Lynx parallaks

Post Reply
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Lynx parallaks

Post by DawieKotze »

Ek het 'n Lynx 3-9x42 vir hele paar jaar al op my .308 Win.

Die laaste tyd kom ek agter dat die kruishaar skuif met omtrent 'n duim op 100 meter as ek my kop beweeg. Dit is met 9x vergroting.

Ek is redelik seker die scope is veronderstel om parallaks vry te wees rondom 100 meter.

Kan 'n scope se parallaks "uitstel" na jare se gebruik?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Lynx parallaks

Post by Tiny »

Madako..
Ek het 'n 6-24x42 Lynx op my 30-06.. En het dieselfde ondervinding gehad, maar dis op 'n BAIE kort afstand.. Soos 10m.. Op 100m is hy egter reg en ek het met Oom Jannie gepraat toe se hy ek hoef nie bekommerd te wees nie.. Daar is wel 'n manier hoe jy 'n parallaksvrye scope se parallaks kan stel.. Ek weet jy stel voor aan die lense maar ek is te onkundig om presies te weet.. Een van die ervare manne sal moet help.. Anders stuur jy hom terug vir Lynx.. Hulle het mos lewenslange waarborg, dan nie??

Hoop jy kom reg
Groete
Tiny
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Lynx parallaks

Post by Dawie »

madako

Leopold se teleskope wat nie verstelbare parralaxe knoppe het nie,  gewoonlik dies met onder 12 vergroting se paralaks word by die fabriek gestel vir 150yds as ek reg kan onthou.

Miskien moet jy kyk wat maak hy op 150yds.

Wat jy s? van die verskuiwing op 100m is nie so vreemd nie.

??

kojak
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Lynx parallaks

Post by Piet Breedt »

Jy kan van die scopes wat voor n "lockring" op die lens het se paralax self stel deur die voorste lens bietjie in of uit te draai. Die groot Nikko Sterlings wat ons op die luggewere gebruik stel ons self om vanaf 8.5m paralax vry te wees. Die lockring het 2 sulke klein kepies in waar jy hom kan grip om  los te draai, dan draai die lens maklik. Nie alle scopes kan dit doen
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Lynx parallaks

Post by DawieKotze »

Dankie vir die replys!

Ek het ook aan Lynx die vraag gestuur en wag nog vir terugvoer.

Piet - as mens nou self die werkie doen, verval jou waarborg dan nie?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Post Reply