Verkyker keuse
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Verkyker keuse
James
Ek het een van die goedkooper Leupolds
Leupold Acadia 10x42mm Binocular (Black)
En ek is nogal tevrede met hom. Daar is verseker baie beter maar hy werk

dirkdup
- Newbie

- Posts: 14
- Joined: Thu Jun 07, 2012 6:41 pm
Re: Verkyker keuse
Goeiedag James
Baie dankie vir die verwelkoming.
Miskien moet ons eers seker maak dat beide die 8x en 10x vergroting uit dieselfde reeks is. Soos die meeste vervaardigers het Leupold ook verskillende modelreekse. Dan natuurlik kan dit ook gebeur dat 'n spesifieke handelaar byvoorbeeld gelyktydig ouer voorraad van 'n 10x vergroting en ook nuwe voorraad van 'n 8x vergroting het. Die nuwe voorraad het hom meer gekos en hy sal sy "regmatige wins" daarop wil maak. Die nuwe voorraad mag dalk die een of ander subtiele "verbetering" h? om te verseker dat die koper oortuig kan word dat dit die geld werd sal wees om hom te koop. Sonder om te tegnies te raak en omtrent moontlike verskille in die oogstukkonstruksie uit te brei (wye hoek verkykers van dieselfde spesifikasie is gewoonlik duurder as di? met 'n nouer hoek) is 8x verkykers in die re?l gewoonlik goedkoper as 'n 10x vergroting met dieselfde spesifikasie (uit dieselfde modelreeks)
Leupold (Stevens) se Golden Ring reeks is uitstekende verkykers. Ek is nie heeltemal seker wie presies hulle in Suid Afrika versprei en of hulle wel hier beskikbaar is nie (het myne op eBay van 'n handelaar in Amerika gekoop) Hul goedkoper reekse mag dalk meer vrylik beskikbaar wees.
Hoop dat die inligting vir jou van nut gaan wees.
Groete
Dirk

Jammer James ek het nagelaat om op een van jou vrae te reageer.
Soos ook aan Gert verduidelik, sal daar altyd meningsverskille omtrent verkykers wees. Sommige negatiewe opmerkings rakende 'n bepaalde produk kan absoluut waar wees, maar in my ondervinding reageer baie bloot op grond van wat hulle ander hoor s? het, en dit mag dalk nie heeltemal korrek wees nie. Ek kan net goeie dinge van my Leupold s? en ek het vele ander verkykers.
Natuurlik sal dit nie billik wees om die goedkoopste Leupoldmodel met 'n baie duurder byvoorbeeld Nikon of ander verkyker te vergelyk nie. Om werklik waarde te bepaal moet ons modelle uit dieselfde prysklas (appels met appels) vergelyk.

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Verkyker keuse
Dankie Dirk, ek gaan vandag my verkyker koop, ek gaan verseker jou raad gebruik. ek gaan weereens na die Leupold kyk. ek stel ook belang in die steiners ken hulle van my army dae.
ek gaan tog kyk vir n 10x ek dink my oe is nog goed genoeg vir dit

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Verkyker keuse
James
Ek het vir my een van die Steiners gekoop die enigste probleem is hoekom ek dit nie al lankal gekoop nie.Werk baie goed vir my en waarde vir geld en my oe
Beretta
Ek het vir my een van die Steiners gekoop die enigste probleem is hoekom ek dit nie al lankal gekoop nie.Werk baie goed vir my en waarde vir geld en my oe
Beretta
-
dirkdup
- Newbie

- Posts: 14
- Joined: Thu Jun 07, 2012 6:41 pm
Re: Verkyker keuse
Sterkte met jou aankoop James.
Groete
Dirk
Groete
Dirk
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Verkyker keuse
ek het toe vir my n Redfield Rebel 8x32 gekoop. moet se gladnie waarvoor ek my reggemaak het nie, maar ek het onmiddelik van die verkyker gehou asook hoe kompak die verkyker is.
van al die verkyker(uitgesluit swarovski) het die Steiner my die meeste be-indruk. ek het ook na Vortex Nikon Olympus Lynx Leupold en ook n verkyker met naam van Cadens?(onseker oor die naam) gekyk. almal was baie baie goed
van al die verkyker(uitgesluit swarovski) het die Steiner my die meeste be-indruk. ek het ook na Vortex Nikon Olympus Lynx Leupold en ook n verkyker met naam van Cadens?(onseker oor die naam) gekyk. almal was baie baie goed
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Verkyker keuse
James,
Glo nie jy gaan spyt wees nie. Ek het ook nie gedink ek gaan huistoe kom met n Redfield nie. Kom ons kyk maar hoe hy die stampe en stote gaan hanteer.
Groetnis
Gert

.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
-
dirkdup
- Newbie

- Posts: 14
- Joined: Thu Jun 07, 2012 6:41 pm
Re: Verkyker keuse
Hallo Dawie
Ek oortre? elke keer deur persoonlike navrae dmv e-pos te beantwoord
en is weereens versoek om antwoorde langs hierdie weg te verstrek.
Ek het self nog nie die Nikon 10x42 HG L (L = Lightweight) of die ouer
swaarder model (die HG/Venturer) hanteer nie. Die 8x32 HG het ek wel al
onder hande en voor die o? gehad. Hierbenewens het ek ook al baie oor
hierdie spesifieke verkyker gelees, genoeg om my te oortuig dat hy
baie goeie waarde vir geld is.
Hy vergelyk uitstekend met die Europese groot 3 maar kos natuurlik
heelwat minder.
Gaan kyk gerus wat 'n baie gesaghebbende Poolse webruimte (Allbinos)
oor hom skryf.
Nikon het reeds om en by 1955 'n porroprisma 8x30 gemaak wat 'n
kopie van die Duitse Carl Zeiss (Oberkochen model) met natuurlik dieselfde
spesifikasie was. Dit is alombekend dat die Duitsers toe reeds geweet
het dat sterk kompetisie van Japan aan die kom was. Kortom, Nikon
se beste verkykers die HG/HGL/EDG asook hul porro prisma E11 en SE modelle
is in terme van hul optika en bougehalte net so goed as die beste wat Oostenryk
en Duitsland vervaardig.
Baie mense is huiwerig om verkykers op eBay te koop. Dit beperk ongelukkig hul keuse
tot die modelle wat plaaslik beskikbaar is - mededingende alternatiewe is dus beperk.
Alle verkykers het goeie en minder goeie eienskappe. As dit nie vir
jou 'n probleem is om 'n verkyker op eBay te koop nie en jy sou 'n
goeie alternatief vir glo ek, heelwat minder geld soek, kan jy die
Leupold Golden Ring 10x42HD oorweeg. Hy is nogal swaar maar sal na my
mening verseker vir jou doeleindes geskik wees.
Weereens egter, die Nikon 10x42 HG of HGL is puik verkykers.
Sterkte met jou besluit

Dirk , jou opinie oor die Redfield
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: Verkyker keuse
Baie dankie Dirk, ek waardeer dit, jou insig gee goeie konteks vir besluitneming.
Groete
Dawie
Groete
Dawie
-
dirkdup
- Newbie

- Posts: 14
- Joined: Thu Jun 07, 2012 6:41 pm
Re: Verkyker keuse
Goeiedag James
Ek moet myself altyd daaraan herinner dat daar verskeie redes is waarom mense verkykers koop. Vo?lkykers en wild/landskapbewonderaars, waarvan ek een is, se oorwegings kan drasties van byvoorbeeld milit?re strate? verskil. So ook kan jagters se redes van persone wat 'n verkyker vir die verkenning van die naghemel wil h?, verskil. Daar is natuurlik ook ander redes waarom mense verkykers koop. Dit sou dus nie realisties wees om te verwag dat alle verkykers opties/meganies gesproke so goed soos die markleiers se topmodelle moet wees nie.
Baie alledaagse gebruikers items lewer uitstekende diens en sal verseker vir die meeste mense voldoende wees en ook jarelange betroubare diens lewer. Stel dit so, 'n wildbewaarder mag dalk die beste verkyker en 'n gewone geweer h?, 'n jagter weer die beste geweer en 'n gewone verkyker - 'n geval van verskillende fokuspunte (prioriteite).
Die Redfield Rebel so wil dit vir my voorkom, is in China vervaardig en daarmee is nie noodwendig iets verkeerd nie, verreweg die meeste verkykers word vandag daar vervaardig. Redfield is soos jy weet, 'n Amerikaanse maatskappy wat hierdie verkyker as "imported" adverteer. Die feit dat dit onder hul "vaandel" verkoop word s? myns insiens, dat hulle sou wou verseker dat die gehalte ooreenstemmend met di? van hul geweerteleskope is.
Ek is seker dat jy vir baie jare goeie diens uit hom gaan kry. Self het ek nog nie een gebruik nie.

