Tips vir Junie??

User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by johann »

Foxripper
Ek neem an dit is maar 'n teef en haar helper as ek dit so luister, die reun sal sekker daar iewers ronddwaal.

Glukkig is die fabrieke toe. Daai loodpille het hul ordentelik gestuit!

Groete Johann
25-06 Remington
Andre Hugo
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon May 24, 2010 12:37 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by Andre Hugo »

Johann

Ek was Januarie in jou wereld gewees.  Daar is die vossies plek plek nog redelik maklik.  Ek het vier pare in twee nagte daar geskiet.  Die groot probleem daar is nie die manne uit die bakkie wat roep nie maar om 'n plek te kry om te staan waar jy iets kan sien.  Daar waar ek was is die bos iets verskriklik.  Wel dit was baie lekker gewees.
Andre Hugo
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by Kalahari »

Mooi geskiet Foxripper ;), hier in die rooiduine is dit ook leeukoud.

Groete
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by sakkievanheerden »

Ek het gisteraand na jakkals die laaste week en half elke aand op selfde plek skree n 2 jaar oue teef geskiet kry na ek hasie Glen Owen en later Steenbok Combo vir 45min gespeel het,10min stilte toe Rooi Alleen en daar antwoord hulle my.Wag weer 10min in stilte en speel toe Springbok sopkop en 7min later kon ek haar skiet.Die reun het my later op n ander plek in n rant bly antwoord waar ek weet gate is maar hy wou niks weet nie en ek kon nie naby genoeg kom met slote en doringbome nie.
Groete
Sakkie van Heerden
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Tips vir Junie??

Post by marno »

Mooi Sakkie!

Ek like dit as die tewe so val.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by Louis102 »

sakkievanheerden wrote: ........ Wag weer 10min in stilte en speel toe Springbok sopkop en 7min later kon ek haar skiet ......
Sakkie, net vir interessantheid, het jy Springbok Dood / Rooi Dood ingespan na die teef geskiet is?  Dit het al 'n keer of wat mooi vir my gewerk om die tweede een van die stel in te kry.  En weet jy dalk of die teef dragtig was?

Welgedaan met daai teef, jy kan maar die plek mooi dophou.  So 'n reun kan sommer gou-gou 'n nuwe tefie kry (selfs binne 2 weke), maar kanse is redelik dat hulle nie hierdie jaar reeds sal paar nie (my raaiskoot / opinie - nie noodwendig wet nie)

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
stan man

Re: Tips vir Junie??

Post by stan man »

ek het gisteraand een kattie laat val en toe laat bakkie ry. dit was buitekant ventersburg,naby die n1. het nou al 3 katte daar gepiets die laaste week. eers geroep met skaaplam vir so n uur.toe gee ek jakkals alleen en sien die oe op so freeking ver afstand.niks gebeur nie en ek ry toe na so 20 min nader. die kat sit op haar ass en lyk of sy n lam in die bank het,ek wip my gat en druk die sneller en die roer se kliek.toe wip ek regtig my gat want ek kry so koud ek het nog nie n loodpil in die pyp nie.ek sit toe maar een in en neem die kietsie se gesig in aanmerking en druk enetjie deur haar nek. ek moes toe maar weer my gat van my kop af laat sak,want ek voel toe baie beter.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by stan man on Fri Jun 15, 2012 11:09 am, edited 1 time in total.
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by sakkievanheerden »

Louis 102
Hallo Louis,ons het haar oop gesny en haar baarmoeder was nog geen teken van dragtigheid nie,sy het wel een van ons merino lammers vir aandete gehad.Haar pens was vol geeet.Ek het die reun probeer met Baklei 4 en Katjakbaklei vir seker nog n uur en Tafjak8 ook ingewerk,maar kon hom nie kry nie.Ek is nie seker of dit die selfde reun is wat ek nou al so 2-3 jaar al mee stoei nie,want ons het so jaar en n half terug n reun in daai kol met n yster gevang en of die dalk n nuwe een is.Die sal ek maar se ou reun was of is n bliksim,het hom al met tjopper gejag en die teef dink ek sal die 8ste een wees wat ek onder hom uit skiet wees.
Ek sal as die weer reg is hom Donderdag met Locator gaan probeer van n ander kant af.
Groete
Sakkievan Heerden
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Tips vir Junie??

