Wil gonge bestel

Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Wil gonge bestel

Post by Pvdw »

Manne ek het vandag met 'n man gesels wat vir my 4 en 6" gonge kan laser sny uit 'n 10mm plaat van RAMOR 500. Die staal kom uit Finland en het 'n brinell hardheid van 500.

Die 4" kan hy my gee as 'n ronde blank met 'n gaatjie in vir die bout teen R145 elk en die 6" teen R195 elk.

Ken julle die metaal en sal dit werk??

Die prys dink ek is heel aanvaarbaar.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Wil gonge bestel

Post by FrancoisN »

Peet ken nie die staal nie. Eks ook nie n staalkenner nie maar vra of jy eers een kan toets dan sit jy hom op 150m en skiet hom. As hy nie eers n dykie maak nie dan is hy reg.
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wil gonge bestel

Post by Pvdw »

Katvis die probleem is dat ek 'n min bestelling moet insit. Hy het nie regtig offcust om uit te gee nie.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Wil gonge bestel

Post by FrancoisN »

Dis jammer. Ek het Bennox 100 gongs en hulle is te sag. Manne praat van die 400-500 Bennox is die regtes. Daai staal is darem die 500 in sy reeks dalk sal hulle reg wees.

Groete
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
User avatar
Sam Kelbrick
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Apr 26, 2011 9:44 am

Re: Wil gonge bestel

Post by Sam Kelbrick »

Ek stel voor jy kyk na die Revolution Gongs. Dit is eenvoudig die beste gongs wat geld kan koop. Dit is miskien nie goedkoop nie, maar ek dink gongs is 'n goeie voorbeeld waar "goedkoop koop is duur koop". Ons het die revolution getoets met 'n TRG 338 Lapua en dit kon net die verf af kry.

http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... _inch_gong

http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... _inch_gong

 
Value has a value only if its value is valued
User avatar
Sam Kelbrick
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Apr 26, 2011 9:44 am

Re: Wil gonge bestel

Post by Sam Kelbrick »

Ludwig wrote:
Sam Kelbrick wrote: Ek stel voor jy kyk na die Revolution Gongs. Dit is eenvoudig die beste gongs wat geld kan koop. Dit is miskien nie goedkoop nie, maar ek dink gongs is 'n goeie voorbeeld waar "goedkoop koop is duur koop". Ons het die revolution getoets met 'n TRG 338 Lapua en dit kon net die verf af kry.
Sam, wat is die Brinell hardheid van die Revolution Gongs?
Die gongs is 494 brinell
Value has a value only if its value is valued
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1611
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Wil gonge bestel

Post by blaser »

ek het een van daardie revolution gongs maar kry hom nie stukkend geskiet nie
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Wil gonge bestel

Post by FrancoisN »

Dagse Peet

Het jy al meer kon uitvind of die staal reg is vir gonge? Wat sal n 200mm deursnee gong kos?

Dankie
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wil gonge bestel

Post by Pvdw »

Katvis ek is weer Maandag terug by die werk. Gaan daai man dan skakel en hom al die name gee wat die manne hier genoem het en hoor wat hy voorstel.
Work to live, don"t live to work
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Wil gonge bestel

Post by FrancoisN »

Peet het jy al weer iets van die gonge uitgevind.?
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
Fanie

Re: Wil gonge bestel

Post by Fanie »

VRN staal verkoop die materiaal.

http://www.vrnsteel.co.za/vrn500.html
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wil gonge bestel

Post by Pvdw »

Manne ek het 3 gonge bestel. Sodra ek hulle kry gaan ek hulle skiet dat die rook staan en julle laat weet. As ek mooi bestelling insit sal die prys ook afkom.

Ek is in Pretoria en kan die manne hierbo maklik help met 'n bestelling as ons saamwerk.

Peet
Work to live, don"t live to work
Fanie

Re: Wil gonge bestel

Post by Fanie »

Peet eet beet,

Ek wag ook vir pryse van die verskaffers hier by ons.  Daai plaat bly maar duur-rerig, die ou se dis so drie keer sagte staal se prys.

Dit sal waarskyblik beter wees om 'n klompie saam te kry eerder as een-een.  Ek weet nie watter groottes julle in gedagte gehad het nie, maar ek sal graag 120mm, 150mm en 200mm's wil he maak nie saak of rond of vierkantig is nie.  Daar moet maar net gaatjies in wees sodat jy hom iewers kan ophang aan draad.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wil gonge bestel

Post by Pvdw »

Katvis ek sal vir jou een probeer re?l vir toetse ;) ;)

Dankie Fanie. Dis juis by die manne wat ek besig is met gesprekke ;D Hulle vereis net 'n minimum bestelling dus wil ek mooi seker maak.

Peet
Work to live, don"t live to work
Fanie

Re: Wil gonge bestel

Post by Fanie »

Ok, ek kry vir ons die inligting nodig sodat mens kan besluit wat jy regtig nodig het.  Ek kry dit more dan sal ons kan besluit wat is wat.

As jy geweer skiet dan as die afstand langer is word die energie ook minder, dus is dit nie nodig om vir so dik materiaal te gaan nie.  Persoonlik sal ek nie na 'n plaat op kort afstand skiet met 'n geweer nie.  50m miskien maar eerder 100m en verder.

Sodra ek die relefante informasie het sit ek dit op.  Dit sal maar net kalibers en afstande wys teenoor die plaat diktes nodig.

pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, herlaai,
pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, herlaai,
pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, herlaai,
pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, herlaai,
pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, herlaai,
pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink, pink.

Lekker ne' !

:D
Last edited by Fanie on Wed Jul 11, 2012 5:07 pm, edited 1 time in total.
Post Reply