SCOPES
-
tafjak
Re: SCOPES
Hiers ek al weer of moet ek se hier gaan ons alweer! Ek het eendag by 'n geweerwinkel ingestap en dadelik seker een van die duidelikste kennisgewings nog gesien: IT'S ONLY THE VERY RICH THAT CAN AFFORD A CHEAP SCOPE.
Ek kan nou nog onthou toe my pa in 1979 'n NIKKO STIRLING op sy 270 wou sit, na die derde skoot gee hy die ding aan en se ek moet deur die scope kyk. Sy oe wil nie meer lekker kyk nie, na die kykslag wou my oe ook nie meer mooi kyk nie. Spierwit en kruis le onder op vloer.
My neef langs my het 'n 12x56 Nagvreter op sy 7x64 en al wat op die oomblik vreet is die kraaie. Hy kry niks dood met dit nie en as hy gelukkig is om iets naby dood te kry hol die bok en die kraaie het kos.
Ek se nie dat jy nie jouself mag straf nie, maar moet tog nie jou pelle of laaitie ongelukkig maak nie. Jammer manne ek kon myself nie weghou van hierdie onderwerp nie, vergewe my asb.
Groetnis
Taffie
N.S. Caller is reg, as die veterogies aan iets gewerk het, moet jy die leuse gehoorsaam ( KEEP IN COOL PLACE).

johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: SCOPES
Tafjak
Jong julle ryk skaapboere moet darem nie als afskiet wat die gemiddelde jagter wil gebruik nie,ek meen n scope is tog net n pyp, 2 lense,n binddraad kruis en 2 veranda boude om die draad heen en weer te stel,waarom kan dit meer as R1000 kos,dis tog vreeslik agterloosig om soos jy 17 dooie goed vir n pyp te gaan staan en ruil,een hele nag se koudkry vir n pyp met twee glase??
johan...QBE

"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: SCOPES
Andr?
Geluk met jou full-score 600 gister met die CHASA-baanskiet, jy sou seker nie met daai Zeis dit kon regkry nie.LOL

Johan
Dis darem ook nie sommer so 'n stukkie pyp nie. Ek sal waaragtig nie 'n dooie jakkals vir 'n Nikko Stirling verruil nie.

Andre
Re: SCOPES
Dankie Dawie,
Dit was nogal 'n verrassing om 'n volgetal op 'n baanskietkompetiesie te skiet. Die Jakkalsjagtery hou 'n mens skerp en dit kan gesien word op die Kaapjag skietdae - die Jakkalsjagters is tops!
. Jakkalsjag sorg dat jy die beste maak van die toerusting tot jou beskikking; 'n Jakkals mag nie misgeskiet word nie, daarom verbeel ek my maar net -dis 'n Jakkals daarvoor....
Dit was nogal 'n verrassing om 'n volgetal op 'n baanskietkompetiesie te skiet. Die Jakkalsjagtery hou 'n mens skerp en dit kan gesien word op die Kaapjag skietdae - die Jakkalsjagters is tops!
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: SCOPES
Taffie
Daar bewys Andre ons weer korrek,mens moet nooit te suinig wees om vir n goeie teleskoop te betaal nie, baie geluk Andre.Vertel ons asb meer van jou suksesvolle geweer.
johan...QBE
Daar bewys Andre ons weer korrek,mens moet nooit te suinig wees om vir n goeie teleskoop te betaal nie, baie geluk Andre.Vertel ons asb meer van jou suksesvolle geweer.
johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: SCOPES
Hi almal
Die lynx 2.5-10x56 is 'n d?m goeie scope vir onder R5 000-00, 30mm tube en al daai goeters, die wie so een het, veels geluk, want dis is 'n NF!!!, daar bestaan nie 'n fabriek soos Lynx nie, hulle source hul scopes by al die major vervaardigers met hul naam op. Ek is nie so seker of die IR in dieselfde formaat ook deur NF gemaak word nie, maar die vorige een beslis!
Johan, ek is bly jy het 'n tawwe scope soos 'n Lynx op jou pellet gun, enige ander se zero sou te veel ge-shift het met die beweging van die piston. Wys jou met die jare kom wysheid.
Groete
Kopskoot 1 WP

Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek! 
-
tafjak
Re: SCOPES
KS 1 WP
Ek hoop nie Lynx source by Nikko S nie. Ou Rayne het die nuus so jaar of 2 gelede in ons ore gefluister, maar wou nie te veel praat nie. Nou is ek bly jy het daarvan melding gemaak, want daar is baie jagters wat dit nie weet nie, ek inkluis.
Dit lyk of alle P modelle daarvan afkomstig is.
Taffie
Ek hoop nie Lynx source by Nikko S nie. Ou Rayne het die nuus so jaar of 2 gelede in ons ore gefluister, maar wou nie te veel praat nie. Nou is ek bly jy het daarvan melding gemaak, want daar is baie jagters wat dit nie weet nie, ek inkluis.
Dit lyk of alle P modelle daarvan afkomstig is.
Taffie
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: SCOPES
Ridders
Die vraag is wie source waar? soos ek die spul nou bekyk is al drie die name dan verwant !
MAW die NightF loer deur die NightE na die Redcat en skiet dit dan amper raak(beter as amper mis)
As ek julle so luister en kan glo,word al drie dan onder een dak gemaak en onder verskillende BRANDNAMES verhandel.
Die manne wat pas daar begin werk,maak eaters,na n jaar cats,en na twee jaar forsse,of andersom.
Wat jy se ontrend n windbuks in beslis waar,hoeveel mense weet dat pistonwindbuksse scope eaters is?
KS gelukkig is die een n pcp met geen eater nygings nie,anders was cat al murtu(en baie ander name ook)
Ek stem saam vir R5 000 klop niks n Lynx 2.5-10x56 nie.
johan...QBE
Die vraag is wie source waar? soos ek die spul nou bekyk is al drie die name dan verwant !
MAW die NightF loer deur die NightE na die Redcat en skiet dit dan amper raak(beter as amper mis)
As ek julle so luister en kan glo,word al drie dan onder een dak gemaak en onder verskillende BRANDNAMES verhandel.
Die manne wat pas daar begin werk,maak eaters,na n jaar cats,en na twee jaar forsse,of andersom.
Wat jy se ontrend n windbuks in beslis waar,hoeveel mense weet dat pistonwindbuksse scope eaters is?
KS gelukkig is die een n pcp met geen eater nygings nie,anders was cat al murtu(en baie ander name ook)
Ek stem saam vir R5 000 klop niks n Lynx 2.5-10x56 nie.
johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: SCOPES
OK, OK, OK... Taffie, jy het so amper 'n stelling bewys totdat die source storie op die skerm verskyn
Maar dit klink my die Lynx 2.5-10x56 sal my jakkals jagskiet scope word sodra die Senekal huishouding se budget klop die jaar. 
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Andre
Re: SCOPES
Aan Johan;
Die geweer wat gesorg het vir 'n volgetal by CHASA baanskietkompetiesie is 'n 45 jaar + oue Lyttelton RSA .243, wat my Ma vir my Pa nog voor my geboorte as persent gekoop het en ek hom so 2 jaar terug "ge-erf " het. Daar is egter 'n "silencer" deur Glen Mecgill van Oudtshoorn (wapensmit) opgesit, sy pak is verander, "free flo" gemaak, sy sneller is ligter gestel. Ek het na honderde patrone op sy gunsteling patroonresep uitgekom: 65 gr Hornady V-Max punt (patroonlengte 67mm), met 42.5gr S-355 kruit, CCI bench rest primers en my gunsteling: Norma doppe! As jy dink ek glo in Swarovski, meer nog in die Norma dop (ongelukkig nou al meer as R10 per dop). Die dop is die belangrikste. Spoed is ;3380 f's. Seker nie die vinnigste nie, maar akkuraat uit die ou geweer en nog steeds vinnig genoeg om in die nag redelik ver skote te kan skiet.... Groepering +- 15mm op 100m. Met PMP sal ek darm seker die teiken raakskiet, maar om goeie groepering te kry, moet ek self patrone herlaai... O ja, en dan moet ek nie vergeet om die 6 -24 X 50 Swarovski te noem nie, hy bring die 200 m teiken tot hier op 30 m, en wie skiet nou mis op 30 m!

Mooi man,alles pas presies op mekaar, is dit nie blote toeval dat n groot gees op die forum presies dieselfde kombenasie gebruik nie? ok toegegee hy gebruik n Zeiss.Hy is ook n free floating man,julle het die beste van der beste,bewaar dit goed,dit word onvervangbaar en onverkrygbaar.
johan...QBE
Mooi man,alles pas presies op mekaar, is dit nie blote toeval dat n groot gees op die forum presies dieselfde kombenasie gebruik nie? ok toegegee hy gebruik n Zeiss.Hy is ook n free floating man,julle het die beste van der beste,bewaar dit goed,dit word onvervangbaar en onverkrygbaar.
johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
tafjak
Re: SCOPES
Andre
Ek wonder of jy weet wanneer die eerste fabriek gemaakte geweer met Lyttletonaksie op die rakke was. Ek 'n SHOOTING TIMES van 1993 in my besit en bewaar dit soos diesel. Hulle beweer die eerste Lyttleton in die buiteland is in 1993 gewees, 36 jaar gelede.

Tafjak:
Ek kan verkeerd wees met 45 jaar, maar ek is nou 40 jaar oud en my pa het die geweer gehad vir solank ek kan onthou. My ma het dit vir hom gekoop toe sy nog skool gehou het en ek dink dit is nog voor my geboorte, maar ek kan verkeerd wees....

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: SCOPES
Andre .
Baie geluk dit sit nie in enige ou se broek om voltal te skiet nie, nie op enige baan nie..
Gee ons meer info oor die aftsande en teikens man...
Dalk moet die jakkalsjagters so op hulle eie n paar spanne inskryf vir die chasa interprovisiale skietkompetisie die 14 MAART 2009 IN BLOEMFONTEIN..
SOMMER VIR AGTERGROND INFO. WAS DAAR AL N VOLTAL SO OOR DIE LAND HEEN, CHASA HOU MOS REKORD VAN DAAI SCORES...EK DINK JY IS DALK NOMMER EEN...
EN DIT VERDIEN N APPLOUS...
DIE SKIET IS OOK NET NA DIE VOLMAAN EN DALK KAN DIE JAKKALS MANNE SOMMER DAARDIE NAWEEK BYMEKAARKOM....
DALK DIE VRYDAG AAND LEKKER VERGADER EN KENNIS UITRUIL OF SOMMER SO PAAR JAKKALS TEIKENS SKIET DIE VRYDAG MIDDAG EN DIE SATERDAG IN DIE INTERPROVINSIE KOMPETISIE SKIET...
LAAT WEET MAAR HOE VOEL AL DIE OUENS VIR SO REELING, ONS SAL DALK NET BY CHASA MOET TOESTEMMING KRY VIR SO SPAN OF DRIE OF VIER..

Shoot straight and tell the truth!
-
tafjak
Re: SCOPES
Andre
Ek wonder dan of enige iemand anders ons kan help, ek skiet dieselfde aksie met plankroerkolf en 'n vreeslike naam van 'n loop. Ek stel belang in die geskiedenis van die ou aksie ens.
Taffie
Ek wonder dan of enige iemand anders ons kan help, ek skiet dieselfde aksie met plankroerkolf en 'n vreeslike naam van 'n loop. Ek stel belang in die geskiedenis van die ou aksie ens.
Taffie
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: SCOPES
Taffie
Heelwat wereldbekende bisley skuts gebruik RSA aksies,die goed word nie meer gemaak nie,so dit word al skaarser,geukkig is daar van die Sako en Remington aksies wat nie te ver terugstaan vir die RSA nie,Raynie sal verseker weet van beter (en baie baie duurder aksies bv die Predator)
johan...QBE
Heelwat wereldbekende bisley skuts gebruik RSA aksies,die goed word nie meer gemaak nie,so dit word al skaarser,geukkig is daar van die Sako en Remington aksies wat nie te ver terugstaan vir die RSA nie,Raynie sal verseker weet van beter (en baie baie duurder aksies bv die Predator)
johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
charles
Re: SCOPES
Jacques
Ek tik maar baie stadig en spel sleg het net ou subA geslaag.
Jy kan enige Leupold koop met 30mm buis en 50mm lens. Volgens Maj John Plaster wat The Ulimate Sniper geskryf het se Hy dat daar net 30mm buis teleskope gebruik word deur die voorste "Snipers" in die wereld en wat is jy anders as n "Sniper" as jy jakkalse skiet. As jy n Jak misskiet kos dit jou fout jou tenminste R15 000 - R20 000.
Johan is 100% reg deur te se bedding en opstel van ringe bepaal hoe goed n teleskoop regtig is. Ons gee te min aandag aan "scope mounting.
Ek het n VXL6.5-20x56, LRT6.5-20x50 en n LRT8.5-25x50 almal Leupolds Na verkoop diens is PUIK as daar n fout is kosteloos vat dit n maand dan het jy jou "scope" terug van America Dirk kan daarvan getuig.

- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: SCOPES
Charles
Die enigste rede waarom snipers 30mm tubes gebruik is om 60 MOA of meer eliwasie intern te bekom .Dit is nodig om op afstande verder as 800m met 7.62 te kan skiet.'n gewone erektor tube word in die 30mm buis geplaas en kan dus meer beweeg as in 'n 1" buis, dws.1" scope met 50mm lens sal dieselfde lig deurlaat as 30mm scope met selfde erektor sisteem.Daarom is ou LPS van Leupoldt so gewild dit het "n grooter erektor sisteem maar kan nie as sniper scope gebruik word nie.Die LRT scopes het 80MOA interne beweging sal definitief nie diselfde hoeveelheid lig deurlaat as die LPS nie.
Raynie

One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: SCOPES
Ek gaan nou my rug oopmaak vir heerlik paklsae..
Die lynx scopes wat so betroubaar is 8X56 en ook ek dink 2.5 tot 10 by 56.. en die nuwe L reeks van lynx word dit nie DALK in DIESELFDE fabriek gemaak as die NIGHTFORCE nie..
Wie het al deur die nuwe L reeks van lynx se lense geloer...manne kristal helder ...
En as jy daai stelskroewe se doppies afhaal.....'lyk dit vir my' presies soos die NIGHTFORCE...Dit kan dalk kopieerwerk wees, dalk kom hulle uit dieselfde fabriek...
En as ek dit reg het besit lynx geen fabriek maar is slegs verspreiders...laat maaak scope met hulle naam op..
Ek kan dalk nou heelemal verkeerd wees, Kan HENDRIK nie asb hier so bietjie help nie, ek noem maar net hendrik se naam omdat hy in die handel en wandel met die manne omgaan..
Maar asb enige een help my reg ..sonder om te hard te slaan ..ek is ma sensitief...

en vir al die toyota manne ek sien julle manne maak nou teleskope ook:
gaan kyk biki hier :
Website: www.hi-luxoptics.com of
www.leatherwoodoptics.com
gaan kyk biki hier :
Website: www.hi-luxoptics.com of
www.leatherwoodoptics.com
Shoot straight and tell the truth!
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: SCOPES
Jacques
Ek weet nie van die nuwe L reeks nie maar die 2.5-10X56 word in dieselfde fabriek vervaardig as Nightforce.Verder het Lynx 'n 5-20X50 in ontvangs geneem wat ook daar gemaak word, is reeds in vooraad. Die 5-20 kom in twee weergawes 'n Mill speck een "vir Charles en ander snipers"en een wat dieselfde speks en kruisdraad het as die 2.5-10.So ver ek weet is die 8X56 nie daar vervaardig nie.
Ek het 'n 6-24X50 Leatherwood hi-lux maar jag met een van daai stadige ISUZUs.
Ek weet nie van die nuwe L reeks nie maar die 2.5-10X56 word in dieselfde fabriek vervaardig as Nightforce.Verder het Lynx 'n 5-20X50 in ontvangs geneem wat ook daar gemaak word, is reeds in vooraad. Die 5-20 kom in twee weergawes 'n Mill speck een "vir Charles en ander snipers"en een wat dieselfde speks en kruisdraad het as die 2.5-10.So ver ek weet is die 8X56 nie daar vervaardig nie.
Ek het 'n 6-24X50 Leatherwood hi-lux maar jag met een van daai stadige ISUZUs.
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
-
charles
Re: SCOPES
Rynie
Jy is reg met die interne beweging, maar die hoek waarteen die lig inkom deur n 30mm buis is die hoek meer reguit en daarom sal meer lig deurgelaat word. Die weier interne lense sal meer lig kan deurlaat om onverhinderd die skut se oog te bereik. Leupold gebruik vir al hulle 30mm buise dieselfde interne beweging van VXIII af op. Voor ek gekoop het het ek baie goeie huiswerk gedoen. Die lenskwaliteid van Leupold waarde vir geld is die beste. Ek skiet self baie nag, dag en langafstand. Die rede hoekom ek nie na LPS gegaan het nie was omdat ek redelik baie skyfskiet, maar ons sal almal eendag bmekaar moet kom en ophou bespiegel en self kyk en toets wat diebeste is.
Ek weet die forum sal almal van ons wat dieselfde voel eendag baie gou bymekaar bring dit is nodig.
Mooidag Charles

Ek is bevrees daai naweek gaan te kort wees, ons sal ten minste dit 'n Laaaaang naweek maak,Tafjak het nou net met my gesels en ons ry planne begin in plek kry.Baie interesante artikel oor long range sniping gelees 1500m en verder Coriolis efek word tot in berekening gebring dit aleen sal ons 'n naweek aan die praat en beplan hou.
Raynie
Ek is bevrees daai naweek gaan te kort wees, ons sal ten minste dit 'n Laaaaang naweek maak,Tafjak het nou net met my gesels en ons ry planne begin in plek kry.Baie interesante artikel oor long range sniping gelees 1500m en verder Coriolis efek word tot in berekening gebring dit aleen sal ons 'n naweek aan die praat en beplan hou.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: SCOPES
Vortex 6.5-20x50 30mm buis ?...?...?...?