Mei maand tips

User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Mei maand tips

Post by Geno »

Nee,
Net meer gereeld, en helderder met die lig gewerk.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Mei maand tips

Post by Gerhard »

Geno wrote: Nee,
Net meer gereeld, en helderder met die lig gewerk.
Dankie man.

Lekker tip daai hoop die manne lees hom raak.  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
JHS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sat Apr 14, 2012 3:24 pm

Re: Mei maand tips

Post by JHS »

In hierdie tyd van die maand glo ek maar nog in kos klanke. 2 naweke terug het ek. Lekker staan plek geskies. Wag 5 min begin met ore 1 op 2uit 5. 2 min later hier kom 4 jakkalse in storm somer tot op 60 meter die eerste een. Skiet weg is almal kry toe dam weet 2 ingeroep skiet toe een op so 180 meter. En toe shatter die ander. Nooit weer daai aand gesien nie. Wil nou so tydjie wag dan weer hulle gaan soek. Daai 2 was een reun en een teef altwee laasjarr se kleintjies. En reun het 8 en teuf 7.5 kg gewees
JHS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sat Apr 14, 2012 3:24 pm

Re: Mei maand tips

Post by JHS »

Hierdie tyd van die jaar gebruik ek maar nog kos klanke. Het 2 naweke terug 2 jakkalse op een staan plek geskiet. Ek het vir my I lekker staan plek geskies waar ek weet hulle kern gebied is. Sit my roeper uit en wag so 5 min. Begin toe roep met ore 1 so 2 uit5 op roeper se klank. Nie eers 2 min nie toe kom daar 4 in die eerste een val toe op 60 meter goed ek het hom gestop of hy het boor my gehardloop. Die ander hardloop toe somer weg. Na so ruk kry ek weer 2 terug geroep skiet een op so 180 meter en die ander een weg kon hulle nooit weer inbring. (Watse klanke kon ek probeer om hulle in te kry??) Gaan huistoe weeg hulle toe een reun en een teef alwee laasjaar se welpies reun weeg 8 kg en teef 7.5 kg. Wil nou later weer terug gaan en die ander gaan opspoor. Wil hule net eers I kansie gee om te kalmeer
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Mei maand tips

Post by C.J. »

Geno,

Jy het seker die bakleie en distresse later in die sessie gebruik, of hoe het jy gemaak?

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
JHS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sat Apr 14, 2012 3:24 pm

Re: Mei maand tips

Post by JHS »

Sory oor die die 2 post die eertse het ek gedink gaan nie deur nie toe het hy en toe post en. Nog een.      Jap die 2 de roep was baklei 4 gewees. Het lekker gewerk ma wou nie die 3 keer inkom nie
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Mei maand tips

Post by Geno »

C.J. wrote: Geno,

Jy het seker die bakleie en distresse later in die sessie gebruik, of hoe het jy gemaak?

C.J.
Ja CJ, net so. Asook na 'n jakkals geskiet is om sy/haar maatjie in te kry.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Mei maand tips

Post by C.J. »

Manne,

Ek het gou 4 gerol vanaand, Ore 4 gebruik tot eerste een geval het, toe is haar reun so 300m, Rooikat/Jak het hom toe afterburners laat start.  Die ander twee met Ore 3 en later Rooi Alleen. Die wind het saam met die maan opgekom so dit was 'n vro?e aand.

Omdat die wind vroeg bietjie gedwarrel het, het ek die roeper maar naby die bakkie gehou en die Jakke betyds gestop.

Dit was maar die standaard roepmetode wat gebruik is.

