Chris Chameleon se blog oor slagysterfabriek op Prins Albert

Post Reply
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Chris Chameleon se blog oor slagysterfabriek op Prins Albert

Post by Dawie »

Dis in Afrikaans en Engels...

Dis nogal iets om te lees!!!!

Click...

http://www.chrischameleon.com/fr_blog?p ... re=2374523

Cheers

Kojak
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Chris Chameleon se blog oor slagysterfabriek op Prins Albert

Post by Dawie »

Net 'n korreksietjie

Die ou wat met Chris gepraat het waarvan hy praat in die blog,  was nie 'n verteenwoordiger van CapeNature nie maar my ons vriend Joseph Steyn....Chris het daai stukkie verkeerd..
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Chris Chameleon se blog oor slagysterfabriek op Prins Albert

Post by spekieries »

Ek moet s? ek is nou nie die grootste aanhanger van Chris se musiek nie, maar ek kyk met nuwe respek na die man. Ek self is nie 'n boer nie, maar ek het neefs en ooms wat boer en ek is wel 'n jagter.

Chris se nugter rasionele benadering wat nie deurspek is met emosionele voorkeure nie, getuig vir my van die persoon se karakter.

Miskien moet ek bietjie objektief gaan sit en luister na die man se musiek. 
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Chris Chameleon se blog oor slagysterfabriek op Prins Albert

Post by Ponkie »

Kojak

Ek kan amper nie glo dat daar so baie anti-slagyster mense in Prince Albert is nie. Was die langnaweek tydens die olyffees daar vir een van SuidKaapJagters se skietdae buite die dorp. Ek bedoel, dis 'n karoodorpie met skaap en bok boere net soos wat klaarstroom/willowmore of Beaufort west is. Maar na die skietdag het ons 'n bier op die dorp gaan drink en maggies daar is heelwat van hierdie "kuns en antique winkeltjies" met 'n ou oom of tannie wat hierdie regte "groen" beeld uitstraal daarin. Ek kan dink dat die teenkanting dalk meestal van hulle kant af gekom het...

Nogtans is ek beindruk met Chris se opinie en siening oor die hele saak.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Chris Chameleon se blog oor slagysterfabriek op Prins Albert

Post by Christo »

Sy soort musiek staan my ook nie aan nie maar dan is dit my smaak wat dalk die probleem is. Wat hy egter geskryf het is nugter en sonder vingerwys en blameer. Ek weet dat enige veeboer more 'n werkbare en ekonomies regverdigbare alternatief sal beproef en gebruik wanneer daar suksesse behaal word.

Tot dan is daar nie veel alternatiewe nie. Selfs 'n dorpsvriend van my vra so tydjie terug vir my wat het gebeur want hy kan nog onthou hoemsy pa/oupa vertel het dat die jakkalse skoongemaak was. Hy reken die regering kan dit mos weer doen.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Francois B
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am

Re: Chris Chameleon se blog oor slagysterfabriek op Prins Albert

Post by Francois B »

Middag manne

As ek hier sit en skryf moet ek myself vreeslik inhou om nie verkeerde goed kwyd te raak nie, we'll die ou wat al die mooilikheid stuur is my buurman sy naam is Bret weet nie wat sy van is nie en gee ook nie regtig om nie hy is n vearts hier op prins albert, die ou is helemal van sy lootjie getik as mens met n flits stap om pomp af te sit bel hy die polisie want sy bure jag koedoes met die spotlight hy is n moeilikheid maker wat in die hoorn koerant van 2 weke terug geskryf het hoe boere geniet om alles te vernietig! Self vir my gese ek probeer hom altyd boikot met alles, we'll ek het nog nooit met hom eers besigheid gedoen nie en werk maar nog 10 maande op hierdie plaas! Hy is nou maar n moeilikheidmaker en klaar!
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Chris Chameleon se blog oor slagysterfabriek op Prins Albert

Post by wlm »

Eerstens dankie aan Josef Steyn. Sy broer Oosie was 'n klasmaat van my op US. Sout van die aarde mense.
Tweedens hoera vir Chris Chameleon. Nie noodwendig omdat hy my sienswyse ondersteun nie, maar oor hy sy opinie gevorm het nadat hy homself eers behoorlik van die feite vergewis het. As ek geweet het hoe, sou ek die man 'n slaglam gestuur het. "Second Thoughts", die man is so dun met so 'n fyn stemmetjie dat hy dalk 'n vegetarier is! :)
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Chris Chameleon se blog oor slagysterfabriek op Prins Albert

Post by tafjak »

Ja

Gelukkig is ou Chris se van Mulder. Sou maar die wind van voor gekry het as hy bietjie nonsens praat en dit veral teen die boere! :D

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
stan man

Re: Chris Chameleon se blog oor slagysterfabriek op Prins Albert

Post by stan man »

ten minste weet ons dat ons nie net gekruisig word oor wat ons doen nie. daar is darem ook mense wat so n bietjie groter is in hulle denke, en verstaan dat n saak 2 kante het. en ja die ghoenkoppe moet net eenkeer sien hoe lyk n dorper ooi se gesig as sy inkom met haar binnegoed wat op die grond sleep.as dit vir my seer is,dink net hoe voel dit aan die ontvang kant.  my half sent
Post Reply