WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by britsman »

Manne,
          Ek wil 'n nuwe scope op my .222 sit. Dit sal meestal gebruik vir word jakkie nag skiet. Ek het 'n ou wat volgende week terug kom van USA en  hy sal dit saambring. Ek wil nie meer as R6500 betaal nie.
          Ek dink aan die volgende:
            Leupold VX3 4.5 x 14 x 50LR AO  Boone/Crokket Reticle $839.99 (R 6300)
            Vortex Viper 6.5 x 20 x50 PA      Deadhold BDC              $509    (R 3817) 
        Is daar ander tipes wat ek moet aan dink. Ek het 'n Leupold VX-L 4.5 x 14.5 x 56 met die Varmint Reticle op my 30.06 , maar vind die Reticle te fyn vir nag skiet.
        Aanbevel asb.
        Dankie.
                  groete,
                            brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Janjak »

Brits
altwee sal goeie keuses wees. Die leup dalk so paar tree voor in hierdie resies.
Die B+C reticle sal beslis beter wees vir nagskiet.

Moet egter nie daai Vort weggooi nie, n maat van my het een en hy is baie tevrede met hom.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Louis Kriel »

Ek het 'n VX3 3.5-10x40 op my 303 met B&C reticle en is mal daaroor. Op my 30-06 is 4.5-14x40 met "fine duplex". Lekker vir teiken skiet, maar ek wens hy het ook die B&C opgehad.  Ek is een van daai ouens wat glo jy kan nie eintlik verkeerd gaan met 'n Leopold nie.

Ek het al verskeie Leopolds soos jy die land ingebring.  Hy gaan lekker deur as 'n geskenkie in die handbagasie!!! ;D
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Francois Marais »

Brits

I am using a varmint reticle on my second jackal gun, Leop 4.5- 14 *50LR. I like it a lot.

For the "OLD EYES" the boon & crocket will be a very good choice. ;) ;) :D :D

Keep well
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Monrique (SJ) »

Jy kan gerus na die Burris ook kyk. Baie goeie prys en jy sal nooit spyt wees. Weet van mense wat Leupold gehad het en dit verkoop het en net Burrisse op hul gewere laat sit het.
Danie Lombard .243

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo oompie Britsman.

Almal gaan vir jou goeie raad gee t.o.v. 'n scope vir jou geweer.

Ek wil saam stem met SJ omtrent die BURRIS. Daardie scopes is helder en puik, goeie persentasie lug deurlaat ens.
Ek het 'n 6,5-20X50 tactical Burris op my .308 vir skyfskiet doeleindes. Ek sien die 7,8mm patroon gate op 300m sonder enige moeite.

