Vleis skade

Post Reply
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Vleis skade

Post by Machann »

Hi manne

Okay so ek gaan nou maar boudjies daar buite uitsit vir pakslae oor die saak maar man moet leer. Daar is seker n hele paar manne hier wat al meer vleis gewerk het as ek maar ek kan net onthou van een eland, 2 rooihartbeeste en 5 springbokke wat al ooit by die slagter gaan draai het en dit is nie al wat ek al in my lewe geskiet het. So uit my ondervinding is daar twee dele van vleis skade en hulle is soos volg en gaan ook verder na "1" of "2" verwys. hulle is:

                        1. die een is die fyn been en stukkies vleis om die wond kanaal en
                        2. die bloeding, gewoonlik die ergste op die blad wat jy die dier geskiet het. Die vleis vertoon dan gewoonlik so pers en daar is onder la die vliese ens bloed.

TOV 1 stem ek saam met julle manne, n stewiger punt gaan minder vleis skade veroorsaak as n ou sagte puntjie. Geen twyfel. Vir my is dit egter nie deel 1 wat die probleem is nie maar wel die tweede deel, die bloeding. Uit my ondervinding een jaar het ek .308 Rhino 165gr geskiet uit my 308 en my pa se vriend se seun 180gr Rhino uit n 300 RUM. Hy het egter daai jaar net een Gemsbok op die knoppe geskiet wat my twee koedoes mee kon vergelyk. Die 308 koedoes het baie minder bloeding gehad as die 300 RUM gemsie maar altwee omtrent die selfde hoeveelhied deel 1 vleisskade. Nou wel gegee dat die Gemsbok vir my n harder tipe vleis struktuur het as n koedoe en dat die 3 skote dalk nie dieselfde plek getref het en hoeveelheid been geslaan het wat wel ook n rol sal speel.

Hoe ek die ding sien tov deel 2. So uit die bostaande ondervinding het ek tot die volgende slot som gekom. Omdat die 300 RUM baie meer energie gehad het, het dit n groter area om die wond kanaal beinvloed wat bloeding veroorsaak het. Selfde as wat jy jou harder slaap wat jy n groter blou kol kry. Sooe ek se dit is my teorie. Laat waai maar en asb help my reg as ek verkeerd is en as julle voorbeelde het van verskillende punte en spoed en vleisskade post dit sodat ons almal kan leer.

Groete     
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
Gerard

Re: Vleis skade

Post by Gerard »

Vleisskade word eerstens deur fragmentasie veroorsaak.  Spoed speel 'n rol omdat meer spoed gewoonlik die koe?l meer laat fragmenteer.

Indien die koe?l nie fragmenteer nie en indien daar nie bene getref word wat beenfragmente veroorsaak nie, is die bydrae van spoed tot vleisskade baie min.

Dus:  Met 'n monometaalkoe?l wat deur die borsholte gaan en nie een van die twee blaaie breek nie, kan jy verwag dat net die wondkanaalskade daar sal wees.

http://www.gsgroup.co.za/galrynokruger.html
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Vleis skade

Post by Piet Pille »

Ek dink dis 'n interesante topic wat jy hier aanraak Machann.
Om aan te vul op jou vraag die volgende senario:

As dieselfde bok met  die selfde premium koeel/kaliber (se maar  'n GS Custom .308 180gr) geskiet word op dieselfde plek (se maar agter die blad en tref net 'n rib met in en uitgaan), maar die een koeel se inpak snelheid was 2300fps en die ander ene 3000fps, en beide koeels se gewigsretensie is dieselfde voor hulle die die bok verlaat (se maar 95%), sal die vleisskade soortgelyk wees?

Ek wil ook graag weet
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Vleis skade

Post by Boesman »

Met koeels wat presies dieselfde reageer teen verskillende snelhede? Ek sou dink die vinniger een gaan meer vleisskade veroorsaak. Gerard?
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Vleis skade

Post by BLOK »

Vleis skade het nie net met spoed te make nie dit het met koel konstruksie. N sterk mono koel teen 4500fps gaan minder skade maak as n V max teen 3000fps.

N Vmaks teen 2000fps gaan minder skade maak as een teen 4500fps

By meeste mono koels is dit andersom, die koels het spoed nodag om te behoorlik finksioneer

n Ligte vinnage punt, met die selfde momentum as n swaarder stadiger punt, sal ewe diep penetreer as die konstruksies dieselfde is. As momentum meer is dan sal die vinnager punt meer kinetiese energie he, en kinetiese energie en wondkanale loop hand aan hand.
Last edited by BLOK on Wed May 30, 2012 5:08 pm, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Vleis skade

Post by Boesman »

Pieter vra wat sal die verskil in vleisskade wees as presies dieselfde mono koeel op presies dieselfde wyse en plek tref, maar teen verskillende snelhede.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Vleis skade

Post by Piet Pille »

Boesman wrote: Pieter vra wat sal die verskil in vleisskade wees as presies dieselfde mono koeel op presies dieselfde wyse en plek tref, maar teen verskillende snelhede.
100% reg. Ek was onder die (wan-??? :-X) indruk dat vleisskade grotendeels 'n direkte faktor is van die spoed van die koeel. Maar hier is baie manne dit eens dat koeel konstruksie (aldus sekondere projektiele) 'n groter rol speel.
So my vraag is dan watter rol spoed nogsteeds speel by bv monmetaal koele (waar die hooffaktor nl sekondere projektiele agv opbreek soos in die geval van swakker koeele) nie van toespassing is nie

Uit Machann se post lyk dit of hy dieselfde wonder- spesifiek tov die oorsaak van die gekneusde bloederige vleis en bloedvliese rondom vleis verder weg vd wondkanaal??

Baie interesant- ek luister/leer graag.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Gerard

Re: Vleis skade

Post by Gerard »

Ons het verskeie proewe gedoen en een was soos volg.  Dieselfde 40gr HV is gelaai in 'n 223Rem, 'n 22-250 en in 'n 224 Wildcat.  Snelhede was 3800vps, 4200vps en 4800vps. Ons het twee springbokke met elke geweer geskiet.  Skootplasing was agter die blad op almal en skote was op soortgelyke afstande.  Nadat die velle af was, kon die boer nie uitwys watter bok met watter kaliber geskiet was nie.

Kyk ook na die bladsye:
http://www.gsgroup.co.za/meat.html
http://www.gsgroup.co.za/22x64.html
http://www.gsgroup.co.za/galkendrew2007.html

Die norm is dat, indien mens groot bene raakskiet, is skade hoofsaaklik beenfragmentskade.  Dit voordeel van 'n monometaalkoe?l is dat daar tenminste nie koe?lfragmentskade is nie.  Indien bene nie getref word nie (ribbetjies en kraakbeen is nie bene nie) sal monometaalkoe?ls nie noemenswaardig fragmenteer nie en vleisskade is minder as met loodkern koe?ls.

'n Slegte skoot met monos gebeur soms, jag omstandighede en toestande is heeltemal te veelsydig om enige resultaat te waarborg.  Die ondervinding van die gebruikers van GSC koe?ls stem egter saam oor een ding.  As jy tien diere met monos geskiet het, sal jy meer vleis in die vrieskas h? as wat jy dieselfde tien diere met loodkerns geskiet het.

Die onderste streep is dat fragmentasie waarskynlik 90% van vleisskade veroorsaak en spoed die res.
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Vleis skade

Post by Machann »

Hi Pieter V. Ja wonder selfde as jy. Die bietjie been en maal vleis is nie probleem maar we'll die bloed.

Oom Gerhard sien oom verwys na been, is dit reg dat n vinniger punt meer skade sal veroorsaak as dit been slaan? Is die rede hoekom lood kern punte meer vleisskade veroorsaak omdat hulle meer energie nodig het om te mushroom?
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
Gerard

Re: Vleis skade

Post by Gerard »

Machann,
Ek het vir jou 'n pm gestuur.  Lees dit asseblief.  Ons praat bymekaar verby.
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Vleis skade

Post by Machann »

Jammer oom, sien nou eers die pm. Sal so maak. Groete. Ruan
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Vleis skade

Post by vlakvark1 »

Gerard wrote: Machann,
Ek het vir jou 'n pm gestuur.  Lees dit asseblief.  Ons praat bymekaar verby.
Oom Gerhard moenie PM e stuur nie ek volg ook die gesprek en wil ook hier leer  :)
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Vleis skade

Post by Piet Pille »

Dankie Oom Gerard vir 'n puik verduideliking. 'n Baie goeie insiggewende stuk inligting waar praktiese ondervindings die wetenskaplike teorie bevestig. Die foto's help ook baie in die verduideliking.

