Middag mense,
Ek wil graag 'n Zeiss 3-9 x 40mm koop vir my .375 en sien dat die tube slegs 25mm is. Maak dit 'n groot verskil teen bv. die 30mm tube.
Die prys verskil is astronomies maar ek is bietjie versigtig vir die .375 se skop met die 25mm tube.
Is daar ook 'n groot verskil in die hoeveelheid lig wat deurgelaat word.
Ek het bietjie gesoek maar kon niks kry op die onderwerp nie.
Groete,
Zeiss 30mm tube vs. 25mm tube
- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Zeiss 30mm tube vs. 25mm tube
Daai Zeiss is feitlik bulletproof. Sit hom in gelapte ringe op daai .375, en hy sal vir jou jare se getroue diens lewer.ek is bietjie versigtig vir die .375 se skop met die 25mm tube.
Weereens nee. Die groter tube se groot voordeel is dat hy jou meer clicks gee. Voordeel 2 is dat hy meer rigied is.Is daar ook 'n groot verskil in die hoeveelheid lig wat deurgelaat word.
Goed, beter, 6millimeter!

