Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ambessa wrote:
...dit is nou sommer pure fyn brag oor al die baie se?ninge...
Nee, Oom lees my verkeerd. Dis net dat daar veel slimmer planne te maak is met 'n "oorvet" lam. Slagpale toe is nie die plek vir hulle nie. "Oorvet" is ook eintlik tekens van swak bestuur aan die boer se kant (veral hierdie tyd van die jaar, in my omstandighede), so "fyn brag" is dit beslis nie. Eerder iets om oor skaam te wees.
Gelukkig weet ek van een of twee mense wat nie te veel omgee vir die witvleisies nie.
britsman wrote:
... My "hunting buddies" gaan J/ Bay toe ...
Jy kan maar laat loop met daai foto. My E Mail adres is op my portfolio as dit sal help. Ek vermoed egter dit is die foto van daai twee seksie tannies wat so wegloop, geweer oor die skouer en patrys of ding in die hand, sonder veel ander mondering aan? Daai twee (as oom die foto gesien het) sal nogal mooi werk vir my idee, nou dat ek daaraan dink!
Ja dit kan die selfde tannies wees, MAAR toe ek hulle roep het hulle omgedraai en toe neem ek die fotos.
As daar nog ouens wat my "hunting buddies " se foto wil sien praat maar. Gee net jou e mail.
Mooi loop.
brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Jy het my nie geantwoord oor waar ek stickers kan kry nie, ek soek asb tenminste 100.
Louis
ek weet die moet by advertensie wees ma die is vir tussen p?lle, onthou ek is veeagent vir Karoo Natal en ons slag op Die AAR , ek weet hulle slag ook swa skaap , jy moet jou sel nr v my stuur, ek sms elke week (Sondae aande) die prysse v my kliente, dan bly jy op datum, wonder moet ek nie hofie op forum sit en elke week my prysse opsit dan kan almal dit vergelyk nie
Christo wrote:
...Ek is ook bereid om vir die WP stickers en wat ook al in voorraad te koop...
Christo
Ek weet nie of ek verkeerd gehoor het nie, maar dit klink of die WP-Rugby Unie nou mense gaan betaal om WP-stickers te vat. Hulle kon dit nie eers verniet weggegee kry nie. Nou wil jy daarvoor betaal?
Louis
Ek lees nou eers die post behoorlik. Heeltemaal nie wat ek bedoel het nie. Ek sal Jaracal stickers hier by my hou vir manne en maninne wat wil h? hier in die Western Cape. Ek gee eerder al my ketties in as om 'n WP sticker te plak.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
CHRIS wrote:
wonder moet ek nie hofie op forum sit en elke week my prysse opsit dan kan almal dit vergelyk nie
Baie goeie idee, laat ons pryse bietjie vergelyk. Behalwe dat dit vir die boere op die forum 'n goeie diens sal wees is dit mos goed as die jakkalsjagters die waarde van dit wat hulle beskerm kan meet.
Christo wrote:
Ek lees nou eers die post behoorlik. Heeltemaal nie wat ek bedoel het nie. Ek sal Jaracal stickers hier by my hou vir manne en maninne wat wil h? hier in die Western Cape. Ek gee eerder al my ketties in as om 'n WP sticker te plak.
Ek het maar so bietjie moedswillig verkeerd gelees, sorry man.
Christo wrote:
Ek lees nou eers die post behoorlik. Heeltemaal nie wat ek bedoel het nie. Ek sal Jaracal stickers hier by my hou vir manne en maninne wat wil h? hier in die Western Cape. Ek gee eerder al my ketties in as om 'n WP sticker te plak.
Ek het maar so bietjie moedswillig verkeerd gelees, sorry man.
ja swaer
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Louis102 wrote:...moes ongelukkig so paar oorvet ooitjies terug hou... ...Jammer om vir jou te s? dat ons nou uit hulle sal moet kies, vir 'n eet dingetjie daar op 108.
...gelukkig drup vetjies vinnig weg oor kole en die sand is ook diep genoeg om die drupppery daar op die strand te absorbeer.
Oppas, dit mag egter 'n paar van die rooie diertjies nader lok?
Louis102 wrote:...voel goed oor die kwaliteit van die produk en die tjekkie wat oppad is. Maar tog ook hartseer... ...hoeveel mense weet/dink aan wat in die grootmaak proses ingegaan het as hy sy pakkie tjops by Woolworths of Pick & Pay optel vir vannaand se braai?... ...Boerdery bly maar 'n emosionele "roler coaster".
Louis102 wrote:...daar veel slimmer planne te maak is met 'n "oorvet" lam... ..."Oorvet" is ook eintlik tekens van swak bestuur aan die boer se kant (veral hierdie tyd van die jaar, in my omstandighede), so "fyn brag" is dit beslis nie. Eerder iets om oor skaam te wees.
