wie de dinges ?????

Post Reply
stan man

wie de dinges ?????

Post by stan man »

gisteraand weer gaan jakkals piets,maar ek het n groot vraag?
WIE DE DINGES HET IN DIE NOORD-OOSTE VAN ONS LAND DIE YSKAS DEUR OOP GELOS????
ek kry nie baie gou koud nie ,maar gisteraand het ek met hierdie maergat van my so gerattle dat n ratelslang die pad sou vat as hy my kon hoor. so teen 11uur was dit nog so 4 grade,toe loop ek om n gestorwene te gaan optel.dit was n lekker stappie,toe kom daar eers die groot skrik. toe ek naby die kadawer kom vlieg daar n korhaan so n meter van my af op,en ek oorweeg dit toe om op my kop te gaan staan en van myself n lunchbar te bou.eers ruk die kroon juwele op dat dit lyk of ek pampoentjies het.toe word ek koud,
(dis seker toe die yskas oop gemaak is) daarna het dit gevoel of iemand n protter teen my kroontjie gedruk het.
ek het n openbaring gekry vanaf n vreemde spot ,en toe praat ek die snaakste afrikaans wat baie min mense nog gehoor het. ek dink dit was so 15 woord sin . give or take .maar elke tweede woord het met uiterste krag gekom. daai korhaan sal nooit weer dieselfde wees nie. 

ons het darem op die ou end met die kwik op minus 3 grade , dit kon regkry om 3 jakkatese lapland toe te stuur.  ek het kleein hasie geroep vir so 15 min toe die eerste teef inkom.sy het die wind gewerk tot op so 180m ,toe verwissel sy die tydelike met die ewige. sy was 7.19kg.(sonder haar brein) daar het nog twee gegroet ,maar dit was te bloody koud om te weeg en alles na te gaan. wat ek wel kan se die een was so 18 maande  die twede een so 2 en n half en die ander een is afgeskeep. hy het geen aandag gekry nie.darem een teelpaar en n rondloper gepiets.die teelpaar het so 300 meter uitmekaar geval.

http://i1157.photobucket.com/albums/p58 ... G_0474.jpg
Last edited by stan man on Wed Jun 13, 2012 11:07 am, edited 1 time in total.
ablm468

Re: wie de dinges ?????

Post by ablm468 »

[quote="stan man"]
groot skrik. toe ek naby die kadawer kom vlieg daar n korhaan so n meter van my af op,en ek oorweeg dit toe om op my kop te gaan staan en [glow=red,2,300]van myself n lunchbar te bou[/glow].eers ruk die kroon juwele op dat dit lyk of ek pampoentjies het.toe word ek koud,
(dis seker toe die yskas oop gemaak is) daarna het dit gevoel of iemand n protter teen my kroontjie gedruk het.
/quote]

Mooi ges?  ;D ;D ;D
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: wie de dinges ?????

Post by marno »

HAHAHAHAHAHA!!! Nou lekker gelag.

Maar mooi gedoen met die brakke mater.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Cz_apie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 494
Joined: Sat Mar 17, 2012 5:51 am

Re: wie de dinges ?????

Post by Cz_apie »

Dis nou waar die spreekwoord "yskoud geskrik" werk  ;D ;D ;D
Brno .22
Brno .32
Brno 243
MK4 - 2 303
Atis semi Auto 12Br
Harrington & Richardson 12Br Standard
Star .22 Target Pistol
Tanfoglio 9mm
Uberti Mod 1875 Army 357 Mag
NEF 9 shot .22 Revolver
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5029
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: wie de dinges ?????

Post by Frederik »

Lekker kort kragtig en koud  ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Allieman
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Tue May 29, 2012 7:22 pm

Re: wie de dinges ?????

Post by Allieman »

Ek kan dit sekondeer! Stan het sy boude amper af geskrik en in tale gepraat!

Ek moet se,ek het nogal onderlangs lekker gelag.Dit was my kans om vir hom telag.
Stan het so tydtjie terug vi my ook gelag,nadat amper n soort gelyke ding met my gebeur het en ek ook my gat af geskrik het.

Die koue buite was nie nice,maar die skotte het op gemaak daar voor!
. 22 sako
.308 win
.303 lee enfield
9mm bereta
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: wie de dinges ?????

Post by Gerhard »

Hehehe...


Daai Korhaan het my ook al so gevang maar die grootste skrik is daai verdomde bosveld fisant wat stil sit tot jy basies op hom trap voor hy onder jou voete it vlieg... Dan skrik jy jouself in n ander bloed groep in....

Mooi geskiet.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
quintin
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Tue Jun 12, 2012 2:26 pm

Re: wie de dinges ?????

Post by quintin »

ha  ha ha ha . frans moet  se jy het vanoggend nog half geratled gelyk
9mm cz 75
303 lee enfield
pse compound bow
as ek my sin kry nog baie ander
Post Reply