Boud vreters
- hebron
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm
Boud vreters
Dagse mense
Soek weer n antwoord van die meer ervare jagters: n vrou in ons distrik (Sutherland NC) bel my gister om te kom jag:
jakkalse het begin lammers vang toe skuif hulle die lammers na veilige kampie, nou het hulle gister 2 groot ooie gekry waarvan die boude uitgevreet is en kort nog 2 in kamp langsaan. Die werkers se hulle kry baie spore, veskillende grote.
Hulle reken daar loop n baie waar dit stil was so n maand terug; nou wil ek weet kan dit nog jonges wees of soek die grotes nou ernstig kos vir n teef wat dalk al dragtig is?
Die weer is ontstuimig hier, sal dalk eers van Saterdag af beter word en dan wil ek gaan kyk wat uitdop.
Enige raad sal gaaf wees: klanke?--metodes?
Groete Willem

LAAT-LOOP
- johann
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm
Re: Boud vreters
Willem, volgens my het meeste van die jakkalse al pare gevorm,maar daar is nog wat moet vorm. Jy gaan ook nou baie enkel lopende jakkalse kry wat oor en weer oor ander pare se gebied loop. Sover my kennis strek sou die jakkalse nou maar eers in die vroee stadiums van paar wees en nog glad nie ver dragtig wees nie.
Ek sal die standaard metode gebruik met gewone kosklanke, steenbok pikant ens. Of oom louis102 se tips werk baie goed. Probeer jou naskurige klankies. Lees onder sy posts by die to "mei maand tips" dit help baie.
Sterkte en groete Johann

25-06 Remington
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Boud vreters
Hallo Willem,
Jy noem hulle boudvreters. Jy moet miskien na die spore kyk en bevestig of die sondebokke nie dalk 'n rooikat of twee is nie. Kyk dalk of jy nie foto's van die karkasse kan opsit nie, hier is 'n paar slim manne op die forum wat dalk vir jou uit die manier van vreet sal kan s? wat dit is.
Groete
Johan

Where He leads me I shall follow!
- hebron
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm
Re: Boud vreters
Ek het nie fotos nie, was nog nie op die plaas nie; maar het Feb vanjaar soortgelyke vang-metodes gesien en het 6-jakkalse daar geskiet, net jonges!
LAAT-LOOP
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Boud vreters
Willem,
Jakkals vreet nie regtig die boude nie...
As die lammers nog jonk is kry jy dat die jakkalse net die melk pensie vreet...
Hier is n voorbeeld van n lam wat oor 3 nagte gevreet is.
[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 070140.jpg[/img]
Rooikat aan die ander kant sal glad nie aan die pens raak nie en net die boud vleis en op die blad vreet...
Kyk na die foto wat Ian eendag vir my gestuur het as voorbeeld
[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... anBlZw.jpg[/img]

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Boud vreters
Gerhard
Hier by ons as die melkpensie gevreet is is dit 99% draaijakkalse.
Henry
Hier by ons as die melkpensie gevreet is is dit 99% draaijakkalse.
Henry
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Boud vreters
Henry,
Ek stry ni wil net dit net self sien..
N draai jakkals is so groot soos n yorkie...
Al die lammers wat ek nog gekry het wat melk pense gevreet was was deur jakkals gevang...
Ek stry ni wil net dit net self sien..
N draai jakkals is so groot soos n yorkie...
Al die lammers wat ek nog gekry het wat melk pense gevreet was was deur jakkals gevang...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Boud vreters
Het op 'n stadium klomp Damara skaap gehad naby Senekal en klomp verloor wat se boude so gevreet was en dit was definitief Rooikat, spore alles en hulle selfs in die nag opgetel met die lig ook.
Groete
Jaco
Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
-
stan man
Re: Boud vreters
my beskeie opinie is daai jakkalse het skerp naels en se sssssk.
en gelukkig is die draai jakkalse hier by ons erg vegetaries.

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1385
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Boud vreters
Hebron
Jy se nie of daar van die ooie nog lewe nie.As daar van hulle nog lewe of van die dooies se vetderm is uitge-eet ( kyk mooi. lyk partymaal net soos rooikat, maar as vetderm uit is, is dit nie hy nie) is dit definitief jakkalse. het ook gevind dat hulle baie keer nie eers aan die keel gebyt is nie maar so lewend van ageter ge?et.
Groete Freddie

yol bolsun
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Boud vreters
Hebron (Willem)
Laat weet as jy gejag het. Ek sal verstaan as jy nie gaan nie. Manne, Sutherland is nie die naweek die beste swemplek in die land nie (-grade temperature).
Onthou daar na die plato se kant kan dit 'n kolkat ook wees.
Laat weet as jy gejag het. Ek sal verstaan as jy nie gaan nie. Manne, Sutherland is nie die naweek die beste swemplek in die land nie (-grade temperature).
Onthou daar na die plato se kant kan dit 'n kolkat ook wees.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Boud vreters
Willem,
Kon jy toe gaan kyk wat vang die lammers so?
Kon jy toe gaan kyk wat vang die lammers so?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- hebron
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm
Re: Boud vreters
Hallo almal
Het Ma-aand 21Mei gaan kyk, nie skaap gesien nie die was reeds geslag vir werkers, maar het op vangplek gaan roep;
bo-op n plato met sulke ronde ysterklip-koppies. Staanplek was maar swak met hoe bosse maar kon darem 150m wegsien,
begin roep boomrot en na 17 min le teefjak +- 6jaar met n afbeen; "slagyster / kwes" roep no n uur met min jakkals-geluide met hoop vir n rooikat maar geen sukses of reaksie op jakgeluide.
2de staanplek 900m weg ook geen reaksie; wag nog dat vrou my laat weet of daar nog probleme is.
Jak oopgesny: spekvet Droog maar stampvol skaapvleis.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
LAAT-LOOP
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
- johann
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1385
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Boud vreters
Mooi Hebron.
Dink jy het deel van die probleem gekry. Reun is seker nog in die rondte, maar ek reken die vangery gaan vir eers ophou.
Probleem is met die klein staanplek was die reun dalk daar sonder dat jy weet.
Sterkte

johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Boud vreters
stem saam met henry,draaijakkals so klein soos hy is maak baie skade onder swak lammers
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum