Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Naads?

Wil bietjie op die meer tegniese manne se knoppies druk vanaand. Soos baie van julle weet poog ek om die langafstand skiet ding aan te pak  8)

My vraag is nou watter "gadget" gaan die betse werk vir sagteware saam vat veld toe. Ek gaan programme wil saamvat waarmee ek  trajekte kan uitwerk volgens die huidige weers omstandighede.

As daar manne is wat kan help sal ek dit baie waardeer, iPad; iPhone; Tablet EK IS VERLORE  :-\

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Piet Breedt »

Marc, as jy nie n I-phone het nie, kan jy vir jou n touchscreen I-pad koop. Die 8 gig of 16 gig is goedkoop en dan laai jy vir jou die "Bullet Flight" program af. Hy kos $29.99

Saam met dit kry jy vir jou die Kestrel 4500 Weather station en jy het alles wat nodig is. Ek het albei en dit is verstommend om te sien hoe akkuraat hulle data is

Die Samsung Galaxy fone en tablet kan ook die program aflaai. Ek het n verskeidenheid data programme en Bullet Flight is by v?rre die beste een om te gebruik.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Oom Piet

Baie dankie, my fone is eerder gemaak om te swem of in die modder rol  8)

Ek gaan een van die "smart" fone moet aanskaf  :)

Hier is ook goeie raad wat ek per PM ontvang het:

DIE BESTE BALLISTIEKE SAGTEWARE IS TUSSEN JOU ORE
100M-----VATSO
200M 8 KLIEKS-----VATSO
300M 17 KLIEKS------VATSO
400M------------------KOOP BILTONG

Lekker werk manne, ek sal aan julle dink as ek vanaand ook 'n slag om die kampvuur mag sit  :angel:

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Ludwig wrote:
Horus Vision se ATragMX word as die beste ballistiese stelsel vir militere snipers tans beskou wat beskikbaar is op die mark. Maar as jy die roete gaan van 'n iPhone sal ek ook Bulletflight van Knighs Armament voorstel.
Dankie Ludwig

Ek gaan gou daai links van jou ook loer  ;)
Ludwig wrote: Die man wat daardie laaste raad aan jou gegee het, weet verseker nie dat jy beplan om daai 338LM vir die gonge op 1000m wil aanwend nie  ;D 
Hahahahaa, ja maar dit is alles in goeie lig gesien  ;D ;D ;D ;D

Dankie vir al die raad en hulp manne, die projek gaan my paar terug sit, maar hulle reken jy kry waarvoor jy betaal  8)
Gaan die proses net so bietjie langer laat vat as wat mens sou wou, maar dit opsig self is ook dalk 'n goeie ding om tussen in net bietjie asem te haal  :)

Sorry manne ek Edit bietjie, Rian reken die FFS program wat hulle saam die Cheytac program gebruik werk ook lekker  ;) http://www.precisionworkbench.com

Mooiloop
Marc
Last edited by Marc on Wed Jun 13, 2012 8:48 am, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Ludwig wrote: Marc, jy kan natuurlik ook net nut uit so ballistiese rekenaar kry, as jy weet hoe ver jou teiken is. Het jy al 'n rangefinder? Of watter een het jy ingedagte?
Ludwig jong nee, ek het nie 'n clue nie en ook geen budget nie  :-[  Gaan eers die ander goedtjies aanskaf. Sal 'n ragefinder los vir laaste, as ons gaan teikien skiet sal ek weet waar hulle gaan staan  8) vir eers  ;D

Daai Horus lyk bitter nice, maar dis way oor my prysklas vir nou  :o  Lyk my dit gaan 'n iPhone wees en een van daai Otter covers, ek like  ;) Daar is gelukkig 'n kontrak wat binne kort moet hernu  ;D

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

[align=left][/align]
Ludwig wrote: Ja, die Horus PDA is buite die gewone man se budget. Jy sal nie spyt wees as jy die iPhone roete met 'n Otterbox en Bulletflight gaan nie.  ;)
Lyk so  8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
bullseye

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by bullseye »

Ludwig

Waar kan mens van daai otterbox goete in suid-africa kry vir i-phone?

groetnis
Bullseye.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Ludwig

Vergeet gou dat ek reeds 'n Kestrel bestel het  ;)

Sou jy eerder die 4500 met sy Horus program ingebou vat, of die 4000 en dan 'n apparte iPhone met bullet flight  ???

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Dankie man

Ek het ook nogal so daaroor gedink  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Piet Breedt »

Ludwig wrote: Marc, ek sou die 4500 baie gelike het. Dis 'n awesome weerstasie. Awesome prys ook. Anyway, selfs al het ek die 4500 met sy Ballistic App gehad, sou ek steeds 'n iPhone met Bulletflight ook wou gehad het. Kyk maar hoe groot is die skerm op 'n Kestrel. Dis ook nie touch screen nie, jy moet alles met 'n paar knoppies doen, en dan moet al die nodige ballsitiese inligting en alles nog op daai klein screen pas? Ja, dis 'n nice to have, maar ek glo selfs oom Piet Breedt wat die 4500 sowel as 'n iPhone met Bulletflight gebruik, sal nie graag wil wegdoen met sy iPhone en Bulletflight nie.

