dan se ek dankie vir my vroulief

Post Reply
stan man

dan se ek dankie vir my vroulief

Post by stan man »

ek en mamma sit netnou en gesels.sy was by n vergadering  en ek het kinders opgepas,en toe sy terug kom het sussie  [6.6 jaar oud] sonder kos gaan slaap. dit was net half agt , sy het gedans en genetbal na skool ..' dit is geen verskoning nie'! ek weet. SORRY !!!!!!! maar wat ek wou se, is dat ek en mamma sit en gesels oor die skietery en ek opper my misnoe oor ek nie vanaand kon uitgaan nie heens die weer. n parra uit n pyp uit ens,ens ,ens. weet julle hoe lekker dit is om n vrou te he wat verstaan dat as ek dit nie doen nie ek van my kop af gaan raak? ek sal appies [vakleerlinge] vermoor en kliente binne in hulle verlede instuur.  my eie persoonlike kamermaat het nou-nou vir my vertel dat sy weet , dit is hoe ek is, en dat sy niks daaraan kan doen nie. ek is so gemaak , en so gelos..

ek wil net gebruikmaak van die geleentheid om vir al die mammas te se dankie dat julle verstaan,en dankie dat julle ons die geleentheid gun om mens te kan bly.  en dankie dat ek kan doen wat ek doen. dit is n voorreg om met jou getroud te kan wees.

ns. sy sal hierdie seker nooit sien nie.
o-ja ek is baie lief vir haar.
Last edited by stan man on Tue May 15, 2012 7:52 am, edited 1 time in total.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: dan se ek dankie vir my vroulief

Post by vlakvark1 »

Ook getroud met so verstaanbare vrou en n man kan baie bly wees as so vrou agter haar man staan. :)
Wees lief vir hulle------ ek is lief vir my vrou. :-* :-*
Stan man. Dankie dat jy dit met ons gedeel het ;) ;)
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: dan se ek dankie vir my vroulief

Post by Jakkalsgat »

Stan man (Ouboet)

Ons besef nie altyd die opofferings wat hulle die Mammas by die huise deur gaan sodat ons, ons kan uitleef in dit wat vir ons belangrik is en sinmaak nie. Wat ons doen is om van hulle tyd (saam met ons) te steel om ander mense ons kliente (boere en medejagters en vriende) te spandeer en daarom moet ons 'n punt maak daarvan om kwaliteit tyd saam met hulle deur te bring. God het vir my en ek hoop vir elkeen van julle ook geseen met wonderlike vrouens en kamerade en as ek maar net kyk hoeveel tyd ek weg van hulle spandeer gaan ek te min op my kniee en dank Hom vir dit wat hy vir my gegee het. Wat ek doen en ek hoop dat elkeen van julle as julle in die veld is dieslfde doen is om net elke aand vyf minute weg te breek van dit waarmee ek besig is en haar ook net op hoogte bring en haar dag se gebeure hoe onbelangrik dit ookal vir my mag klink deel. Ek het 'n pragtige meisiekind van nou 14 jaar oud aan wie se optrede ek vinnig kan sien as ek te lank en te veel van die huis af weg is, soos die afgelope naweek wat ek hoofkantoor toe bel en vroulief vir my se dat Zelle huilerig is, dan weet ek, sy soek haar pa en besef ek weer wat ons vir hulle beteken. Daardie paar woorde oor die foon met elkeen van hulle gee hulle weer rustigheid. Onthou altyd 'n ingeligte troep is 'n gelukkige troep, hou hulle op hoogte met dit waarmee jy besig is maak hulle deel van jou wereld en sorg dat hulle altyd weet waar jy is! Ons rykdom le nie in geld nie maar in hulle.

Waardeer julle sielsgenote en kinders en maak elke oomblik saam met hulle tel. Ons is hulle wereld en hulle bestaan en ons as pa's trap diepspore in hulle lewens.

Hierdie is maar net my 2c maar ek is ook maar mens en maak ook foute.

Groete
Jaco

Ns: Julle kan nie verstaan hoeveel meer waardeer hulle 'n veldblommetjie gepluk met jou eie hande as 'n dankbetuiging vir al hul geduld en opofferings teenoor 'n ruiker van R 500 nie. Dit gaan daaroor dat jy iewers in die veld vasgevang in jou eie wereld tog 'n oomblik aan haar gedink het en die tyd afgestaan het om vir haar persoonlik iets spesiaals uit jou wereld saamgebring het huis toe.
Last edited by Jakkalsgat on Tue May 15, 2012 9:25 am, edited 1 time in total.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: dan se ek dankie vir my vroulief

Post by LoveHenties »

Hel manne, watse goeie raad is hierdie nie! Ek dink hierdie een moet "sticky" gemaak word. Persoonlik sal ek graag my vrou aan die ges?ls wil kry met manne soos julle se vroue. Dalk sal sy dan verstaan waarom dit nodig is om ELKE Saterdag deur Safai & Outdoor te stap.

Hier's 'n geheim wat ek geleer het. Hanteer jou vrou op 'n sekere manier, en sy sal haarself aanpas om so te wees. Dit werk positief en negatief...
Last edited by LoveHenties on Tue May 15, 2012 12:54 pm, edited 1 time in total.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
stan man

Re: dan se ek dankie vir my vroulief

Post by stan man »

mooi gestel boeta.
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: dan se ek dankie vir my vroulief

Post by visstok »

Ek is ook een van die gelukiges om geseend te wees met mamma wat verstaan! Sy gaan jag baie saam jakkals en het al baie aande in die veld saam my deurgebring! Sy gaan ook hierdie jaar haar eerste bok skiet! Sien baie uit daarna! Sy begin net party keur kla as ek een van oom Heinrich se dvd's insit, kan dit seker nie elke aand kyk nie! Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Agentkoos
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Jun 13, 2010 5:59 pm

Re: dan se ek dankie vir my vroulief

Post by Agentkoos »

Stan man
wys die post vir jou vrou, jy sal wragtag baie punte score!!
Henk100
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Wed Mar 16, 2011 3:32 pm

Re: dan se ek dankie vir my vroulief

Post by Henk100 »

Daar kan ek darem ook my vrou 'n groot pluimpie gee.
Sy kla nie oor my jag gewoontes nie.
Sy weet as ek begin staar dat daar iets kom. Ek bel elke aand en dit is genoeg versekering vir haar. Al praat ons oor aledaagse dinge is dit gerussstellend.
Daar is mense wat die voorreg wat ons het,maar daar is wat dit nie het nie.
Dankie aan die vrouens wat verstaan. Ons waardeer julle.
Groete
Henk
Last edited by Henk100 on Tue May 15, 2012 8:45 pm, edited 1 time in total.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: dan se ek dankie vir my vroulief

Post by vlakvark1 »

Ek sien hier is baie na die post gekyk maar daar is min'' replys''. Wat is fout met die manne staan julle vrouens nie by julle en verstaan hulle nie hoe julle voel oor jag nie? Kom nou laat ons sien wie is bly oor n
''  verstaanbare vrou''  .. ;) ;) ;)
vlakvark en bosvark Bvk
stan man

Re: dan se ek dankie vir my vroulief

Post by stan man »

http://i1157.photobucket.com/albums/p58 ... G_0434.jpg

gister aand gesukkel met die peste.die wind het aanhoudend gedraai.
sal more weer probeer met my nuwe caller.

en vroulief is nie eers kwaad nie.
Post Reply