Onthou net die volgende as die scope vir nagskeit gebruik word. Vat 'n flits lig en skyn die ligstraal by die voorste lens van 'n scope in, enige scope,net om die konsep te toets. Hou die flits lig naby die die voorste lens, amper teen aan. Hou nou jou oop hand palm agter die agterste lens, daar waar jou oog sou wees as jy deur die scope sou kyk. Let nou op na hoe 'n klein ligstraal skyn op jou hand. Beweer nou jou hand vorentoe en agtertoe, kyk hoe die ligstraal groter en keliner word. Hoe groter, hoe dowwer en meer uit fokous raak die ligstraal. Beweeg jou hand weer vorentoe en agter toe todat die ligstraal perfek rond is, duidelik en gefokus is. Dit is waar die betrokke scope se eye relief focus point is. Let op na die deursnee van die ligstraal teen jou handpalm. Dit bepaal of jy met die scope nags sal kan GOED en HELDER kan sien. HOEKOM?
Die menslike pupil word tog groter en kleiner na mate die lig intensityd skerper of swakker word. Amper soos 'n kamera lens se apperture verstelling. f4.5-f22. Hoe skerper die lig, hoe kleiner is jou pupil, en hoe dowwer of hoe swakker die lig hoe groter die menslike pupil. Die normale pupil grote deursnee van 'n gesonde jong mens in swak lig toestande, donker nag skiet in plus-minus 7mm. Dus moet die ligstraal wat 'n scope deurlaat nie keliner wees as die die deursnit van jou pupil in die nag nie, anders sukkel jy om met die sope te sien. Jou pupil sukkel dus om te fokus op die klein ligstraal wat daarop val.Jou pupil kyk en fokus dus by die ligstraal verby want die ligstraal is kleiner as jou pupil deursnit. Nou moet jou pupil kompenseer vir die klein sligstraal.Dit is nag en jou pupil is op sy grootste. Nog 'n aanpassing wat tyd neem. Jou oog en brein doen die goed op auto pilot. Jou oog fokus vanself. Nou moet jou pupil verklein om by die dun ligstraal aan te pas. Bedags het mens nie die probleem nie want dan is jou pupil in die meeste gevalle kleiner as die ligstraal. Daarom is dit van kardinale belang om 'n scope te kies wat pas by jou aplikasie van nagskiet. Nie vir vergroting nie, ons skiet nie jakkalse op 500 meter en verder in die nag nie. Ja, ons wil wel die ding sien, helder, en ons wil sonder moeite in lang gras die verskil sien tussen 'n steenbok en 'n rooikat wat le, op 'n ver afstand, se 250 meter.
Feit. Die beste nag skeit scope vergroting is 8X56. HOEKOM? Om 'n scope se ligstraal deursnit te bepaal is maklik. Jy vat die voorste lens se deursnit en deel dit deur die scope se vergroting. 56 verdeel deur 8 = 7mm. Perfekte grote straal vir 'n pupil wat vergroot is in donker toestande.
Khalis Swarofski Lynx ens. het almal 'n 8X56 vergroting. Met variable scopes bv. 6,5-20X50 is dit maklik om die beste nag exit pupil lig deurlaat straal te kry. Sit die scope op om en by 6,5 dan kry jy die meeste lig op jou pupil. Sit nou daai scope op 20X vergroting en kyk hoe 'n klein ligstraal skyn deur, hoeveel van die lig val op jou pupil?
Onthou ook nou die volgende. Hou ouer 'n mens word, hoe langer vat jou pupil om groter en kleiner te word.Die oog weefsel word hard en traag om skielik te reageer op lig veranderinge. Voorbeeld, as jy skielik in die nag deur jou scope na 'n voorwerp kyk vat dit 'n effe van 'n oomblik langer om die voorwerp kristal helder en in perfekte fokus te sien.NB NB NB NB!!!! Hierdie is net van toepassing op ouer skuts wat se oog pupil nie meer so flink en vinnig groter en keliner word nie.Ons jong manne sukkel nie met die probleem nie. 'n Scope met 'n 7mm exit pupil is dus 'n goeie keuse vir nagskiet. Sy ligstraal deursnee altyd 7mm, perfek vir jou oog se pupil.

Hoop net nie hier reply 'n oogarts en roer my oor my plasing nie, het wel alles wat ek hier geskryf het getoets en dit werk beslis vir my.
Ek het dus ook verskillende vergrotings getoets in die nag. Het 3 weke gelede my 8X56 se hruishare laat vervang met effe dikker mill dot kruis hare. Die kruishare wat ek hom mee gekoop het, se linker kant, horisontaal haar het by die kruis gebreek na 10 jaar se gebruik, twee lope en 6000 skote. Steeds kon ek jag met die af kruishaar.Dit het my begin pla die twee horisontale lyne wat nie in lyn is nie. Sit toe my 10X42 tactical sniper scope op my nagskiet .243 vir die tyd wat my 8X56 in was vir herstel werk. Die 10X42 KOOK in die dag. Vir die nag is dit 'n ramp. Het geskiet soos 'n ou wat eergister begin skiet het. Amper 'n kompleks begin kry en gewonder wat gaan aan. Die 10X42 sien net nie goed in die nag nie. Ligstraal deurlaat te min.

My opinie oom Britsie.

Groetnis daar.
Daan tik masjien.
Last edited by Danie Lombard .243 on Mon Dec 21, 2009 7:15 am, edited 1 time in total.
Ambessa

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Ambessa »

Hallo Danie .243
Danie .243 wrote:...Almal gaan vir jou goeie raad gee t.o.v. 'n scope vir jou geweer...  ...het wel alles wat ek hier geskryf het getoets en dit werk beslis vir my.
...het jou post met groot aandag gelees en toe vinnig deur die argiewe geblaai (search)...
Ambessa wrote:...die vindingrykheid en vaardigheid van die ouens hier op die forum is gewoon verstommend. Noem maar 'n onderwerp en daar sal iemand wees wat met skerp vaardigheid sal uithaal en wys (natuurlik net by wyse van spreke  ;) ).
...en ek het geglo jy boer net?

