n magic bullet sy probleem gaan oplos. Hy neem ook nie raad nie. Hy weet alles.
Aan die ander kant is die legio probleme wat ek en GSC verspreiders al vir herlaaiers opgelos het. Die manne vir wie ons gehelp het is tevrede. Die paadjie wat nou hier geloop word, omdat mense dun velletjies en groot egos het, het ek al baie maal in die laaste 20 jaar geloop. Dit is maklik om iemand te help wat wil gehelp word en die wat nie wil nie, dankie dat ek dan meer tyd vir die gewilliges het.
Daar is altyd 'n onderste streep: GSC is in 1992 gebore omdat ek probleme ge-identifiseer het rondom jag en herlaai wat my desperaat gemaak het. Ek het sistematies daardie probleme begin oplos en doen dit vandag nog steeds. So, wanneer GSC raad gee en aanbevelings maak, hoe dit ookal na jou toe kom, kyk by die metode verby, na die aanbeveling of raad. Minder emosie en meer rationalitiet. Ek het min tyd vir ouvrouens met nat broeke en mense wat nie wil leer nie. Niemand kan alles weet nie en ek leer daagliks, ek sal seker nuwe goed leer tot ek die dag graf toe gaan.
Is daar iemand wat iets wil weet? Ek en my span staan reg, met skete en al, om jou suksesvlak met skiet te verbeter.

Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Dink ek nou aan ons ou vriend
BIG DADDY
Sou hy nie al hier gese het .Die ou het 'n klein, demit waar was ek nou weer .
Nou het ek die draad heel verloor

Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Vlakvark
Beretta
Beretta
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Gerard, n.a.v. die aangehaalde, is dit moontlik dat "intelegente" koe?ls, "dom" bemark kan word? Die doel van my vraag is nie om 'n woorde geveg op loop te sit nie, maar eerder:Gerard wrote: ... Kom ons praat oor bemarking ...
Die aantrekkingskrag van 'n handelsmerk op die mark het tog net soveel met die positiewe emosie / gevoel van die mark daar teenoor te doen, as wat dit met ware koue feite en kwaliteite van die produk te doen het, is dit nie? D.w.s. die "hoe" van iets s? is soms net so belangrik soos "wat" van 'n mens se woorde. Daar teenoor kan 'n bemarkings benadering van "enige publisiteit, is goeie publisiteit" gevolg word. D.w.s. "negatiewe" publisiteit is nie noodwendig slegte publisiteit nie. (Voorbeeld: sommige waspoeier advertensies irreteer doelbewus met goeie handelsmerk herkennig en verhoogde verkope tot gevolg)
Siende dat ons dus reeds die onderwerp geskaak het vir 'n geselsie oor bemarking, mag ek vir interessantheid vra: Julle aanslag op die forum lok by uitstek baie en sterk emosionele reaksie uit, is dit 'n doelbewuste strategie of 'n blote toevalligheid?
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Gerard
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Louis,
Ek kan jou verseker dat dit nie 'n doelbewuste strategie is nie.
Nou dat ek dink daaraan, het ek seker die verkeerde woord gebruik. In plaas van bemarking moes ek seker verspreiding gebruik het. My 'bemarking' bestaan uit die gee van feite soos ek dit vind.
Ek het aanvanklik probeer om die GSC produk in Suid Afrika te versprei. Ek het vir twee jaar (1998/1999) elke handelaar en wapensmid in SA persoonlik besoek. Na twee jaar was daar vier of so instansies wat iets op die rak gehad het. Seker so 40 pakkies altesaam.
Dit s? vir my dat die tegniese feite wat ek aangebied het nie geglo is nie en dat ek die oefening moes opgee. My dogter het my oortuig dat ons die produk globaal moet aanbied. Ons het op 22 Augustus 2000 ons webwerf met 'n kredietkaart stelsel toegerus en, in die volgende 8 dae, meer in die VSA en Duitsland verkoop as wat ons in die jaar tot op daardie punt in SA verkoop het.
Die feite wat aangebied is het dieselfde gebly maar ek het dit nie persoonlik oorgedra nie. Wanneer ek per epos tegnies korrespondeer, is daar gewoonlik nie 'n probleem nie. So, wat doen ek verkeerd?
Moet die gebruiker self uitvind wat die produk vir hom kan doen? Moet ek wag tot die verbruiker vra vir feite? Indien ek sien iemand sukkel, en ek weet dat ek die probleem kan oplos, moet ek stilbly? Indien ek sien dat iemand geheel en al die kat aan die stert beet het met verkeerde feite, moet ek dit ignoreer en die persoon laat aansukkel met sy miskonsepsie? Dit wil my so voorkom maar, dit is moeilik vir iemand wat tegnies ingestel is om dit te doen. Vir die kranige bemarker sal dit seker nie 'n probleem wees nie, hy sal die nodige 'spin' op die ding kan sit.
Ek sien dat geen ander koe?lvervaardiger se ontwerp en toets persoon enigsins 'n teenwoordigheid handhaaf nie.
Dit is vir my moeilik om sommer net saam te stem met alles, reg of verkeerd. As ek sou saamstem met sommige dinge wat ek sien, sal ek en die ander persoon albei verkeerd wees, en dit kan mos nie
Wat stel jy voor?

Indien ek sien dat iemand geheel en al die kat aan die stert beet het met verkeerde feite, moet ek dit ignoreer
Vra ek ook
1)Die gekwesde bok in die post hier bo wat deur jou vinniger koeel dood sou wees
As die bok sou begin beweeg die man probeer sy skoot koregeer en bok stop dan was jou koel te vinnig daar en jou koeel kwes en sy koeel so die werk doen
2) As die man in die post hier bo jou koeels gebruik het en alles het gebeer net soos hy geskryf het, wat sou Koos se andwoord dan gewees het.
Swak skut ,Swak geweer , Swak herlaaier
Of kwes jou koeels nooit nie

Last edited by Vlakvark on Sat Jun 30, 2012 3:50 pm, edited 1 time in total.

-
Gerard
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Jou vrae is verkeerd.
Koos G het nie ges? die bok sou dood gewees het nie. Hy het ges?: "Dus groter kans om die koedoe koei te kon kry."
Daar is die probleem. Jy lees dit wat ons as feit weergee, verkeerd. Feit: GSC koe?l dek die afstand vinniger, ongeag wat daardie afstand is. Indien die bok nie beweeg het nie, geen probleem nie. Indien die bok wel beweeg, is die waarskynlikheid van sukses groter met die vinniger koe?l. Is dit so of is dit nie so nie?
Koos G het nie ges? die bok sou dood gewees het nie. Hy het ges?: "Dus groter kans om die koedoe koei te kon kry."
Daar is die probleem. Jy lees dit wat ons as feit weergee, verkeerd. Feit: GSC koe?l dek die afstand vinniger, ongeag wat daardie afstand is. Indien die bok nie beweeg het nie, geen probleem nie. Indien die bok wel beweeg, is die waarskynlikheid van sukses groter met die vinniger koe?l. Is dit so of is dit nie so nie?
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Ai tog,
OK ons aanvaar nou GS is die slimste, sterkste, mooiste, vinnigste, stadigste, mees konsentriese, presies gemaakte, hoogste, laagste
, taaiste, mees verwoestende, beste bosbrekers, om die draai skieters van koedoekoeie (en bulle en alle oolfante) wat die heel minste vleis mors!!!!! En die vervaardigers voldoen ook aan al die genoemde feite. Nou kan ons seker maar aanbeweeg.
Mooi loop
OK ons aanvaar nou GS is die slimste, sterkste, mooiste, vinnigste, stadigste, mees konsentriese, presies gemaakte, hoogste, laagste
Mooi loop
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Oom Koos
Nou maak jy n goeie PUNT daar.

Beretta
Nou maak jy n goeie PUNT daar.
Beretta
- Coenie (Swift)
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Oom Koos...... tong in die kies, jammer julle is almal verkeerd :-)
Hornady maak die vinnigste rakammunisie Superformance wat hulle koe?ls met betrokke dryfmiddel dit alles laat doen wat oom ges? het ;-)

.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Ek het regtig gereken ons kan aanbeweeg van die ou koeie in die sloot.
Jammer
Louis
Jammer
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Gerard
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Ek sou 'n meer rationele inset van iemand soos Koos B verwag het. Maar, ek het 'n vraag gevra en daar is nog geen antwoord nie:OK ons aanvaar nou GS is die slimste, sterkste, mooiste, vinnigste, stadigste, mees konsentriese, presies gemaakte, hoogste, laagste![]()
![]()
, taaiste, mees verwoestende, beste bosbrekers, om die draai skieters van koedoekoeie (en bulle en alle oolfante) wat die heel minste vleis mors!!!!! En die vervaardigers voldoen ook aan al die genoemde feite. Nou kan ons seker maar aanbeweeg.
"Indien die bok wel beweeg, is die waarskynlikheid van sukses groter met die vinniger koe?l. Is dit so of is dit nie so nie?"
As iemand my 'n vraag vra het ek die beleefdheid om 'n antwoord te gee.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Manne, vrinne en mods...
Ons het reeds 'n aparte afdeling vir PMP en al sy dinge.
Ons het reeds 'n afdeling vir korrekte terme vir herlaaiers en al sy dinge.
Kan ons 'n aparte afdeling vir GSC en al sy dinge ook kry?.....ek begin dit irriterend vind dat posts oorgeneem word deur nie relevante opmerking, reg of verkeerd, is nie ter sprake nie.
Gaan kyk weer op die post na Pieta se vraag.....
Nou my vraag is, as ek die koei met ?n non bonded punt geskiet het, soos SST of Balistic Tip bv, sou ek nie ?n beter kans gehad het om haar te kry en die punte sou mos baie meer skade gemaak het? Hoeveel keer skiet mens werlik so skoot dat jy wel daai Bonded punt benodig?...'n vinnige ja of nee en paar opinies oor die gekose antwoord sou voldoende vir Pieta en ander lesers en leerders gewees het.
Nou trek ons al by Gerard en Koos se bemarking strategie?? ??......nee manne, selfs Pieta het al van die post af weggehol.
Mods, maak 'n GSC afdeling oop, laat die manne daar kattemaai en stoei soos hulle wil, ware feite deurgee, reghelp, advies gee...
Ek sit in afwagting
Cheers