As 'n monometaalkoeel teen 4700fps so min vleiskade aanrig, is 2700fps soos in my geval, nie eers 'n oorweging nie!

@Machann-
" is dit reg dat n vinniger punt meer skade sal veroorsaak as dit been slaan? Is die rede hoekom lood kern punte meer vleisskade veroorsaak omdat hulle meer energie nodig het om te mushroom?"

Uit oom Gerhard se verduideliking verstaan ek dit na dese as volg:
Hoe meer die been wat getref word deur 'n koeel (ongeag die tipe) in stukke geskiet word, hoe meer veroorsaak daardie stukkies spinterbeen bloed in die vleis (want die splinters been sny die omliggende vleis en aartjies flenters wat dan die bloedpappery veroorsaak). Enige groot been wat deur enige koeel (teen enige spoed) in splinters geskiet word, sal altyd vleisskade (en bloed in die onmiddelike area) veroorsaak. Ek neem aan dat beensplinters verder (dieper) in die omliggende vleis ingedryf sal word (m.a.w. meer vleisskade/bloeding sal verroorsaak) met koeels wat groter momentum dra (dus vinniger- en/of swaarder koeels).

Waar die verskil egter inkom met monometaal koele, is dat daar nie stukkies splintermetaal ook vorm tydends hoe inpaksnelhede op wild wat dan ook nog (net soos die beensplinters) die omringende vleis/aartjies stukkend sny en ook nog ekstra bloedvleis veroorsaak nie. Soos ek verstaan, is die metaalsplinters (afkomstig van die koeel) volgens oom Gerard die enkele grootste faktor wat die omliggende vleis beskadig (amper 'n handgranaat effek as ek dit nou reg verstaan...?)

Om op te som:
1) 'n .416 rigby teen 2000fps met 'n solid gaan vleisskade veroorsaak as dit 'n groot been tref, want dit sal daardie been in skerwe skiet. 'n .243 met 'n swak loodkoeel sal heel moontlik nog meer skade veroorsaak op die selfde plek, want dit sal ook die been stukkend skiet (alhoewel miskien bietjie minder as die 416..) maar daardie 100gr punte wat ast ware "ontplof" tydens inpak met die betrokke been , beskadig baie omliggende vleis.
2) 'n Swak loodpunt, en monometaal punt en solid teen dieselfde spoed wat geen been vang nie en nie een opbreek nie sal ewe min skade aanrig. Maar die kans dat so 'n loodkoeel nie opbreek nie, bleik skraal te wees.
3) By 2 van dieselfde koele WAT NIE OPBREEK OF BEEN VANG NIE, maar teen verskillende spoed die bok tref, sal die verskil in vleisskade tussen die twee min wees. (M.a.w. die energie wat die koeel dra alleen het nie so groot invloed op die omliggende vleis waardeur dit beweeg nie)

Dis hoe ek dit nou insien na oom Gerard se verduideliking. Maak dit sin??
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Gerard

Re: Vleis skade

Post by Gerard »

Pieter, jy is in die kol.  Hier is 'n foto van 'n 416 Rigby GSC FN solid wat die femur van 'n groot olifantbul getref het.  Dit het die been en die potjie van die heup gebreek en daar was heelwat skade.

Image
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Vleis skade

Post by Machann »

Oom Gerhard, manne

Lees nou deur die volgende gedeelte op GSC se website en ek neem aan geskryf is deur oom Gerhard? http://www.gsgroup.co.za/meat.html

Dalk moes ek al vroeer die woord "bruising" gebruik het want dit is vir my die een ding wat ek probeer vermy. Soos ek se dit is min moeite vir my om daai duim of twee vleis skoon te sny om die wond kanaal maar om vleis vol "bruising" bloed te werk is nie lekker nie.

