Mei maand tips
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Mei maand tips
Manne
Wat oom Wallie se is baie waar.
Ons het vir ou Jaftha wat reg deur die jaar slegs slagysters loop en stel. Ek het nou nie sy getalle hier by my nie, maar in hierdie tyd is jakkalse besig om ernstig hulle gebied te merk en moet julle mooi oplet vir merkplekke op 'n bossie. Hulle is lief om sommer op 'n bossie net buite die bakkie se pad te merk. Kyk ook langs bokpaadjies water toe en op die hange van rantjies. Hy soek hoogte om te kyk wat gaan aan oppad water toe.
Roep min, kort kosklank grepe en dan jou enkeljakkalsroepe. Baie stilte is die wagwoord.
Ekt by Jason geleer en van middel Junie af begin ek wegtrek met 'n jakkalsroep (gewoonlik jakhuil) daarna sal ek 20min net stilsit en lig as hulle my geantwoord het.
Jason en Oom Taffie maak mincemeat van die karoo se jakke.
Groetnis

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Mei maand tips
Ponkie
Ekt by Jason geleer en van middel Junie af begin ek wegtrek met 'n jakkalsroep
So wat jy hier se is da middel junie die einde van die moeilike tyd is?Dan behoort die jakalse so +-30dae dragtig te wees.As jy dan op n plek roep en hy antwoord jou nie en jy kry nie die jakals nie, hoelank sal jy wag om weer daar te roep?
Boertjie

Jason
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Sat Feb 28, 2009 9:59 pm
Re: Mei maand tips
Boera
Die moeilike tyd is dan nie naastenby verby nie.
Ek en jy weet albei dat as jakkelse jou daardie tyd van die jaar antwoord dat die kaanse baie goed is dat hulle gaan inkom. Die teef veral se houding kwaai as sy daai rotte binne haar dra.
Ek glo vas dat mens die jakkelse se houding moet dophou om te besluit hoe jy gaan roep. Junie maand kan ook moeilikheid veroorsaak as jy wegspring met n jakkelsroep. Ek hanteer elke situasie maar anders jong. Ek sal baie van die kere ook eers vir 45-60 min sit en n kos roep speel. Nie net n haas of n bokkie nie, maar bv 4 hase of 4 bokkies met die nodige stiltes om eentonigheid te vermy.
Hein se roep metode vir die moeilike tyd is die veiligste opsie maar as n stel jou op 1.8km antwoord kan jy meeste van die tyd weet dat daar oor ?40min (as hulle lekker in kom) n paar gloei lampies gesien gaan word.

canis mesomelas
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Mei maand tips
Jason
Ek se nie dit is verkeerd om met jakhuil te begin nie.Maar ek sal eerder so n bietjie wag met daardie klank.Om met n kos klank te begin in daardie tyd reken ek sal veiliger wees as om met jak huil te begin.Ek reken ook dat as die jakke so agressief is, sal hulle jou op amper enige jak roep antw.(as jy in sy kern gebied is).Dan kan jy mos besluit wat jy volgende gaan doen.
Ek dink net dat jy so met minder geleerde jake sal sit.
Miskien is ek verkeerd

Last edited by Boertjie on Sat May 19, 2012 9:04 am, edited 1 time in total.
- spikkels1
- Newbie

- Posts: 11
- Joined: Thu Feb 18, 2010 5:52 pm
Re: Mei maand tips
Goeie more manne ,
Gister aand so 'n bietjie gaan tyd spandeer op 'n plaas in Reivilo omgewing . Donderdag oggend het Oom Sarel my 'n vers wat besig was om te kalf gewys .
Die kop en pootjies van die kalf was al gebore , maar alles van die kalf wat gebore was , was weggevreet .. Gelukkig was die vers nie te erg beskadig nie en kon die res van die kalf maklik uitgekry word .
Gister aand is ek en Chris ( oom Sarel ) se seun toe uit . Op die spitfire was die eerste liedjie 'n effense modifikasie van klein hasie combo . So 10 - 15 sekondes 'n hasie wat skree , dan so 2 -3 minute stilte . Die skree en stilte gaan aan vir 20min en dan sluit die liedjie af met 'n halwe mooihuil .
Liedjie 2 op die Spitfire was jakkalsbaklei 4 , en liedjie 3 op die spitfire was springhaas combo , wat ook so 'n bietjie aangepas was om soos liedjie 1 te klink en dan ook met 'n halwe mooihuil afsluit .
Die idee was om dan of liedjie 1 te gebruik , of om liedjie 3 te gebruik en sou 'n skoot klap , dan direk oor te gaan na liedjie 2 .
Die maan was mooi donker , die swarthaak laag genoeg om bo-oor te sien naby aan die pannetjies of vlaktes en die wind konstant liggies uit die Weste . Die wit Cruiser was ook glad nie ge-cammo nie .
Ons het 18:39 begin roep , gesoek met gedimde wit lig en geskiet met rooilig . Roeper was tussen 50m en 75m reg windop geplaas en alle roepe is gedoen op 'n volume van 3 uit 5 .
Die eerste brak het geval om 18:57 en sy wyfie om 18:59 . Chris het mooi gemaak en na 4 staanplekke was daar 5 op die bakkie . Daar was nog 2 doef doep skote , maar ons kon nie die 2 brakkies tussen die swarthaak kry nie . Daar was ook 1 doef kling skoot , so ons sal maar oor 'n maand of wat weer gaan musiek maak .
Die jakkies het op staanplek 1 het as groepie van 3 ingekom . Op staanplek 2 en 3 ingekom as groepie van 2 . Staanplek 4 het net 1 jakkie gelewer ( 01:25 ). Ouderdomme het gewissel tussen 2 en 5 jaar , met 1 teef waarvan die ouderdom onbekend was omdat die geweertjie die kakebene so vervorm het dat 'n mens haar gesig met 'n pug hond se gesig kon vergelyk . Die bietjie van die tanne wat herkenbaar was , wil laat lyk of sy so 3 - 5 jaar oud was .
Wat vir ons gewerk het , was korter roepe en langer stilte . Begin sag met 'n kossie . Slegs op staanplek 4 het ons gevorder tot die halwe mooihuil , maar op al 3 ander het die jakkies geval in minder as 20 minute . Op die bakkie het saamgery 2 x reun en 3 x teef .
Groetnis
Spikkels

Boera,jy is vir n feit reg dat dit veiliger is. Ek dink net dat mens lekker voordeel trek met dominante jakkelse se aggressie in die periode wat tewe dragtig is,die mindset van n teef is wonderlik as sy dragtig is. Daar is heelwat jagters wat ook sal saam stem dat daardie heel laaste week van dragtigheid en die 3 weke na die teef afgelaai het soms lekker taai kan raak.jakke raak sommer tjoep stil.ek en tomma het dit laas jaar sommer goed beleef. Reuns het lekker ingekom maar daai teef verlaat nie sommer die gate nie.
Junie maand is maar n touchy subject vir my,ek het al lekker sukses gehad met jakhuil (en ander aggressiewe klanke) maar net so baie sukses gehad met my 45-60 min kos sequence voor ek n jakkels roep speel. Ek dink egter dat dit heelwat veilig is om julie maand lekker weg te spring met enkel jakkelsroep wat aggressief is. Die manne moet egter self loer en die jakkelse se gedrag dophou. Ek het nie n vaste datum wat ek nou besluit om jakhuil op die roeper te laai nie.
P.s ek jag dinsdag tot donderdag in graaff mater,as jy naby is dink ek moet ons vir wimpy gan hallo s?.

