Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Gerhard »

Daar is nou bitter baie gepraat oor die Ops.

Ian is vanmiddag uit die veld na hy besig was met jagter.

Ek sal bly wees as hy en Taffie hier vir ons al die reels en regulasies vir die Ops uit een sit en dan hoef daar nie deur al die ander threads gelees te word nie.

Ook sommer hier die reelings soos kos, slaap en bly plek ens..

Taffie,

Jy verstaan mos die werk van n Ops Order skryf... ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Ian »

Die afsluit datum vir al die spanne, gidse is die 30ste Junie.

Die  persoonlike besonderhede (vir permitte) is die 15 de Julie.                   
AS DIE SPAN NIE 'N PERMIT HET,      JAMMER !!!    GEEN SKIET.

Al die spanne se gelde is betaal. Daar is is nog een plek oop vir no 26.

Daar is spanne wat net hul ID no. en naam en van vir my PM. Ek het jul adresse ook nodig want dit moet op die permit wees. Asseblief, ek het al jul besonderhede nodig, ons gaan nie die spanne laat skiet as die besonderhede in plek is nie.

Hou asseblief die reels en regulasies op die blad dop. Ons gaan al die "ins and outs" hier op gooi.

Amper 40 days.

Groete
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Arno Pienaar »

Oom Ian het oom my PM gekry ook die ID nomers en daardie klas goed ??
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by prohunt »

Dankie Ian,
Ons span se persoonlike detail vir jou gestuur.
Groete
Johan
Where He leads me I shall follow!
JF. SCHOEVERS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Tue Jul 12, 2011 1:16 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by JF. SCHOEVERS »

Ian dankie vir daai koffie vanoggend hy het die koue mooi gebreek al ons goed is ook darm nou in so alles is so ver reg...

Groete Jannie
6mm Dasher,
.30-06 Vektor,

As jy nie tyd het om dit nou reg te doen nie waneer gaan jy tyd he om dit oor te doen.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Ian »

 

40 DAYS
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by C.J. »

Perfekte dag om 40 days te vier!

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Problem Animal Control »

Ian
Ek sal by jou kom draai of n lui gee
Groette
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by tafjak »

Aanmeld en voorbereiding:

1.  Alle spanne meld aan teen 10h00 op die 9de Augustus  - sal die Way Point later gee en almal is welkom om reeds teen die 8ste op te daag.

2.  Verwelkoming en die trek van jaggebied.

3.  Slaapplekke word aangewys(sorg vir eie eetgerei en slaapgoed/matras en slaapsak).

4. Operasie begin 12h00. Sorg dat alle gewere ingestel is teen hierdie tyd(sal 100m inskietbaan beskikbaar wees op die perseel).

Reels van Operasie Mooihuil:

1. Elke bakkie 2jagters.
2. Geen teleskope kleiner as 8x vergroting.
3. Kan dag- en nagjag doen.
4. Slegs op die toegekende areas per jagbakkie.
5. Alle data van jakkalse/katte byhou.
6. Geen nalatigheid sal geduld word nie.
7. Wanneer gebied klaar gejag is sal die aftekening deur die grondeienaar gedoen word.
8. Op geen provinsiale- of distrikspaaie sal gejag word nie.
9. Diskwalifikasie vir die volgende:
                                                a. Jag buite toegekende jagarea.
                                                b. Afsnytyd verpas.
                                                c. Nalatige optrede.
                                                d. Onvoldoende data insameling.

10h00 op die 11de sal die afsnytyd wees vir die jaggedeelte.

13h00 - Veldskiet oefening- 7 skote op gedeeltelik verbergte teikens van 50meter tot 230meter. Gelyktydig met die veldskiet sal 'n GPS-toets plaasvind.

Teen 15h30 behoort die twee oefeninge afgehandel te wees.

18h00 Sal die prysuitdeling plaasvind en daarna die braai en lekker gesels.