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
+1 Cobus 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
GerardBiltongjagter wrote: Piet, dit neem daardie koe?l van jou mooi net ? 0.28 sekondes om tot by daardie koedoe koei oor 248m uit te kom en te tref.
In daardie rapsie meer as 'n kwart sekonde se tyd, kon sy w?l redelik beweeg het, maar verseker nie baie v?r weg vanwaar jy jou skoot oorspronklik sou plaas nie.
S?, moet jouself nie te veel straf met die kwes skoot nie! Ek dink dit is eerder die koe?l wat met die geringe verandering in impak punt, nie na wense presteer het nie.
Boonop kon(voor die post gekorregeer was het dit gelees sou beter koe?l konstruksie van hierdie vinniger koe?l + die geringe wysiging van impak punt, jou bok steeds binne meters laat dood neerval het.
Wat jy aangehaal het
"Indien die bok wel beweeg, is die waarskynlikheid van sukses groter met die vinniger koe?l. Is dit so of is dit nie so nie?"
Kan mens s? ja dit sou jou kanse op sukses verbeter, egter kan jy nie s? met hoeveel nie want daar is baie ander faktore maar ja die waarskeinlikheid van sukses is beter.
Lees egter die kwoterings hierbo, voor die wysiging van die post was daar gepraat van koeel wat nie sy baan gehou het nie agv konstruksie etc en die goed wat hierbo gemeld was as volslae feite weergegee. Daardie stellings is net so feitlik soos 'n Blouwildebees wat 450kg uitslag en dit meneer is valse stellings.
Als in perspektief gestel sou 'n vinniger koeel teen die snelhede gegee se verskille die kans verbeter. Ja die vinniger koeel bv teen 5km/hr sou 5cm minder laterale skuif van die impak punt gegee het (Tog sou beide die vitale driehoek met beide totaal gemis word). So dis op daardie aspek agv verskil 13% beter kans. Met al die ander faktore en hier is faktore wat baie meer tel as spoed, skietvernuf, reaksie vermoe etc val dit seker na 1%.
Hierdie goed is als gebasseer op hipotetiese vergelykings want die bok is nie gekry om te vergelyk waar die ander koeel nou so feitlik gefaal het volgens Koos se eerste feitlike stelling.
Cobb
Ons SAL NIE 'n aparte hoof stig vir GSC koeels nie. Hulle kan onder advertensies gaan bemark soos elke ander vendor.
ek het met Piet gepraat en hy het my verseker hy het sy antwoord reeds gekry en weet dat die omstandighede en als teen hom was en dat geen koeel premium, mono, bonded of varmint teen watter spoed ookal hom sou baat nie, want soos hy reeds vermeld het vermoed hy dit was lies skoot wat aanduiding gee dat die bok reeds baie beweeg het en soos hy ges? het het die koei nie geloop nie syt gehardloop.
Vir die ander forum manne en manninne
Jammer vir die ongerief, maar as jy wil valse feite weergee asof dit die waarheid is wat ander tot verlies kan lei, hou dit eerder vir jouself of gaan verkondig dit iewers anders
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Dankie Cobb en Dokkie. ek stem saam dat die onderwerp nou geluit kan word.
Veiligheid eerste manne!
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Alle verdere bespreking aangaande die bemarking en ondervindinge met GSC kan onder die volgende hoof verder bespreek word
http://jaracal.com/index.php/topic,1227 ... #msg159288
wat Koos G reeds geopen het met terugvoering van jagters en die jagters hier kan ook daar hulle opinies en ervarings gaan weergee
Dankie
Hierdie topic is nou gesluit

Last edited by Jagtersdok on Sat Jun 30, 2012 9:03 pm, edited 1 time in total.