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Mei maand tips
Ek wil my mening so bietjie hier by Boera se kant ingooi.Boertjie wrote: ... Maar ek sal eerder so n bietjie wag met daardie klank ...
Dit is so dat dragtige stelle / stelle met jong werpsels normaalweg lekker agressief op Jakkalhuil sal reageer. Dink ook Jason is reg dat meer ervare tewe vir so 10 dae plus baie versigtig kan raak vir 'n roeper hier by geboorte van die jongspan (dit ook al ervaar). Maar ek wonder tog of middel Junie nie effe vroeg vir die Jakkalshuil-roete is nie. Historiese data wys dat die helfte van alle jakkalstewe dalk nog nie eens teen middel Junie gedek mag wees nie (dit mag egter verskil van area tot area, maar ek praat van die gemiddelde stand van sake in suider Afrika ) Indien ons aanneem dat middel Augustus ongeveer die piek van die jakkalse se geboorte-seisoen is, is middel Junie mos maar eers die piek van die paar seisoen?
My mening is dat middel Junie dan effe vroeg is vir die Jakkalshuil-troefkaart. Juis omdat Jakkalshuil so waardevolle troefkaart is, wil ek dit spaar vir die stadium waarop dit die effektiefste sal werk. Volgens my mening is die Jakkalshuil-tyd eers ryp hier van begin Augustus af, miskien middel Julie as 'n man baie haastig is. Dit beteken nie dat Jakkalshuil in sekere omstandighede nie wel teen middel Junie mag werk nie, maar indien die troefkaart te vroeg gespeel word, mag die "magic" van die klank dalk uitgewerk wees teen die tyd wat ek hom wel broodnodig het.
Ek dink maar dat mens teen middel Junie nog lekker resultate met die standaard roepmetode kan kry, indien jy geduldig is. Daar is ook 'n hele paar rustiger enkel jakkalsroepe beskikbaar, wat ook goed vaar teen middel Junie, as jy dan graag met 'n jakkalsroep wil begin.
Net my opinie, nie noodwendig die wet van Transvaal nie.
Mooiroep
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Mei maand tips
Jason
Ek reken dat as jy n haas in n jakals se kern gebied speel en sy is agressief sal sy ook kom kyk wat aangaan.En dan sal ek later n enkel jak roep speel.As die jak dan ver is en nie die haas in nood by haar huis gehoor het nie, behoort sy/hy te antw. en in te kom.
Ek se weer.....ek kan verkeerd wees, maar dink dit is n veiliger metode.

- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Mei maand tips
Louis
Jy het gevra dat as ons ietsie hoor of sien ivm dragtigheid stel jy belang. Ek het vanaad met Allen D gepraat wat se dat hy die week n teef geskiet het met 3 fetusse van so 20-30 dae oud. Wat dink julle hiervan en dan nogal op die Stormberge- klientjies voor einde Junie in die koue!
Groete Biker
Jy het gevra dat as ons ietsie hoor of sien ivm dragtigheid stel jy belang. Ek het vanaad met Allen D gepraat wat se dat hy die week n teef geskiet het met 3 fetusse van so 20-30 dae oud. Wat dink julle hiervan en dan nogal op die Stormberge- klientjies voor einde Junie in die koue!
Groete Biker
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Mei maand tips
Biker, dis hoogs uitsonderlik! ..... maar glad nie onmoontlik nie. Ek hoop hy het foto's en data geneem, ek stel doodseker in soveel info moontlik, omtrent hierdie geval, belang. Sal jy vir Allen D vra om meer inligting te plaas of vir my aan te stuur asb? Ek sal hom ook probeer kontak.Biker wrote: ... Jy het gevra dat as ons ietsie hoor of sien ivm dragtigheid stel jy belang. Ek het vanaad met Allen D gepraat wat se dat hy die week n teef geskiet het met 3 fetusse van so 20-30 dae oud. Wat dink julle hiervan en dan nogal op die Stormberge- klientjies voor einde Junie in die koue! ...
Mooiloop & dankie vir die info ...
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
sakkievanheerden
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm
Re: Mei maand tips
Boere
Dalk scan die manne die tewe om te kan se watter het al gevat en watter nie.Ek weet nie die kans dat n teef daai tyd al dragtig is is n 50/50 kans wat mens vat,dis my mening.
Groete
Sakkie van Heerden