Post by marno »

HEHEHE.  Sakkie dit klink vir my of daai 'n baas reun is.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by sakkievanheerden »

Marno
Ja as dit daai ou reun is,hy is n uitgeslaapte jak hoor.Ons het hom al met die tjopper een jaar gejag en ook sy teef geskiet maar hy lyk soos die veld daar in die lug hoor.Ek het daai tyd so ver gegaan om hom in die middag te roep dan antwoord hy my,dan spring ons in die tjopper en vlieg reguit na daai plek toe en kry hom nie n hel nie.Ek is net nie seker of dit nog hy is of nie,want dit was nou stil daar waar ek hulle gisteraand gewoel het vir 11maande.Wel dit was laas jaar Julie toe ek sy laaste teef geskiet het en toe was sy aan begin dragtig met 8 knoppies in haar baarmoeder.Voor dit het hy soos Louis se amper elke maand n nuwe teef iewers loop haal tot ons daai reun laas jaar in yster gevang het toe het dit stil geraak tot nou.So ek is nie seker nie.
Groete
Sakkie van Heerden
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by Arno Pienaar »

Ek het die naweek n teef geskiet seker op die verkeerdste metode.Ek het begin met klein vlakhasie vir 15 min 5 min stil toe sit ek Rooi-Alleen op en kry lekker reaksie van haar so 1.4 km van my af en wag 5 min en sit springbok sopkop op net 2 kreune en weer af so maak ek elke 2-3min dit was 13 min toe die skoot loop.Ek het haar oopgesny daar is geen teken van dragtigheid nie,maar we'll lekker Merino vleis.Groete Pienaar
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by johans »

mooi arno,jyt meer moed as ek met die koue,sal maar wag dat die nagte bietjie beter word
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by Gerhard »

Arno Pienaar wrote: Ek het die naweek n teef geskiet seker op die verkeerdste metode.Ek het begin met klein vlakhasie vir 15 min 5 min stil toe sit ek Rooi-Alleen op en kry lekker reaksie van haar so 1.4 km van my af en wag 5 min en sit springbok sopkop op net 2 kreune en weer af so maak ek elke 2-3min dit was 13 min toe die skoot loop.Ek het haar oopgesny daar is geen teken van dragtigheid nie,maar we'll lekker Merino vleis.Groete Pienaar
Die jakkals het bakkie gery...

Hoekom se jy dit was verkeerde metode?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by Arno Pienaar »

Ek meen nie verkeerd soos verkeerd nie ek meen net seker nie die beste metode nie moes seker langer met kos aangehou het maar in die koue nee wat ek vries teen daardie tyd al.
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
stan man

Re: Tips vir Junie??

Post by stan man »

arno
as die skoot loop wat kan verkeerd wees.onthou n jakkatees is amper net so nusskurig soos die eie ekke. ons wil ook maar gaan kyk.
het gisteraand op wolsak n draai gemaak en 3 brakkies lapland toe gestuur. een teelpaar en n alleen loper. geroep met klein hasie.ek kon nie eers kans kry vir alleen jakkals of iets anders nie.
maar dit was wetters koud.
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by johann »

Andre Hugo, watter deel het jy geskiet?? Kimberly en hopetown se kant toe is redelik maklik, maar prieska toe waar die skaap boere ernstig deurkom is dit omtrent die teenoorgestelde.

Groete Johann
25-06 Remington
Andre Hugo
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon May 24, 2010 12:37 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by Andre Hugo »

Johann

Ek het reeds op die Hopetown pad geskiet.  Ja daar is dit nie te moeilik nie, maar 'n jakkals bly maar 'n jakkals.

Andre Hugo
Andre Hugo
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Tips vir Junie??

Post by theedge »

Naand aan die manne
Ek is vannaande die een wat n vraag of twee het.  Ek beleef en hoor dat dit n moeilike tyd is vir die ongediertes.  Kan julle my dalk help met die rede vir dit wat is die oorsaak dat dit n moelike tyd is.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by Louis102 »

theedge wrote: .....  Kan julle my dalk help met die rede vir dit wat is die oorsaak dat dit n moelike tyd is .....
Edge

Onthou jy nog die dae toe jy verlief was?  Toe die testosroon vlakke hoog geloop het en jaloesie hoogty gevier het?  Vuisgevegte agter die busloods oor die mooiste meisie in die skool?  Koue water en liefde?  Jakkalse is een maal 'n jaar in daardie seisoen wat dit so bietjie moeiliker maak om hulle in te roep.  Eintlik niks te make met die koudkry agter op die bakkie nie.

Groetnis.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by foxripper »

Oom Louis, dis n ordentlike verduideliking. Nou verstaan ek ook beter  :)
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Tips vir Junie??

Post by theedge »

Louis102 wrote:
theedge wrote: .....  Kan julle my dalk help met die rede vir dit wat is die oorsaak dat dit n moelike tyd is .....
Edge

Onthou jy nog die dae toe jy verlief was?  Toe die testosroon vlakke hoog geloop het en jaloesie hoogty gevier het?  Vuisgevegte agter die busloods oor die mooiste meisie in die skool?  Koue water en liefde?  Jakkalse is een maal 'n jaar in daardie seisoen wat dit so bietjie moeiliker maak om hulle in te roep.  Eintlik niks te make met die koudkry agter op die bakkie nie.

Groetnis.
Dankie baie.
Was so vir drie dae in die Middelburg omgewing (OosKaap) ek het twee aande geroep op verskeie plekke Niks, nie n oog of n geluid nie.  Die kamp waar die meeste lamers gevang was is met dubbel jakals draad gespan.  Die boer kon my nie vertel hoe die lamers gebyt was of gevreet was nie.  Hy gebruik tans ander kampe agv die verlies - plaas nou die skape naby die kraal en waar die volk is - geen vangste.  Wat ek wel gemerk het is dat daar baie monster bobjaane in die kamp was waar die vangste was.  Baie kleinwild Steenbok, springhase en vlakhase in daardie kamp - die plaas was so 2jaar laas geskiet of gif gebruik,  Kon nie glo die boer kla oor jakkalse en ek kon nie eens n reukie kry van die diertjies nie. Is dit maar die moeilike tyd Het wel my dood verkluim.  So koud die bakkies moes in die son staan dat die diesel kon ontvries. 
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by johann »

Oom louis, daai is nou 'n mooi verduidliking.

Groete Johann
25-06 Remington
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by Gerhard »

Gister aand met moeilike tyd resep geroep.

Enigste jakkals klanke waar ek by uit gekom het was Jak baklei 4.

Die res van die tyd was kos.

Kon darm 11 geskiet kry.

Een reun was weer n monster van by die 12kg. Selfde plek waar ek paar jaar terug daai 13.5 kg reun geskiet het.

Laaste 3 jakkalse het ek 2 tussen die beeste met jong kallers uit geroep...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Tips vir Junie??

Post by PJS »

Mooi Gerhard. Jy het baie geskiet! Hoeveel staanplekke het jy gedoen? Hoe groot was die plaas?
Mooiloop.
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir Junie??

Post by Gerhard »

PJ,

Ek het 6 staan plekke gehaad op twee plase.

Ek het my cover vir die bakkie by die huis vergeet gister oggend.

Het gister aand met n wit bakkie geroep.

Die groot reun geweeg en hy was naby aan 13 kg vanoggend so raai dat hy oor die 13 kg oppi voet was.

Hy is beslus die laaitie vd groot reun wat ek n paar jaar terug ook op die selfde plek geskiet het. Dit is die eenigste plek waar ek nog sulke groot jakkalse geskiet het.

Hy word n shoulder mount trofee.

Sal fotos wys vd trofee as hy klaar is oor n paar maande.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply