Monolities of Gebonde

Post Reply
User avatar
velskoen
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Sat Mar 03, 2012 7:48 pm

Monolities of Gebonde

Post by velskoen »

Kerels, ek weet die onderwerp is al meermale hier aangeraak, maar ek sal dit graag saamgevat wil he.

My 270 Win was altyd my springbokgeweer, en gewone sagtepunte was altyd goedgenoeg. Nou het my vrou laasjaar 'n prag gemsbok geskiet met my 30-06. Die gogga het haar gebyt, en sy het sin gekry vir my .270, so sy jag nou met hom. Sy wil hierdie jaar 'n koedoe  en 'n gemsbok jag.

Vir daardie doel wil ek nou vir haar patrone koop wat nie gaan teleurstel nie. Gebonde loodkerns of monolitiese sagtepunte?

Ek verstaan dat ligter monolitiese koele dieselfde verrigting lewer as swaarder gebonde loodkerns. Maw, 130gr monoliete sal vergelyk met 150gr gebonde loodkerns. Is dit so? Wat is die verklaring daarvoor?

Wat sal julle aanbeveel in fabrieksammunisie?

Ek gebruik net A-Frames in my 30-06, .300 en .375, maar hulle is nie beskikbaar in .270 fabrieksammunisie nie. PMP se KE Scirocco II's kom later die jaar uit. Ek sou hulle graag wou probeer, maar miskien moet ek monoliete oorweeg.

Die punt is, ek het geen ondervinding van monoliete nie. My loop is 24" met 'n 1 in 10" groef.

Ek luister.
Last edited by velskoen on Tue May 15, 2012 4:52 pm, edited 1 time in total.
22lr (BSA), 22lr (S&W K22), 223 Rem (Tikka T3), 270 Win (Mod 70), 30-06 Sprg (Mod 70), 300 Win Mag (Mod 70), 375 H&H Mag (Mod 70), 9mm (BHP), 40 S&W (G23), 44 Rem Mag (Redhawk), 45 ACP (1911), 12 Br o/u (Brno ZH-301), 12 Br Pomp (Win SXP)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Monolities of Gebonde

Post by tripodmvr »

Barnes TSX, GS Custom, Spartan, Impala en die nuwe Peregrine sal almal goeie resultate gee. Vir 270 sal ek kyk na 100-110gr. Laai soos gewoon en kyk dat jy akkurate lading verkry. Skiet verkieslik net bladskote vir die hart-long area.

Die verkaring vir die beter penetrasie is die beter behoud van gewig en die sny aksie van die koper.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
velskoen
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Sat Mar 03, 2012 7:48 pm

Re: Monolities of Gebonde

Post by velskoen »

tripodmvr wrote: Vir 270 sal ek kyk na 100-110gr.

Die verkaring vir die beter penetrasie is die beter behoud van gewig en die sny aksie van die koper.
Hoekom so lig, ek sou dog 130gr?

Dankie vir die verklaring.

Hierdie nuwe koele is vir my presies dit: nuut. Nog nie lekker seker wat om van hulle te dink nie. Sal hulle seker moet probeer om te verstaan waaroor dit gaan.
Last edited by velskoen on Tue May 15, 2012 5:51 pm, edited 1 time in total.
22lr (BSA), 22lr (S&W K22), 223 Rem (Tikka T3), 270 Win (Mod 70), 30-06 Sprg (Mod 70), 300 Win Mag (Mod 70), 375 H&H Mag (Mod 70), 9mm (BHP), 40 S&W (G23), 44 Rem Mag (Redhawk), 45 ACP (1911), 12 Br o/u (Brno ZH-301), 12 Br Pomp (Win SXP)
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Monolities of Gebonde

Post by Flip Nel »

As jy Gs koels wil gebruik sal jy ligter moet gaan, vir iets soos Barnes x sal ek 130 grain gebruik. Oor hulle gewoonlik meer gewig behou penetreer hulle beter, van hulle het ander dinge wat nog penetrasie aanhelp, ek weet Barnes X se X help dat die vleis tussen die vingers kan deurgaan en nie net 'n bol soos gewoone bonded koels nie, van hulle breek ook vlerkies af wat maak dat hulle minder weerstand het en dieper penetreer.

My broer het op 'n tyd Federal Nosler 150 grain geskied, alles tot met Eland en later as hy kon kry Eldorade 150 grain X, Ek het self 'n paar koedoes en gemsbokke geskied en kon nie kla nie al die bokke het bakkie gery
Gerard

Re: Monolities of Gebonde

Post by Gerard »

Die maklikste is om ammunisie te kry wat met Barnes koe?ls gelaai is.  GSC, Spartan en Peregrine is net as komponente beskikbaar.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Monolities of Gebonde

Post by tripodmvr »

velskoen wrote:
tripodmvr wrote: Vir 270 sal ek kyk na 100-110gr.

Die verkaring vir die beter penetrasie is die beter behoud van gewig en die sny aksie van die koper.
Hoekom so lig, ek sou dog 130gr?

Dankie vir die verklaring.

Hierdie nuwe koele is vir my presies dit: nuut. Nog nie lekker seker wat om van hulle te dink nie. Sal hulle seker moet probeer om te verstaan waaroor dit gaan.
Koper is minder dig as lood - dieselfde koe?lgewig in koper is dus langer as die een in lood. Die stabilisering van koe?ls in 'n sekere groefdraai word net deur lengte bepaal. As die koper te lank is skiet die geweer onakkuraat en dan tuimel die koe?ls. Die koper moet dus netso lank as die lood een gehou word en daarom die ligter gewig.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
velskoen
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Sat Mar 03, 2012 7:48 pm

Re: Monolities of Gebonde

Post by velskoen »

Dankie ouens, ek verstaan al so 'n bietjie meer.