Ambessa
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by britsman »

Daan Tik,
           
Ambessa wrote:         ............en ek het geglo jy boer net?
            Maggies man, Dankie....... Jy ken jou goeders. Ek het 'n 7 X 50 Fixed focus Steiner en wind dat dit baie duidelike as Leupold VXL 4.5 x 14.5 X 56.
            Wat ek agter gekom het is dat as ek Eskom's "pylon " nommers maklik met die Steiner kan lees op +-700m. Met die scope moet ek eers die parralex knoppie stel om die nommers te lees.
            Nou waat ek will weet? Hoe kan 'n ou op 300m plus in die nag die jakkie ID sonder om die scope se parrallex te stel? Dan moet jy onthou om die parralex weer terug te stel voor jy skiet.
            Is my kop te plat of wat ?
            Wat se julle?
            Mooi Loop.
                            brits
          .
       
     
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Danie Lombard .243

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Danie Lombard .243 »

Naand se daar oom Brits.

Nou slaan jy die spyker op die kop want, belangrikste, jy wil nie karring met fieterjaies en knoppeis en goeters as jy jakkals jag nie. Jy wil aanle, kyk en bevestig dat dit 'n ongedierte is en dan die sneller druk. Meeste brein krag en fokus moet aangewend word op aanle en sneller druk. Nou, sodra jy met 'n scope se vergroting groter gaan as 9X, dan moet die scope 'n paralaks stelling he. As jy wil mis skiet in die nag, dan moet jou paralaks verstelling uitwees. Dus nie korregeer met die skiet afstand nie. Ja dit is waar dat mens die paralaks setting kan pre set op 200 meter, MAAR BAIE BELANGRIK, Jy moet dit dan in die nag stel, as jy in die nag wil jag. Voorbeeld, lees die opskrif van 'n keorant, die keorant moet 200m weg van jou wees en jou skietmaat moet vir jou die koerant belig met 'n skietlamp terwyl jy aanle. Stel nou in die donker die paralaks todat die koerant of wat ookal jy wil toets lees,duidelik en leesbaar is. NB NB NB. Moenie 'n scope se paralaks in die dag se sonskyn stel en dan in die nag met die pre setting wil gaan skiet nie. Jy gaan die toets dop. Zero ook die scope snags en nie bedags nie. 'n Scope wat tydens die dag ge zero is, skiet altyd hoog in die nag. Al is dit net twee duim. JA, 2 duim is 2 duim. Dit het iets met die sonlig se lumen en intesiteit te doen. Het dit ook getoets en ja dit werk, ek wens ek kon altyd PRESIES weet hoekom die son ons so be dinges.

Lekker shop vir 'n scope. Wens die goed was goedkoper sodat 'n ou sommer 'n stal vol van die goed kom aanhou. Een vir elke dag en aand se gebruik.

Groete daar.

Die tik masjien.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Mac »

Brits,

Ever heard of the "sequence of events;" looks like we will have to send you back for a refresher course,  ;D If you keep your right hand on the dimmer, left hand on the parallax, feet on the floor to turn, shoulder on the rifle stock for elevation, slide right hand across from dimmer and squeeze, cock, light on bright, left hand on the TX, find the second one in the scope, repeat last steps, and then say to yourself, "Hell, Now I wish Nick was here"

Just kidding, but the parallax function actually helps me to get into the bubble, If I could circumvent it, I wouldn't.

Shoot straight, and carry your caliper,

Graham.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
tafjak

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by tafjak »

Danie(jou bynaam kan nie tik wees nie, jy tik goeters wat saakmaak.)


Sien jy het darem so ystertjie of twee vir ons in die begin gestel, al was dit net om jouself duidelik te maak. Nee wat, jy ken nogal 'n paar goete rondom roere en bybehore. As jy nie 'n wapensmid is nie, het jy(as jy nie boerdery so gelaaik het nie) jy jou roeping gemis. Nie baie smede wat hierie goed kan vertel nie.
jy wil nie karring met fieterjaies en knoppeis en goeters as jy jakkals jag nie. Jy wil aanle, kyk en bevestig dat dit 'n ongedierte is en dan die sneller druk.
Dankie tog, ek dog op 'n staduim ek is van die pad af, kan nogsteeds wees. Miskien is ek net te stadig met die aanl? en goeters om nog aan paralakse en dinge te stel. Jakkalsscopes het nie sulke goed nodig nie, target scopes wel.
JA, 2 duim is 2 duim.
.. is genoeg om 2jakkalse opmekaar mis te skiet op 160m.