Hierdie is riglyne en moet ons almal betrokke dit sou moontlik uitsorteer.

Punte toekening:

Sal per dier toegeken word(bv. 6xjakkalse = 18punte, 3xjakkalse = 9punte)
Die GPS-toets sal ook deel van die Operasie wees en moontlik 40% van die punte totaal wees en die jakkalse/katte gejag en die veldskiet 30% onderskeidelik.

Laat weet!

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by tafjak »

Ludwig

Ek dink een geweer is genoeg, moet net hoop hy hou.

Die data insameling is maar die standaardmetode, sal in elk geval dit uitstippel as ons eers daar is.
Ludwig wrote: Wat behels data insameling vir die spanne? Ek het nie die gestel om 'n jakkals oop te sny nie, sal dit dan diskwalifikasie veroorsaak?
............... jy kan enige iemand vra om dit vir julle te doen as julle dan almal wil kots(die gids ingesluit). Ongelukkig sal die die span vir die afdeling zero punte verwerf as dit nie gedoen word nie, want sal verseker 'n bonuspunt stelsel by die "jag"/getal jakkalse wees. Data insameling is tog deel van probleemdier beheer en baie noodsaaklik.


Mooiloop
Die Operasie sal almal dan onder een kam geskeer kan word en miskien net beter beheerders daarvandaan vertrek.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by tafjak »

[align=center]VEILIGHEID[/align]

In hierdie woord lees ek die volgende:

Luister
Nugter denke- wat is presies besig om te gebeur ten alle tye
Wat is agter die teiken - horisonne
'n Geweer is altyd gelaai

Laat maar weet wat julle in die woord lees.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Rooies »

N Voorstel is dat ons dieselfde 2 reels volg soos by SAJWV skiet dae; alle wapens by die
kamp/werf of in n geweersak of tas en wapens buite die sakke met oop slotte.


sou Louis dalk deur my Z6 wou kyk ;D
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Dawid »

sou Louis dalk deur my Z6 wou kyk

BREG GAT.. ;D ;D
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by tafjak »

Reds

Baie goeie voorstel. Dankie en ek reken almal sal die stotietjie ken.

Mooiloop

Ps. Z6 = Van Zero tot 6jakkalse binne 11sekendes
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Rooies »

Deelnemers vd Ops

Ons is sover geholpe met 3 swartpotte;Freek, Dawid(douglas), Johan 1.

Ek en Dawid(lapkopland) sal sorg vir bymaries,opskepbakke en  casarols.

Marno borg  die koffie en tee.

Die roosters braaidromme en hout sal daar wees.

Ons is ernstig opsoek na 2 ERNS vir die koffie water.Laat weet asb as
jy een het wat ons kan gebruik.

Dankie solank
rooies
Last edited by Rooies on Thu Jul 19, 2012 8:58 am, edited 1 time in total.
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Louis102 »

Rooies wrote: ... sou Louis dalk deur my Z6 wou kyk ;D
Reds, dankie maar ek's oraait, het mos klaar nou die dag deur jou Z6 (gedog dit staan vir Zero visibilty na 6 in die middag  ;D) gekyk - toe jy hier by my gejag het?

Ek het nie 'n probleem met die oopslot-ding en ander reels, as die geweer buite die sak is nie.  Weet net nie hoekom daar net 1 geweer op 'n bakkie mag wees, as daar 2 jagters op is nie.  Een jagter werk op 'n slag, ja, maar as ek my jagmaat aflos, wil ek met my eie roer skiet.  Anders kan ek mos maar by die kamp bly?

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Dawid »

Louis,

Soos ek die een vuurwapen verstaan is dit n geval van een vuurwapen op n slag in aksie.

Die ander vuurwapen kan op die voertuig in n veilige stand gestoor/ gebere of watookal wees.

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Louis102 »

Jammer, ek is maar so bietjie stadig van begrip.  Nie geweet daar is manne / spanne wat eens naastenby sou oorweeg om met twee roere (ter selfder tyd in aksie) te roep en skiet nie.  Nie logies vir my nie, hoe werk dit?  Tandem skietstoel, of hoe maak hulle?
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by BLOK »

Louis102 wrote:   Tandem skietstoel, of hoe maak hulle?

Hahaha

Waar is Stefan kom hy ook, as ek reg is was hy mos laas besag met so idee. haha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by prohunt »

Hallo al die opegewonde deelnemers,
Ek het vandag met ons hooforganiseerder gesels oor die toekenning van jaggebiede en is hy dan reeds vandag oppad om sy gebiede soos 'n dominante man te gaan kleim.
In dit ook net weer van ons kant af baie dankie aan die organiseerders en ons Hoofman oor Honderd vir al hierdie moeite en opoffering!!!!! Wees verseker ons waardeer dit en besef dat julle baie tyd, moeite en kostes aangaan om hierdie 'n sukses te maak.
Om by die punt te kom waaroor ons gesels het:
Die jaggebiede sal deur Taffie waarskynlik met 'n trekking uitgeloot word sodat daar nie onenigheid kan wees oor wie jag waar nie. Die voorstel is dat die trekking volgens nommers geskied wat hy aan die jaggebiede vooraf sal toeken. Elke span sal dus 'n nommer kies en Taffie sal die span dienooreenkomstig inlig oor watter plaas hulle "geerf" het vir die jag.
Die trekking sal seker al teen Dinsdag geskied sodat die verkenners al Woensdag sekere verkenning kan begin doen. Taffie het ook genoem dat daar nog Donderdag genoeg tyd sal wees vir almal om hulle jaggebiede te verken so geen span sal op die manier benadeel word nie.
Ons wag dus in spanning vir die Hoofman om sy merke klaar te merk en om dan die proses van trekking te inisieer.
Baie groete en sien by Mooihuil
Johan
Where He leads me I shall follow!
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Dawid »

Prohunt,

Soos ek die dinge verstaan is dat ons almal die Donderdag oggend na opening die nommers van ons areas trek en dan soos vooraf besluit deur die Beheerpaneel moet aanvaar.

Dankbaar en groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Dawid »

Dawid wrote:
Prohunt,

Soos ek die dinge verstaan is dat ons almal die Donderdag oggend na opening die nommers van ons areas trek en dan soos vooraf besluit deur die Beheerpaneel moet aanvaar.

Dankbaar en groetnis
Sommer "edit" ook daar bestaan nie dinge soos verkenners nie "rebellie kom nog " dis gidse wat die kursus bywoon. PLAIN AFRIKAANS    Trek n nommer en MOVE.....Dankbaar
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Louis102 »

Soos die weervoorspelling nou vir my lyk, kan iemand anders maar my area ook kry.  Ek dink ek gaan om die vuur sit en soetwyn drink (sal sommer met die soontoe ry daar by Upington die soetwyn optel)  Dorslanders ken nie sulke klas koue nie, ons sal dood!  Hoor dit was gistraant  -7*C  in daai omgewing - ek ril sommer en slaan hoendervleis uit as ek sulke lae nommers hoor!
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Francois Marais »

Louis

Ons het mos nie genoeg pakplek op daai d/cab van jou vir al di warmgoed wat moet saam nie, jy het mos n dubbelas trailer, ons sal hom maar moet hak??

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Ops Mooi Huil Reels en regulasies en reelings

Post by Dawid »

Louis,

Helmien se my vanmore toe ek van Lapkopland af bel om 8 uur was dit blykbaar -1..........OOOOO alla wetter ek dink ons gaan heerlik koud kry maar soos ek dink is dit n front wat deur trek aangesien dit ongewoon is.

Hahahah Geno se borg gaan vinnig nog voor ons begin skiet uitgeloot word hahahahah

Bring genoeg "SOETES" daar van Oranje Valley af saam........wat die manne nie vat nie koop ek als oor.

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Post Reply