stan man
Re: Mei maand tips
ek kom nou net uit die veld uit. dit is om presies te wees 02h12 op my rekenaar.ek het kos probeer vir so 2 ure,en niks. die jakkatese kom in tot so op 350 tot 400 meter ,en dan hang hulle vas.as ek enige jakkals klank gooi dan hardloop hulle dat die stof so staan. dit is die eerste keer dat dit met my gebeur. nou wat nou??????
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Mei maand tips
Aahhh .... Stan the Man, hoekom dink jy noem hulle dit die moeilike tyd ... en hoekom skryf die Guru van jakkalsjagters, Jaracal homself, voor dat ons versigtig moet wees met jakkalsroepe in hierdie tyd (eers na 45min kos, as niks opdaag nie) ... en as jy jou wel tot 'n jakkalsroep wend, dit eerder 'n nie-agressiewe enkel jakkalsroep aanvanklik moet wees ... en dat jy nie waarmee jy besig is moet verander terwyl 'n jakkals inkom nie (d.w.s. as die jakkals inkom op 'n hasie, hou maar aan met die hasie, moenie nou skielik jakkalsroepe tussenin gooi nie) ...?stan man wrote: ek kom nou net uit die veld uit. dit is om presies te wees 02h12 op my rekenaar.ek het kos probeer vir so 2 ure,en niks. die jakkatese kom in tot so op 350 tot 400 meter ,en dan hang hulle vas.as ek enige jakkals klank gooi dan hardloop hulle dat die stof so staan. dit is die eerste keer dat dit met my gebeur. nou wat nou??????
Stan, daar kan baie redes wees hoekom dit gebeur, soos jy oorgekom het. Dit kan lig- en roepsku jakkalse wees, maar ook nie noodwendig nie. Ons het nou met die grootste verskeidenheid / katagorie jakkalse op ons veld te doen, wat insluit bang jonger jakkalse, territoriale agressiewe jakkalse , dragtige jakkalse, jakkalse wat nog moet paar, loslopers, jakkalse opsoek na kerngebiede, jakkalse binne kerngebiede wat sterk aan die merk is, ens ens.
Bestudeer weer Heinrich se Standaard Roepmetode vir die moeilike tyd mooi (dit is volledig uiteengesit en beskryf in 'n topic onder lede-alleen) Hier en daar kan mens wel wegkom deur kortpad te vat met die roepery, maar dan moet jy die kerngebiede en die katagorie jakkals waarna jy soek baie, baie mooi verstaan. Dit bly op die einde egter oorwegend veiliger om by die Standaard Roepmetode te bly, gedurende hierdie fase.
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Mei maand tips
Die winter het laat gekom die jaar met temprature wat nou eers regtig begin val...
Nou sal ons sien wie is ernstig oor predasie bestuur en wie nie.
Wanneer dit erg koud raak en die jakkalse taai om in te kom leer n man weer bietjie vas byt.
Gee bietjie tips vir warm bly agter oppi stoel.
Onthou Hendrik het my vertel hy het een aand gejag waar die ys op Pop eye gele het. Maar hy het nog n jakkals om gedop...

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Mei maand tips
Yip Gerhard daai is baie waar. Laas jaar wou my skoonpa gaan kyk hoe werk die storie. Ek se hom toe dis reg en ons jag daar buite Virginia. Ek is spyt hy kan nie die storie vertel nie. Dit was leeu koud. Ons het ook ys van die dak af gekrap maar ook darem 'n stel geskiet. Na die tyd se hy eers vir my hy wou vrek van die koue maar wou nie pieperig lyk voor sy skoonseun nie. Hahahahaha
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
-
vossie
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Fri May 06, 2011 8:38 pm
Re: Mei maand tips
Dagse manne
soos ek hier sit en tik is ek sommer baie opgewonde.ek jag nou al so 5jaar self nadat ek die vooreg gehad het om by een van die meesters in die bedryf te leer nl Sir Taffie.ek het die laaste tyd n paar rand in gesit en foxpro en ordentlike jagbakkie en natuurlik Pikante Roepklanke ook aan geskaf.so het ek my nuwe speel goed biki gan toets die laaste 2 aande.ek het by 3 plase gejag en kon darm 10 jakkalse minder maak(7 van hul het lammers in pens gehad)almal met hasie pikant,kliphasie,steenbok en rooi aleen geskiet.wil sommer vir oom louis dankie se vir nuwe klanke hul werk bitter goed en dan ook vir oom Taffie en almal wat aan forum deelneem ook dankie se mens leer moer baie by jul.
Ek wil ook net weet wat vra mens deesdae per jakkals en per km?ek het niks diesel gevra en 600 n vos maar wil ook maar vaste tariewe vra.
dankie en lekker jag
Vossie

- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Mei maand tips
Vossie
Ai jong, wetie of my raad aldag help nie(miskien is ek maar net gelukkig)!
Tariewe is maar 'n moeilike ene, maar so R4/km is redelik sou ek dink. Ek vra R4/km en dit net vanaf ek daar aangekom het, maar jag ook so 4- of 5dae minimum. My minimum km-fooi is natuurlik R350/nag en dan sal 88km en verder per kilometerprys aangepas word. Ek hou nie daarvan om kli?nte te belas met 2- of R3000-00 km-rekening en gebruik eerder die minimum nagte van 4 as hulpmiddel om van kostes ontslae te raak. As dit v?r van my huis is(250km+) sal ek vooraf vir re?l vir ekstra brandstof of geld by die kli?nte.
R600/jakkals klink heel gr?nd, hang maar af in watter omgewing jy jag. Party jakkalse is maar bietjie makliker as ander gebiede s'n en handel ek maar daarvolgens en kan 'n kli?nt tot R800 betaal per dier gedood. Ek jag maar eintlik net by bestaande kli?nte en so hou ek maar die dinge aanmekaar.
My tariewe lyk maar oes teen baie ander, maar hou darem die pot aan die kook.
Mooiloop

Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Mei maand tips
Vossie, baie geluk man! Ek dink jy kon geen beter leermeester gehad het nie. Ook bly my klanke kon 'n bydrae lewer, maar soos altyd moet die groter deel van die kompliment gaan aan die wyse waarop die jagter die klanke aangewend het. Sulke sukses (veral op plekke waar jakkalse min is en goed beheer word) in die moeilike tyd, getuig dat jy dinge reg doen.vossie wrote: ... 5jaar self nadat ek die vooreg gehad het om by een van die meesters in die bedryf te leer nl Sir Taffie ... ek het by 3 plase gejag en kon darm 10 jakkalse minder maak(7 van hul het lammers in pens gehad)almal met hasie pikant,kliphasie,steenbok en rooi aleen geskiet.wil sommer vir oom louis dankie se vir nuwe klanke hul werk bitter goed en dan ook vir oom Taffie en almal wat aan forum deelneem ook dankie se mens leer moer baie by jul ...
Wel gedaan.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
stan man
Re: Mei maand tips
dankie louis.
ek het toe maar gemaak soos jy gese het en so n bietjie gaan opskerp met die ooms se kennis.
wragtig eergister aand piets ek toe 3. dit was een stel ,en n jong teef.die groter teef het 7.88kg geweeg. ek het te freeking koud gekry en nie die ander geweeg nie. 'o ja ek het toe maar vir my n lekker skaaltjie gekry.'
ek soek nou nog net n wind meter,dit is maar net vir my eie data sodat ek dit kan notuleer.wind en temp ens.
maar ek moet se ons nuwe manne kan nog baie leer by die 'ooms'.
dankie aan almal wat raad gee.

Chuck
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Thu Feb 16, 2012 9:28 am
Re: Mei maand tips
Goeie naand manne
Ek kom van Postmasburg in die Noord-Kaap en is relatief nuut op die forum.
Na aanleiding van 'n vorige post- ek het die 18'e Mei vroeg die aand uit gegaan en geroep op 'n plek naby water waar ons gereeld spore kry. Die windjie het so liggies wes getrek. Ek het vir so 40 min 'n springhaas gespeel met baie stiltes tussen in. Daarna het ek jakkals alleen opgesit waarna 'n jakkals nw van my- reken so 400m geantwoord het. Stil gesit vir so 15 min, daarna hasie vir 'n minuut, weer stilte en toe weer jakkals alleen, waarna hy my weer geantwoord het uit 'n sw'e rigting weer so ongeveer 400m. Het toe stil gesit vir 'n half uur en is toe maar stert tussen die bene huis toe...
Is daar iets wat ek anders kon gedoen het of verkeerd gedoen het? Hoe lank moet ek wag voordat ek weer uitgaan?
Sal julle raad en insette baie waardeer.
Groete,
Izak

- Rudie Combrinck(9mm)
- Full Member

- Posts: 114
- Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am
Re: Mei maand tips
Oom Louis
Goeie naand Kan oom asb so gaaf wees om vi my hier in dewetsdorp van daai nuwe klanke van oom aanstuur?
My klankies raak al biekie verspot werk nog mar wil graag biekie n verandering inbring. Sal hul baie mooi oppas!
Groetnis en dankie vi al die raad lees mar gedurig!
Rudie

