Swartpootkat

User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Swartpootkat

Post by jaracal »

Om vas te stel hoeveel keer die diertjie werklik gesien word sal dit goed wees as julle dit hier notuleer elke keer as julle dit sien. Gee die distrik en aantal gesien. So kan ons 'n goeie databasis opbou.
Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
tafjak

Re: Swartpootkat

Post by tafjak »

5 die agelope 4 aande. 1 Willowmore en res Aberdeen
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Swartpootkat

Post by johan »

Tafjak

Ek het jou mos gewaarsku dat Aberdeen se vlak en Aberdeenweg die katte se hoofkwartiere in die isten cape is.


johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Swartpootkat

Post by Caller »

Johan

Het Saterdagaand 31 Jan '09 'n swartpootkatjie (jonge) in die pad gesien tussen Dealesville en Bultfontein. Ek was op spoed om 'n draai en het hom net vinnig uit die pad sien hardloop.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
rednat

Re: Swartpootkat

Post by rednat »

Sien die swartpoot gereeld. Ongelukkig baster hy met die huiskat?
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Swartpootkat

Post by jaracal »

Rednat
Ek het nog nie van die uitbastering gehoor nie maar wel van die groukat (African Wild Cat)en huiskat. Het jy baie van die tipe uitbastering teegekom?

Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
rednat

Re: Swartpootkat

Post by rednat »

By ons kry jy die groukat wat maklik baster, en dan die kleiner kat met die swartvoete.
Het so 6 maande terug 'n kat in die veld geskiet ( het gedink dit is 'n wildehuiskat ) met 'n wit agterlyf met swart pote en die voorlyf duidelik die swartpoot.
Dit wil wel voorkom asof ons swartpoot 'n groter tipe kan wees as die van Botswana.
Kry ook hier af en toe 'n groukat met duidelike vaalrooi op die lyf en bors soos 'n rooikat wyfie en ook die tosselore sonder die swartkringe op die bene maar met die groukat se stert. Is ook baie groter as die groukat. Natuurbewaring ontken dat die rooikat en groukat baster en ek het toe vir hulle 'n specimen geskiet as bewys  --- hulle het nie 'n verklaring nie.
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Swartpootkat

Post by johan »

Rednat
Bewysstukke asb :o....fotos sal voldoende wees ;D....velle is ook goed :P
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
rednat

Re: Swartpootkat

Post by rednat »

Is nou nie 'n fotograaf nie. Hulle maak nie meer films vir my mik en druk nie. Sal by NatBew hoor of hulle nog die vel het.
Skiet nie die kleiner katte nie  --- muise , muise.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Swartpootkat

Post by JACQUES BOTHA »

Johan>
Ek kan bevestig dat groukat en rooikat wel baster. Ek het ook een geskiet tussen koffiefontein en luckhof... tossel ore die lot, groter as groukat , myne was meer kleur van groukat met ore van die rooikat, ook sonder  kringe op bene ... bors en onderlyf meer rpoikat as groukat gewees...
Ek het nie foto's nie, maar die boer het geneem..sal probeer kry en opsit....
 
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Swartpootkat

Post by Caller »

Rednat

Ek het ook nog nooit van 'n baster tussen Swartpootkatjie en huiskat/vaalboskat gehoor nie. Jy sal bewyse moet bring.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
rednat

Re: Swartpootkat

Post by rednat »

Daar is baie goed waarvan ek ook nog nie gehoor het nie.
Bv. Nat Bew beweer dit is DNA onmoontlik vir die rooikat/groukat kruising en lyk my asof ander manne ook al die basterverskynsel waargeneem het.
As jy DNA toetse wil laat doen sal ek werklik moeite doen en uitvind wat van die baster swartpoot vel geword het. As jy sommer net jou ongeloof wil sus sal ek nou nie dieselfde moeite doen om jou persoonlik te oortuig nie.
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Swartpootkat

Post by Caller »

Rednat

Nee, ek sal nie lat jy soveel moeite nie. Ek beweeg redelik in die kringe en sou darrem seker al gehoor het van 'n swartpootkat baster. Dis net dat jy nou die eerste ou is wat daarvan praat.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
rednat

Re: Swartpootkat

Post by rednat »

geen probleem
Kry ek die velletjie stuur ek hom vir jou of foto
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Swartpootkat

Post by Freek »

Hier kom 'n ding... miskien het dit iets te doen met "global warming" :)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Danie Lombard .243

Re: Swartpootkat

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo almal.

Het gisteraand gaan jakkals jag met die doedel kas.(ROEP) Na 'n haas geroepery kom daar 'n swartpootkat aan gehardloop. Eerste keer in 12 jaar se jag dat een van die klein kietsies kom vir die ge doedel. Die swartpoot katjies word redelik gereeld gesien hier in my omgewing. Gisteraand se katjie is gesien in 'n baie groot pan waar daar tans springbok ooie lam. Die pan is gelee aan die ooste kant van die R700 pad, wat Bloem verbind met Bultfontein, so 25km noord van Soutpan.

Katjie was alleen.
User avatar
Termiet
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Fri Dec 11, 2009 12:53 pm

Re: Swartpootkat

Post by Termiet »

Ek lees so bietjie wat die manne skryf ten opsigte van die verskillende katte en die uitbastering.  Ek is in die wildbedryf en teel selfs die katte soos swartpoot, tierbos en vaalboskat.

Die gewone huiskat is familie van die vaalboskat en dus kan hul baster.  Dit is een van die grootste probleme vandag dat ons besig is om die opregte vaalboskat te verloor as gevolg van uibastering.  So, doen my 'n guns en vir bewarings doeleindes, as jy weer uit veld toe gaan en in 'n wilde huiskat vasry, skiet hom, maar wees seker dis nie iemand se troeteldier nie.  Ek skiet elke wilde huiskat by my om die vaalboskat se gene te beskerm anders gaan ons die spesie verloor met tyd.

Ten opsigte van die swartpoot, tierbos en rooikat.....dis onmoontlik vir hulle om te baster.  As die katte begin baster met mekaar dan is dit net so goed 'n olifant en renoster begin baster met mekaar.  Indien daar verskille gesien word, vang die kat as jy kan en doen nodige DNS toetse sodat dit verklaar kan word, maar een ding is verseker.....as daar uitbastering is, kom die van die wilde huiskatte af en dus belangrik vir elke plaas en plaaswerkers wat katte het, daai katte moet reg gemaak word of weg gemaak word want een ding is verseker.....ons vaalboskat se toekoms lyk swak.

Groete
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Swartpootkat

Post by JACQUES BOTHA »

TERMIET.
EK MOET SE EK KY DALK BAIE SLEG MAAR EK HET N BASTER ROOIKAT/GROUKAT SELF GESKIET TUSSEN LUCHOFF EN KOFFIEFONTEIN...
SO DFAT HULLE NIE BASTER NIE IS DALK WAAR EN DALK HET EK NET N GROUKAT HEBRIET GESKIET MET TOSSELTJIES OP SY OOR OF N ROOIKAT AFWYKING IN KLEUR... MAAR EK SAL BESLIS VOLGENDE KEER MOEITE DOEN VIR FOTO'S, DAAR WAS OOK SULKE FOTO'S OP 50/50 EN DALK WAS DIT SLEGS AANNAMES OF IETS DERGLIKS...
DALK WAAS DIT N HUISKAT ROOIKAT BASTER....OF SO IETS, MAAR HY WASSIE SUIWER VOLGENS MY NIE.
GROETNIS
JB
Shoot straight and tell the truth!
rednat

Re: Swartpootkat

Post by rednat »

Termiet
so net goed met selfde DNA gene kan baster  bv. olifant en dassie want hulle is mos glo volgens julle toetse die naaste verwant aan mekaar..
Rooikat en groukat doen die ding verseker ---- dna of nie dna. Julle moet weer begin navors.
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Swartpootkat

Post by Caller »

Danie .243

Jy moet daai swartpoot kat se besonderhede aanstuur na Beryl. Kyk maar hier op die forum iewers is haar besonderhede. Ek het nou al 'n paar keer van hulle daar by Sterkfontein gesien en vir Beryl die inligting gestuur. Het net laasjaar tweetjies daar waargeneem. Daar aan jou kant van Sterkfontein sal beslis van di? meneertjies wees.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Swartpootkat

Post by Caller »

Termiet

Mooi man. Ek los ook nie 'n huiskat in die veld, tensy dit naby wonings is nie. Het al in my jakkie omswerwinge 'n pikgietswart huiskat en 'n spierwit een geskiet.

'n Ou friend van my het 'n foto (ek glo darrem hy het dit nog) van 'n baster huiskat met iets anders ( wilde kat ?). Hy het duidelike wit merke wat bevestig dat dat 'n huiskat betrokke is, maar die grootte van die dierasie maak nie sin dat dit 'n groukat-huiskat baster is nie.

Kyk, ek het darrem ook al 'n paar groukatte in my lewe gesien en ken hulle as net so groot of net effens groter as 'n huiskat. Ek het ook al die sogenaamde "dikkop" groukatte in Namakwaland gesien wat verskil van die slanke koppe van die normale groukatte. 'n Paar jaar terug was daar egter 'n foto van onse friend "MENEER" Garry Laubsher in die "Farmers Weekly" waar hy en 'n boer, volgens my, 'n abnormale groot groukat / vaalboskat vashou. Die foto is in die nag geneem, maar volgens die foto lyk die kat vir my heel opreg vaalboskat. Het nog die spesifieke artikel op le?r.

Vrystaat Natuurbewaring het 'n navorsingsprojek van stapel gestuur waarin groukat-huiskat basters aangehou is om te sien of hulle verder uitbaster en tot watter mate die verbastering kan vorder. Die hele projek is laasjaar na die Johannesburgse dieretuin (as ek dit reg het) verskuif en hulle gaan nou daarmee voort.

Die manne moet tog laat weet van snaaksighede in hierdie verband, dit is baie interresant.

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Swartpootkat

Post by henslin »

Kom ons kyk of die topic nog belangstelling wek.

Jammer dat baie boere nog glo om huiskatte by die store te laat om muise te bekamp. Daar is soveel kleur en vorm variasie van die vaalbos/swartpootkat dat ek seker is daar is verbastering aan die gang. Ek glo dat baie van die katte wat as Vaalbos gesien word wel verwilderde huiskatte is.

My storie - Kom een aand terug plaas toe. Sien klein katjie ( so groot soos 'n vuurhoutjiedosie ) in die pad l?. Tel die katjie op en gee hom vir Ma. Die ogies was nog toe en tussen Ma en dogter het hulle toe 'n speelding om groot te maak. Soos met alle klein diertjies word hulle later groter. Hier het die sports begin. Toe sy die eerste keer op hitte kom, maak sy die onderaardse geluide. " Die ding is nie 'n gewone kat nie" Sy kon met gemak bo-op enige gordynkap of kas spring. Neem haar veearts toe om haar te laat regmaak voor die huis wemel van 'n klomp katte. Groot was my verbasing toe die veearts my meedeel dat hy my Vaalboskat reggemaak het. Op die jong ouderdom het sy nog nie die kenmerkende strepe en rooi/oranje kleurige pels gehad nie. Lang storie kort te maak. Sy slaap nog elke aand op my bed nadat daar eers gepeel is. Leef net op katkos. Vang af en toe 'n voeltjie of muis soos enige normale huiskat, maar speel die prooi net dood. Haar gedrag is heelwat anders as gewone huiskat. Sy speel baie rof en enige spelery loop gewoonlik op 'n paar bloeiende byt of krapmerke uit. Sy laat nie met haar mors nie.

Die fotos wat ek aanheg wys duidelik die uitstaande kenmerke van die katjie. Sy is nou so vier jaar oud.

[img width=800 height=600]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... iefie3.jpg[/img]
[img width=800 height=600]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... iefie2.jpg[/img]
[img width=800 height=600]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... iefie1.jpg[/img]

My 2c vir wat dit werd is
Last edited by henslin on Sun Jan 09, 2011 10:26 am, edited 1 time in total.
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
Penkop
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am

Re: Swartpootkat

Post by Penkop »

Fotos van die ''basters'' asseblief!!
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Swartpootkat

Post by Francois Marais »

Henslin

Is seker weer die streekstaal ding, maar....

Daardie kat van jou noem ons hier GROUKAT, of wat dan op Ingils African Wild Cat heet. Weet jy dalk hoe verskil die Vaalbos Kat van die African wild cat, of wat die Vaalbos Kat se ingilse naam is???

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Swartpootkat

Post by henslin »

Francois

Sal as ek bietjie tyd het begin rondspeel met name. Behoort insiggewend te wees.

Hannes
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
Post Reply