Okay maar wat ek kan opsom uit die stuk is. Hierdie is wel met GSC gedoen maar van dit is seker van pas op lood kern koeels gegewe dat hulle ook nie fragmenteer nie. Uit die stuk sien ek daar was n 3-4 cm "bruising area" op die 40gr GSC teen 3000 fps en 8-10 cm "bruising area" vir dieselfde punt teen 4300 fps. So hier uit lei ek af dat spoed wel die bruising area beinvloed. Stadiger is dus beter.

Verder noem oom hulle dat die "exit" minder bruising het as die "entrance". Die spoed neem af maar die energie wat deur die koeel gebruik word om te mushroom is ook seker deels verantwoordelik vir die ekstra bruising? Maar verder kyk ek ook na die blesbok voorbeeld (dit is hoe ek wil he my vleis moet lyk). Dit wil my voorkom dat hoe minder weerstand die koeel het hoe minder bruising veroorsaak dit.

So in slot stem ek saam dat n koeel wat fragmenteer meer skade veroorsaak as n punt wat by mekaar bly. N stadiger punt sal minder bruising veroorsaak en so ook n punt wat minder weerstand het.

Dankie vir al jull emanne se insette en gedagtes. So leer mens elke dag meer en meer en dankie oom Gerhard.

Groete
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
Gerard

Re: Vleis skade

Post by Gerard »

Machann,
van dit is seker van pas op lood kern koeels gegewe dat hulle ook nie fragmenteer nie.
  Loodkern koe?ls wat fragmenteer is juis die probleem.  Kyk hoeveel die resgewig is van 'n herwinde loodkern en jy sal sien dat daar lood weg is.  Die x-straalfoto hieronder wys wat gebeur wanneer loodkern koe?ls gebruik word.  Soms is die skerwe so klein dat mens nie eers bewus is daarvan in die vleis nie.  Op die foto is die byskrifte in Duits maar dit s? dat die ingangswond in die klein sirkel is en die uitgangswond in die groot sirkel.

[img width=560 height=411]http://www.gsgroup.co.za/Rehroentgen1.jpg[/img]

Hoe vinniger die loodkern se trefsnelheid is, hoe meer fragmentasie is daar.  Dit is die rol van spoed met loodkerns.  Met monos is dit net die spoed bydrae wat meer kneusing gee en dit is minimaal teenoor die fragmentasie skade.  Neem die 8 tot 10cm kneusing wat 'n mono teen 4300vps veroorsaak het en dink 'n bietjie wat 'n loodkern koe?l teen daardie snelheid sou gedoen het.  Dit sou in stof verander het.  Die 3 tot 4cm kneusing wat ek gekry het teen 3000vps is so groot soos vier sleutels op jou rekenaar.  Wat sou 'n loodkern teen daardie snelheid gedoen het?

Dan is daar die kontras van ons eerste proewe met die 110gr .270 HV teen 3400vps.  Die jagter het op ongeveer 80 meter 'n koedoe op die blaaie geskiet en die rugstring raakgeskiet.  Ons het 34kg se beenfragment vleis vir die honde gevoer.  Daar was amper geen sponsvleis nie maar die totale skade was iets om te aanskou. 

Die feit is dat, wanneer dit noodsaaklik is dat 'n bok so vinnig moontlik geanker word en die bene moet gebreek word, kan jy op 'n mono reken om die werk te doen, elke keer.  Wanneer jy 'n drie sentimeter deursnee wondkanaal soek, dwarsdeur die dier, kan jy op 'n mono reken om die werk te doen.  Monos bring 'n betroubaarheid van werking wat nie met ander konstruksie metodes verkry kan word nie.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Vleis skade

Post by Piet Pille »

lyk of daai bok op die x-traal 'n personeelmyn afgetrap het!! :o
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Bosmeerkat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm

Re: Vleis skade

Post by Bosmeerkat »

Hierdie was nou nou 'n lekker lees.  Dankie vir die inligting wat julle manne gedeel het.  Gerard ek les die website van julle met aandag want moet besluit waarmee ek my .338 wil laai.  Dink ek weet nou.

Groete
Groete

Martin

.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1
Post Reply