Ek het 'n scope met 12x vergroting, gelukkig nie van darie fieterjasies op nie. Gelukkig weet ek van die paralaks tot op 100(as dit op 10x of 12x gestel is) meter en probeer net my aanl? prentjie dieselfde hou en dit is sommer goeie oefening vir v?rder skote.

Tik maar my maat, dit lyk na die insette wat al heeljaar kort.

Taffie
Danie Lombard .243

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo daar ou Taffie :D

Nee man, ons stel nie ysters nie, net spietkops stel ysters, en as hul nie ysters gestel het nie was ons paaie sekerlik erger as tans.
Nee, ek is nie 'n yster man nie.
Ek wil my ook nie slim hou nie, net lekker met die forum lede gesels oor gemeenskaplike belang en kennis uitruil. Kennis moet ons met mekaar deel.
'n GROOT vis in 'n klein dam is 'n regte ou gomtoor. 'n Slegding, goed vir niks. 'n Diktator.

Hou die forum op 'n hoe noot met toegevoegde waarde vir lede. Dit is mos die lede se drinkplek as hul dors het vir raad.

Mooi loop daar op Klipplaat. Hoop jul kry reen.

Danie.
tafjak

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by tafjak »

Danie

Laat my weet wat die 3-12x56 met geen paralakse en paravisse vir jou behoort te doen. Vergroting op 12x ens.

Tik man, tik.

Taffie
Danie Lombard .243

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Danie Lombard .243 »

Taffie

Die voorste lens in baie belangrik t.o.v. nag jag. Hul noem dit die  light gathering capacity.(HOOP EK HET DIE EENGELS REG GESPEL)

Doen die flits deur skyn toets en kyk op watter vergroting jy die grootste lig kolletjie sien, en kies dan die vergroting.
Tube diameter het niks met lig deurlaat te doen nie, al ding party manne so. Dit gaan net oor sterkte van die tube. En 'n 25mm tube is sterk. Wie hier op die forum jag met 'n 12,7X99  (50 BMG) Die tipe roertjie benodig 'n lekker dik tube.

'n Mede boer en buurman van my het eendag in sy volksmond 'n mooi beskrywing gegee vir wat met hom gebeur as sy scope op 'n groot vergroting gedraai is. Hy se die ding maak toe as hy net-net effe sy kop roer. Klein beweging. Dit is as die ligstraal wat deur die scope skyn te klein is en nie vol skyn op die pupil nie, en as jy net dink om te roer, dan is die ligstraal nie meer op jou pupil nie.

Baie belangrik, gebruik wat vir jou werk, en waarvoor jy in geoefen is. Ander ou se vir my nou die dag dat hy dink se geweer se sneller is effens te fyn gestel. Ek voel die sneller, en dit is as volg. Dit is 'n standaard M98 mauser militere sneller, die tipe met die voortrek, en dan die kreep, en dan die skoot. Ek myself sal nooit met die sneller kan sukses behaal, dit voel of die skoot nie wil loop nie en ek hang aan die sneller soos 'n pitbul aan 'n tyre. Maar hy het sukses met sy sneller, skiet akkuraat en goed WANT hy ken sy toerusting, is gewoond daaraan en het dit in ge oefen. Net so met jou , my en ander manne se toerusting. As jy hom ken, ken jy hom.
Ons moet net nie die wiel wil probeer uitdink nie, hy bestaan reeds, ons moet hom net gebruik. NASA het vreeslik kop gekrap om 'n pen te maak wat in zero gravity kon skryf. Die ink wou nie voor uitkom nie. Die Russiese ruimte ouens gebruik sommer 'n potlood.

Wie het die eerste toilet sitplek bedink? Dit was 'n outjie daar in Ierland, en 9 jaar later verbeter 'n Skotsman die patent en hy maak die gat in die middel van die seat.

Sny julle gate in jul seats dat dit vir jul gemaklik sit en lekker werk sonder enige probleme. En as jy 'n blaps kry, is jou gat (DIE VAN DIE SEAT) dalk effens te klein, en sal jy die nodige verandering moet aanbring, todat jy kan oop loop sonder BLAPSE!!!! Pas dit toe op jou scope.

Groetnis almal, hou lekker vankansie. Hou kop, en oppas vir die dronk karre met hul nugter drywers.
Ou oom Fanus Rautenbach van ou radio Suid Afrika het altyd gese, dit is net jy wat normaal is en normaal en veilig bestuur, onthou almal om jou is van die pad af en ry soos hooligans. Kyk mooi en wees 'n wakker loper.

Danie
tafjak

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by tafjak »

Dankie Danie

Alles maak sin, tot die dronk karre.

Mooi loop en laat die voorspoed jou verveel in die Nuwejaar.

Taffie
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Freek »

Danie, genugtig maar dit is omtrend 'n leesing ek het sopas wyser geword. Nou weet ek ook hoe wat en waar... sal jou teorie definitief toets en ek glo dat sal help met my volgende keuse. Baie dankie vir jou volledige insette! Selfs 'n stadige ou soos ek kon dit vertsaan... ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Francois Marais »

Danie

Weereens stem ek met alles wat jy se, wil net ietsie las......................
Tube diameter het niks met lig deurlaat te doen nie, al ding party manne so. Dit gaan net oor sterkte van die tube.......
Die bogenoemde is waar, al waar die 30mm n voordeel het is dat dit meer verstelling toelaat, dit is hoekom die meeste lang afstand "target" scopes 30mm tubes het.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Ambessa

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Ambessa »

Hallo Danie .243
Danie .243 wrote:...net lekker met die forum lede gesels oor gemeenskaplike belang en kennis uitruil. Kennis moet ons met mekaar deel.
Eintlik moet ek hallo s? aan die "Soutpan battleship het 'n bemanning van drie. Yolandi, my vrou, bestuur, Hendrik lig en ek gooi lood."

...hou van jou (julle) passie. Doen so voort.

Ambessa
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Ponkie »

Hallo almal!

Ek het vir die eerste keer in 2 weke tyd om bietjie op die forum rond te lees, want vir die eerste keer is ek vir 'n slag by die huis. Die goggas het ons baie besig gehou en almal bel dat ons moet kom doodmaak! Ek skiet nie self nie, is eintlik nog besig met 'Opleiding', as ek dit so kan noem, want ek bestuur net die landy terwyl die Oom skiet. Eks maar nog 'n laaitie en wysheid is iets wat jy nie koop nie, maar leer by die Ou Manne.

Ek het hierdie post gelees en behalwe vir al die nuwe kennis wat ek nou het is ek op 'n manier deurmekaar ook. Ek is baie aktief by teikenskiet en het 'n jaar terug vir my 'n scope gekoop vir my teikenskiet doeleindes. Nou nadat ek die post gelees het wonder ek net of my scope ooit die regte een sal wees vir nagskiet?

Ek skiet met 'n .308 Musgrave Safari en volgens die kundiges het hy 'n skyfskietloop op. Die scope wat ek op hom het is 'n LX 4-16x42D Lynx. Die scope het 'n paralaks wat ek heeltyd verstel, afhangende van die afstand op die skietbaan. Ek moes 'n gedeelte self betaal, so daarom kon ek nie duurder bekostig nie! Haha! My vraag is of iemand my hul opinie kan gee of raad sodat ek net weet of ek solank moet begin spaar vir die regte scope?


   
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Francois Marais »

Ponkie

Niks teen die LYNX nie, maar..............

Jou 42mm voorste lens is heel goed vir dagskiet, in die nag gaan jy baie min lig inkry (lees baie donker beeld kry), en sal jy n BAIE goeie spotlight moet he om mooi te kan sien.

Die ou manne in die nagjag kringe praat van n minimum van 50mm maar verkieslik n 56mm voorste lens. Van die manne het nou baie fensie scopes maar die meeste van ons het maar met n gewone 8*56 LYNX beginne.

Moenie dat die paralaks verstelling jou te veel pla nie, ek gebruik ook n scope of twee met paralaks verstellings inni nag, al wat ek doen is met die eerste ligslag van n stand my paralaks te verstel om n duidlike beeld te kry op die plek waar ek vermoed die Jakkals gaan uitdop, nader is gewoonlik nie n probleem nie, en skiet ek met n effe fuzzy beeld, verder is daar altyd tyd om daardie klein verstelling te maak vir n suiwer skoot.

