Watter een van die twee 22-250 of 243

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter een van die twee 22-250 of 243

Post by Wouter Roets »

Duppie

Ek wag nog vir myne maar het al te doen gekry met hom. Dis n ramkat wat so 3900ft/sek gee met n 50gr koeel en so 3800ft/sek met n 55gr koeel uit n 24 duim loop met s365 teen 60 000psi. Basies lewer hy dieselfde snelhede wat die 220 Swift lewer uit n korter dop. Glo hy sal iets spisiaal wees in die 1:8 twist lope! Sal net nie 50 en 55gr koeels teen volstoom kan skiet nie want daar gaan net so grys stofwolk wees as aanduiding dat dit die laaste plek was waar die koeel nog heel was. Met die swaarder koeels sal hy goed doen.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Zack Benade

Re: Watter een van die twee 22-250 of 243

Post by Zack Benade »

Hallo Wouter

'n 22-250 is 'n spesialis geweertjie.  Al skiet jy 55gr of 80Gr punte.
Bladskote is nie altyd aanbeveelbaar nie.
Ek gebruik my hele lewe lank net match punte met super resultate in my 22-250 op klein tot meduim wild.  Geen dier kop is bestand teen dit nie. ;) ;)   

My gevoel is 'n 22-250 is beperk tot klein en meduim wild.  "n Skut moet sy perke en vermoee ken en ook die kaliber sin.  Dis baie belangrik. :angel: :angel:

Die ander kant van die muntstuk is ook daar. 
My skaapboer vriend skiet alles met sy .223.  Van meerkatte tot groot wild.  Dis sy 3de loop op dieselfde aksie.  Tot John Mogardo wat 'n Protea bench skut is se mond het oopgehang oor my vriend se skietvermoee.  Glo my jy kyk met ander oe na 'n .223 as hy klaar geskiet is. :) :)
Ek weet daar is persone wat nie hiermee sal saamstem nie maar dis ook goed so.

By groter diere is dit altyd wyser om 'n groter kaliber te gebruik tesame met 'n goeie jagpunt. 
'n Kwaliteit jagpunt is 'n moet en is nie onderhandelbaar nie. 

Die ander ding wat my pla is dat baie jagters groot kalibers koop en baie swak daarmee skiet want hulle kan die recoil nie handteer nie.  Hulle wil in wees deur ook te kan se hulle skiet hierdie of daai kaliber. Dit sien ek naweek vir naweek op die skietbaan.

Ek sal eerder 'n 22-250 met 'n 70gr punt gebruik op 'n Trofee kudu van R8000 as wat ek 'n 458 gebruik waarvoor ek bang is. ;D ;D ;D 

Ek hoop jou vraag is beantwoord

Groete
Zack
User avatar
Duppie 22-250
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Tue May 01, 2012 11:28 pm

Re: Watter een van die twee 22-250 of 243

Post by Duppie 22-250 »

Wouter klink of dit n masjien kan wees laat weet as joune klaar is asb. dit sal baie intresant wees om te weet hoe loop hy
22-250 ruger m77
357 mag uberti
7x64 brenneke remington 700
12 boor over and under brno
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter een van die twee 22-250 of 243

Post by Wouter Roets »

Duppie

Sal verseker so maak. Die gedult is al waaroor ek bekommerd is! ;)

Manne

Die oorspronklike vraag was tussen die 22-250 en 243 as jaggeweer.

My goeie prokureers vriend se altyd moenie n vraag vra waarvoor jy nie die antwoord het nie! ;D Ek het nie afgewyk in hierdie geval nie! ;) As daar eers begin om oor skootplasing, uisluitlike kopskote en recoil gepraat word dan het ek klaar my antwoord! ;D Ek is baie vertroud met die kaliber en sy vermoens maar my probleem kom daarby in dat n persoon wat dalk nie alles weet van gewere n vraag vra en manne nie n goed ingeligte antwoord vir die man gee nie! Koeels vir lyfskote, want kom ons wees eerlik 90% van die tyd deur jagters gedoen word, is skaars in die kaliber om nie eers te praat van koeels wat gaan werk in die 1:8 twist lope nie. Die gevaar le daarin dat die persoon nou wel die geweer kies want hel hy skiet teen die spoed van wit lig en beeindruk almal mos om die kampvuur maar daai einste persoon is die een met n lee beursie en lang gesig in die bakkie op pad huis toe want daar is net so n kol bloed wat vir al sy effort te wys is!

Weet nie of almal dit weet nie maar die rede vir die ontwerp van die 22-250 was vir swart kraaie wat nie deur die vorige .224 kalibers bygekom kon word nie! Ek het vir twee jaar in n ry in NAM geoes met een en jy gaan ver soek vir n beter roer vir die werk maar as iemand my vra vir die beter algemene jag geweer tussen hom en die 243 dan is daar nie n debat nie. Soos Zack se dis n spesialis geweer. In bekwame hande kan baie gewere baie goed vermag maar die algemene hande wat ek ken bewe, sweet en doen nie altyd wat die brein vir hom se nie!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Watter een van die twee 22-250 of 243

Post by Piet Breedt »

Wouter, jy praat waar woorde. Nie almal is in staat om kopskote te skiet oor lang afstande (al s? meeste so om die braaivleis vuur), en daarom stem ek heelhartig met jou saam. Wat Zack s? oor die kalibers wat erg recoil stem ek ook saam. Vir n eerste geweer bly jy weg van hulle af. n .243 het nie regtig recoil nie en kan alles doen wat die .22 250 doen op kopskote, maar is definitief beter as jy lyfskote gaan skiet. Daar is ook n groot keuse van Premium koe?ls om van te kies in 6mm kaliber. Die vir die .224 kaliber is maar min soos die Barnes TSX ens, en dan weeg hulle maar lig. Ek dink 52gr. Ek weet nie, ek het hulle nog nooit gebruik.

Vir hierdie aplikasie en om die oorspronklikke vraag te antwoord, stem ek ook vir die .243
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter een van die twee 22-250 of 243

Post by Wouter Roets »

Piet

Meskien word dit oor die algemeen die meeste misgekyk. Die meeste manne wat ek mee te doen het sukkel met sy 30-06 se recoil! Zack slaan die spyker verseker op die kop daar en meer manne sou beter af gewees het met n kaliber wat hy kan plaas daar waar dit saak maak. Vir hierdie spesifieke topic is dit verseker nie van toepassing nie maar vir die algemene jaggeweer wel. Kalibers soos die 7x57 moet baie sterker oorweeg word as algemene jaggeweer.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Zack Benade

Re: Watter een van die twee 22-250 of 243

Post by Zack Benade »

Hallo Piet, Wouter

Ek sal ook vir die 243 gaan vir 'n all rounder tussen die 243 en 22-250.  'n Kombinasie van kop en bladskote.
Ek is nie 'n voorstaander van 'n 243 nie want amper almal het een.  :o :o  Dis my keuse en dit maak nie 'n 243 sleg nie. Almal kan nie verkeerd wees wat 'n 243 het nie. ;)
Ek geniet my 6Br wat 90gr punte teen 3050 fps skiet.  Dis die ideale jaggeweer vir bladskote tot 250m op klein tot meduim wild. Wat meer wil jy h??  Akkuraat met min vleisskade.
Die 6mm punte reeks is baie groot met iets van alles.  Vir bladskote sal ek eerder die 243 vat agv koeel keuses.  Jy kry baie goeie BC op die 6mm punte, selfs goeie BC op 6mm jagpunte.

Een ding wil ek egter uitwys.  Te hoe spoed by 'n 243 is 'n probleem as die verkeerde punte gebruik word by bladskote. Dis amper dieselfde as jy 'n 22 250 met 70gr match punte gebruik.  Alles word stukkend geskiet met groot bloed plasma.
Ek het al die 22-250 met 70gr Berger VLD op 'n ribbok se blad gebruik op +/- 320m.  Ek het verder agter toe gehou met die skootplasing om die bladbeen te vermy.  Die ingewande was stukkend geskiet wat baie vinnig tot dood gelei het.  Die binnegoed uithaal was egter nie so lekker nie.  Dieselfde sal met 'n 243 gebeur as die spoed baie hoog is.

Jy as skut kan jou ladings en koeel keuse aanpas om by jou jag omstandighede en omgewing aan te pas.
Maks. spoed is nie alles nie.  ??? ???
Gee eerder meer aandag aan koeel keuse.  Die antwoord l? hier. :angel: :angel:

Groete
Zack
User avatar
Bosmeerkat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm

Re: Watter een van die twee 22-250 of 243

Post by Bosmeerkat »

Ja nee.  Baie opinies.  Myne sal ook die .243 wees.  Vir al die redes wat die manne hierbo noem.  Ek sal hom net silencer opsit dan is daar weinig van terugskop te praat en dit help met jakkie jag.  Jonger skuts kan dan ook met hom skiet sonder om te skrik.  Het die naweek 'n rooihartbees geskiet met 80 gr. 25-06. 2 cm agter hart verby.  Nie my keuse vir die tipe bok nie.  Het hele ent gegaan voor ek hom kon neersit.  Les.  Gebruik genoeg roer in alle omstandighede want die doel is om so skoon moontlik te dood.  As dit 100gr was sou daai hartie net daar gebly het sonder ekstra moeite en die gevaar om die bok te verloor.  Die 243 gaan jou net meer opsies gee. 
Groete

Martin

.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Watter een van die twee 22-250 of 243

Post by JACQUES BOTHA »

Bosmeerkat:
In daai rooihartebees geval sou n 243 niks aan die saak verander het nie.. As jy n 25 het mors jy jou tyd om 243 te kry , andersom ook as jy 25 het mors jy geld om 243 ook te kry..behalwe as jy WIL oorlat jy KAN. SLegs ballisties  gesproke en aanwending van roer bv..
Elkeen het sy plek in elkeen se hart....Al was dit n 120 grein punt -- al hierdie bees spesies blou swart en rooi het so harrigathouding aan hulle om soms net aan te hou en aan te hou...vir jag gebruik soveel moontlik aan jou kant behalwe as jy soos ek baie bang is vir recoil....
Lekker jag 
(NS ek sal nie sommer ligter as 85 gren in n 25 skiet nie --nb dis slegs my mening) 
Jacques Botha
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Bosmeerkat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm

Re: Watter een van die twee 22-250 of 243

Post by Bosmeerkat »

Het pas my lisensie gekry vir my .243 en besig met teleskoop en montering dan baantoe ensv.. Was nie betyds vir die naweek se jag nie.  So het met 'n vriend se 25-06 gejag.  Self 'n baie lekker roer.  Die rede vir my post is dat ek 100 persent saam met jou stem oor die 80greiner.  Sal 'n bees eerder met my 338 wil roer.  Dan sal hy betreklik harregat moet wees :-)
Groete

Martin

.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Watter een van die twee 22-250 of 243

Post by JACQUES BOTHA »

bos.
Ek hou van betreklik .....onthou betreklikke goie skootplasing ook met n betriklik betroubare kaliber ens.
betreklike koue groete uit bloemfontein
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Bosmeerkat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm

Re: Watter een van die twee 22-250 of 243

Post by Bosmeerkat »

Selde hier uit 'n betreklike koel Pretoria
Groete

Martin

.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1
Post Reply