Goeie dag manne. Hierdie is 'n verslag sonder fotos van gejagte diere. Ek is baie kamera sku, en hierdie maak dit net erger.
Het die naweek op Wingover se plaas gejag. Ons het Donderdag aand 7 - uur eers daar opgedaag, want ek het eers op die snelweg uitgevind my wapen se lisensie l? nog tuis... En dis tronk sake, toe moes ek maar omdraai. Vreksels.
Kom daar aan saam met my goeie vriend. Braai op regte hout 'n lekker rump-steak, drink bietjie rooiwyn en kruip in. Daar's 'n lekker Lapa, oorgenoeg hout en gemaklike slaapplek.
Vrydag oggend skiet ek gou drie skote om te sien of alles nog reg is... Hoe dan anders, Brno .30-06, Burris, Thor en Hornaday loop soos Battery en Torch saam. Toe veld toe. Kry 'n troppie Rooibokke, misgis my met die vergroting, 6 x is nogal meer as 4 x, en skiet 'n mooi ooitjie reg op die knoppe. Net... toe ons daar kom is dit 'n penkop rammetjie gewees. Toemaar, dis die beste vleis daai.
Daai Hornaday maak mooi. Geen groot wond swam nie, net 'n ordentlike wond-kanaal wat seker maak die bok val. Die gids so o? glinster: "Ek like daai geweer, dis nie 'n skiet en soek geweer nie"
Die Middag sien ons pragtige koedoes, maar ek is te stadig om een te kry. Die aand kom my vrou en familie, ons kuier baie lekker saam. My jongste seun wil weet waarom daar nie 'n skool naby is nie, dan kan ons maar daar bly?
Saterdag kry ons 'n troppie. Ek skiet 'n billike rammetjie, weer op die knoppe. 'n Groterige ooi staan toe daar rond en wonder wat aangaan, toe vat ek haar ook maar. Stap toe verder en kom op nog 'n troppie af. Skiet toe my vierde en laaste bok, skuins van voor.
Moet s?:
Dis lekker om met 'n wapen te skiet wat jy vertrou
Hornaday Interlock is goeie Ammunisie
Ek moet oefen oor die stok. Ek is te stadig
Die belangrikste stuk jagtoerusting, is 'n onderbroek wat nie skaaf nie. Sit nog steeds ongemaklik...
Wat's beter as 'n Springbok-wen, reg nadat jy suksesvol gejag het en lekker vars lewer met pap eet?
Dis lekker om vier skote en te trek, en vier bokke te h?.
Lekker gejag in Koedoeskop
- LoveHenties
- Sr. Member

- Posts: 413
- Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm
Lekker gejag in Koedoeskop
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Lekker gejag in Koedoeskop
Baie geluk en soos jy s? min dinge wen vier skote en vier bokke!LoveHenties wrote: Dis lekker om vier skote en te trek, en vier bokke te h?.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Lekker gejag in Koedoeskop
Hier praat jy nou sommer uit my huis uitLoveHenties wrote: Vrydag oggend skiet ek gou drie skote om te sien of alles nog reg is... Hoe dan anders, Brno .30-06, Burris, Thor en Hornaday loop soos Battery en Torch saam.
Moet s?:
Dis lekker om met 'n wapen te skiet wat jy vertrou
Hornaday Interlock is goeie Ammunisie
Ek moet oefen oor die stok. Ek is te stadig
Veiligheid eerste manne!
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Lekker gejag in Koedoeskop
Stem saam! Van die army se dae, net een raad vr die onderbroek - Prep. Hy brand bietjie die eerste rukkie maar hy werk.LoveHenties wrote:
Moet s?:
Dis lekker om met 'n wapen te skiet wat jy vertrou
Hornaday Interlock is goeie Ammunisie
Ek moet oefen oor die stok. Ek is te stadig
Die belangrikste stuk jagtoerusting, is 'n onderbroek wat nie skaaf nie. Sit nog steeds ongemaklik...
Wat's beter as 'n Springbok-wen, reg nadat jy suksesvol gejag het en lekker vars lewer met pap eet?
Dis lekker om vier skote en te trek, en vier bokke te h?.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- LoveHenties
- Sr. Member

- Posts: 413
- Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm
Re: Lekker gejag in Koedoeskop
O ja, wil net by s?, ek het BAIE koedoes gesien, maar ek was gans te stadig vir hulle. Daar loop 'n paar Bulle wat lekker groot is.
Wat noem mens daai geluid wat 'n Koedoe maak? As hy so so uit sy maag brom/gorrel, terwyl hy nog onseker is of hy iets waargeneem het of nie. Dis darem 'n voorreg daai, om dit te kan hoor. Wildtuin is mooi, maar dis nie dieselfde om die menere in die veld te voet raak te loop nie, en dit 'n kompetiesie is tussen ons.
Wat noem mens daai geluid wat 'n Koedoe maak? As hy so so uit sy maag brom/gorrel, terwyl hy nog onseker is of hy iets waargeneem het of nie. Dis darem 'n voorreg daai, om dit te kan hoor. Wildtuin is mooi, maar dis nie dieselfde om die menere in die veld te voet raak te loop nie, en dit 'n kompetiesie is tussen ons.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
- gillie
- Hero Member

- Posts: 957
- Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am
Re: Lekker gejag in Koedoeskop
Sjoe, ek droom van sulke baie rooibokke ! 
Well done, klink asof dit 'n lekker naweek was!
Well done, klink asof dit 'n lekker naweek was!
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Lekker gejag in Koedoeskop
Koedoes blaf. Ja dis 'n mooi geluid op sy manier, rooibok maak ook mooi.
Ghillie, Nico Roux wildvangers het 'n paar in die hokke net hier buite wil jy oorkom?