Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Sjoh gerhard, dit is nogals 'n morsige affere. Sien daar is erg aan die neus vasgehou. Kan dit nie dalk 'n kat wees nie?? Ek al gesien waar luiperde en ander katte die dier om die neus en mond probeer versmoor as hul kake te klein is vir die keel. Die merke agter die kop weet ek nie van nie, honde miskien??? Dit maar moeilik, sal graag wil hoor wat dink die ander manne.
Dis darem baie morsig, my geld is op honde Wie ook al dit is weet nie lekker wat hulle doen nie, veral as mens na daai nek kyk agter die kop, hy lyk amper gevreet en nie net gebyt nie
Kom ons hoor wat s? die manne wat weet
Hoop hulle kry die skuldige vinnig, arme diere ly erg
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Lyk soos rondloper honde. Ons het so 16 jaar terug 20 van die goed moes van kant maak wat sonder hulle eienaars uit die lokasie kom jag het. Het drie skape en 'n beeskalf so gebyt. Ons kon almal reg dokter, maar dit vat bietjie geduld. Ek het verlede jaar twee honde ingeroep en geskiet op 'n plaas naby Belfast - dis maar 'n probleem as jy naby die dorp boer.
Staffie se manier om bees en skaap te vreet, vriend van my moes een more hier by 3 uur eers sy 2 staffies en toe vers skiet, daai vers was ook so gevreet om die neus aan die nek en selfs ore afgevreet. Honde daar by vers doodgeskiet. Paar jaar later dieselfde ding gesien in Noordkaap paar jaar later.
So ek moet se, lyk soos hond. Bogenoemde gevalle dal toeval altwee kere Staffie maar kan enige hond met korter bek wees.
Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
As dit honde is soek dievolgende: Jaagspore, honde is lief daarvoor om jou diere te jaag en kry hulle gewoonlik nie dadelik dood gebyt nie. Ek sien die skaap is kort geskeer, honde byt baie pluise wol uit die diere se lywe. Die bytmerke lyk soos 'n jong onervare hond, groot honde se bekke is groot genoeg met lang genoeg tande om groter stukke vleis uit te skeur.
Tot my spyt het ek heelwat ervaring met honde.
lank gelede 86 skaap met honde verloor.
staan nou by lyn en roep haal so 20 honde per roep af.
glo my dis nie aldag lekker om n mooi dier van kant te maak.
Lag en almal lag saam??
Stephan Booysen
Maniertydskolkjes
Kenhardt
Ek was bevooreg om in die vroee negentigs saam met twee ervare jagters, 2 broers van Douglas te gaan toe Bruin Hyena klomp van hul pa se skaap doodgebyt het, ek se nie dit is nie hy die nie maar daai ding sukkel nie om te byt nie, slagtande so dik soos my duim en trap 'n spoor in die sand so groot soos 'n piering. Hulle sal definitief sien as hy daar was, hy byt sommer net dood vir die lekker daarvan en gaan oor 4 voet draad soos 'n muis oor 'n vuurhoutjie. Daar waar ons hom die nag verloor het, het hy so 50 m van ons onder 'n boom gaan le en wegkruip en het ons nie weer 'n oog gesien nie, het sy spoor eers weer volgende more kon vat en buurman het hom doodgeskiet.
So ek weet nie of die daai bruin wolf is nie.
Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Ek het die foto geplaas met die inligting wat ek vd boer af gekry het. Deur dit te bespreek kry ons lekker inligting soos wat jy deur gegee het en kan mens dan begin om jou eie gevolg trekkings te maak.