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Mei maand tips
manne
ek het nou vir lank nie geroep(behalwe op 1 plek waar ek skade gekry het). gisteraand toe reageer die jakkalse presies soos 3weke en 'n maand terug. 1 antwoord my, dan antwoord sy maaitjie, na 40 min antw hul bymekaar, en is dan verewig weg. hul reageer nie op kos of jakkals roepe. soos ek se, ek het sweker 'n maand terug geroep. ndie jaar nog net 2 keer waar ek gister aand geroep het(2tewe). natuurlik nie op selfde plekke nie! maar, oral waar ek kom, reageer daar net niks op my nie! hul antwoord mooi. maar dis waar dit eindig. tussen die reaksie dpeel ek 2 of 3keer vir 5 sekondes 'n bokkie, of baklei klanke.na 40min weer jak roep. en speel my kos vir 45 min voor jak roep. werk die wind staanolek is reg.
gaan maar my goed vir nog 'n maand wegpak. wag vir jak huil tyd.

HOU HOM DAAI DIKTE
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Mei maand tips
Cassie, weet nie hoe jou w?reld lyk nie en teorie en praktyk verskil baie keer van mekaar. Bestudeer weer Heinrich se Standaard Roepmetode baie mooi. As jakkalse jou antwoord, het jy mos reaksie. Heinrich skryf 'n baie spesifieke prosedure voor om te volg as jakkalse jou antwoord. Jakkalsjagters wat hul sout werd is, verstaan veral in hierdie moeiliker tyd, daardie afdeling baie mooi. (s? nie jy verstaan dit nie, lyk net of jy nie die prosedure gevolg het nie)
Sommige jakkalse is in hierdie tyd maar baie moeilik, so ek dink 'n man moet presies weet en vooraf jouself uitsorteer oor hoe om op te tree in verskeie situasies. As dit nie werk nie, die "makliker" tyd is oppad, moet dit nie nou in een of meer aande als opneuk deur t? desperaat te raak nie (dink daai deel het jy presies reg)
Jakhuil-tyd in meeste gevalle begin op die vroegtse eers oor 'n maand en 'n half. Maar jy's reg, ek dink ook dis die vroegtse wat jy hulle weer moet aanvat met 'n roepery. Intussen is daar mos baie ander voetwerk wat jy kan doen.
Groete
Louis
Sommige jakkalse is in hierdie tyd maar baie moeilik, so ek dink 'n man moet presies weet en vooraf jouself uitsorteer oor hoe om op te tree in verskeie situasies. As dit nie werk nie, die "makliker" tyd is oppad, moet dit nie nou in een of meer aande als opneuk deur t? desperaat te raak nie (dink daai deel het jy presies reg)
Jakhuil-tyd in meeste gevalle begin op die vroegtse eers oor 'n maand en 'n half. Maar jy's reg, ek dink ook dis die vroegtse wat jy hulle weer moet aanvat met 'n roepery. Intussen is daar mos baie ander voetwerk wat jy kan doen.
Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Mei maand tips
Chuck, ek lees geen ooglopende "fout" in jou basiese roepwerk raak nie. Dit klink na wat jy s?, of die jakkals op 'n stadium onder jou wind (wes) van jou was? 400m is sommer naby, kan amper nie glo jy't nie op 'n stadium die oog opgetel nie, of is die omgewing bietjie moeilik? Hoe het jou staanplek gelyk - hoe hoog het jy gestaan, hoe v?r kon jy rondom jou sien, maar veral aan windaf kant? Hoeveel obstruksie / dooie grond was daar tussen jou en die jakkals? Hoe gereeld en hoe sterk het jy rondom gelig na die jakkals jou geantwoord het?Chuck wrote: .... Is daar iets wat ek anders kon gedoen het of verkeerd gedoen het? Hoe lank moet ek wag voordat ek weer uitgaan? ....
Onthou ook maar dat roep & skiet nie 'n presiese wetenskap is nie.
Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Mei maand tips
Toevallig onthou toe ek post lees.
Ek s? nie dit sal werk nie
Het laasjaar dieselfde tyd so geval gehad.... het hulle met Tafjak 6 dood gekry.cassie_calvinia wrote: .....1 antwoord my, dan antwoord sy maaitjie, na 40 min antw hul bymekaar, en is dan verewig weg. .........
Ek s? nie dit sal werk nie
Last edited by Dawie on Tue May 29, 2012 11:00 am, edited 1 time in total.