5 Reuns

Post Reply
Chrisjan

5 Reuns

Post by Chrisjan »

Hi,

Verlede woensdag aand het ek 5 jakkalse naby Magaliesburg geskiet. Wat egter vir my interesant is, is dat hulle almal reuns was. Die eerste 2 kon ek verstaan want ek het territoriale jakkals roepe gebruik. Die ander 3 het ingekom op guinea pig. Is dit nie nou die tyd wat die tewe die kos soek nie?

Ek sal graag die broei masjiene ook bietjie wil uitoorle.

Groete Chrisjan
Last edited by Chrisjan on Sun May 13, 2012 7:30 pm, edited 1 time in total.
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: 5 Reuns

Post by johann »

Naand chrisjan mooi man, hoe oud is die jakkalse? En hoe ver is hul uit mekaar uit geskiet? Of almal op dieselfe staanplek?
Groete Johann
Last edited by johann on Sun May 13, 2012 10:15 pm, edited 1 time in total.
25-06 Remington
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 5 Reuns

Post by Louis102 »

Chrisjan, ek dink jy is effe vroeg met jou tewe wat ernstig kos soek / honger is omdat hulle reeds dragtig is.  Die eerste jakkalse begin nou eers paar, maar die piek van die paar seisoen is eers in Junie.  Dit lei ek af uit 'n aansienlike hoeveelheid historiese data tot ons beskikking.  Vir my is dit nie vreemd dat van die tefies nou so bietjie wegl? nie, veral di? wat nou op hitte kom of regmaak om op hitte te kom.

"Koue water en liefde" - tyd vir die jakkalse nou.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: 5 Reuns

Post by visstok »

Soos oom Louis daar se! Ek kry nog baie jong alleen lopers, so ek roep standaard metode. Kos, reen en teef sal reageur daarop. Jakkals roepe kan van die jonges nog afskrik. Geluk met die vyf wat jy gerol het! Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Chrisjan

Re: 5 Reuns

Post by Chrisjan »

Dankie Louis en Visstok

Dit maak sin van die "Koue water en liefde". Ek sal woensdag weer 'n draai gaan maak en sien of dit weer gebeur.

Sal julle voorstel ek bly by my roep metode? Die plaas is erg oooooor roep deur die eienaar en darom kom hulle nie so lekker op skaap, bok of haas in nie. Ek gebruik vreemde kos of squeeks en muis. Die fluitjie werk ook.
Hulle antwoord mooi op jakkals blaf en die eerste stuk van elsneus. Maar bly net daar in die gaate le. Hulle antwoord reg onder jou voete, so 100m weg. maar wys nie 'n oog nie.

1ste staanplek: 2 jakkalse. Skuif 1km. siet 2 daar. Skuif 800m en skiet die laaste een naby bees kraal en dam.
Hulle was amal onder 3 jaar oud. Ek het verlede maand 'n 13kg jak daar vargetrap.

Hierdie is 'n baie moeilikke plaas, as dit by roep kom. Dit is nie baie groot nie en teen 'n wildskamp.

Dankie en groete
Chrisjan
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Chrisjan on Mon May 14, 2012 9:17 am, edited 1 time in total.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 5 Reuns

Post by Louis102 »

Chrisjan wrote: ... Sal julle voorstel ek bly by my roep metode? Die plaas is erg oooooor roep deur die eienaar en darom kom hulle nie so lekker op skaap, bok of haas in nie. Ek gebruik vreemde kos of squeeks en muis. Die fluitjie werk ook ...
Chrisjan, die meerderheid skelm jakkalse wat nog ingeroep & geskiet is, het eerder vir nuuskierigheid as iets anders geval (my opinie).  Ek dink dus jou metode en klanke is in die kol.  Indien iemand hier by my 5 jakkalse op een aand skiet, hierdie tyd van die jaar, doen hy uitstekend, sou ek reken.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Cz_apie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 494
Joined: Sat Mar 17, 2012 5:51 am

Re: 5 Reuns

Post by Cz_apie »

Louis102 wrote:

Chrisjan, die meerderheid skelm jakkalse wat nog ingeroep & geskiet is, het eerder vir nuuskierigheid as iets anders geval (my opinie).  Ek dink dus jou metode en klanke is in die kol. 
Ek stem - het al n paar op n selfgemaakte "Klein Varkie" omgerol as niks anders wil werk nie
Brno .22
Brno .32
Brno 243
MK4 - 2 303
Atis semi Auto 12Br
Harrington & Richardson 12Br Standard
Star .22 Target Pistol
Tanfoglio 9mm
Uberti Mod 1875 Army 357 Mag
NEF 9 shot .22 Revolver
Post Reply