Roep in nag in kamp met vee?

Post Reply
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Roep in nag in kamp met vee?

Post by cassie_calvinia »

as jul roep in 'n kamp roep waar skaap en bok is, watse kosklanke verkies jul?
hoekom ek vra, hier speel my hasie, daar skree 'n lam daar skree 'n ooi, doer moan 'n boerbak lam. hoekom sal jakkals dan my klank kies? wart kan ek roep dat hy my klank kies?
mooi loop
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Roep in nag in kamp met vee?

Post by tafjak »

cassie

nige distres gemeng met jakkalsbaklei4
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Roep in nag in kamp met vee?

Post by cassie_calvinia »

as ek die baklei meng, net kort stukkies?
moet vanaand by 'n boer gaan jag waar ek nog nooit was. daar is seker ook nog nooit, of bitter lank terug geroep. die man se hy verloor elke aand 'n lam. oom moet maar duim vas hou. mooi loop
HOU HOM DAAI DIKTE
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Roep in nag in kamp met vee?

Post by Louis102 »

Cassie, behalwe vir Taffie se goeie raad, dink ek die geheim van 'n goeie "kos"-klank is om 'n prooidier in nood na te boots - nie sommer net 'n normale gebl?r van 'n lam wat sy ma roep omdat hy honger is nie.  Dit is eerder die "nood"- of "distres"-gedeelte wat die sneller is om die roofdier se instinkte te oortuig, as die tipe of spesie dier se klank wat jy gebruik.  MAAR dis nie net hongerpyne / kos wat die roofdier lok nie, nuuskierigheid speel 'n groot rol.  Normale, alledaagse geluide uit sy omgewing, prikkel nie regtig 'n jakkals se nuuskierigheid nie.  Ek dink dit is dikwels juis die noodroep van 'n dier wat dalk geensins in daardie kamp of gebied voorkom nie, wat die mooiste werk, juis omdat dit nuuskierigheid ook prikkel.

Ek het eenmaal hier op die forum vertel hoe ek my eie vrou ingeroep het, hier voor in haar eie tuin.  Die roeper was bietjie weggesteek en ek het haar tot 3 tree van die roeper ingelok, voordat sy dit tot haar verleentheid (en my plesier) dit eers opgemerk het - Dit was helder oor dag!  Onthou, my vrou is 'n roeper en roepklanke meer gewoond as enige vrou wat ek ken en steeds het ek haar uitoorl?. 

Nou hoekom het ek dit reggekry?  Ek wou 'n nuwe klankie toets op my roeper (Jakkies Worstel op die Pikante Klanke CD)  Sy het daardie klank nog nooit voorheen gehoor nie en dit was juis die vreemdheid en onverwagse, tesame met die perfekte volume waarteen ek dit gespeel het, wat haar nuuskierigheid geprikkel het om te kom loer.  Alhoewel sy nie geweet het watse diertjies dit is wat so maak nie, baie skrikkerig en versigtig was en nie geweet het wat die omstandighede was, wat die geluide veroorsaak het nie, kon sy dit steeds nie weerstaan om te kom loer wat aangaan nie. 

Indien jy dit regkry om die nuuskierigheid te prikkel (jakkalse is maar baie soos vroumense  :D) kan hulle dit nie weerstaan om te kom loer nie!

So raai ek.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Roep in nag in kamp met vee?

Post by VdWalt »

;D
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Roep in nag in kamp met vee?

Post by Henry 7 »

Louis
Loer jy deur die scope ook as jy haar roep!?
Henry
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Roep in nag in kamp met vee?

Post by johann »

Oom louis, ek het daai klankie getoets kon 1 omdop. Het seker 8 draaijakkalse ingeroep tot by roeper.

Groete Johann
25-06 Remington
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Roep in nag in kamp met vee?

Post by Louis102 »

Saul wrote: ... Loer jy deur die scope ook as jy haar roep!? ...
Saul, ek kyk gewoonlik met ander o? na my ou vroulief ... dink eerder sy sou my dalk onder die lood steek, as 'n roer byderhand was!

Miskien net nog 'n aantekening of twee oor die voorval:     
  • As sy my die roeper sien uitsit het en geweet het van my, sou ek haar nooit kon flous nie.
  • Ek was ook binne haar kerngebied (haar tuin), sou dalk nie die selfde reaksie op vreemde terrein gekry het nie.
  • Haar fokus was ook op die posisie vanwaar die klank vandaan gekom het (roeper) en sy het my geensins gewaar, al het ek 'n skamele 30 tree weg, amper oop en bloot gestaan.
  • My "staanplek" was uitstekend gekies, dalk die grootste aandeel in die roep-sukses
Baie te leer uit hierdie stukkie pret!

Johann, ek het onder sekere omstandighede ook al heelwat sukses met die klank gehad en gedeeltes daarvan is gebruik in 'n hele paar van die baklei/vreet-klanke op my CD.  Terloops, dit was 2 jong ongewisselde jong jakkalse in 'n hok, wat ek so opgeneem het.  Die punt wat ek egter wou maak, het nie oor die spesifieke klank self gegaan nie, maar eerder dat klanke beter werk, as dit 'n "verassings element" het.

Mooiloop.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply