Lynx probleem

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Lynx probleem

Post by James Wilson »

ek plaas die navraag namens n vriend

dit is n scope wat 6 maande oud is.  die scope reageer nie dadelik as jy daaraan stel nie. veronderstel jy stel die scope regs dan is daar maar matige skuif na regs. sou jy dan bly regs stel om die verlangde resultaat te kry dan sal daar nie regtig verstelling plaasvind nie, en dan skielik sal die scope ver regs stel na n paar skote. verder hou die scope sy poi, maar as daar gestel word dan is daar vertraagde resultate. ek het gedink die scope is te styf vas gemaak, maar ons het dit na-gegaan
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Lynx probleem

Post by Dawid »

James,

Die scope kan "los" vasgemaak wees en steeds druk omdat hy nie mooi "seat" in die ringe nie wat dan n vertraagde stel teweegbring....As jy n Lappingtool het sit hom op en maak seker als is reg (indien jy dit nie alreeds gedoen het nie), indien jy nie een het nie gaan haal myne.

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Lynx probleem

Post by Vlakvark »

James

Is die rinnge "gelap"
Image
Image
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Lynx probleem

Post by GERT vd M »

Het 2 weke terug n splinternuwe Lynx gaan terug gee wat nie positief wou verstel nie. Daar is net nie genoeg tyd oor gewees vir regmaak nie. Terloops, die ringe is gelap, so dit is uit en uit die scope wat foutief was.
              Groetnis
              Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: Lynx probleem

Post by BenG »

Lynx het 'n dienssentrum in SA en anders as ander teleskoop vervaardigers beteken hul waarborg iets.
Weihrach HW97K
.22 Brno
Beretta A300
308 Howa 1500 Varmint
6.5 x 55 Howa (wag vir SAP)
9mm Glock 17
Roni....
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Lynx probleem

Post by Janjak »

James,
laat hom die teleskoop instuur.

Lynx Optics (Pty) Limited
PO Box 98078 Sloane Park South Africa 2152
3 Ruco Close (off Ostrich Road) Bromhof South Africa
Tel: +27 (0)11 792 6644
info@lynx.co.za

Lynx se diens is baie goed.
As hy vashaak laat my weet dan help ek hom.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Lynx probleem

Post by James Wilson »

dankie vir al die terugvoer. dit was nie nodig om die scope te lap nie met behulp van 2 25mm yster stawe het die scope perfek opgelyn.  ek gaan aan my vriend voorstel om die scope in te stuur dankie.

ps dankie vir al die oproeppe en raad
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Lynx probleem

Post by smitjs »

Manne ek is nie so seker nie. Lynx is een van die beste teleskope wat verstelling betref. Tog jammer hulle het nie kruishare na my smaak nie. Die probleem kom ook voor as gevolg van die monterings en ringe. Ek haat die Lynx monterings met hul twee skroefies alkant, want te veel kere kraak die 'stud' en dan skiet jy bont. Kyk maar of jy dit sien by die top 50 skuts by SA Jaggeweer. Dan is die alternatief die eenstuk ringe wat vas klamp om die blokkies. Dan het jy geen sywaartse verstelling nie, en jy verstel die teleskoop dalk net te ver van middel af. Dan stel die teleskoop nie reg nie en dit neem 'n paar skote voor die teleskoop sy finale posisie bereik. Dan is dit ook nie betroubaar nie. Ek het Thor ringe op twee van my gewere en ek het nie 'n antwoord hierop nie. Ek sou graag ook hierdie saak wou oplos. Ek het goeie geld betaal vir 6.5-20 Leupold teleskope, en is nie gretig om hulle weg te gooi nie. Reg werk die kombinasie net nie.
Johan Smit
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Lynx probleem

Post by Piet Breedt »

Ek sien gereeld die probleem dat teleskope nie reg reageer as jy hom verstel, en gewoonlik is die oorsaak daarvan redelik eenvoudig.

As die ringe te naby aan die middel van die scope sit, naby aan die deel waar die turrets sit, knyp die ringe die tube effens toe, en kan die lense binne in nie vrylik beweeg nie, veral by teleskope wat "side parralax" verstelling het. Daarom beveel ek n Picattini rail aan op enige geweer. Jy kan dan die ringe so v?r as moontlik weg van die senter af mount, voor en agter. Jy kry dan op die koop toe n baie stewiger mount op die scope aangesien die ringe dan wyd uit mekaar is.

