WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Baie dankie vir almal se opinies en raad. Dis vir my duidelik dat ek nie 'n beter plek kon gaan soek het om meer te leer nie! Ek geniet die forum baie en sien uit na my eerste aand uit op soek na die goggas!
Geniet die skaapboud op Kersdag en vir poeding glo ek Rooi Jellie en vla is 'n wenner! Haha!

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
tafjak
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Ponkie
Ek stem ook saam met Danie, 'n 8x56Lynx is 100 persent. Bly weg van paralaks en side focus so v?r jy kan. Ek het met 'n 4.5-14x50(hou dit rondom 11x) Lynx begin ek kan glad nie sleg praat van dit nie(weet dat Kieterkat een het om te verkoop).
Ag nee wat, laat weet vir jou pa dat die bokhaartjek om die draai is en jy nie te lank kan wag nie. Hier l? 'n pakkie(100) 110 gr V-maxe by my wat jy kan kry(verniet, pasella). Ek sal dit by BKB afsit. Baie bly om manne en so jonk van my omgewing op die forum te sien.
Groete
Taffie

Oom Taffie
Baie dankie vir die punte. Ek en oom Johannes sal hulle laai en dan op die skietbaan 'n draai gaan maak!
As oom weer met Johannes praat moet Oom hom bietjie uitvra oor die Kat wat ons Dinsdagaand in die kloof gekiet het. Hy het mos verlede week 10 jong jakkalse by hom self geskiet, gelukkig was dit ver genoeg van die lyndraad af! haha!
Die familie is bietjie vir Krismis op die plaas so ek sal seker eers volgende week of na nuwe jaar op Willowmore weer kom, maar ek sal by Oom blikkies vra of die punte al gekom het wanneer ek weer daar kom.
Groete Ponkie
Baie dankie vir die punte. Ek en oom Johannes sal hulle laai en dan op die skietbaan 'n draai gaan maak!
As oom weer met Johannes praat moet Oom hom bietjie uitvra oor die Kat wat ons Dinsdagaand in die kloof gekiet het. Hy het mos verlede week 10 jong jakkalse by hom self geskiet, gelukkig was dit ver genoeg van die lyndraad af! haha!
Die familie is bietjie vir Krismis op die plaas so ek sal seker eers volgende week of na nuwe jaar op Willowmore weer kom, maar ek sal by Oom blikkies vra of die punte al gekom het wanneer ek weer daar kom.
Groete Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
tafjak
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Ponkie
Geen probleem, sal sommer sorg dat die V-maxe al Maandag daar afgelewer word. S? vir Johannes hy moet die jakkalse met darie Ackley verder van die lyn af skiet. Sien jy is al bedrewe met die TDi. Gooi plat my maat.
Groete aan jou pa-hulle.
Taffie
N.S. Sal sommer vir jou 'n paar Logo-stickers daar aflaai.

Last edited by tafjak on Thu Dec 24, 2009 6:21 pm, edited 1 time in total.
- CHRIS
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Ponkie/ oom Brits/ Danie en ander
Ek lees die teleskoop kursus met aandag en het meer geleer as op varsity, baie dankie.
ek wil klip in bos gooi en gooi terug asb.
Ek is redelik nederig oor my scope want dit is blykbaar van die swakste scope, maar uit despiraatheid en sonder fondse koop ek laasjaar vir my Browning BBR 270 waarmee ek van hase (vir mak jakkals) tot koedoes skiet n Nikko Sterling Diamond 4-12x56. Ek geniet die scope so dat ek vir my pa 1 op sy musgrave litelton243 op gesit het. My Lynx 8x56 het na paar jaar en valle nie meer gegroep nie.
Groete Chris

Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Chris,
Blykbaar is die Diamond glad nie so sleg nie, dit is hulle "top of the range" scope, en vir wat jy betaal vir hom kry mens nogal heelwat meer as die meeste mense verwag. Ek het nog nie self met een geskiet nie, maar lees heelwat artikels en posts van ander forums, en ek het al baie nice goed van die scope gelees. onthou net, as dit vir jou werk, is alles dollies, daar is nogal 'n klomp toys wat die meeste van ons wil he, maar met 'n ander goedkoper maak nog steeds die job kan doen.
Mac.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.

Danie Lombard .243
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Hallo daar Chris.
Jou vraag oor die Niko Stirling.
Die Diamond reeks van Niko Stirling is nie sleg nie. Dit is juis hul beter, as nie hul beste reeks. In 2008 het die National Rifle Asosiation (VSA) die Niko Sterling NIGHT EATER bekroon as (hul) scope van die jaar. Weet nie wat was die kriteria vir die keuse wat bepaal het wie die wenner is of sou wees nie.
Die Niko Strerling word ook, as ek nog kan reg onthou, deur OPTICS ASIA vervaardig, en vele ander top naam scope kom ook uit die selfde fabriek. Eendag gehoor trough the grapevine dat daar net 5 of 6 lens en teleskoop maker op die hele aarde is
Waneer is 'n scope nou juis top gehalte? IS dit as hy, die scope, duur is? Nee beslis nie. 'n Goeie scope is een wat no1 sy ZERO behou en nie uitgaan nie, en no2, 'n goeie gehalte beeld gee as jy daardeur kyk. En as jou Niko Sterling dit kan doen, dan is daar niks met hom fout nie. Soos gese, die diamomd reeks is hul top model.
Die silwer crown en gold crown scope verstaan ek gee moelikheid met die behou van ZERO. Ek myself het nog nie van die crown reeks gehad nie, maar persone wat ek van weet sukkel met hul crown reeks.
Danie

Dankie julle laat my goeg voel.
Ek moet erken dat ek erg tevrede is met die scope, dit het al geval, (band op my skouer het losgekom) en die scope was wel uit en na in stel ,weer 5 skote gesny op 50 meter en daarna nog akuraat gebly.
groete

muishond
- Sr. Member

- Posts: 293
- Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Hello
Ek is nuut op die forum (boer) en vind dit baie interesant.
Ek wil graag vir my n nuwe teleskoop aanskaf van so ongeveer R6000 tot R7000, maar moet geskik wees vir die volgende:
1. groepering skiet tot op 300m
2. nagskiet bv. jakkalse en rooikatte
3. Jaggeweer tykenskiet (life size tykens van bv. jakkals, springbok ens. tot op 350m)
Ek sal dit waardeur as iemand met kennis my kan raad gee.
Groete
Muishond

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Muishond
Ek weet nie rerig wat hulle kos nie, myne was 7500.00, ma klient het hom gebring, beste waarde vir geld, 4.5-14 * 50 VX3 Leopold, LR met die 30 mm tube en parralax verstelling langs di kant.
My 2c........... Sal alles doen wat jy wil en nog n bietjie.
Mooi loop.
Francois
Ek weet nie rerig wat hulle kos nie, myne was 7500.00, ma klient het hom gebring, beste waarde vir geld, 4.5-14 * 50 VX3 Leopold, LR met die 30 mm tube en parralax verstelling langs di kant.
My 2c........... Sal alles doen wat jy wil en nog n bietjie.
Mooi loop.
Francois
-
muishond
- Sr. Member

- Posts: 293
- Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Hallo Francois
Baie dankie vir die terugvoering.
Ek het gedink dat n 6 - 20x50 die ding sou doen.
20x vir groeperingskiet
10x of 11x vir nagskiet.
14x vir life size teikenskiet tot op 350m
Het die naweek met n vriend se .243 met n 4- 16x50 swarofski geskiet en gesukkel om die gaatjies op die teiken te sien.
Groete
Muishond
Baie dankie vir die terugvoering.
Ek het gedink dat n 6 - 20x50 die ding sou doen.
20x vir groeperingskiet
10x of 11x vir nagskiet.
14x vir life size teikenskiet tot op 350m
Het die naweek met n vriend se .243 met n 4- 16x50 swarofski geskiet en gesukkel om die gaatjies op die teiken te sien.
Groete
Muishond
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Francois
Pak alles in jou koffer, tussen jou klere, en verklaar niks, doen so al moet jy nog n koffer koop, as jy dit verklaar, kan jy dit net sowel hier koop.
Mooi loop

- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Ja wat,
Se maar dit is presente as hulle jou vra......probeer net nie mee as een van selfde item in te bring nie

Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Manne,
Oor die invoerbelasting......
As die goed onder R3000 (of so iets is) hoef jy dit nie te verklaar nie. As dit oor die kerf is dan betaal jy ten minste 14% BTW op die bedrag oor die kerf.

.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Sako
Possopa ma vi "optics" verkykers, teleskope, brille, ens...... Invoerbelasting is 75% op hierdie artikkels.....
Muishond
Niks fout met die 6-20 nie, ek het ook een, met wat jy alles wil doen met die scope, duidelik die beter keuse.....

- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
muishond wrote: Hallo Francois
Baie dankie vir die terugvoering.
Ek het gedink dat n 6 - 20x50 die ding sou doen.
20x vir groeperingskiet
10x of 11x vir nagskiet.
14x vir life size teikenskiet tot op 350m
Het die naweek met n vriend se .243 met n 4- 16x50 swarofski geskiet en gesukkel om die gaatjies op die teiken te sien.
Groete
Muishond
Muishond...kyk in die nuwe uitgawe van Man Magnum. Daar is verskeie advertensies geplaas in die "free ads" van Leopold teleskope wat aan jou vereistes sal voldoen. In baie gevalle is die scopes splintenuut of die ou het vergeet om te her-lisensieer nou handig hy die geweer in en haal die scope af en verkoop hom.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Check bietjie die "El Cheepo's" uit...
http://www.mtcoptics.co.za/MTCmodelV.htm
en Client Reviews
http://www.mtcoptics.co.za/MTCreviews.htm
Hulle is baie, baie belik geprys.

- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Dawie,
het jy al na een van hulle gekyk?
Lyk nie sleg nie. Sal nie reisies hardloop vir een nie maar ek hoor graag van manne wat hom getoets het.
Turrets lyk amper soos Nightforse s'n en die hele middelste gedeelte van die reticle is verlig.
Muishond
Daai 6-20 Leup sal jou jaaaaarrrreeee se goeie diens gee.
het jy al na een van hulle gekyk?
Lyk nie sleg nie. Sal nie reisies hardloop vir een nie maar ek hoor graag van manne wat hom getoets het.
Turrets lyk amper soos Nightforse s'n en die hele middelste gedeelte van die reticle is verlig.
Muishond
Daai 6-20 Leup sal jou jaaaaarrrreeee se goeie diens gee.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Janjak
Nee, my vriendjie Fanie was by my met 'n jagtydskrif met 'n berig oor 'n MTC scope maar dit was redelik niksseggend. Hy kyk na die scope want dit het lekker specs en is goedkoop. Oor die algemeen kry 'n ou wat jy voor betaal, maar partykeer word 'n mens aangenaam verras soos bv Bajaj motorfietse. Sal graag 'n eerlike, ordentlike en onafhanklike "review" wil sien.
Daai MTC Viper 8 to 32 x 60 lyk na 'n meneer, die Viper 6 to 24x 56 is op spec vir jak/kat skiet.

ek het so 8-32 in die hande gehad maar hys heel te groot en lomp.
Ek het ook nogal gedink die 6-24 sal kan werk.
Ek het vir hulle aangebied om hom te toets op my 243 en n paar jakke en dan aan te skuif na Sallie se 375H&H Sako toe vir n uithou toets maar hulle wou nie byt nie.
Wonner nou nog nog hoekom nie?
Ek het ook nogal gedink die 6-24 sal kan werk.
Ek het vir hulle aangebied om hom te toets op my 243 en n paar jakke en dan aan te skuif na Sallie se 375H&H Sako toe vir n uithou toets maar hulle wou nie byt nie.
Wonner nou nog nog hoekom nie?
-
muishond
- Sr. Member

- Posts: 293
- Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Francois, DirtyOldsix en Janjak
Baie dankie vir julle raad en opienies.
Die leopold is natuurlik my eerste keuse, maar die finansies laat dit nie toe nie en ek is bang vir tweedehandse teleskope.
Het gehoor dat die VORTEX en BURRIS nie n slegte koop sal wees nie.
Ek sal graag by julle wil hoor wat julle dink!!
Groete
Muishond
Baie dankie vir julle raad en opienies.
Die leopold is natuurlik my eerste keuse, maar die finansies laat dit nie toe nie en ek is bang vir tweedehandse teleskope.
Het gehoor dat die VORTEX en BURRIS nie n slegte koop sal wees nie.
Ek sal graag by julle wil hoor wat julle dink!!
Groete
Muishond
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Muishond
Ek het GEEN ondervinding van enige van die twee make wat jy nou na wil kyk nie, ander manne mag van my verskil, ma ek glo koop die duurste scope wat jy kan bekostig, da is min dinge in die lewe wat jou so lekker drop soos n cheap scope.
Het ma altyd my 8*56 Lynx op die plaas ingeskiet voor ek veld toe is, partykeer was dit nie nodig nie, ander kere kan ek jou se sou ek n jakkals toe onder die stof skiet sonder om naby hom te kom......
Net my 2c.............

Dag se Muishond.
Ek kan net goed praat van Vortex en Burris.
Ek het 'n tactical Burris 6,5-20X50 ballistic rectical teleskoop op my .308 wat ek gebruik vir skyfskiet doel.
Die Burris is baie helder en duidelik. Is lief daarvoor om op die skietbaan verskillende scopes te vergelyk en deur almal te loer wat ek aan die hande kan kry. Die Burris is waarlik tops wat beeld aanbetref. Ons SA JAG tabel op die springbok teiken word voltrek op 300 en 200 meter. Op die 300 meter merk ondervind en geen probleem om die teiekn mooi duidelik en helder te sien met die Burris nie. Ons skiet ook die jakkals teiken op 300 meter.
Burris teleskope was altyd duur, omrede hul in die VSA vervaardig was. Tans word hul in die Phillipyne vervaardig saam met Vortex en Nikon. Steeds dieselfde kwaliteit, net goedkoper arbeid en so kan die prys afkom om die teleskoop meer aantreklik te maak vir die verbruiker.
My opinie. Ek wou 'n Vortex koop, maar kon nie verlief raak op hul "eye relief" nie.Die Vortex vergroting wat ek wou koop se kruishaar was aaklig. DIK. Die burris het 'n langer eye relief wat dus beter pas by skop kalibers. Ek stel glad nie belang in 'n stukende oogbank nie. Ook omdat ek 'n bril dra verkies ek scopes met 'n lang eye relief. Ek is mal oor die ballistic rectical van Burris.
Deur die vergroting te verstel kan mens die mill dot strepies kalibreer om aan te pas by jou kaliber se trajek.

Francois en Danie 243
Francois
Ek stem 100% saam met jou dit is net die finansies wat die probleem is. Ek het vir my n nuwe .243 gekoop en ek kort nog die teleskoop anders gaan die geweer lank le sonder om gebruik te word.
Dit sal my 10 jaar vat om die geld bymekaar te skraap vir die ware jakob!!!!!
Danie 243
Baie dankie vir die inligting.
Watter reticle het die Vortex gehad wat te dik was?
Watter model Burris praat jy van en hoe werk die waarborg van Burris?
Verduidelik asb vir my bietjie meer oor die balistic rectical van Burris?

Hi daar Muishond.
Voor ek jou antwoord op die vrae wat ja aan my stel, net die volgende oor Vortex. Dit is beslis 'n puik teleskoop, goeie waarde vir geld en vergelyk met die beste op die mark. Vortex is my tweede keuse. Ek kan nie sleg praat oor die kwaliteit van Vortex nie. Ons het al in vorige posts gepraat oor die invoerder en waarborg van Vortex. Vortex word ingevoer deur 'n wel bekende lens en kamera agentskap in Natal, hul gee goeie diens en Vortex het 'n baie goeie waarborg, selfde as Leupold. Dieselfde invoerder voer ook Swarovski in, en hul sal dus hulself nie bemoei met 'n swak produk nie.
Die Vortex wat my nie geval het nie, was die teiken skiet model. As ek reg kan onthou was die voorste lens 44mm en die vergroting, 'n variable, was tot en met 20X. Dit het 'n 30mm tube gehad met 'n saddle tube paralaks verstelling, as ek reg kan onthou. Die kruishare was dik en het my nie aangestaan nie. Verder was die helderheid van die scope puik.
Die Burris wat ek tans gebruik is die 6,5-20X50 full field II tactical scope in kleur olive drad. Die kruishare, bo, lnks en regs het mill dots, met 'n lekker fyn kruishaar in die middel. Die onderste haar het klein kort strepies daar waar die mill dots sou wees. Die scope is gemaak vir sniping en teiken skiet, maar dit kan ook met groot sukses gebruik word vir jag. Ek gebruik nie die scope vir jag nie, slegs vir teikan skiet.
Het darem al twee bonsmara koeie vir die pot geskiet met die scope, en hul het soos osse neergeslaan. Ja, dus het ek al twee keer met die scope gejag.

Mens gebruik die vergroting verstelling om die balistiese sterpies te kalibreer om aan te pas by jou patroon trajek. Kom ek verduidelik.
My .308 gelaai met 147gr punte, gebruik ek die vergroting van 16X, dan is die middel kruis ge zero op 100m, die tweede strepie onder die kruis is dat vir 200m en die derde strepie is dan vir 300m.
Gebruik ek 155gr punte, dan draai ek die vergroting na 14X , middel kruis 100m, tweede strepie 200m en derde strepie 300m.
Gebruik ek 168gr punte, dan draai ek die vergroting na 12X , middel kruis 100m, tweede strepie 200m en derde sterpie 300m.
Die vergroting bepaal dus die mate van hold over na gelang van die trajek van die patroon. Ek neem deel aan SA JAGTERS se skiet komp. tabelle en ons verste afstand is 300m. Die Burris behou sy zero baie goed en verloor nie sy zero as jy aan die vergroring stel nie.
Die paralaks verstelling is by die voorste lens en werk baie goed. Ek moes net my eie kalibrasies maak vir 100, 200 en 300 meter omdat die voorste lens se paralaks indeks in yards gemerk is.
Ek geniet die Burris baie en die scope gee my net plesier. Ek is seker daar is veel beter fabrikate te koop, maar die Burris het my sak gepas en ek hou van hom.
Hoop dit het jou vraag beantwoord. Vir jak jag in die nag, bly weg van scopes af met groot vergoting met paralaks verstellings. Te veel vieterjasies in die nag werk nie vir my nie. Gaan lees op by die ou posts oor teleskope en jy sal baie antwoorde kry.
Groetnis en lekker skiet en jag.