In jou deel van die w?reld sou ek eerder 'n bietjie meer vet (reserwes) op die diere sien vir die moeilike tye as blou diertjies. Toegegee, die verbruiker wil deesdae minder van die vetjies h? en wil dus minder vir jou diere betaal. Moet vir jou s? die algemene publiek betaal maar ongeveer dieselfde vir sy pakkies vleis (ongeag of dit A2, A3 ... is) wat klaar opgesaag en in plastiek verpak is. Hulle (die huisvroue) kyk meer na die prys van die pakkie en hoeveel dun tjoppies daar ingepak is.
Ambessa wrote:
...In jou deel van die w?reld sou ek eerder 'n bietjie meer vet (reserwes) op die diere sien vir die moeilike tye as blou diertjies...
Baie van die boere hierrond hou daarvan om sy Dorpers so klap Vetstert te gee juis vir die rede soos Oom noem. Ek is weer in die skool wat daarvan hou om die Dorpers suiwerder te hou, maar darem te kyk dat hulle nie te "droog" raak nie. Goeie vermenging van wol en steekhaar, doen die ding gewoonlik vir my. Ek wil produseer wat die slagpale van my soek en beter voor betaal (Ek het geen beheer oor die supermarkte se bemarking nie en het geen noemenswaardige informele mark vir die getalle wat ek produseer nie.)
Dan het ek ook geleer om nie "ons deel van die w?reld" (soos Oom dit noem) sommer so op sy baadjie te takseer nie, wat hy opoffer in drakrag, vergoed hy jou voor in kwaliteit van weiding. Veel belangriker om jou weiding reg te bestuur, as om jou skaap aan te pas sou ek wou s?.
Maar soos die Oom weet, is ek mos gereeld verkeerd.
Louis102 wrote:...Veel belangriker om jou weiding reg te bestuur, as om jou skaap aan te pas sou ek wou s?.
Maar soos die Oom weet, is ek mos gereeld verkeerd.
Punt 2: 'n ou wat "gereeld verkeerd" is kan mos nie oud word nie (neem nou die voorbeeld van die "minder slim" roofdiertjies wat 'n klein foutjie met die inkom na klankies maak ;) ) - hy hang aan sy hakskeen...?
Punt 1: daar is geen plaasvervanger vir goeie veldbestuur nie PUNT
Louis102 wrote:...is weer in die skool wat daarvan hou om die Dorpers suiwerder te hou, maar darem te kyk dat hulle nie te "droog" raak nie. Goeie vermenging van wol en steekhaar, doen die ding gewoonlik vir my.
Dit is hoe en waarvoor die Dorper ontwikkel is en gehou moet word. Daarby is hulle goeie moeders met stewige uiers. Ongelukkig is daar net nagelaat om so 'n bietjie skerp slagtande in die mix tussen die Swartkop Persie en Dorset Horn in te gooi - dan het hulle self die roofdiertjies sonder menslike hulp uitgesort...
Ambessa wrote:
...Ongelukkig is daar net nagelaat om so 'n bietjie skerp slagtande in die mix tussen die Swartkop Persie en Dorset Horn in te gooi - dan het hulle self die roofdiertjies sonder menslike hulp uitgesort...Wat dink jy?
Waarmee sou ek myself besig hou? Dan sal ek nooit die vriende op die Forum ontmoet het nie. En waar sou ek werksmense gekry het as die skaap gebyt het?
Ambessa wrote:
Punt 2: 'n ou wat "gereeld verkeerd" is kan mos nie oud word nie (neem nou die voorbeeld van die "minder slim" roofdiertjies wat 'n klein foutjie met die inkom na klankies maak ;) ) - hy hang aan sy hakskeen...?
Dit laat my nou wonder hoe kleurblind jakkalse vaar. Of is alle jakkalse kleurblind?
Ambessa wrote:
...Altyd gedog hulle hang aan hul hakskene omdat hulle sleg gehoor het, nie sleg gesien het nie...?
Ek weet al lank van my gehoor probleem, het egter eers onlangs van my gebrekkige sig (om skakerings van vaal en grys te onderskei) uitgevind. Hoe dit ook al sy, sal probeer om die waarheid uit te snuffel. Dit smaak my dat dit tog beter is as om in die donker rond te tas.
Louis
Last edited by Louis102 on Fri Dec 18, 2009 11:06 pm, edited 1 time in total.
Ek het my stickers gekry . Ek gaan die week wat kom een plak op 'n Kulula vliegtuig se neus en 'n foto neem vir ons album. Hulle sal sekelik nie in hulle skik wees nie maar nou ja, so sal dit wees.
Een van die dae is die stickers die hele Wes-Kaap vol.
Dankie,
Ek kort nou net 'n rekening om te vereffen.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.