My Kestrel 4500 is nog die ouer model sonder die balistiese program. Maar selfs met die nuwe een sal ek nie sonder my I - Phone wil wees en Bulletflight nie. Die touch screen maak dit darm net baie vinniger en maklikker. Wat wel baie oulik is, is die windrigting en wind spoed wat die Kestrell self uitwerk met sy wind vlerkie wat jy opsit en hom dan op n 3 poot staanmaak. Ek dink net dit is dan baie akkurater as die wind spoed en rigting wat jy self invoer.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Dags?

Wat dink julle van die Samsung Galaxy S3 vir die aplikasie  ???  Hy gaan nou net nie die otterbox kan kry nie  ???

Soos ek s?, ek is erg tegnologies gestremd as dit by "fone" kom  :-[

Mooiloop
marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Dankie Ludwig

Die "open source" ding hou my ok nog bietjie terug.

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Hheheeehaaaaaaa

Tyd om in die diepkant in te spring, en dis nog winter ook  ;D ;D ;D ;D

My 4S het toe geland, het die 32G gevat. Nou wie kan my help, moet ek hom aansit en eers die battery pap werk voor ek hom laai of moet hy eers gelaai word voor ek hom gebruik. Kaptein kom in  8)

Min dae dan gaan die lood behoorlik bietjie bene rek, ek kan nie meer wag nie  8)

Mooiloop
Marc

Ludwig

Ek sien nou op die net mens kry 'n Otter Armorbox, maar dit blyk of produksie gestop is, wat dink jy van hulle ???

http://www.ocmodshop.com/otterbox-armor ... le-iphone/
Last edited by Marc on Thu Aug 02, 2012 11:56 am, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by THOMAST »

So van die os op die jas:
Het enige van julle al die program "Shooter" van Sean Kindy al probeer?
Brian Litz stel hom blykbaar hoog op prys.
http://sean.kndy.net/shooter/

Sal graag wil weet hoe hy vergelyk met Bulletflight
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Ludwig

Dankie maat, weereens is jou aanbevelings spot on  ;)  My Otterbox het geland, het hom deur Wantitall gekry, so week gewag om af te lewer  8)

[img width=560 height=447]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... o-0097.jpg[/img]

[img width=560 height=447]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... o-0099.jpg[/img]

So vinnig geloer en alles werk nog net soos dit moet, die boks pas soos 'n handskoen en beeld en klank is glad nie geafekteer nie  8) Die iPhone is nou bietjie meer bulky, maar niks onaangenaam nie. Daar kom 'n belt clip by en ek sal dit nog toets.  Nou kan ons tweetjies lekker gaan doppies maak  ;D ;D ;D

Nou om die volgende aan te spreek, my Bank bestuurder gaan seker wil selfmoord pleeg as ek met hom klaar is  ;D ;D ;D ;D
Ludwig wrote: Marc, jy kan natuurlik ook net nut uit so ballistiese rekenaar kry, as jy weet hoe ver jou teiken is. Het jy al 'n rangefinder? Of watter een het jy ingedagte?

Thanks Ludwig  ;)
Last edited by Marc on Thu Oct 04, 2012 12:18 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by THOMAST »

Dankie Ludwig, ek dink ek gaan sommer altwee koop en hulle vergelyk.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Nickvn »

Het enige een al Ballistics op julle iPads probeer. Ek het dit afgelaai en vind dit baie maklik om te gebruik. Sal julle kommentaar waardeer.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
bullseye

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by bullseye »

Naand manne.
Ludwig bly om jou te sien, ek het my kestrel 4500 nv horus laas week gekry en ek is nie n dag spyt oor hom nie ,die metertjie is lekker klein en baie maklik om te werk en ek glo hy is beslis meer akuraat as i-phone se programme, jy kan voor die tyd al jou wapens met hulle gegewens in tik en safe die lekker is die kestrel pas alle ander omgewings faktore outomaties aan, jy kan hom selfs stel dat hy die heeltyd die toestande deurgee soos dit verander.Ek het baie om nog te leer maar op die staduim het n nuwe deur vir my oopgegaan. Op die staduim het ek net die kestrel en range finder om saam te dra en ek dink dit is vinniger as die i-phone programme.
Shooter werk goed al nadeel is net hy werk nie in metries nie ,of ek kry nie die verstelling nie.
Bullitflight kry ek nie dat hy vir my weerstoetande wil gee nie, miskien doen ek iets verkeerd.
i-Snipe werk weer vir my baie goed.
User avatar
HJ Prinsloo
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Wed Aug 29, 2012 2:33 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by HJ Prinsloo »

Halo almal.
Ek sien julle praat hier van Balistiese data, ek wil net weet of enige van julle nie weet of mens 'n program kan kry wat op 'n blackberry kan werk nie? ek is nie instaat om op die oomblik 'n iphone in die hande te kry nie maar ek het 'n blackberry en dalk is daar iets soortgelyk wat ek kan gebruik? asb as enige een van julle kan help ek sal dit baie wardeur.
Die wind waai vreeslik erg hier by ons en ek het is nie in beheer van hoe baie ek wil oefen nie so ek wil die goed leer en dan op 'n makliker vinnger manier dit leer?
HJ
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

HJ Prinsloo wrote: Halo almal.

Dink jy kry Bulletflight vir jou foon ook. Google dit bietjie  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
bullseye

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by bullseye »

Ludwig die rede hoekom ek so se by my op die plaas in Suid-afrika wat erger as afganistan is het ek partykeer nie sein nie, die weerstasie wat ek omgewingsfaktore kry is 60km + van my af so toe dink ek nou maar die kestrel is by my dit het nie n sein nodig nie .Die amerikaners werk seker met sateliet seine.As jy in die suide van namibie gaan jag of skiet dink ek nie i-phones gaan werk nie maar die kestrel sal beslis.Ek se glad nie Bullitflite is nie goed nie ek glo hy kan net so akkuraad soos kestrel wees as onmiddelike omgewing se toestande ingelees word.
Ludwig ek weet nog bitter min van die goed help maar waar ek verkeerd is.
groetnis
Bullseye.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

bullseye wrote: Ludwig die rede hoekom ek so se by my op die plaas in Suid-afrika wat erger as afganistan is het ek partykeer nie sein nie, die weerstasie wat ek omgewingsfaktore kry is 60km + van my af so toe dink ek nou maar die kestrel is by my dit het nie n sein nodig nie .Die amerikaners werk seker met sateliet seine.As jy in die suide van namibie gaan jag of skiet dink ek nie i-phones gaan werk nie maar die kestrel sal beslis.Ek se glad nie Bullitflite is nie goed nie ek glo hy kan net so akkuraad soos kestrel wees as onmiddelike omgewing se toestande ingelees word.
Ludwig ek weet nog bitter min van die goed help maar waar ek verkeerd is.
groetnis
Bullseye.
Ooh gatta dink jy sit die pot mis Bullseye  ;)

Die iPhone huisves die sagteware, Bulletflight in my geval, en die Kestrell kry die onmiddelike omgewing se weer data. Die Kestrell se data word dan vir die iPhone gegee en saam is die tweetjies dodelik. Die iPhone is nie 'n weather station nie en die Kestrell is nie 'n Balistiese rekenaar nie  ;) {Wel nie Prim?r nie}

Ek stem saam Ludwig, as ek tussen Bulletflight, die weermag een, en Kestrell se maakpas weergawe Horus program moet kies, vat ek Bulletflight. Reeds omdat hy huidiglik in die veld getoets en beproef is  8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Ludwig

Jy moet nou begin stadig, een man kan ook net so v?r buig dan moet iets breuk  :'( Daai is darem 'n bakgat presentjie vir Kersfees  8)  Wonde of Sinter Klaas hier lees af en toe  ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
bullseye

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by bullseye »

Marc ek gaan weer vir jou verduidelik let mooi op!
Ek weet kestrel is n weerstasie ek weet i-phone het sagteware wat ek vir jou probeer se is kestrel4500horus het klaar ook n ballistiese program in jy sit al jou wapen se gegewens in in amerika, dan as jy in afganistan kom skakel jy jou kestrel aan en wag dat  hy homself orienteer met sy ingeboude kompas nou bly daar 2 goed oor om te doen range die target met rangefinder en laastens rig jy die kestrel in die rigting van die teiken en hy weet presies teen watse hoek die wind waai nou is daar mos net 2 goed wat jy wil sien , jou hoogte verstelling en jou wind verstelling die res pas die kestrel outomaties aan.Bulletflight kan onmoontlik nie vinniger wees nie.Onthou ek se nie bulletflight is sleg nie ek dink net die kestrel is vinniger.So al wat ek se is jy het n kesrel nodig as jy met i-phone wil werk dan kan jy mos net sowel n kester koop wat alles het ,alles klaar vir jou doen,jy hoef niks te gaan oortik nie.Laas week se wind was n nagmerrie dit het uit al die rigtings gekom dan is dit baie interresant hoe vinnig gegewens verander wat 2 minute gelede reg was is nou n mis.die kestrel as jy dit direk by kestrel bestel is ook nie so duur nie ek glo dit is dalk goedkoper as n i-phone .Maar die i-phone roete sal ook werk.

Ludwig ja batterye is altyd n kopseer ek gaan gou loer na jou plan.

Groetnis
Bullseye.
bullseye

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by bullseye »

Ludwig oom Piet het n gewone 4500 sonder balistiese program maar ek sal ook graag wil hoor hoe hy dink.
daai gadget winkel het baie nice goete, baie bly die winkel is nie naby my nie.Glo jou plan kan mooi werk, die lekker is daar is genoeg krag reserwe om meer as een keer te laai.
Post Reply