Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
My naam is Christian en ek is nuut hier by julle op die forum. Ek is van Pretoria af. Ek sien uit daarna om met julle manne te gesels en sommer baie ding te leer.
My naam is Neels Louw. Eks ook nuut hier. Lekker om te weet daar is n klomp mense wat soos ek lief is vir jag en skiet en dat hier baie is om te leer. Die beste leerskool bly maar van die manne wat ondervinding het. Hoop om baie te leer. Eks baie lief vir jakkals jag, die manne wat weet sal weet daars niks soos om daardie 2 Land Rover ogies dop te hou deur n teleskoop nie.
Eks in murg en been eintlik n Karookind, maar in die Kaap groot geraak en in Richmond in die Karoo gebore. Het in Windhoek ingetrou en dis nou hoe ek hier beland het en geniet dit baie. Het lang tyd gevat om roer en teleskoop te kry maar is darem nou aan die gang. Sit net met probleem van lisensie as ek op Domisilie hier is. Kry net n een jaar lisensie en dan moet ek ook n een jaar Re-entry Visa wat my N$ 2100 per jaar kos in my paspoort kan wys. Kan nie lekker verstaan nie ek het geregistreede besigheid wat tax betaal, hoekom moet ek dan so sukkel?
Hello, Al die Jaracal lede.
Ek is Louw Smit van pretoria. Dankie vir baie goeie Forum, het al by hier wys geword.
Sien daarna uit om met van julle ouens te gesels.
Groete
Louw
22 Brn,22Hornet Brn,243Brn.30-06Brn FullStock, 375 H H, .38 Spec Taures
My naam is Bennett Pretorius en boer beeste en mielies in die noordwes tussen Lichtenburg en Klerksdorp. Ek is baie lief vir my jag en jag gereeld vir biltong en dun die vlakvark plaag op die plaas uit maar het nou die jaar bietjie my trofee muur aangevul en is mal oor die trofee jag bedryf.
Het so bietjie deur die forum gekyk en dit is baie nice dat mens so met mense kan kommunikeer,hou die goeie werk vol.