Na 28 jaar het my .357 Taurus se Forcing Cone gekraak en moet ek die loop laat korter maak van agter of hom vervang.
Ek het na verskeie rewolwers gekyk en gevind dat daar 'n definitiewe verandering gebeur het in die lengte van die forcing cone, veral by Astra wat ook van ;n lang na baie kort forcing cone verander het, en die silinder dan verleng het.
Kyk maar mooi as julle weer gaan inkopies doen na die probleempie en bly maar weg van die korter silinder met 'n lang forcing cone.
Groete