My 2c.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie Lombard .243

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo ou Ponkie.

Jy kan gerus luister na die raad wat Francois vir jou gee. Hy praat waar. LYNX is 'n baie goeie scope, niks met dit verkeerd nie. Hul prys is kompeterend met die groot name en LYNX se kwaliteit staan nie terug nie.
Ek myself jag al sedert 2000 met 'n 8X56 LYNX op my 243. Die scope gee my net plesier. Hul waarborg en na verkope diens is puik. Kan met die 8X56 sommer gou-gou op ver afstande die verskil sien in die nag tussen rooikat en steenbok, duiker en witrug jakkals. Ja, op 'n ver afstand in die nag lyk duiker amper nes jakkals.
Die 56mm voor lens van 'n LYNX kook!!! Klomp lig inlaat en lekker helder. 7mm exit pupil. Nog 'n plus punt is die lekker long eye relief. Jy hoef nie bo op die scope te klim en hom styf teen die oog te sit om te kan sien nie.
Het klompie jare terug 'n KHALES HEILA 8X56 (GROOT EN DUUR NAAM IN DIE SCOPE WERELD, OOSTENRYK) vergelyk met die LYNX 8X56, en wil vir jou se, die LYNX was vir my beter en VEEL VEEL goedkoper. Tans hier in bloem kos die 8X56 LYNX R3600, as ek reg kan onthou. Beslis 'n kompernterende prys in vergeleke met ander scopes van soorgelyke gehalte.

Groetnis ou Ponkie, bly om te sien jy is nou in jakkals skool. Dit het my twee jaar geneem om net die voering kant van ongediete jag baas te raak, en die ander forum maats sal met my saam stem, 'n jakkals hou jou nederig. 'n Jakkals hond jaag 'n jakkals vir sy baas en vir kos, 'n jakkals hardloop weg vir die hond vir sy lewe. Wie is dus meer gemotiveerd?

Groete ou Ponkie, Spaar, kies en koop vir jou 'n lekker scope wat jy van hou en op trots kan wees.
Soms is dit nie mens se beste nie, maar jou enigste.

Danie
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by britsman »

Ponkie,
Ponkie wrote: ....................... Eks maar nog 'n laaitie en wysheid is iets wat jy nie koop nie, maar leer by die Ou Manne.      
          Hey .... Boet met daai positiewe houding, jy sal nog ver gaan in die lewe. Die Jakkal Jagters bedryf het nog baie van julle ouens nodig.
          Toe ons jou size was het ons ander jakkels opleiding gehaat.

            GRAHAM : is'nt it time you start a Jak Jagters School.

            Ambessa : Time to get the funds setup .... Boet.

        Mooi Loop.
                        ou brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by DSBW »

Ponkie

Hierdie manne se raad is alles goeie raad, jy is nou by die beste plek om te leer. Maar ek hou die meeste van Brits se opmerking, jou "atitude" gaan nog vir jou baie sukses bring voorkant toe.

Dis die grootste probleem met die jeug van vandag, wil nie leer nie, veral nie by die ouer manne nie, wil alles nou doen en nou kry, maar nietemin, ek hou van jou attitude, dis iets om te waardeer!

Danie is reg, koop wat jy kan bekostig, ons almal doen dit maar, maar ek kan sien jy sal die regte ding doen, hou so aan man, wens jou net voorspoed toe!

Dawie
Ambessa

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Ambessa »

Hallo Ponkie
britsman wrote:...Boet met daai positiewe houding, jy sal nog ver gaan in die lewe. Die Jakkal Jagters bedryf het nog baie van julle ouens nodig.
Baie waar woorde van Britsman.

As ek na die profile kyk is jy seker die jongste (van die wat dit waag om hulle info te gee  ;) ) lid op die forum. Daardie positiewe gesindheid en die wil om te leer gaan nog baie vir jou beteken.

Ambessa
Ambessa

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Ambessa »

Hallo Britsman
britsman wrote:...Time to get the funds setup ...
...am working on it. Given the content of many recent posts it seems the time is ripe to up the gear a notch or two...

Ambessa
Post Reply