Watter Kaliber?

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Watter Kaliber?

Post by Danie01 »

SmitH

Hier gaan ook weer n verskeidenheid antwoorde kry, maar ek dink die ding wat die grootste invloed op sy besluit gaan wees, is wat hy daarmee wil skiet. As hy gereeld elande wil jag, sal ek se dat hy moet kyk na die .30cal plus, maar die wildsoortte kleiner, soos koedoes, wildebeeste, gemmies, dan sal ek die 7mm's voorstel. As hy net kleiner wildsoorte wil skiet sal ek n 243 voorstel.

Ek sou elkgeval gegaan het vir die 7mm klas, 270, 7x64, 7mm mag, waarvan die 270 seker die goedkoopste gaan uitwerk van die rak af. Ek het self n 7x64, maar sy komponente is bietjie duurder, maar self n ysrter van n kaliber waarmee jy n eland ook kan omdop, met die regte koele natuurlik. Dan het jy die 7mm mag en al die ander haastiger 7mm's ook, wat seker n beter job kan doen, maar teen duurder kostes en meer recoil.

Baie ouens sal weer se 30-06 vir as jy net een kaliber sal gebruik, maar dit gaan maar sy eie besluit wees, wat vir hom na aan die hart voel en op die einde van die dag wat vir hom n mooi geweer is.

Persoonlik sou ek 243 vir kleiner wild en dan n .30cal vir grootwild, maar sou n 7x64 of .270 vir een allrounder kies!!

Groete
Danie
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Watter Kaliber?

Post by BRNO (Pierre) »

BLOK wrote: Smith

Ek sou se n 30-06, saam met die 243 het hy omtrent alle senarios dan gedek, behalwe die groot 5
+10000
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: Watter Kaliber?

Post by Hartskoot Hennie »

Ek dink die ideale kombinasie is 'n .375H&H en 'n 7mm Rem Mag... Hehehehehe!  ;D
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by Wouter Roets »

Henna

Ek sien jy let mooi in die klas op! ;)

Gaan loer bietjie by CZ in watter van die modelle maak hulle die 7mm Rem Mag. Jy is tog baie tevrede met die CZ of hoe? Kies dan n lekker teleskoop wat by die kaliber pas, iets soos n 4.5-14x40 sonder parelaks verstelling en sit sommer klaar n bestelling in vir 150gr Barnes TSX koeels. Sit ook n bestelling in vir Nosler Custom Compition doppe, S385 en CCI BR2 primers en gaan vir n spoed van so 3000ft/sek uit n 24 duim loop. Daar spaar ek jou sommer klaar n klomp ander posts! ;D Jy sal nie terugkyk met hierdie kombinasie nie!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: Watter Kaliber?

Post by Hartskoot Hennie »

(Happy Dance)  ;D ;D ;D
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by tripodmvr »

Terwyl jy by CZ loer kyk sommer ook na die 7x64 wat hulle het. Daars nou 'n gamweer!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by Marc »

Hartskoot Hennie wrote: (Happy Dance)  ;D ;D ;D

;D ;D ;D ;D ;D ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by Machann »

Hi Manne

Weet Wouter raak n baie belangrike punt aan wat baie van ons meer aandag aan behoort te gee as ons na 'n kaliber kyk en dit is waar wat hy se oor die 7mm RM en sy nodes. Ons het die tools tot ons beskiking en moet dit begin gebruik. Dalk ook nie n slegte idee om op te hou op 'n kalibers se maks spoed te vergelyk met mekaar, maar eerder begin om te kyk na die spoed wat mens kry op die laaste node voor dit gevaarlik raak. Ek wil nie 300 fps vinniger skiet en elke keer moet raai waar die die skoot gaan sit?

Om als in perspektief te stel is ook dalk belangrik. Ek het groot geword met my pa se 308 en n Tasco 4x40 en ek het meer as net een aand met die geweer springbokke geoes, groter wild op afstande van 250m+ geskiet en gesien hoe lyk n kopskoot as jy hom raak geskiet het (220m maks). n 308 wat jy soos die palm van jou hand ken sal presies die selfde werk doen as n 7mm RM of n 7x64 of 30-06? Vir my is dit meer oor waar jy die bok skiet inplaas van wat jy hom mee skiet? Ek se nie dat van ons nie recoil kan hanteer maar dit gaan goedkoper wees om 300 skote te skiet en jou geweer te leer ken met n 308 invergelyking met n 7x64 or 7mm RM? Maar neem die met n knippie sout want ek ook skiet nou n 308... en n 25-06... en 375 en my kop staan 338 LM of EDGE toe, so op die einde is dit maar om ons gemoed te sis en die kluis vol te kry.

Dan is daar waarvoor jy die geweer die meeste gaan aanwend. TOV die meisie, dink maar aan haar skouertjies as dit by die recoil kom. Glo nie sy gaan die 7mm RM geniet nie maar dalk is jy ook so ongelukkig soos ek en trou jy n pragtige fyn boer nooitjie wat nie skroom om selfs drie of vier skote te skiet met die 375 en dan sit hulle altyd n duim laer links. So laat sy met die 375 skiet en as dit haar opgewonde maak is jy geskroef en kan jy maar die 7mm RM kry. As sy dit egter nie geniet nie is dit n goeie tyd om te kies of jy haar tevrede wil stel met die volgende geweer koop en dan kry jy iets watse recoil sy kan hanteer (25-06 :)) of jy kry die 7mm RM en het dan verskoning vir nog n geweer later? So die 7mm RM wen in die geval tensy jy haar baie lief het ;D.

Ek sal egter nie aanbeveel dat jy die 7mm RM neem as jy die geweer meeste van die tyd gaan gebruik om blesbokke te skiet. Dan sal ek se kry n 25-06, ek sal jou selfs help lading ontwikkel en jou 50 federal doppe skenk. Laai dan daai 200 gr GS vir lang skote op groot wild met jou 375 soos ek doen, swaar punte vir bos en die 25-06 vir blesbokke en kopskote.

Dalk gaan my boudjies nou pak kry by baie manne maar moet nie premuim punte gebruik vir kopskote nie. Op kopskote soek jy nie penetrasie nie maar iets wat al sy energie gebruik om daai bok plat te kry en soveel te breek as wat dit kan. Moet ook nie vir papier punte gaan nie!!!!! As jy fout maak op die kop soek jy n punt wat die bok darem die eerste keer gaan neer sit van die skok wat jou kans gee vir tweede skoot. Jammer maar maak nie saak hoe baie jy al kop geskiet het of nog gaan doen, dit gaan gebeur en jy moet dan reg wees daarvoor. Moet ook nie dan daai sagter punte gebruik op body shots nie want Wouter is vroeer reg gewees oor die PMP punte ens. Ek skiet altyd vier rondtes in my 25-06, eerste twee is Sierra Matchking en dan twee "stewiger" punte onder dit, op die oomblik Nosler E-tip. So is ook my eerste twee skote gewoonlik vir kop en dan het ek twee vir plat skiet waar jy die bok kan raak skiet.

As jy die geweer gaan gebruik vir jag is daai 4.5-14 Leupold mooi en kan ek jou ook help met een. Hierdie is nou baie lank en jammer maar in kort kry die 7 mm RM as jou meisie baie groot invloed gaan he op die besluit of die 25-06 as jy n roer wil he vir daai blesbokke en kopskote. 

Groete en sterkte
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
Post Reply