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
JHS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sat Apr 14, 2012 3:24 pm

Re: Mei maand tips

Post by JHS »

Naand. C.J.      Het jy almal op die selfde staan plek geskiet of het jy ore 3 by I ander staan plek gebruik? Hoe lank het j gestaan by die staanplek ??
User avatar
NUNAB
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Wed May 09, 2012 1:55 pm

Re: Mei maand tips

Post by NUNAB »

ek hoop julle het raad. ons het so 2600ha(Schlip 200km suid van whk) met ongeveer 600 diere. die jakalse maak my gatvol, het al n lam uit die kraal kom vat. hoe maak mens? die plaas werkers vang gereeld een in die yster. saans as jy nou om die vuur sit hoor jy hoe gaan die dam jakalas tekere in die rivier.
het nog nooit gesien hoe iemand jakas jag nie.
hoe maak mens as jy nie al die toerusting het nie?
hoop om julle wyse manne te hoor.
Die lewe is n lied!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Mei maand tips

Post by Louis102 »

NUNAB wrote: ek hoop julle het raad. ons het so 2600ha(Schlip 200km suid van whk) met ongeveer 600 diere. die jakalse maak my gatvol, het al n lam uit die kraal kom vat. hoe maak mens? die plaas werkers vang gereeld een in die yster. saans as jy nou om die vuur sit hoor jy hoe gaan die dam jakalas tekere in die rivier.
het nog nooit gesien hoe iemand jakas jag nie.
hoe maak mens as jy nie al die toerusting het nie?
hoop om julle wyse manne te hoor.
As jy nie al reeds het nie, kontak vir Raven hier op die forum, hy het mos baie ondervinding van jakkalse in julle w?reld.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Mei maand tips

Post by visstok »

As jy self wil begin jag, kontak vir Oom Heinrich, Jaracal op die forum en bestel sy eerste dvd as ook sy e-book. As dit moontlik is, woon n kurses by. Om saam n ervare jagter uittegaan help ook baie! Moenie sonder die nodige kennis en toerusting gaan probeer nie, jy gaan vir jouself net meer probleme veroorsaak deur n paar jakkalse slim te maak. Hoop dit help. Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Mei maand tips

Post by C.J. »

JHS,

Jammer ek antwoord nou eers, dit was op een staanplek, ek was meer as 2 ure daar om die 4 te kry. Het met Ore 4 begin vir 50min, toe Rooi Alleen, toe was ek lank stil, daarna het ek vir 'n ruk Ore 3 ingebring vir iets anders en die laaste een toe gekap.

Groete
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Mei maand tips

Post by Raven »

Nunab,

Bel my, as jy in Schlip area is kan ons vinnig oor 'n naweek planne maak.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Mei maand tips

Post by Gerhard »

Hoe lyk dit manne...

Is nou afdraende oppad Junie toe en die jakkalse behoort nou al redelik oorals in die land pare te wees.

Wat se klanke gebruik julle nou om die pare te begin teiken.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Mei maand tips

Post by Louis102 »

Gerhard, ek sal graag wil weet wat in die ou wat die term "moeilik tyd" uitgedink het, se gedagtes aangegaan het.  Hy het nogal die komplekse jakkals seisoen waarin ons nou is, mooi saamgevat in hierdie enkel term. 

Gerhard, hoekom s? jy so:
Gerhard wrote: ... Is nou afdraende oppad Junie toe en die jakkalse behoort nou al redelik oorals in die land pare te wees ...
Miskien verstaan ek dit verkeerd, maar dominante stelle jakkalse is reg deur die jaar in pare / stelle.  Dis nie dat hulle hier by paartyd rond besluit hulle moet nou iewers 'n maat soek en 'n paar vorm sodat hulle kan kleintjies kry nie.  Die reun en die teef is maar lewenslank erg oor mekaar en hulle gebied - reg deur die seisoene van die jaar.  Hulle sosiale gedrag verander wel soos die seisoene aanskuif.  Neem ook in ag dat 'n groot aantal jakkalse nie stelle vorm en paar nie.  Daar is altyd 'n klompie loslopers, oujong k?rels/nooies, helpers ens. wat nie fisies self aanteel en pare vorm nie.

As jy bedoel die stelle se gedrag het/sal nou verander, is jy doodreg.  En as jy bedoel dat die stelle / pare van nou af Prioriteit no: 1 by die jakkalsjagter behoort te wees, dink ek ook jy's presies reg.  Van nou af tot in Augustus is die tyd om werklik 'n verskil te maak.

[align=center]Jakkalsjagters behoort in hierdie maande eintlik meer as dubbeld hul prys betaal te word vir jakkalse.  Alhoewel jagters nou dalk effe minder jakkalse gaan skiet, is die impak van 'n stel jakkalse wat van nou uitgehaal word, veelvoudig meer as jakkalse wat bv. in Desember / Januarie doodgeskiet word.  [/align]

Hierdie 4-5 maande wat voorl? is die tyd om jakkalsgetalle seer te maak, of andersom, boere wat in die volgende 4-5 maande gaan slapl? met die beheermetodes, gaan baie, baie meer probleme na die einde van die jaar toe h?.  Dis nou die tyd om pro-aktief op te tree.  Alhoewel fisiese predasie op die plase nou gemiddeld seker op sy laagste sal wees, is nou die tyd om met slim werk, probleme voorentoe te vermy.

Dis my jakkalsjag-tip:  Harde, slim werk hierdie winter spaar rampspoed en trane in die somer. (uit die boer se oogpunt natuurlik - jakkalsjagters behoort lekker te lag as die boere nou laat slapl?, want dan weet hulle die oes gaan groot wees teen die einde van die jaar!)

Pikante Klanke om te probeer:  Steeds Rooi Alleen en as hulle jou antwoord kort stukkies van Springbok Sopkop met so stukkie Rooi Dood teen die einde, werk dodelik vir meeste hier by my.  Ek hou veral van klanke wat nuuskierigheid uitlok vir die moeiliker jakkalse hierdie tyd van die jaar.  Die tyd / seisoen is nou ryp om die moeiliker jakkalse met iets soos Erdman in kombinasie met Erdman Worstel en Boomrot in kombinasie met Allegaartjie Pikant, aan te pak.

Mooiloop
Louis

Ns. Dis maar net my opinie hierbo, sal graag wil hoor as julle met my saamstem en/of van my verskil.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Mei maand tips

Post by cassie_calvinia »

oom louis
is daar nog nie ander klanke wat sal begin werk? vlekkie 1? of is dit nog te vroeg? dalk later in jou roepsessie 'n agresiewer roep te gebruik?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Mei maand tips

Post by Raven »

Tog te lekker om so 'n lekker "jakkals geselsie" vroeg oggend deur te lees...

Goeie Tips hier manne.
Nortie
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Mei maand tips

Post by Louis102 »

Cassie, nee man, daar is regtig tientalle klanke en sequences wat sekerlik baie goed sal werk in hierdie tyd nou.  As 'n man net weet watse jakkals dit is wat jy teiken, sal dit die probleem soveel makliker maak.  Mens kry huidiglik 'n groot hoeveelheid katagori? van jakkalse (dink ek) wat nie noodwendig almal die selfde op 'n roepery gaan reageer nie.

Dink daaraan:  Daar is jakkalse wat nou reeds paar/gepaar het (sal van middel Julie af kleintjies kry), dan is daar jakkalse wat eers in Augustus gaan paar (sal eers in Oktober kleintjies kry)  Jakkalse wat reeds gepaar het, sal mos anders op 'n roepery reageer as wat eers oor 'n paar maande gaan paar, of dink ek verkeerd? 

Dan is daar die jonger jakkalse wat nou soos groot jakkalse lyk, maar vrek bang is en gewoonlik jou nuwe intrekkers in die gebied is.  Dan is daar nog die alleenlopers / helpers ens.  Daarteenoor is daar die ouer, gebieds gebonde jakkalse wat meer agressief teenoor jonger, swerwende jakkalse sal wees - hierdie 2 katagori? jakkalse sal mos nie op die selfde wyse op 'n roepery (s? maar Vlekkie 1) reageer nie?

Om alles te kroon het alle jakkalse nou nie eens die selfde persoonlikheid nie, jy kry die agressiewe, nuuskierige, grootbek jakkalse - hulle kom gewoonlik eerste om a.g.v. 'n roepery, ry sommer gou-gou bakkie.  Dan kry jy, net soos by mense nog die bangatte, introverte en skames - hulle is die jakkalse wat mos baie moeiliker inroep en opgespoor word.

So, nee, daar is nie nou net een of twee goed wat sal werk as dit by 'n roepery kom nie.  En wat vannaand by my gewerk het, gaan nie noodwendig m?re aand by Cassie_Calvinia werk nie.  Ek dink dis hoe Heinrich Funck by sy Standaard Roepmetode uitgekom het - dis 'n mooi veilige middeweg om te volg en wat jou waarskynlik sukses sal bring.

So, dis seker nie die antwoord wat jy wou hoor nie, maar dis hoe ek dit sien.  As jy jou jakkalse werklik goed ken en 'n goeie vermoede het watter jakkals jy waar sal aantref, dan kan jy slim planne met slim klanke maak.  Maar dit kos baie voetwerk in die veld, baie goeie oplettendheid en geheue as jy roep, goeie vertolking van die inligting tot jou beskikking en 'n baie goeie kennis van die seisoene en gedragspatrone van die jakals.  So nie is dit maar raaiwerk wat soms meer kwaad as goed doen.

Mooiroep
Louis

Ns.  Vlekkie 1 in die omgewing waar kleintjies verlede jaar uit 'n nes gehaal is, sonder dat die ouers iets oorgekom het, mag dalk net sukses bring.  Jakkalshuil werk net so goed.  Moenie met kos tussenin karring nie - net die jakkalsroep en wag baie lank in stilte.  Miskien 'n baklei/vreet klankie op die einde.  Dis egter iets om miskien 1 X by uitsondering te probeer, waar jakkalse al slimmer is en jy bietjie van die normale wil afwissel en nie veel het om te verloor nie.  Dit is beslis nou nie 'n algemene tegniek wat ek vir die moeilike tyd wil voorskryf nie.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Mei maand tips

Post by cassie_calvinia »

ek verstaan 100%. ek weet al van 4 kern gebiede. tenminste 3 is al pare. maar hoe weet 'n mens waneer die goed al geteel het of nie?
ok, maar ek verstaan. speel eerder nog veilig as trane later.
HOU HOM DAAI DIKTE
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Mei maand tips

Post by Louis102 »

Gerhard, iemand het my per PM daarop gewys dat ek jou gat krap.  Ek verseker jou dis nie my bedoeling nie, inteendeel, die rede hoekom ek so baie (miskien hopeloos te veel) hier praat, is juis omdat ek waardering het dat jy die jakkalsjag onderwerp so aanroer.  Jammer as ek meerwaardig klink (dis beslis nie die bedoeling nie) of t? entosiasties gesels oor die onderwerp, ek waardeer regtig jou bydraes.

Cassie, as ek vermoed ek het beslis 'n nuwe jakkalsstel se kerngebied, sal ek die kortpaadjie probeer soos vroe?r verduidelik:

Ek spring met Rooi Alleen weg (Alleen Jakkals werk seker die selfde)  Indien daardie stel my antwoord gaan ek na 10 minute stilte oor na Springbok Sopkop (Springboklam van Tewis kan net so goed werk) in kort grepies met wisselende lengtes van stiltes tussenin.  By my is daardie stel dan meermale oppad - kan regtig nie s? of dit in alle areas so effektief werk, soos hier by my nie?  As die jakkalse dan buite skietafstand vassteek, so kort stukkie Springbok Dood (Baklei 4 of iets soos Katjak Baklei kan seker ook die ding doen)

Ek is egter doodseker die Standaard Roepmetode kan ook die ding doen (dalk heelwat veiliger) en daar is sekerlik ander sequences en klanke wat net so goed werk.  Sal graag wil hoor wat werk by die ander jagters?

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Mei maand tips

Post by Biker »

Manne
Klein steenbokkie en n 2de roeper so 20m langs die 1ste wat tafjak 8 speel terwyl die greep speel en nie te lank nie het nogal van die wat oorgebly het laat val die week
Groete Biker
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Mei maand tips

Post by Boertjie »

Louis@ Gerhard

Ek verstaan nou glad nie.Probeer ons nie om so veel as moontlik van jakalse te weet nie?Dan is dit mos reg dat almal hul kennis deel met mekaar.

Vra maar net...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Mei maand tips

Post by Gerhard »

Louis102 wrote:
Gerhard, iemand het my per PM daarop gewys dat ek jou gat krap.  Ek verseker jou dis nie my bedoeling nie, inteendeel, die rede hoekom ek so baie (miskien hopeloos te veel) hier praat, is juis omdat ek waardering het dat jy die jakkalsjag onderwerp so aanroer.  Jammer as ek meerwaardig klink (dis beslis nie die bedoeling nie) of t? entosiasties gesels oor die onderwerp, ek waardeer regtig jou bydraes.

Cassie, as ek vermoed ek het beslis 'n nuwe jakkalsstel se kerngebied, sal ek die kortpaadjie probeer soos vroe?r verduidelik:

Ek spring met Rooi Alleen weg (Alleen Jakkals werk seker die selfde)  Indien daardie stel my antwoord gaan ek na 10 minute stilte oor na Springbok Sopkop (Springboklam van Tewis kan net so goed werk) in kort grepies met wisselende lengtes van stiltes tussenin.  By my is daardie stel dan meermale oppad - kan regtig nie s? of dit in alle areas so effektief werk, soos hier by my nie?  As die jakkalse dan buite skietafstand vassteek, so kort stukkie Springbok Dood (Baklei 4 of iets soos Katjak Baklei kan seker ook die ding doen)

Ek is egter doodseker die Standaard Roepmetode kan ook die ding doen (dalk heelwat veiliger) en daar is sekerlik ander sequences en klanke wat net so goed werk.  Sal graag wil hoor wat werk by die ander jagters?

Groete
Louis
Hoe lekker lag ekke nou vir daai PM....

Ek en jy dink presies die selfde oor die volgende klompie maande wat voor l? is beslus die tyd om die grootste impak te maak op jakkals of altans "Predasie Bestuur"...

Ek hou van die manier hoe jy die manne leer deur die manier van hoe jy goed stel want as jy net so vinnig lees mis jy die hele les van jou post.

Gaan lees n man weer deeglik en dink bietjie daaroor kom jy wel agter dat daar baie info geplaas word in jou posts.

So moet asb nie ophou om met ons jou siens wyse te deel nie want ek vir een hou baie daarvan want jy skiet nogal raak...  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Mei maand tips

Post by MEERKAT »

Baie waar wat in die laaste klompie posts gese word , maar iewers tussen nou en die einde Junie is die kanse baie goed om 'n hele klompie jakkalse baie slim te maak (lig en klanksku).

Ons probeer so min as moontlik om jakkalse in die nag te jag op die staduim. Baie ander hulpmiddels kan vir die periode gebruik word , jakkalse is nou geneig om heelwat meer in paaie rond te hardloop, skree heelnag en hulle gedagtes is heel op 'n ander plek.  Vangste is as reel nou minder onder vee , maar jakkalse vreet letterlik enige iets wat hul pad kruis. Wil voorkom asof hulle minder oplettend is wat in paaie aangaan en die slagyster manne het gewoonlik hierdie tyd baie suksesse.

Klank wat nog altyd vir ons goed gewerk het in die tyd is Vlekkie D, Baklei 4, Kat jakkals baklei , Ore 1  en van die nuwe klanke Sopkop en Rooi alleen en die staatmaker klank vir katte Kliphasie.
Man moet maar nie die roer te diep wegpak nie , dinge verander sommer weer vinnig.

Knou goggas af
MEERKAT
Post Reply