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1385
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Verkyker keuse
Dirk
Dit is lekker om te lees as iemand weet waarvan hy praat. Bly jy het aangesluit by hierdie forum.
Jy kan maar nog van jou opinies hier uitspreek.
Ek self is n boer en ook jagter en soos seker maar almal op die forum n groot natuurliefhebber. Ek gebruik dus ook n verkyker redelik gereeld.
Groetnis Freddie

yol bolsun
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Verkyker keuse
Dirk jou bydraes is waardevol. het agv van die feit dat ek nou met n verkyker werk die naweek n vark geskiet wat ek nie andersins sou gesien het nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Verkyker keuse
Dirk
Ek het ook 'n halwe swakheid oor verkykers. Die enigste probleem is my budget wil nie altyd saam werk nie.
Is dit jy wat geskryf het oor die Hensoldt verkykers op bv. E-bay.
Indien dit jy was of miskien nie, wil jy jouself nie bietjie uitspreek oor hierdie "v?r oge" nie.
Ek sien 'n mooi stel kan ek vir omtrent so R1500 kry. Sou dit 'n beter koop wees as 'n nuwe paar vir dieselfde prys.
Ek lees graag.
Groete
Ek het ook 'n halwe swakheid oor verkykers. Die enigste probleem is my budget wil nie altyd saam werk nie.
Is dit jy wat geskryf het oor die Hensoldt verkykers op bv. E-bay.
Indien dit jy was of miskien nie, wil jy jouself nie bietjie uitspreek oor hierdie "v?r oge" nie.
Ek sien 'n mooi stel kan ek vir omtrent so R1500 kry. Sou dit 'n beter koop wees as 'n nuwe paar vir dieselfde prys.
Ek lees graag.
Groete
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Verkyker keuse
Het die vark gister ten danke aan my nuwe verkyker oor die 1km ver opgetel. op die ou end die vark op 404m geskiet. met Hornady 180grn Interlock 300H&H @ 3084f/s. het eers gedink dit is mis, maar na n lang gesoek die bloed gekry. die spoor tot donker gevat en tot gelos. was weer vroeg vanoggend daar en het toe die vark so 30m verder gekry as wat ek ophou soek het.
die beer het op die kop 90kg geweeg. moet nog die koeel weeg vir retensie.
[img width=560 height=420]http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... tt/006.jpg[/img]
die beer het op die kop 90kg geweeg. moet nog die koeel weeg vir retensie.
[img width=560 height=420]http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... tt/006.jpg[/img]
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
dirkdup
- Newbie

- Posts: 14
- Joined: Thu Jun 07, 2012 6:41 pm
Re: Verkyker keuse
Goeiedag James en Freddie
Dit is goed om met julle te gesels en dankie vir die gemoedelike gees waarmee julle tot hierdie forum bydra .
Ja Spekieries, dit was ek wat voorgestel het dat Gert 'n ou Hensoldt 8x30 DF moes oorweeg. Hierdie is uiters soliede verkykers wat na baie jare "milit?re diens" steeds bruikbaar is en dalk nog 50 jaar uitstekende diens sal lewer.
Die Hensoldt se optiese gehalte is baie goed en die beeld is skerp tot naby die rant van die sirkel. Ook het hy natuurlik 'n wye hoek en 'n skaal in die regterkant se oogstuk wat gebruik kan word om onder meer die spoed van 'n tenk oor 'n gegewe afstand te bepaal.
Vir die pryse waarvoor hulle op eBay verkoop (ek het twee vir onderskeidelik 80 en 67 dollar gekoop, is daar nie enige verkyker wat myns insiens beter optiese werkverrigting vir die prys sal gee nie. Die ander kant van die munt is egter dat hulle werklik oud en gehawend kan lyk. Ek moes beide verkykers heeltemal uitmekaar haal om al die lense en prismas skoon te maak. Die Hensoldt se kontras is natuurlik ook nie so goed soos vandag se verkykers nie - baie is oor die laaste 50 jaar en meer gedoen om verkykers se "coatings" (die gekleurde "skynsels " in die lense) te verbeter.
As jy egter 'n goeie, soliede verkyker soek en een vir so tussen $130-$150 (hulle is duidelik die "skoner" weergawes) kan bekom, het jy 'n besonderse stukkie optika gekry wat dalk 'n erfstuk kan word en ook baie bruikbaar kan wees. (onthou hy het individuele oogverstelling) en ook "shallow eye relief".
Na my mening sal jy nie 'n verkyker vir R1500-00 kan koop wat beter beeldskerpte gee nie.

Dankie Dirk
Ek gaan soek tot ek een kry!
Ek gaan soek tot ek een kry!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Verkyker keuse
Lekker fyn brag JamesJames wrote: Het die vark gister ten danke aan my nuwe verkyker oor die 1km ver opgetel. op die ou end die vark op 404m geskiet. met Hornady 180grn Interlock 300H&H @ 3084f/s. het eers gedink dit is mis, maar na n lang gesoek die bloed gekry. die spoor tot donker gevat en tot gelos. was weer vroeg vanoggend daar en het toe die vark so 30m verder gekry as wat ek ophou soek het.
die beer het op die kop 90kg geweeg. moet nog die koeel weeg vir retensie.
[img width=560 height=420]http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... tt/006.jpg[/img]
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner