Middag manne
Ek het 'n 416 Rigby en skiet tans 400gr Barnes X TSX punte teen so 2550fps. Ek jag egter nie buffels en sulke klas goed nie, ek gebruik hom maar vir van Rooibokke tot Elande en alles tussen in.
Nou het ek egter gedink, is die Barnes X nie bietjie te "hard" vir die tipe wild nie? Sal dit nie beter wees om met 'n 400gr Nosler Partition te skiet wat bietjie swakker is nie? Sal die punt wat opbreek nie 'n bok vinniger doodmaak nie?
Ek praat nou nie van 'n punt wat opbreek voor dit die vitals tref nie. Die 416 sal diep genoeg penetreer, maar sal dit swakker punt dan nie meer skade aan die vitals maak , wat dan die bok vinniger sal doodmaak nie?
Ek luister na julle raad.
Barnes X vs Nosler Partition
- LN (Louis)
- Full Member

- Posts: 206
- Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm
Re: Barnes X vs Nosler Partition
Alvar,
EK het ook vir jare met loodkernkoe?ls gejag. Doen dit vandag nog in die 260 maar net omdat ek 'n goeie klompie Noslers verniet gekry het.
Daar is niks fout met die Noslers nie inteendeel... Kan net goed praat van hulle . Het egter van hulle weg beweeg as gevolg van die lood. Het een keer te veel 'n tand gebreek op 'n stukkie lood.
Gebruik deesdae net mono koe?ls en gaan oorskakel in die 260 na hulle sodra die Noslers op is, wat seker teen volgende jaar gaan wees.
Groete,

Louis.
22 Rem
7x57 Mod Mauser
260 REM
9mm Vektor
12Br x 3
16Br 9.3 x 74 Krupp Combo
22 Rem
7x57 Mod Mauser
260 REM
9mm Vektor
12Br x 3
16Br 9.3 x 74 Krupp Combo
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Barnes X vs Nosler Partition
Ek skiet slegs met koper koe?ls. Hulle mors minder vleis en ek eet nie lood nie. Hulle penetreer baie goed en kan dus die belangrike organe bereik - doodmaakvermo? is baie goed op hart-long skote.
Die Nosler het goeie reputasie en doodmaakvermo?, maaar dit gebruik lood en dit gaan meer vleis mors.
Die Nosler het goeie reputasie en doodmaakvermo?, maaar dit gebruik lood en dit gaan meer vleis mors.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br