Die enigste probleem kan ontstaan as die gate op die aksie nie heeltemal in lyn met die loop geboor is nie. Gelukkig is nie een van my gewere so nie, maar ek het dit al gesien. Gelukkig is meeste fabrieks gewere van vandag darm baie goed geboor en opgelyn.

Op al my gewere met Picattini rails op is ek slegs n paar clicks van optiese senter af, links of regs. Daar is nie n beter mounting sisteem nie, veral as jy goeie sterk mounts soos die van Nightforce gebruik. Met n Piccatini rail lyn die mounts reeds perfek op, en kan nie skeef sit soos die van Lynx of Thor wat vir "windage" of sywaartse verstelling kan verstel.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Lynx probleem

Post by Marc »

Dankie Oom Piet

Dis baie goeie raad +1  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Lynx probleem

Post by smitjs »

Dankie Piet.
Waar kan ek die Picatinny rails kry vir 'n Remington en Mauser tipe asseblief?
Groete
Johan Smit
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Lynx probleem

Post by Piet Breedt »

Hallo Johan

Ek het myne by S & O gekry, maar meeste geweer winkels hou hulle aan, jy moet net die fabrikaat en die lengte van die aksie spesifiseer. (kort, medium , lang of magnum)
Zack Benade

Re: Lynx probleem

Post by Zack Benade »

As die ringe te naby aan die middel van die scope sit, naby aan die deel waar die turrets sit, knyp die ringe die tube effens toe, en kan die lense binne in nie vrylik beweeg nie, veral by teleskope wat "side parralax" verstelling het.
  Stem 100% saam.  Enige druk te naby aan die verstelknoppe is 'n groot NEE.  Hoe verder weg hoe Beter.

Hallo Piet
Jy is 'n wyse man met baie ondervinding.  Mooi man. Dankie vir jou insette.

Nuwe scope se horisonatle verstelling behoort altyd in die middel te wees maar by tweedehandse of silhouette scopes doen ek die volgende.
Eerste kry ek die Horisontale middel verstelling van die scope.  Ek draai die scope se verstelling na max links.  Ek kyk hoeveel verstelling(Omwentelinge) dit vat na Max regs. Dan kry ek die middel verstelling van die scope.  Hierna gebruik ek my scope mounts om die scope te zero.

Groete
Zack
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Lynx probleem

Post by raychell »

Zack
Jy het nou beskryf hoe om die meganiese Zero te bepaal dit is nie noodwendig die optiese zero nie ,en dit is wat jy wil he.
Kry 'n stewige skoendoos en sny twee teenoorstaande v kepe in die rand sodat die scope daarin kan le, kyk deur die scope na 'n merk op 'n muur of paal wat ook, al roteer die scope 180grade en kyk of die kruis stilstaan of beweeg.As die kruis beweeg het jy nie die optiese zero nie .
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Lynx probleem

Post by DawieKotze »

raychell wrote: Zack
Jy het nou beskryf hoe om die meganiese Zero te bepaal dit is nie noodwendig die optiese zero nie ,en dit is wat jy wil he.
Kry 'n stewige skoendoos en sny twee teenoorstaande v kepe in die rand sodat die scope daarin kan le, kyk deur die scope na 'n merk op 'n muur of paal wat ook, al roteer die scope 180grade en kyk of die kruis stilstaan of beweeg.As die kruis beweeg het jy nie die optiese zero nie .
Raynie
Raychell - net om doodseker te maak ek verstaan................bedoel jy dat as jy die scope deur 180 grade gedraai het, dat die kruishaar nog op dieselfde plek (kol teen muur) moet wees vir optiese zero? Die kruishaar het maw nie van teiken af beweeg nie.

Wat beteken optiese zero? As my ringe/basisse nie kan verstel nie, moet ek mos die scope self stel en dan help die optiese zero niks nie - of hoe?
Last edited by DawieKotze on Tue Jun 12, 2012 4:06 pm, edited 1 time in total.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Lynx probleem

Post by raychell »

Madako
Jy verstaan reg mbt eerste vraag en as jy nie die basis kan skuif nie beteken dit niks vir jou nie.Dit is altyd gewens om so naby moontlik aan optiese zero vir links en regs te kom.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Post Reply